• No results found

Volgens Barnard (1990b:437) is die skool 'n kultuurproduk wat in die loop van die geskiedenis

2.2.5 Die skool as 'n organisasie.

Daar is reeds in 2.1 verwys na die noodsaaklikheid van die insluiting van die skool as 'n organisasie in die ondersoek na die rol van 'n skoolhoof as leier. Ten einde die skool as 'n organisasie te bespreek sal dit allereers noodsaaklik wees om te bepaal wat 'n organisasie is.

2.2.5.1 Wat is'n organisasie?

'n Organisasie is volgens Theron (1992:4) die formele struktuur waarbinne mense in bepaalde verhoudinge tot mekaar staan, en binne hierdie formele struktuur word die menslike handelinge dan op gemeenskaplike doelwitte gerig. Met verwysing na hierdie formele struktuur beskryf Cameron en Green (2004:90) dit as 'n stel verweefde substelsels wat ontwerp is om die balans tussen die behoeftes van die omgewing en die interne behoeftes van groepe en die indiwidu te handhaaf. Basson et at. (1990:615) verwys weer na formele organisasies as organisasies wat doelbewus en opsetlik deur die mens tot stand gebring is en wat gelei het tot die ontstaan van formele groepe en formele strukture. Die algemene kenmerke van sulke formele organisasies word deur Theron (1992:5) soos volg saamgevat:

• Word gekenmerk deur 'n bepaalde gesagstruktuur.

• Word saamgestel om bepaalde doelstellings en doelwitte te verwesenlik. • Word bestuur om sy doelwitte te bereik.

• Is blootgestel aan eksterne invloede.

• Word gekenmerk deur aktiwiteite wat gekoordineerd plaasvind.

• Word gekenmerk deur aktiwiteite wat op 'n kollektiewe basis plaasvind.

Hoewel bogenoemde 'n meer tradisionele beskrywing van 'n organisasie is, word hier daarmee volstaan en sal daar in 2.3.4 op die hedendaagse strukture van organisasies ingegaan word.

Gewoonlik bestaan daar binne formele organisasies ook informele organisasies waar daar byvoorbeeld informele vriendskappe opgebou word en die samewerking en kommunikasie informeel van aard is. Uitgaande dan van die standpunt dat die terme formele en informele organisasie eerder dui op kenmerke van 'n organisasie as op afsonderlike entiteite, bevat die skool volgens Basson et al. (1990:641) 'n formele sowel as informele struktuur. Die Vereniging van Mensehulpbronbestuur (Kotter, 1990:4) se hedendaagse organisasies is minder burokraties met minder reels en hierargiese strukture waarbinne die laervlakleiers ook meer besluitnemingsbevoegdhede het.

Binne elke organisasie is daar altyd twee duidelik onderskeibare strukture. Bush (2003:167) verwys na hulle as die vasgestelde rol van elke individu en die verhouding tussen sulke rolspelers. Tweedens is daar dan komitees, werkgroepe en ander liggame wat op gereelde basis vergader. Hoe groter en meer kompleks 'n skool, hoe groter die moontlikheid van uiteenlopende sieninge wat kan lei tot subgroepe en die gevaar van konflik wat kan ontstaan. Morley en Hosking (2003:43) verwys in hierdie verband na die sosiale aspek wat voortspruit uit die feit dat, om van mense te praat, nie regtig geskei kan word van die konteks waarbinne van hulle gepraat word nie. Hierdie gesprekke waarna verwys word, kan meesal gesien word as 'n vorm van onderhandeling. Leiers is veral daarvoor verantwoordelik om hierdie soort gesprekke aan te moedig ten einde produktiwiteit deurentyd te verhoog.

Caselli (2005:74) sien die organisasie as 'n verskeidenheid dinge gelyktydig, naamlik 'n aantal transformasies, 'n ekonomiese agent, 'n organisme, 'n vermenging van kulture en 'n sosiofisiologiese struktuur. Volgens horn kan geeneen hiervan tussen hakies geplaas word nie en is ook nie van mekaar geisoleer nie. Die pluraliteit hiervan word gesien in die vermenging van spesifieke en algemene belange tussen persoonlike en kollektiewe waardes van die mense binne die organisasie. Met verwysing na hierdie kompleksiteit se Bergknapp (2005:132) dat dit die oorsaak is van die verskeidenheid teoretiese benaderings tot 'n organisasie. Hy wys egter op die een sentrale aspek wat volgens horn in talle gevalle oorgesien word, naamlik die belangrike rol wat emosie binne die organisasie speel. Die rede hiervoor kan gevind word in die

vrees by die meeste organisasies dat dit die voortbestaan van die organisasie kan bedreig indien emosionele onstabiliteit nie vinnig genoeg gestabiliseer word nie.

Urban (2005:95) verwys na die toenemende belangrikheid van die organisasie se sosiale verantwoordelikheid ten einde sukses te behaal, as "n nuwe visie. Dit het al hoe belangriker geword om verder te gaan as bloot die finansiele aspekte en die bestuur van mensekapitaal; die integrering van diversiteit, die bevordering van sterk verhoudinge met al die aandeelhouers en 'n omgee vir die omgewing speel ook nou 'n groter rol. Dit is volgens Dym en Hutson (2005:20) belangriker om die organisasie om hierdie redes te laat groei as om slegs wins te maak. Om leiding te neem binne hierdie organisasie verg energie, dryfkrag, innovering en 'n informele en onafhanklike benadering. Hierdie benadering wat gekenmerk word deur minder mag en statusverskille, meer openlike kommunikasie, deelnemende besluitneming en ontwikkeling van die mensepotensiaal binne die organisasie lei ook tot groter effektiwiteit vir die organisasie (Harrison, 2005:6).

Vir Hannay (2003:110) is dit problematies om aan skole te dink as enigiets anders as professionele burokrasiee. Sy wonder of skole enigsins daartoe in staat sal wees om eise van die samelewing te hanteer sonder om meer poreus en vatbaar te wees vir 'n ander siening oor die aard en wese van 'n organisasie. Vir haar le gedeelde leierskap daarin dat die persone wat deur besluite geraak word nie net deelneem aan die proses nie, maar ook die verantwoordelikheid aanvaar om op te tree.

In haar beskouing van die skool as 'n organisasie se rol in die gemeenskap, kom Theron (2002:82) tot die gevolgtrekking dat skole se rolle in drie soorte organisasies saamgevat kan word:

Instandhoudingsorganisasies - aangesien daar van skole verwag word om die

bestaande maatskaplike orde in stand te hou.

Aanpassingsorganisasies - omdat opvoeders ook behoort te help om die gemeenskap

te verander en te verbeter (hoewel dit nie primer hul taak is nie)

Diensorganisasies - hoewel 'n diensorganisasie basies omsien na die behoeftes van sy

kliente, en die kliente in die geval van 'n skool die leerders is, sal ouers ook hier as kliente beskou moet word omdat leerders nie noodwendig weet wat vir hulle goed is nie.

Hoewel die institusionele benadering tot organisasies tradisioneel altyd sterk was in ekonomie, die politieke wetenskappe en sosiologie, waarsku Oplatka (2004:145) dat dit nou 'n dominante rol speel in die benadering tot alle organisasies. Waar talle teoriee die invloed van die

omgewing op die organisasie uitlig, is die institusionele benadering die enigste wat klem le op die wyer sosiale en kulturele wortels van die organisasie binne die omgewing waarin dit gelee is. Dit vestig die aandag op die rol van die krag van kennissisteme, institusionele oortuigings, reels en verskillende rolle wat 'n invloed het op die organisasiestrukture en werking onafhanklik van bronnevloei en tegniese vereistes. Hy definieer die volgende vier elemente van die institusionele benadering wat uiteindelik onderliggend is aan die basiese aannames wat ouers maak wanneer hulle 'n skool vir hul kind kies:

Konformering tot institusionele reels - hoe goed slaag 'n skool daarin om die sosiaal

aanvaarbare reels by sy strukture te inkorporeer; kan die skool regtig aan die behoeftes van die ouers voldoen?

Isomorfisme - inrigtings in dieselfde sektor stem later so ooreen dat dit vrae laat

ontstaan oor die mate waarin daar verskeidenheid binne die plaaslike skoolgemeenskap sal wees.

Ontkoppeling as 'n bufferstrategie - die tegniese werking van organisasies wat van

konformering tot institusionele reels afhanklik is vir oorlewing, verskil dikwels van die sigbare strukture sodat hulle uniek kan wees. Dit laat die vraag ontstaan oor die mate waarin dit vir ouers moontlik sal wees om 'n gepaste keuse op grond van die sigbare te maak.

Normatiefgebaseerde besluitneming - die besluitnemingsproses word sterk bemvloed

deur kollektiewe norme en waardes wat sosiale verpligtinge op 'n persoon plaas en sodoende beperkinge op keuses uitoefen.

Bogenoemde het bepaalde implikasies vir die onderwysleier. Daar sal veral rekening gehou moet word met die verskillende faktore wat vanuit die omgewing 'n rol speel op keuses wat deur ouers en opvoeders uitgeoefen word.

Daar word vervolgens gekyk na die verskillende organisasietipes wat voorkom.

2.2.5.2 Organisasietipes

Om die verskillende tipes organisasies te klassifiseer is volgens Basson et al. (1990:619) verskillende benaderings deur verskillende skrywers gevolg. Omdat alle organisasies 'n primere rol in die gemeenskap vervul, tref Hoy en Miskel (1982:32) onderskeid tussen verskillende organisasies op grond van hul gemeenskapsrolle:

• Produksie- of ekonomiese organisasies. Produksie-organisasies voorsien bepaalde

produkte soos klere, voedsel, behuising en vervoer.

• Bestuurs- of politieke organisasies. Bestuursorganisasies kontroleer en koordineer

menslike handelinge, ander organisasies se werksaamhede en ook die hulpbronne van

'n land.

• Instandhoudingsorganisasies. Hierdie organisasies is ingestel op die instandhouding

van die bestaande sosiale orde deur middel van die oordrag van die toepaslike waardes

en norme van die gemeenskap.

• Vernuwings- en navorsingsorganisasies. Die funksie van hierdie organisasies is om

kennis te skep, teorie te ontwikkel en te toets en dan ook hierdie kennis toe te pas ten

einde probleme in die gemeenskap op te los.

Grandori (2005:50) beskou die verskillende organisasietipes as verpakkings van gedrag

("traits") wat of teoreties deurlopend as 'n ideaal beskou word of empiries deurlopend bevind

word op grond van die gesamentlike voorkoms daarvan in en die positiewe korrelasie met die

stelselprestasie in die praktyk. Die enigste beperkinge is die gebrek aan verskeidenheid en 'n

konserwatiewe benadering gebou op dit wat reeds ontdek is. Volgens haar is die mobiliteit van

kritieke mensebronne - die wat die kennis besit - tans een van die grootste uitdagings in die

organisasie. Die gemiddelde tydperk wat 'n leier by een organisasie werksaam is, is vier jaar.

Verder verwys Scott (2005:37) na die nuwer organisasies se tendens om die werk te vervang