• No results found

Artikels 12, 15, 17, 18: Die kennisgewing aan die owerheid van die

Hoekom word aan die Nederduitsch Hervormde Kerk en die Uitvoerende Raad kennis gegee van die stigting van die Gereformeerde Kerk in die Suid-Afrikaanse Republiek en nie van Gereformeerde Kerk Rustenburg nie? Twee redes kan aangevoer word:

Ten eerste is daar nie net aan een gemeente se ontstaan gedink op 12 Februarie 1859 nie, maar is die grondslag gelê vir nog meer gemeentes wat sou volg. Die opmerking van Lion Cachet (1909:41) is korrek: “Op de stichting van de gemeente Rustenburg

volgden spoedig die van de gemeenten Pretoria en Potchefstroom.” Trouens, met die

konstituering van die daaropvolgende Algemene Vergaderings van 16 April 1859 en 29 Julie 1859 is dit Rustenburg, Pretoria en Potchefstroom se onderskeie afgevaardigdes wat op die algemene vergaderings (as meerdere vergadering) teenwoordig is.

Ten tweede het die Grondwet van die Suid-Afrikaanse Republiek in Artikel 20 bepaal dat “Het volk wil zijne Nederduitsch Hervormde Godsdienstleer, zooals deze in de jaren

1618 en 1619 door de Synode van Dordrecht is vastgesteld, in haren grondbeginselen blijven behouden, en de Nederduitsch Hervormde Kerk zal de kerk van dezen staat zijn.” (Scholtz, 1956:158.) Die Algemene Kerkvergadering van die Gereformeerde Kerk

in die Suid-Afrikaanse Republiek was op 12 Februarie 1859, soos in notule van 11–14 Februarie 1859, (GKSAA: Rustenburg, Notuleboek 1859-1863. 1.1.1) gekonfronteer met hierdie wetgewing. Om op daardie stadium vir die staat te stel dat hulle nie die gedagte van ’n staatskerk aanvaar nie en ook die Dordtse Kerkorde anders vertolk, sou onproduktief wees. Juis daarom besluit die Algemene Vergadering van 12 Februarie 1859 om aan die staat kennis te gee van die stigting van die Gereformeerde Kerk in die Suid-Afrikaanse Republiek wat in leer, diens en tug ooreenstem met die besluite van Sinode van Dordecht 1618/1619. Enige ander wyse van kennisgewing sou hulle onmiddellik gediskwalifiseer het.

Die wyse waarop die kennisgewing hanteer is, is insiggewend. Die kennisgewing is aan ds. Dirk van der Hoff en kerkraadslede gestuur. Ds. Dirk Postma skryf in sy rapport van 8 Junie 1859 aan die Sinodale Kommissie van die Christelik Afgeskeie Gereformeerde Kerk die volgende: “Het is hier het gebruik dat ds. vd. H. de officiële stukken van

kerkelijke wegen openbaar maakt in de Staatscourant.” (HUA: Nr. 75. Postma, 8 Junie

1859:15.) Die staatskerk hanteer dus kerklike sake namens die regering van die land.

In hierdie kennisgewing word die volgende bekend gemaak: “De geloovigen, die zich in

de Z.A. Republiek hebben vereningd tot eene Gereformeerde Kerk, zoo als die zich te Dordrecht in 1618 en 1619 heeft geopenbaard, hebben zich in hunne eerste zamenkomst geroepen geacht eene Openlijke Verklaring van hun geloof en godsdienst af te leggen,… De Gereformeerde Kerk in de Z.A. Republiek erkent de Belijdenis des geloofs der Gereformeerde Kerken van Nederland, den Catechismus en de Leerregels der Synode van Dordrecht, gehouden in de jaren 1618 en 1619 als de volledige uitdrukking van haar geloof.” (HUA: Nr. 75. Postma, 8 Junie 1859:15.)

Daarby moet ook artikel 23 van die Grondwet in ag geneem word: “Het volk erkent geen

ander kerkelik gezag, dan dat, wat door de kerkeraden zijner Ned. Herv. gemeenten is of wordt goedgekeurd, aangenomen en vastgesteld, volgens Art.20.” (Du Plessis,

1925:60.)

Die gebeure wat na die kennisgewing van die stigting van die Gereformeerde Kerk in die Suid-Afrikaanse Republiek plaasvind, bevestig hierdie standpunt. Volgens Scholtz (1956:158,159) het die Uitvoerende Raad op 26 April 1859 ’n kerkvergadering in Potchefstroom belê, waarin hulle (staatskerk en staat) moes oordeel of die Gereformeerde Kerk in die Suid-Afrikaanse Republiek aan die bepalings van die Grondwet voldoen. Nadat die toets aangelê is, is bevind dat die Gereformeerde Kerk aan die vereistes van artikel 20 van die Grondwet voldoen. “Dit het dus beteken dat

ook die Gereformeerde Kerk binne die bepalings van die betrokke artikel van die konstitusie geval het.” (Scholtz, 1956:159.)

Na bogenoemde bevinding het die saak van hereniging uiteraard na vore gekom. Die Gereformeerde Kerk in die Suid-Afrikaanse Republiek kon dus nie verbied word nie, maar hereniging sou goed wees. Verskeie pogings in die verband het egter misluk.

Ds. Dirk van der Hoff en die Algemene Kerkvergadering van die Nederduitsch Hervormde Kerk het die besluit dat die Gereformeerde Kerk aan die vereistes van Artikel 20 van die Grondwet voldoen, egter anders vertolk. In ‘n ongedateerde skrywe (moontlik die tweede helfte van 1860) aan die “Uitvoerende Raad der Zuid-Afrikaansche

Republiek” word die volgende vermeld: “In hare tweede zitting heeft die vergadering besloten: dat de Kerk van Ds. Postma, op zichzelve beschouwd, zou voldoen aan de vereischten van art. 20 der grondwet. En wat is nu de bedoeling van dat besluit? Niets anders dan dit: dat de Kerk van ds. Postma voldoen zou aan art. 20 der grondwet, zoo hier geen andere Kerk bestond, die daaraan voldoet; doch aangezien hier eene andere Kerk, en wel met name de onze, bestaat, die voldoet aan art. 20, zoo is eene tweede Kerk niet noodig, omdat zy om bovengenoemde rede, aan art. 20 niet voldoet.” (NA:

S.S. 35 R. 4191 60.)

Terloops: Die stryd om die beëindiging van ‘n staatskerk in die Suid-Afrikaanse Republiek sou alreeds enkele jare later begin met ‘n petisie aan die Uitvoerende Raad van die Suid-Afrikaanse Republiek. Dit was juis ouderling P.J.W. Schutte van Mooirivier/Potchefstroom wat as eerste ondertekenaar, saam met ‘n groot aantal inwoners van die distrik Mooirivier, in Julie 1862 in die petisie vra dat geen kerk meer as staatskerk erken moet word nie, maar dat alle burgers dieselfde regte moet hê. Verder versoek hulle ook dat die staat nie meer die predikante moet vergoed nie, maar dat dit elke kerk se verantwoordelikheid is om sy predikant te versorg (NA: S.S. 43 R.265a 62).

P.J.W. Schutte en eggenote (Cachet, 1909:226).

P.J.W. Schutte is op 29 November 1805 in die distrik Uitenhage gebore. Hy tree in die huwelik met Alida Barendina Hendrina Steenkamp in 1825. Vier seuns en twee dogters word uit die huwelik gebore. Alida sterf in 1839. In 1840 trou hy met Maria Magdalena Johanna du Plessis en uit die huwelik word drie dogters gebore, maar net na die geboorte van die jongste dogter, is Maria oorlede. Daarna trou hy weer met Magteld Gertruida Anna Maria du Plessis en ses seuns en vyf dogters word uit die huwelik gebore. Vir meer besonderhede oor P.J.W. Schutte word verwys na die verhandeling van W.P. du Plessis (1984): Philippus Jacobus Wilhelmus Schutte as kerkman.2

Daar was dus baie goeie rede waarom die Algemene Kerkvergadering te Rustenburg op 12 Februarie 1859, in Artikel 12 van die notule, die presiese bewoording aan die

2

Bogenoemde inligting is in ’n persoonlike gesprek meegedeel deur ’n familielid, mevr. M.E. Venter (2009) van Huis Eikelaan, Potchefstroom.

Overheid gebruik het in hulle kennisgewing van die stigting van die Gereformeerde Kerk

in die Suid-Afrikaanse Republiek. Aan die owerheid word dus kennis gegee volgens Artikel 20 van die Grondwet van die stigting van die Gereformeerde Kerk in die Suid- Afrikaanse Republiek en nie kennis gegee van die stigting van die Gereformeerde Kerk Rustenburg alleen nie. In hierdie kennisgewing kom die volgende na vore:

 Die grondslag met die stigtingsvergadering tydens die periode 10 tot 14 Februarie 1859 is alreeds gelê vir die ontstaan van meer as een gemeente in die Suid-Afrikaanse Republiek en dit sou sinneloos wees om net kennis te gee van die ontstaan van die Rustenburg gemeente.

 Die Gereformeerde Kerk in die Suid-Afrikaanse Republiek moes voldoen aan die wette wat in die land gegeld het. Die wyse van kennisgewing dui eerder daarop dat op ’n baie noukeurige wyse die kennisgewing aan die Uitvoerende Raad opgestel is. ’n Verkeerde wyse van kennisgewing sou die owerheid die geleentheid gebied het om die Gereformeerde Kerk in die Suid-Afrikaanse Republiek te verbied.

Spoelstra is van mening dat ds. Dirk Postma se kerkbegrip “was gebonde aan die staatkundige reëling van die Republiek en daarom wou hy ’n Kerk op parallelle vlak naas die Volksraad daarstel. Dit tree helder aan die lig in die naam waarmee die eerste Kerk hom bekend maak ...” (Spoelstra, 1963:172). In die lig van die uiteensetting hierbo, sowel as in die res van die nagaan van die betrokke notules, moet ’n mens versigtig wees met ’n afleiding soos hierdie. Daar is genoeg aanduidings uit die primêre bronne wat so ’n verbandlegging nie ondersteun nie.