• No results found

Die Belydenis van Belhar as ’n kerklik-teologiese respons

4.4. Die styl van die Belhar-Belydenis

4.4.3 Die Artikels van die Belydenis van Belhar

Naudé (2012:148) verwys na die gedeelte wat handel oor die belydenis van geloof in die drie-enige God, wat sy kerk deur die Woord en die Gees vergader en haar opbou, beskerm en versorg, as die eerste Artikel. Hierin noem Artikel 1 (Inleiding) verder dat dit God se kerk is en nie aan mense behoort nie, dus moet ons soek na sy wil vir die gemeente. Met hierdie Artikel meen Van Rooi (2007:805) dat die VGKSA uitdrukking gee aan haar strewe om eenheid met die kerk oor alle eeue en plekke. Sodoende anker hierdie kerk haarself in haar geloofstradisie op grond van die Skrif (Van Rooi 2007:805). Boesak stel dit voorts onomwonde as hy die volgende sê: “The confession lives by the affirmation that concludes Article One, which deals with the unity of the church, namely that „true faith in Jesus Christ is the only condition for membership of this church‟.”

120 Hy gaan selfs verder en stel dit pertinent in sy volgende aanhaling: “This affirmation, I believe, has much more radical consequences than might hitherto have been admitted to, perhaps because the confession is too readily read as a document responding to a „racial‟ situation” (Boesak 2008:7-8).

Die kerk is die kerk van Jesus Christus en nie van die volk nie. Die kerk behoort aan die drie-enige God en dié belydenis het radikale implikasies ook vir die gestalte en orde van die kerk. ‟n Mens sou kon sê dat die grondtoon van die res van die belydenis reeds hier in die aanhef (Artikel 1) weerklink (Smit 2011:5).

Artikel 2 moet saam met Artikel 1 gelees en verstaan word (Van Rooi 2007:805). Net soos Van Rooi (2007:805) is De Beer en Van Niekerk (2009:51) ook van mening dat wat die inhoud van Belhar betref, ten minste die Artikels oor eenheid en versoening, te make het met die byeenbring van gelowiges, soos dit bely is deur gereformeerde gelowiges volgens hulle verstaan van die Skrif op ‟n spesifieke oomblik in die geskiedenis. In hierdie tweede Artikel word daar in die Belydenis van Belhar ‟n oproep gemaak vir die eenheid van die kerk, en die gemeenskap van gelowiges wat opgebou word vanuit alle rassegroepe. Dit lees verder dat die eenheid van die kerk ‟n gawe is, wat ons moet ontvang vanuit die hand van God. Dat hierdie Artikel ‟n herhaling is van die Belydenis van Nicea en die Apostoliese Geloofsbelydenis deurdat dit weereens die belydenis van een, heilige, katolieke, kerk beklemtoon, bestraal die belangrikheid van die geestelike en sigbare eenheid van die kerk (Naudé 2012:149). Hierdie Artikel help kerke om te besef, ontdek en te bely dat hulle voortgesette onenigheid eintlik ‟n struikelblok bied in hulle strewe na versoening en geregtigheid (Koopman 2007a:99). Hierdie onenigheid waarna hy verwys impliseer skeiding tussen mense van verskillende sosio-ekonomiese groepe, met verskillende vlakke van voorregte, opleiding, vaardighede, deelname en invloede in die samelewing (Koopman 2007a:99). Smit (2011:6) voer op sy beurt aan dat die kerk in die eerste plek volgens Belhar rééds een is. Hy verhelder dit deur te sê: “Deur die versoeningswerk van Christus en die samebindende krag van die Heilige Gees is die kerk een, as gawe” (Smit 2011:6). Die eenheid word nie deur ons geskep nie, maar word bely (Smit 2011:6). Hierdie belydenis bely tweedens dat hierdie gawe ook ‟n opdrag is en dat die geestelike eenheid wat rééds werklik is ook sigbaar uitgeleef behoort te word, sodat die wêreld kan glo. Derdens word bely hoe die eenheid sigbaar behoort te word (Smit 2011:7). Artikel drie handel oor versoening en bely dat die kerk ‟n versoende gemeenskap is en dat ‟n kerk wat gedwonge skeiding tussen mense maak op grond van ras, vervreemding en haat

121 bevorder. Enige leer wat die skeiding van mense op grond van die evangelie wil verdedig word as dwaalleer verwerp. Naudé (2012:149) is oortuig dat Belhar se derde Artikel fokus op die oortuiging dat die boodskap van versoening toevertrou is aan die kerk en dat die kerk hierdie versoening onder sy eie lede en in die samelewing moet verpersoonlik. Volgens Van Rooi (2007:805) verklaar die VGKSA belydend in Artikel 3 in ‟n kort sin dat die geloof in Jesus Christus die enigste voorwaarde vir lidmaatskap van die VGKSA is. Met hierdie een, byna terloopse sin, word ‟n geskiedenis van meer as 100 jaar se aparte aanbidding, aparte samekomste in aparte geboue en later die vestiging van kleur- en kultuurspesifieke kerke belydend afgewys (Van Rooi 2007:805). Hierdie saak was dwarsdeur die geskiedenis van die NG Kerk-familie ‟n uiters belangrike, maar ook omstrede kwessie, maar bevry hiervan slaan die VGKSA dus ‟n nuwe weg in, gebou op haar ekklesiologie en bevestig deur haar belydenis op grond van die Woord van God (Van Rooi 2007:805-806). Boesak (2008:8) probeer juis die lesers van sy Artikel, “To stand where God stands”, se aandag vestig op hierdie gedeelte van die belydenis en moedig sy lesers aan om daarop te let dat die “gedwonge skeiding van mense op grond van ras of kleur” vir die eerste keer en slegs in hierdie Artikel, genoem word. Hy doen dit in reaksie omdat hierdie belydenis baie keer deur kritici afgekeur word en voorgehou word as ‟n belydenis wat hoofsaaklik reageer teen ‟n rassesituasie, maar dit gaan vir Boesak veel eerder oor wat die belydenis inderdaad bely (Boesak 2008:7-8).

Artikel 4 handel oor geregtigheid en die navorser bou juis sy argument vanuit hierdie Artikel uit en bied dan ‟n meer breedvoerige bespreking onder 4.5 van hierdie hoofstuk.

Artikel 5, wat ook bekend staan as die slot van die belydenis, is ‟n oproep tot die beliggaming van die belydenis wat eweneens doelbewus bely ondanks swaarkry, teenkanting en optrede van regerings of die ordeninge van die mense dat Jesus Christus Heer is (Naudé 2012:151; cf. Smit 2011:5). Dit roep die vroeë kerk se belydenis dat Jesus die Here is, weer op en eindig met die doksologie vir die Vader, Seun en Heilige Gees (Naudé 2012:151). Smit (2011:5) gee verder lig op die onderwerp as hy noem dat die laaste Skrifwoord wat in Belhar by wyse van assosiasie opgeroep word, juis by hierdie belydenis dat Jesus die Heer is, in 1 Petrus 3:15-18 voorkom. Hierin sê Petrus, die gemeente moenie vrees as hulle vervolg word ter wille van wat reg is nie, maar hulle moet Jesus Christus as Heer in hulle hart heilig en altyd bereid wees om met beskeidenheid en eerbied openbare rekenskap af te lê teenoor enigeen wat van hulle verantwoording eis oor die hoop wat in hulle lewe (Smit 2011:5). Dit is dan ook hierin waarin die belydenis die kerk roep om haar hierin te volg. Van Rooi (2007:806) meen dat

122 Artikel 5 ook handel oor die “Dienste in die Gemeente” en hier dan spesifiek die openbare samekomste van die gemeente. Hy (Van Rooi 2007:806) oordeel dat dit duidelik is dat dit die middelpunt van die beliggaming van Belhar in elke gemeente is en dat die wese van elke gemeente moet getuig van wie die kerk is en wat sy bely. Ten laastens sluit hierdie Artikel aan by die Nederlandse Geloofbelydenis (Artikel 28) wat ‟n oproep is tot die kerk om gehoorsaam te wees aan God in eenheid, geregtigheid en versoening.