• No results found

Die Belydenis van Belhar as ’n kerklik-teologiese respons

4.6 Resepsiegeskiedenis van die Belydenis van Belhar

4.6.4 Reformed Church in America (RCA)

Die Reformed Church in America (RCA) is ‟n hoofstroom gereformeerde Protestantse denominasie in Kanada en die Verenigde State en staan baie positief teenoor die Belydenis van Belhar.48 Die kerk het ongeveer 300 000 lidmate.49 Vanaf 1628 tot 1819 was die kerk die Noord-Amerikaanse tak van die Reformed Church. In 1819 is dit as die Reformed Protestant Dutch Church ingelyf.50 Die huidige naam is in 1867 gekies. Die Gereformeerde Kerk in Amerika is ‟n stigterslid van die Nasionale Raad van Kerke en die Wêreldraad van Kerke en Wêreld Alliansie van Gereformeerde Kerke.51

46 Beskikbaar by http://www.pcusa.org/news/2013/4/23/belhar-confession-recommended-again-pcusa-adoptio/ - 25 Julie 2013. 47 Beskikbaar by http://www.pcusa.org/news/2013/4/23/belhar-confession-recommended-again-pcusa-adoptio/ – 25 Julie 2013.

48 Beskikbaar by https://www.rca.org/SSLPage.aspx?pid=6561 – 5 Maart 2013. 49 Beskikbaar by https://www.rca.org/SSLPage.aspx?pid=2183 – 5 Maart 2013.

50 Beskikbaar by https://www.rca.org/beginnings & https://www.rca.org/SSLPage.aspx?pid=2183 - 5 Maart 2013.

144 Volgens Plaatjies van Huffel (2013:198) het die RCA die Belydenis van Belhar al sedert 1985 oorweeg. Dit was nog in Belhar se vroeë bestaansjare, slegs drie jaar nadat dit as reaksie op die skeuring binne die kerk tydens die apartheidsera van die Suid-Afrikaanse konteks geskryf is. In die negentiger jare het ‟n afvaardiging van die Gereformeerde Kerk in Amerika die VGKSA besoek en kom vra wat hulle kan doen om met die belydenis te help (Plaatjies van Huffel 2013:198). Hierop sê Plaatjies van Huffel het die VGKSA geantwoord dat hulle dit kan neem, lees, bestudeer en ontvang (2013:198). Feenstra noem dat gereformeerde Christene in die besonder, en alle Christene meer in die algemeen, baie dankbaarheid verskuldig is aan dié moedige Christene in Suid-Afrika wat tydens een van die ergste periodes van apartheid in die land, geboorte gegee het aan een van die mooiste en stewigste getuies aan die Christelike geloof in die afgelope dekades (2008:[n.p.]). Feenstra (2008:[n.p.]) stel dit tereg dat die Belhar-Belydenis uitgebring is deur gereformeerde Christene wat diep gely het onder ongeregtighede, insluitend geweld en gedwonge rassesegregasie wat gekondoneer of selfs deur sommige gereformeerde kerke in Suid-Afrika ondersteun is.

God het dit genadiglik geskik gevind om deur ‟n kerk te werk wat deur onderdrukking, woede en frustrasie gegaan het en ‟n Bybelse, gebalanseerde, en diep ware belydenis van die Christelike geloof te kon produseer. Net soos dwarsdeur die geskiedenis gebeur het, het God deur selfs die mees moeilike omstandighede gewerk om die kerk te lei en te verlig, aldus Feenstra (2008:[n.p.]).

Gegewe Belhar se baie sterkpunte, het die VGKSA aan gereformeerde Christene regoor die wêreld gevra of Belhar ook vir en saam met hulle en hulle situasie praat, aldus Feenstra (2008:[n.p.]). Daarom vra hy die volgende vrae:

Is Belhar appropriate mainly for its own place and time, South Africa in 1982, or does it translate equally well to other places and times? More particularly, does Belhar both speak to and give voice to Reformed Christians in North America? If so, does it hold the prospect of doing so not just today, but in the years ahead?

Daarom meld De Beer (2008:122) dat die Gereformeerde Kerk in Amerika reeds die afgelope paar jaar oor Belhar besin aangesien hierdie denominasie beweer dat hulle grootste uitdaging die oorgang vanaf ‟n gevestigde na ‟n missionêre kerk vir hulle kerk vandag is. Hier haal De Beer (2008:122) vir Wesley Granberg-Michaelson, die algemene sekretaris van die

145 Gereformeerde Kerk in Amerika, aan as hy sê, “a missional church is a church that places its commitment to participate in God‟s mission in the world at the centre of its life and identity.” Dit is hulle dryfveer agter die oorweging vir Belhar aangesien die Belydenis hulle kan help om die huidige missionêre eeu te verstaan wat hulle tans sien as ‟n geweldige uitdaging (De Beer 2008:122). Die Belhar-Belydenis is vir die Gereformeerde Kerk in Amerika van groot waarde om dié kerk te help in haar besinning oor haar missie in ‟n (Amerikaanse) wêreld wat vasgevang word in die vraag oor die verskille tussen rassegroepe (De Beer 2008:122). Ondanks die feit dat dit meer as ‟n kwart eeu gelede geskryf is in ‟n omgewing wat baie anders as dié van die huidige Noord-Amerikaanse samelewing is, is die Belhar-Belydenis dit eens met die taal en perspektief van die Skrif en praat dit steeds met die huidige Noord-Amerikaanse konteks soos Granberg-Michaelson dit verwoord (cf. De Beer 2008:122-123). Dit daag christene in Amerika uit om die evangeliese boodskap te beliggaam. Feenstra is oortuig dat Belhar weerklank vind in die belangrike Bybelse temas wat leiding gee aan Christene vandag. Hoewel dit ontstaan het in Suid-Afrika in 1982, is Belhar se boodskap nietemin wat nodig is in Noord-Amerika en elders in hulle huidige konteks (2008:[n.p]). Die Belhar-Belydenis bied ‟n duidelike getuienis aan die mense binne en buite die kerk. Belhar eggo die Skrif se bevestiging dat Christus die skeidingsmuur van Jood en heiden afgebreek het en hulle saam lede van God se huishouding gemaak het. Belhar reflekteer Jesus se gebed deur die roeping vir Christelike eenheid om sigbaar te word sodat die wêreld kan glo. Volgens hierdie denominasie is die Belydenis van Belhar gegrond op die Bybel (Feenstra 2008:[n.p.]).

Ronald Feenstra se waardevolle bydrae tot die debat in Amerika in die vorm van sy skrywe, “The Belhar Confession for North America” (2008) onderstreep die gedagte dat Belhar in die algemeen voorhou dat die kerk moet staan waar God staan – teen die ongeregtigheid en by die verontregtes. Volgens hom getuig die belydenis ook teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit selfsug hulle eie belange eerste plaas (Feenstra 2008:[n.p.]). Dit is ‟n boodskap wat Noord-Amerikaanse Christene nodig het om te hoor en te bevorder. Die Belhar-Belydenis is een van die kerk se grootste skatte. Dit praat uit die put van onderdrukking en lyding. Dit is ‟n artikulering van die Evangelie en die implikasies daarvan vir outentieke Christelike geloof en lewe.

Daar is voorgestel dat die RCA biddend, en met behoorlike studie, die Belhar-Belydenis oorweeg as ‟n moontlike vierde belydenisskrif om deel te word van die “standaarde van

146 eenheid” wat die kerk onderskryf en vereis van alle predikante en professore in die Teologie om te onderteken.52 Du Plooy rapporteer op sy beurt dat die Reformed Church in America (RCA) in 2000 besluit het om die plaaslike kerke uit te nooi om hulle mening oor die Belydenis van Belhar te gee (2010:356). In 2007 is besluit om hierdie belydenis voorlopig vir twee jaar te aanvaar en dit in eredienste en onderrig te toets met die oog op ‟n moontlike volle aanvaarding in 2009 (cf. Plaatjies van Huffel 2013:198; Du Plooy 2010:356).

Vroeg in Junie 2009 het die RCA vir hulle 204de sitting van die Algemene Sinode ontmoet. Die sinode het gestem om Belhar as belydenis te aanvaar. Die besluit om die Belydenis te aanvaar is terug verwys na die Ringe vir verdere ondersoeke en studies.53 ‟n Paar maande later is daar berig dat Belhar as belydenis aanvaar gaan word na ‟n twee-derde meerderheid stemme ten gunste hiervan ingekom het (Du Plooy 2010:356; Plaatjies van Huffel 2013:199). Die aanvaarding is toe amptelik gemaak, soos Plaatjies van Huffel dit stel:

During June 2010 the General Synod of the RCA officially declared the Belhar Confession the fourth confession of the RCA. The endorsement of the Belhar Confession has implications for life and ministry of the RCA. Henceforth they can use the said confession as an educational/formative tool in the nurture of faith for witness and mission (2013:199).

Die kerke is daarna versoek om aandag te gee aan die vraag hoedanig die RCA op die oproep tot eenheid, versoening en geregtigheid kan reageer, ooreenkomstig die Belydenis van Belhar (Du Plooy 2010:356). Die aanvaarding van Belhar bring tot ‟n einde ‟n proses wat in 1995 begin is deur wyle ds James Buys en ds Leonardo Appies, wat die Belhar-Belydenis formeel aan die RCA se Algemene Sinode in New Jersey bekendgestel het. Hulle het aan die sinode genoem dat Belhar ‟n geskenk van die VGKSA aan die Gereformeerde Kerk van Amerika is.54

Die Belhar-Belydenis maak nou deel uit van die RCA se belydenisgrondslag: die Heidelbergse Kategismus met sy Compendium, die Dordtse Leerreëls, en die Nederlandse Geloofsbelydenis (Plaatjies van Huffel 2013:198). Van die aanvaarding van die Belhar-Belydenis deur die RCA is met dankbaarheid op die VGKSA Algemene Sinode van 2012 kennis geneem. Die volgende voorstel is op die Sinode aanvaar:

52 Beskikbaar by http://www.ngkerk.org.za/vgksa/ - 5 Maart 2013. 53

Beskikbaar by http://www.ngkerk.org.za/vgksa/ - 5 Maart 2013. 54 Beskikbaar by http://www.ngkerk.org.za/vgksa/ - 5 Maart 2013.

147 General Synod appreciates that the RCA accepted the Belhar Confession as

a confession that also speaks to them and their situation. General Synod appreciates Dr Wesley Grandberg Michaelson and the efforts he made to present the first Belhar Inaugural Public Lecture. General Synod tasks the executive to take up the task to liaise with the RCA on the process and study of multiracial initiatives (Acta 2012:33).