• No results found

In sy 18 jaar as predikant in Nederland het ds. Dirk Postma vier gemeentes bedien, naamlik Minnertsga (1835), Middelstum (1835), Wildervank (1835) en Zwolle (1835).

Met sy beroep na Wildervank skryf hy op 7 November 1844 die volgende aan die gemeente Wildervank: “Ik had mijne dierbare Gemeente niet kunnen verlaten, en het

scheiden zal nog smartelijk vallen voor mijn gemoed.” (Van der Vyver, 1958:66.) Ds.

Dirk Postma was dus goed bekend met die woord “gemeente” wat in Middelstum ’n selfstandige gemeente beteken het. Indien hy dus, soos bogenoem, in sy vyfde rapport aan die Sinodale Kommissie van die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk skryf dat hy in die Suid-Afrikaanse Republiek se distrikte gemeentes gaan “oprig”, is dit duidelik dat hy selfstandige gemeentes in die oog het.

Dit blyk verder uit die notules dat die woord “gemeente” en “distrik” as sinonieme gebruik word. Die volgende drie voorbeelde is uitgesoek om die stelling te staaf:

Eerste voorbeeld: Die Vierde Algemene Kerkvergadering wat op 21 November 1859 vergader, word saamgestel uit afgevaardigdes van die volgende distrikte, naamlik Rustenburg, Mooirivier, Pretoria en Zoutpansberg, terwyl die sesde Algemene Kerkvergadering op 21 September 1861 saamgestel word uit afgevaardigdes van die volgende gemeentes, naamlik Rustenburg, Mooirivier, Pretoria, Lijdenburg en Zoutpansberg (GKSAA: Rustenburg, Notuleboek 1859-1863. 1.1.1).

Tweede voorbeeld: Ds. Dirk Postma skryf ’n kort boodskap voor in die lidmateboek van Mooirivier wat in 1863 begin: “Lidmatenboek der Gereformeerde gemeente in het

district Mooirivier.” (GKSAA: Potchefstroom, Lidmateregister. 3.1.1.)

Derde voorbeeld: In die Lidmatenboek van de Gereformeerde Gemeente van

Rustenburg (GKSAA: Rustenburg, Lidmatenboek. 3.1.2) vind ons die volgende

inskrywing: “Petrus Albertus Venter: 2 Oct. 1863. Met attestatie van het distr.

Mooirivier.” Lidmate vertrek met attestaat van een gemeente na ’n ander en so vertrek

br. Venter dan van “distrik Mooirivier” na “distrik Rustenburg”. Die Kerkorde van 1859 het die volgende bepaal in Artikel 62: “Den genen, die vertrekken uit de gemeente zal

eene attestatie van hun lidmaatschap en wandel mede gegeven worden onder het zegel der kerk, of door twee ondergeteekend, beide namens den kerkeraad. Bewijs van

lidmaatschap kan de predikant alleen afgeven volgens het register, of bij vacature de secretaris der boeken.” (GKSAA: Rustenburg, Notuleboek 1859-1863. 1.1.1.) Hierdie

artikel is in ooreenstemming met Artikel 82 van die Dordtse Kerkorde van 1618/1619 wat deur Sinode 1862 aanvaar is.

Die woorde “distrik” en “gemeente” word ook soms as sinonieme in dieselfde notule gebruik. So vermeld die notule van die Sewende Algemene Kerkvergadering op 24 Desember 1862, waarin Artikel 4 handel oor die samestelling van ’n kommissie wat oor onder andere eredienstye ’n verslag moet opstel: “Voorbereidend veel gesproken en

wordt eene commisjie benoemd, te weten van elke gem. één kerkeraadslid, om met den Leraar zamen eene regeling over de diensten te maken, als mede om het tractement over de gemeenten, naar haar onderscheiden vermogen te verdelen, ten einde dit in de Openbaar zitting voor te leggen ter beoordeling aan de vergadering.”

Hier word twee keer van die woord “gemeenten” gebruik gemaak. Wanneer hierdie kommissie terug rapporteer in Artikel 6 is die opskrif van die artikel : “Regeling der

bediening van de onderscheiden districten” (GKSAA: Rustenburg, Notuleboek 1859-

1863. 1.1.1). Gemeente en distrik word as sinonieme in die kerklike notule gebruik.

In die notule van 11–14 Februarie 1859 te Rustenburg, volgens artikel 4 is dit duidelik dat die indeling van distrikte as ’n burgerlike indeling beskou is. Die wyse waarop grense van gemeentes egter bepaal sou word in die Suid-Afrikaanse Republiek, sou nie noodwendig volgens die “burgelijke districten behoeft te blijven” (GKSAA: Rustenburg, Notuleboek 1859-1863. 1.1.1).

Samevattend kan die volgende aantekeninge gemaak word:

Die hele Suid-Afrikaanse Republiek is in distrikte verdeel en weer in wyke onderverdeel. Dit is nie net ’n gewone burgerlike indeling nie, maar ook ’n militêre indeling. In die kerklike notules word die woord “wyk” wel in die jare 1860 gebruik, maar dit is nie duidelik of dit verwys na die burgerlike indeling van distrikte in die Suid-Afrikaanse Republiek of indeling van ’n gemeente in wyke nie. In die geval van Schoonspruit kan

afgelei word dat wyk Schoonspruit reeds voor 1869 ’n kerklike wyk van Mooirivier/Potchefstroom was.

Ds. Dirk Postma het ouderlinge en diakens in die onderskeie wyke van distrikte laat verkies en bevestig. In die geval van distrik Mooirivier/Potchefstroom was dit van Gatsrand (oudl. P.J.W. Schutte en diak. A. Venter ) en Schoonspruit (oudl. J.A. Venter en diak. F de Bruin). Dit het egter nie beteken dat ’n gemeente in elke wyk ontstaan het nie. Hierdie ouderlinge en diakens was afgevaardigdes op die Algemene Vergaderings van die betrokke gemeente (distrik ).

Die kerklike gebruik van die woorde distrik en gemeente in die primêre bronne dui daarop dat dit wel as sinonieme gebruik is en as sodanig ook verstaan kan word. Die besluit van die openbare kerkvergadering op 11 Februarie 1859 het dit wel duidelik gemaak dat ds. Postma nie noodwendig die burgerlike distrikte as grense hoef te neem vir die onderskeie gemeentes wat verder sou ontstaan in die Suid-Afrikaanse Republiek nie. Dit behoort ook nou duidelik te wees teen watter agtergrond die konstituering van die Tweede Algemene Kerkvergadering (om die lyn weer op te tel) van 16 April 1859 sowel as Artikel 9 van die notule gelees moet word. Ds. Postma het inderdaad tussen 14 Februarie en 16 April gevolg gegee aan die Artikel 4-besluit. Die ouderlinge van Rustenburg, van Mooirivier, van Pretoria was teenwoordig as afgevaardigdes van gemeentes.

In die notule van die Tweede Algemene Kerkvergadering van 16 April 1859 word verwys na ’n tweede ouderling en diaken vir Mooirivier/Potchefstroom. Wanneer en waar is ouderling J.A. Venter en diaken F de Bruin bevestig? Volgens die notule, Artikel 9, is albei van Schoonspruit, distrik Mooirivier. Schoonspruit is ook ’n kerklike wyk van Mooirivier. Waarop dui dit? Op die totstandkoming van ’n gemeente Mooirivier iewers tussen 14 Februarie en 16 April 1859?