• No results found

Wat is die rede vir die oproep van Sinode 1863, skaars ’n jaar na die eerste Sinode 1862? Die antwoord is in Artikel 20 van Acta 1862: “Werd ter sprake gebragt, of men

vanwege de jong- en teerheid, en daarenboven de groote uitgestrektheid der Gereformeerde Kerk, in deze drie landen, ook eerder, dan volgens de Kerke-orde, over drie jaren zal zamenkomen, om Algemeene Sijnodale vergadering te houden? Is algemeen besloten, dat men voor ditmaal, op den eersten maandag van Junij 1863, weer Sijnodaal zal tezamen komen, zoo de Heere wil en wij leven, en wel alsdan te Rustenburg (Zuid–Afrikaansch Republiek).” (Acta 1862: 10.)

Die konstituering van Sinode 1863 (Acta, 1863:5,6) is soos volg:

“Van de Gemeente Rustenburg (Zuid-Afrikaansche Republiek): Ds. D Postma, v.d.m. te Rustenburg.

P.Venter, Ouderling. J.F. Robbertse

Van de Gemeente Potchefstroom (idem): P.J.W. Schutte, Ouderling.

T.J. de Bruin,

G.J. Jansen van Vuren, Diaken.

Van de Gemeente Pretoria (idem): P.A. Venter, Ouderling

A.P. Erasmus, G.P.L. van der Linde

Van de Gemeente Waterberg (idem) : J.A. Venter, Ouderling.

G. Zwanepoel, Z.J de Beer

Van de Gemeente Lijdenburg (idem): M.P.A. Coetsée, Ouderling

E.A. Venter

Van de Gemeente Zoutpansberg (idem): P.J.C. van Staden, Ouderling.

H.J. Grobler

Van de Gemeente Reddersburg (Oranje Vrijstaat): Ds. J. Beijer, v.d.m. te Reddersburg.

J.P. van der Walt, Ouderling. P.J. Venter,

Van de Gemeente Burgersdorp (Kaapkolonie): M.A. Pretorius, Ouderling.

J.C. Aucamp P.G. van W ijk

Van de Gemeente Middelburg (idem): H.T.J. van der Walt, Ouderling.

A.J. van der Walt

Van de Gemeente Colesberg (idem): T.A. van der Walt, Ouderling.

S. Pretorius

A.L. Venter” (Acta, 1863:5,6.)

Die besluit om vanweë die jonkheid en teerheid van die gemeentes, asook die groot afstande weer as Sinode byeen te kom, was ’n goeie besluit en het bygedra tot die opbou van geloofsbande tussen gemeentes in die drie afsonderlike lande. Die konstituering van Sinode 1863, soos aangehaal, bevestig dat elke gemeente afsonderlik afgevaardigdes stuur, maar dan word die gemeentes duidelik volgens die drie lande ingedeel, naamlik van die Suid-Afrikaanse Republiek, die O.V.S. en die Kaapkolonie.

Prof. Dirk Postma (1818–1890). (Van der Vyver, 1958: Teenoor titelblad.)

Dirk Postma is op 10 Januarie 1818 in Dokkum, provinsie Friesland, gebore as jongste kind van Pieter Pieters Postma en Lolkje Arjens Boekhout. Hulle was lidmate van die Hervormde Kerk van Dokkum en klein Dirk (Durk volgens doopregister) is ook daar gedoop. Durk is die Friese vorm en Dirk die Nederlandse vorm (Van der Vyver, 1958:19-21). Die gesin het egter met die Afskeiding van 1834 saamgegaan en in 1838 het Dirk Postma belydenis van geloof afgelê in die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk. Hy is vyf keer getroud en het 21 kinders gehad volgens sy dagboek/memoriaal op 24 Junie 1881 (PV: Band 2:37) . Van der Vyver (1958:453) is, volgens sy navorsing, van slegs 20 kinders bewus. In sy 18 jaar as predikant in Nederland het ds. Dirk Postma vier gemeentes bedien, naamlik Minnertsga, Middelstum, Wildervank en Zwolle.

Hierdie wyse van afvaardiging deur elke gemeente na die onderskeie Sinodes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het voortgeduur tot 1958. Die wyse waarop die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk in Nederland na meerdere vergaderings afvaardig, word dus nie in Suid-Afrika verder voortgesit nie. Waar die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk nooit ’n direkte afvaardiging van gemeentes op die Algemene Sinodes erken het nie, word dit wel die gebruik in Suid-Afrika. Tydens die Sinode 1958 word besluit dat afvaardiging volgens Partikuliere Sinodes sal geskied (Acta, 1958:41-43). Vanaf 1961 word ’n gelyke aantal predikante en ouderlinge deur elke Partikuliere Sinode as afgevaardigdes na die volgende Sinode verkies.

Hiermee kan volstaan word. In die nagaan van die konstituering van die Sinodes (as ’n bykomende meerdere vergadering) het dit duidelik geword dat die aanvanklike afvaardiging van gemeentes via die Algemene Kerkvergadering (soos in die Christelike Afgeskeie Gereformeerde Kerk) die geval was, reeds by die tweede Sinode verander is. Dat die Algemene Kerkvergadering in die Suid-Afrikaanse Republiek afgevaardigdes aangewys het, dui ook nie daarop dat hy homself as ’n oorkoepelende gemeente vir almal in die hele Suid-Afrikaanse Republiek verstaan het nie. Gemeentes is dus nie eers ná die Sinode van 1862 in hierdie gebied geïnstitueer nie. Ons studie voer juis aan dat die notule van die Sinode nie ‘van bo’ af gelees moet word nie, maar ‘van onder’ af, vanuit die perspektief van die gemeente. In die Skrif gaan dit immers ook allereers om die plaaslike kerk. Daar laat Christus hom deur die Woord en die Gees bedien.

Ten slotte: Hoe is bogenoemde twee meerdere vergaderings in die vroegste beginjare gesien? In die Almanak van de Gereformeerde Kerk in Zuid Afrika voor het jaar 1872 (1871:46,47) beskryf die twee redakteurs, professore Dirk Postma en J. Lion Cachet die samestelling en werkswyse van die Sinode en die Algemene Vergadering soos volg:

“Al de gemeenten uit de drie landen worden om de drie jaren vertegenwoordigd in eene Algemeene Synodale Vergadering door eenen leeraar en twee ouderlingen van elke gemeente, bij gebreke van eenen leeraar drie ouderlingen, des noods kan ook een

diaken afgevaardigde zijn. De plaats der toekomende zitting wordt tot nog toe bepaald door de Synode zelve als ze vergaderd is, dus nog niet aan ééne bepaalde plaats. In elk land wordt er jaarliks eenmaal of tweemalen eene Algemeene Vergadering gehouden, ook vertegenwoordigd door elke gemeente van het land respectivelijk even als in de Synode. In deze Vergadering worden zaken verrigt, die anders tot eene Classicale en Provinciale Kerkvergadering volgens Kerkorde behooren.”

Hierdie aanhaling wys op die besondere samestelling van beide meerdere vergaderings, naamlik dat elke gemeente afgevaardigdes (ouderlinge en slegs in geval waar daar nie voldoende ouderlinge is nie, ‘n diaken) stuur. Hier kom die Christusregering deur die ouderlinge (presbiters) werklik tot sy reg.

In die laaste deel van hierdie hoofstuk skuif ons aandag weer na die noorde, na die Algemene Kerkvergadering, wat steeds byeengekom het. Die rede is om die kronologiese lyn van die ondersoek te behou, en om veral te let op hoe daar in hierdie Kerkvergaderings oor selfstandige gemeentes gedink is.