• No results found

3.3 Die kerklike gebruik van die woorde wyk, distrik en gemeente

3.3.2 Distrik

3.3.2.1 Die begrip distrik soos gebruik in notules en lidmateregisters

“Distrik” is, soos aangetoon, ’n aanduiding van die burgerlike indeling van die Suid- Afrikaanse Republiek. Op gemeentes is hierdie begrip gedurende die eerste jare ook toegepas: ons lees van gemeentes in die “distrik Mooirivier”, of die “distrik Rustenburg”. So het gemeentes ook hulleself gesien. In die notules van Gereformeerde Kerk Potchefstroom/Mooirivier sal die volgende opskrif byvoorbeeld voorkom: “De kerkeraad

der Gereformeerde gemeente van het distrik Mooirivier” (notule 5 Februarie 1864) of

selfs by geleentheid op 2 Julie 1864: “...kerkeraad en gemeente van de Gereformeerde

gemeente uit het distr. Mooirivier te Potchefstroom, den 2 Junij 1864”. Let op dat die

gebruik van die woord “distrik” vir gemeente Mooirivier/Potchefstroom selfs na 1863 nog gereeld voorkom. In ’n brief gedateer 2 Julie 1864 vanaf Burgersdorp aan die Gereformeerde gemeente te Rustenburg, meld ds. Dirk Postma van “onzer gemeente in

1

Die eerste duidelike verwysing in die notules van Gereformeerde Kerk Rustenburg na “wyk” as ’n kerklike wyk van die gemeente Rustenburg, kom voor in die notule gedateer 16 Maart 1882, artikel 21. Die opskrif is “Censura morum” (GKSAA: Rustenburg,Notuleboek , 1881-1887: 1.1.5).

het district Mooirivier” (PV: Band 12, Dok. 940:181). Distrik is dus ’n geografiese

aanduiding van ’n plaaslike gemeente.

In die “Algemeen Lidmatenboek van de Gereformeerde Kerk in de Z.A. Republiek. No 1

en 2” (GKSAA: 1859-1862. 3.1.1), word belangrike gegewens verkry oor die kerklike

gebruik van die woord “distrik”. Hierdie lidmateboek word in die volgende kolomme verdeel: naam, datum, distrik, rede vir lidmaatskap, soos byvoorbeeld by die eerste 310 name van lidmate wat op 10 Februarie 1859 ingeskryf is : “Als lidmaat overgekomen uit

de Nederd. Herv. tot de Gereformeerde Kerk, op den dag harer stichting.” In hierdie

laaste kolom word daar ook gemeld van watter burgerlike wyk die betrokke lidmaat gekom het. Dit gaan in hierdie lidmaatboek om ’n distrik, wat bestaan uit wyke, en wat dan uiteindelik ’n aanduiding van ’n gemeente is. Die volgende indeling van burgerlike distrikte en wyke word in die lidmateregister aangedui:

Distrik Rustenburg: Wyke Zwartruggens en Marico. Marico val eers onder Mooirivier, maar daarna onder Rustenburg volgens ’n besluit op 26 Desember 1862, (Artikel 11) soos opgeteken in die notule van die Algemene Kerkvergadering (GKSAA: Rustenburg, Notuleboek. 1.1.1). Wat Zwartruggens betref, dagteken ds. Dirk Postma in sy verslag aan die Sinodale Kommissie van die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk: “Den 3

den Maart. ‘s morgen daarop, uit na Zwartruggens, een andere gedeelte van mijne gemeente, mede onder Rustenburg behoorende,...” (HUA: Nr. 75. Postma, 8 Junie

1859:17).

Distrik Mooirivier: Wyke Schoonspruit, Vaalrivier, Gatsrand, Marico (tot Desember 1862). Op 19 Maart 1859 word 37 lidmate ingeskryf by Schoonspruit, en op 26 Maart 1859 aan die Vaalrivier 15 lidmate. Op 29 Maart 1859 “bij de kerk in Gatsrand” word 6 lidmate ingeskryf en later op 23 April nog 4 lidmate.

Distrik Pretoria: Wyke Kliprivier, Pienaarsrivier, Krokodilrivier (inskrywing op 27 Februarie 1859), Apiesrivier en Waterberg. Die eerste notule in die notuleboek van Gereformeerde Kerk Pretoria het ’n veelseggende opskrif: “Openbare

Kerkraadvergadering met de Gereformeerde gemeente in het district Pretoria aan Pienaarsrivier, den 24 Januarie 1863.” (GKSAA: Pretoria, Notuleboek 1863. 1.1.1.)

Distrik Zoutpansberg: In die wyk Rhenosterpoort is die eerste inskrywing op 28 Augustus 1859 (7 lidmate). In die wyk Schoemansdal word 39 lidmate ingeskryf op 3 September 1859. Op 10 September 1859 word nog 12 lidmate op Rhenosterpoort ingeskryf en op 11 September 1859 op Doornbult ’n verdere 13 lidmate ingeskryf.

Waterberg word nie as distrik aangedui nie, maar die eerste inskrywing onder Waterberg, distrik Pretoria, is op 26 Februarie 1859 wanneer sewe lidmate ingeskryf word by Krokodilrivier.2 Op 20 Augustus 1859 word “Bij de kerk aan Waterberg”, distrik Pretoria, 25 lidmate (inskrywing nr. 603-622 en 742-746) ingeskryf. Met sy terugtog van Zoutpansberg skryf ds. Dirk Postma op 17 September 1859 weer 12 lidmate in. Die ontstaansgeskiedenis van hierdie gemeente word volledig inhoofstuk 4 beskryf.

Distrik Lydenburg: Op 24 September 1859 word 2 lidmate van distrik Lydenburg ingeskryf, terwyl hulle by die byeenkoms te Pienaarsrivier aanwesig was. Die tweede inskrywing onder distrik Lydenburg is op 3 November 1860 waar 2 lidmate ingeskryf word te Rustenburg. Daarna volg daar op 20 Februarie 1861 die inskrywing van 33 lidmate in distrik Lydenburg. Die ontstaansdatum van hierdie gemeente word in hoofstuk 4 behandel.

Distrik Winburg: Op 29 Oktober 1859 word 12 lidmate ingeskryf van distrik Winburg. In die lidmateboek no.2 word die volgende gemeld : “In Junij 1863 overgegaan tot de

Gereformeer. gemeente te Reddersburg (Oranje Vrijstaat) met wederzijd goedvinden.”

(Sien vir ’n behandeling hiervan, Krüger, 1957:106–130).

Uit hierdie gegewens is dit duidelik dat inskrywings in die algemene lidmaatregister volgens burgerlike distrikte en wyke gedoen is. Hieraan is gehou. Du Plessis (1984:37)

2

Sien in hierdie verband ook die beskrywing van gebeure in die dagboek van ds. Dirk Postma op 25 Februarie 1859 (PV.: Band 1:211).

gebruik die woorde “wyk” en “distrik” sonder om op die burgelike en kerklike betekenis van die woorde in te gaan. Hy kom dan tot die konklusie: “Die wyk Mooirivier waarvan P.J.W. Schutte ouderling was is aanvanklik beskou as deel van die Gereformeerde gemeente Rustenburg.” (Du Plessis, 1984:38.) Mooirivier word egter nêrens in die kerklike notules aangedui as “wyk Mooirivier” in die ‘distrik Rustenburg” nie. Daar word konsekwent van die distrik Mooirivier (alias Potchefstroom) gepraat as aanduiding van ’n gebied waar ’n gemeente gevestig is. Die gevolgtrekking van Du Plessis kan weens gebrek aan bewyse dus nie aanvaar word nie.

Volledigheidshalwe moet ook nagegaan word hoe ds. Dirk Postma hierdie begrippe in sy verslae gebruik het.

3.3.2.2 Inligting uit die verslae van ds. Dirk Postma

Ds. Dirk Postma het verskeie verslae aan die Sinodale Kommissie van die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk in Nederland gestuur (Bylaag D). Hy het dit gedoen omdat hy homself as “uwen afgevaardigde” (HUA: Nr.75. Postma, 8 Junie 1859:31) van die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk in Nederland beskou het. Volgens die dagboek/memoriaal van ds. Dirk Postma het hy op 8 Junie 1859 die vyfde rapport voltooi aan huis van JP van der Walt, distrik Bloemfontein (PV: Band 1:238).

Die eerste vier rapporte het gehandel oor sy wedervaringe en optredes tot 3 Desember 1858 (HUA: Nr.75. Postma aan Sinodale Kommissie). In ’n baie lang vyfde rapport wat hy op 8 Junie 1859 afsluit, (HUA: Nr.75. Postma, 8 Junie 1859:1-31) maak hy ’n uiters belangrike opmerking. Na ’n baie volledige rapport oor die gebeure op 10-14 Februarie 1859 te Rustenburg, berig hy oor die besluit om ’n kerk en pastorie te bou (Artikel 2 van die notule, Bylaag C). “De gehele vergadering stemde hiermede in, en er wordt terstond

besloten tot het bouwen van eene kerk en pastorie te Rustenburg. (Uit de andere districten waren hier ook vertegenwoordigers, maar de aanstelling van kerkeraden daarvoor werd uitgesteld, totdat wij in die districten zelve komen - dat nu ook het eerste werk zal zijn, en de kerkeraad, volgens onze kerkorde, van eene gemeente, die wordt

opgericht, zelve moet verkozen worden.)” (HUA: Nr.75. Postma, 8 Junie 1859:16). Van

hierdie rapport maak ds. Postma in sy dagboek op 8 Junie 1859 melding (PV: Band 1:238). In die aanhef van hierdie verslag (HUA: Nr.75. Postma, 8 Junie 1859:1) is dit duidelik dat die rapport ses maande na die vorige rapport, wat op 3 Desember 1858 geëindig het (HUA: Nr.75. Postma, 8 Junie 1859:1), afgesluit is. Bogenoemde opmerking tussen hakkies vorm nie deel van die notule van 11–14 Februarie 1859 nie.

Die opmerking (tussen hakkies) van ds. Dirk Postma verdien ’n kantaantekening. Dit raak die hart van wat verstaan word onder die gereformeerde ordening van die kerklike lewe. Spoelstra (1989:235) verwoord dit so: “Die gereformeerde kerkreg van die 17de eeu praat nie soos vandag kerksentries van die ‘stigting’ of ‘afstigting’ van kerke nie. Die leidende vraag is hoe die Christusregering op ’n plek bedien sal word. Die kerkorde neem ook nie die voortplanting van die ‘kerk’ as vertrekpunt nie, maar vra hoe die regering van Christus bedien sal word.” Hy (1989:239) gaan voort: “Die kerkorde stig nie ’n kerk nie, maar voorsien ’n kerkraad vir mense wat die kerk is.” Waar Christus met Woord en Gees die kerk vergader (Heidelbergse Kategismus Sondag 21, Vraag 54) moet ouderlinge geroep word om te regeer.

In 1858 was daar vier distrikte in die Suid-Afrikaanse Republiek, naamlik Rustenburg, Potchefstroom, Pretoria en Zoutpansberg. Volgens die lys van 310 persone wat op 10 Februarie 1859 ingeskryf is, (GKSAA: Gereformeerde Kerk in de Z.A.R. Lidmatenboek

1859-1862. 3.1.1) was daar verteenwoordigers van drie distrikte aanwesig, te wete

Rustenburg, Mooirivier en Pretoria. Daar kan dus geen twyfel bestaan oor die distrikte waarna ds. Dirk Postma in sy rapport hierbo verwys nie.

Ds. Dirk Postma verklaar dus self dat hy as die eerste taak sien om kerkrade te verkies

“van eene Gemeente” wat in die ander distrikte volgens die Kerkorde van 1859, Artikel

18 “opgericht” gaan word. Volgens hierdie Artikel moet dit as volg gedoen word: “Elke

gemeente zal zooveel ouderlingen en diakenen hebben als het haar zelve goeddunkt. Daar geen kerkeraad bestaat, kiest de gemeente onder de leiding van eenen leeraar. Vervolgens worden ouderlingen en diakenen verkozen door den breeden kerkeraad. En

zullen, na de vereischte bekendmaking aan de gemeente, met het daartoe gebruikelijk formulier bevestigd worden. De kerkeraad kan ook een dubbeltal aan de gemeente voorstellen, ten einde de mans leden daaruit dan eene verkiezing doen.” (GKSAA: Rustenburg, Notuleboek 1859-1863. 1.1.1.)

Dit is noodsaaklik om daarop te let dat hier nie sprake is van die verkiesing van kerkraadslede vir “wyke” van Rustenburg nie, maar van “kerkeraden” vir elke distrik of gemeente. Dit dui onteenseglik op die ontstaan van gemeentes in elke distrik en dat ds. Dirk Postma die ter saaklike besluit van 11 Februarie 1859 (Artikel 4) aan ‘t uitvoer is. Die besluit lui soos volg: “Wordt gehandeld over de verdeling onzer kerk in

onderscheidene gemeenten. En wordt besloten, dat men in deze verdeling niet juist bij de burgerlijke distrikten behoeft te blijven. Het wordt aan den Leraar opgedragen, om hierin te handelen, zoo als het zew. het best voorkomt in zijne doorreis van de Republiek, vooral de begeerte van het volk zelft en de gelegenheid der plaats en omstreken in acht nemende.” (GKSAA: Rustenburg, Notuleboek 1859-1863. 1.1.1.)

Alhoewel die verkiesing van ouderlinge en die ontstaan van gemeentes in die onderskeie distrikte nie so duidelik na vore kom in die Oranje Vrystaat nie, moet goed gelet word op die wyse van kennisgewing van die “stigting” van gemeente Burgersdorp. Ds. Dirk Postma rapporteer aan die Sinodale Kommissie van die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk die volgende: “Tevens maak ik U bekend, dat ik op den 21 dezer

in het district Burgersdorp eene zoodanige Gereformeerde gemeente gesticht heb als er reeds in de Republiek en de Vrijstaat bestaat, vroeger door my gesticht.” (HUA: Nr. 75.

Postma, 27 Januarij 1860:1.) Ds. Dirk Postma gee dus kennis van die stigting van ’n gemeente in die distrik Burgersdorp en nie van die stigting van ’n soort algemene Gereformeerde Kerk Burgersdorp nie.