• No results found

Oorsig oor die sosio-ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika gister en vandag

2.4 Die huidige Suid-Afrikaanse ekonomiese konteks

Gegewe die feit dat daar nog geen nasionale konsensus bereik is oor ‟n absolute armoedelyn nie, het die Wêreldbank die relatiewe definisie gekies, naamlik: “We define as „poor‟ the poorest 40% of households, and as „ultra poor‟ the poorest 20% of households” (Perret, Anseeuw & Mathebula 2005:9). Die resultaat van hierdie definisie is dat die afsnypunt van die 40% armste huishoudings R301 per maand is en die afsnypunt vir die 20% ultra-armste groep R178 per maand. Meer as die helfte (53%) van die bevolking lewe in die armste 40% van huishoudings en word dus as arm geklassifiseer. Ongeveer een derde (29%) van die bevolking lewe in die armste 20% van huishoudings en word dus as ultra-arm geklassifiseer. Dít terwyl Statistiek Suid-Afrika ‟n enkele broodlyn van R800 per maand vir Suid-Afrikaners geïdentifiseer het (Statistics South Africa 2001).

Vanuit al bogenoemde benaderings om ‟n minimum vlak van inkomste vas te stel ten einde te bepaal hoeveel mense in armoede lewe is dit duidelik dat watter benadering ook al gevolg word, Suid-Afrika ‟n armoedesyfer van 35-55% het. Hierdie syfer is een van die hoogstes in die wêreld (Le Bruyns & Pauw 2004:204). Vir praktiese doeleindes plaas ekonome die armoedelyn by ongeveer 40% van die bevolking, wat op sowat 18 miljoen van Suid-Afrika se bevolking neerkom. ‟n Verdere lyn word getrek wat 20% van die bevolking verteenwoordig, wat in nog dieper armoede leef (Le Bruyns & Pauw 2004:204).

2.4 Die huidige Suid-Afrikaanse ekonomiese konteks

Volgens verskeie studies (May 2000; Statistics South Africa 2002) het die verwagting van ‟n beter lewe vir ‟n beduidende groep van voorheen benadeelde Suid-Afrikaners nie gerealiseer nie. Inteendeel, verskeie navorsingstukke en studies toon dat armoede en werkloosheid sedert 1994 toegeneem het (Kotzé 2004; Pieterse 2001b; Terreblanche 2002). Le Bruyns en Pauw (2004:203) is eweneens van mening dat die werkloosheidsyfer tussen 1995 en 2002 van 30% tot 40% gestyg het.

Alhoewel verskeie pogings en ingrype van die regering sou kon dui op positiewe vordering wat gemaak is met die hantering van die sosiale nood van Suid-Afrika se armste inwoners, meen iemand soos Terreblanche (2002) egter dat die Suid-Afrikaanse samelewing vanuit ‟n sosio-ekonomiese gesigspunt nie herdefinieerbaar is nie. Die negatiewe kant of keersy van al die positiewe ontwikkelinge wat deur die regering geïnisieer is, is byvoorbeeld die feit dat duisende elektrisiteits-, water- en telefoonverbindings maandeliks afgesny moet word omdat gebruikers nie in die posisie is om hulle rekeninge te betaal nie. Ook is huise wat

30 gebou is van ‟n baie swak gehalte (Terreblanche 2002:28). In die geheel gesien het die armoedesyfer drasties toegeneem en die regering se ekonomiese en sosiale beleid het die armoedesituasie wat voortspruit uit die land se verlede vererger (Terreblanche 2002:29). In aansluiting by laasgenoemde punt verwys Kotzé (2004:4) na ‟n dramatiese toename in armoede in die post-apartheid bedeling met tussen 45% en 55% van die land se bevolking (20-28 miljoen mense) wat onder onmenslike en voortgesette ontbering gebuk gaan. Volgens haar is die ontbering van mense veral op die platteland sigbaar met armoedesyfers van so hoog as 71% (Kotzé 2004:4). ‟n Beduidende persentasie Suid-Afrikaanse huishoudings (ongeveer 22%) het verder gerapporteer dat hulle gereeld hongersnood ervaar (Kotzé 2004:4). En in ‟n onlangse verslag8

oor die impak van MIV en vigs op huishoudings, is bevind dat nagenoeg 50% van 771 vigs-geaffekteerde huishoudings selde genoeg kos het (Kotzé 2004:4).

Dit is egter belangrik om daarop te wys dat toestande van ontbering soos hierbo geskets by uitstek neerslag vind in ‟n kwynende arbeidsektor en gepaardgaande groeiende ongelykheid wat inkomste betref. Dit blyk byvoorbeeld uit statistieke wat aantoon dat meer as 600 000 werkgeleenthede in die landbousektor en om en by 500 000 geleenthede in die formele nie-landbousektor sedert 1994 verlore gegaan het (Terreblanche 2002:31). Daar word beraam dat strukturele werkloosheid vanaf 4,8 miljoen in 1995 tot soveel as 6,8 miljoen in 2001 toegeneem het – wat neerkom op ‟n persentasie toename vanaf 36,1% tot 45,8% (Terreblanche 2002:31).

Volgens Terreblanche (2002:33) het Suid-Afrika sedert 1994 getransformeer vanaf ‟n ras-verdeelde samelewing na ‟n samelewing wat deur verdeling op grond van ekonomiese klas gekenmerk word.

In een van die mees kritiese beoordelings van die huidige situasie in Suid-Afrika tot dusver onderskei Terreblanche vyf rasgeoriënteerde periodes van sosio-ekonomiese ontwikkeling in die land se geskiedenis tussen 1652 en 1994. Hy wys daarop dat hierdie ontwikkeling uiters ongelyk en onregverdig was (Terreblanche 2002:17). Werkloosheid, armoede, ongelykheid, geweld en misdaad is oor lang periodes gevorm deur magstrukture wat op ‟n sisteem van kolonialisasie, segregasie en apartheid gebaseer was (Terreblanche 2002:26).

8

Die verslag waarna Kotzé in haar artikel verwys is die Kaiser Family Foundation‟s Report wat in 2002 gepubliseer is.

31 Terreblanche meen verder dat hierdie eerste vyf periodes van die Suid-Afrikaanse geskiedenis nie onderskat moet word nie, aangesien dit grootliks tot die huidige sosio-ekonomiese toestand bygedra het (Terreblanche 2002:29).

Alhoewel apartheid as rede aangevoer kan word vir Suid-Afrika se huidige konteks, is Swart (2007:2) van mening dat apartheid nie langer alleen verantwoordelik gehou kan word vir die land se grootskaalse armoede en sosiale ongelykheid nie, maar dat prosesse van ekonomiese globalisasie eweneens verantwoordelik is vir die groeiende gaping tussen armes en rykes in die land. Ter steuning van sy argument wys hy op die analises van verskeie kritiese kommentators wat die post-apartheid Suid-Afrikaanse regering se aanvaarding van ‟n neo-liberale makro-ekonomiese beleid as direkte oorsaak van die huidige situasie verreken (Swart 2007:2).

Een van die kritiese analises waarop Swart (2007) wys, is dié van Kotzé (2004) in ‟n onlangse artikel oor die groeiende sosio-ekonomiese krisis in die land. Sy toon aan dat die regering se neo-liberale makro-ekonomiese beleid verreikende implikasies vir die land tot gevolg gehad het. Die implementering van die beleid het tot verhoogde werkloosheid veral in die nywerheidsektor gelei, en as sodanig ‟n verdere toename in grootskaalse armoede teweeggebring (Kotzé 2004:2).

In ‟n verdere eie bydrae en op grond van wat hy identifiseer as ‟n ontluikende morele debat oor markekonomiese ontwikkeling in die land wys Swart (2008) veral ook op ‟n groeiende gesindheid van persoonlike verryking wat by Suid-Afrikaners in die post-apartheid bedeling posgevat het. Hy argumenteer dat dié gesindheid direk verband hou met die waardes van die neo-liberale kapitalisme, waar persoonlike verryking as absolute lewensdoel nagejaag word ten koste van sosiale kohesie en solidariteit. Terselfdertyd het hierdie oriëntering van selfverryking ook duidelike en verreikende impak gehad op onlangse ontwikkelingsbeleid en -strategie in die land, soos duidelik blyk uit die uitsluiting van die armste groepe uit die hoofstroom ekonomiese en politieke aktiwiteite (vgl. Terreblanche 2002:29). Hunter, May en Padayachee (2003:3) omskryf hierdie ontwikkelingsgeskiedenis en die implikasies daarvan vir analises van armoede soos volg:

The inability of many in South Africa to satisfy their essential needs while a minority enjoys extreme prosperity stems from diverse sources, as is common to many countries. However, the specificity of the South African situation is

32 that four decades of apartheid legislation built on the earlier policies of the

Colonial and Union Government directed at the extraction of cheap labour. This history has to be taken into account when analysing current policies for poverty reduction.

Een van die grootste beleidsdebatte wat tans in Suid-Afrika aan die gang is, handel oor die vraag of armoede en ongelykheid wel sedert politieke transformasie afgeneem het. Met die oorgang na die nuwe regime in 1994 was die nuwe regering getaak met die verligting van wydverspreide armoede in die konteks van hoë werkloosheidsyfers en, op daardie stadium, ‟n stilstaande ekonomie. Heelwat van die navorsing wat by wyse van huishoudelike vraelyste en data deur Statistiek Suid-Afrika onderneem is, wys daarop dat armoede en ongelykheid gedurende die tweede helfte van die 1990‟s toegeneem het (Hoogeveen & Özler 2004; Leibbrandt, Levinsohn & McCrary 2005; UNDP 2003).

Alhoewel die era van apartheid tot ‟n einde gekom het, duur sosio-ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika steeds voort. Suid-Afrika se Gini coefficient is een van die hoogstes in die wêreld (0,59 in 2001) (UNDP 2001:183). Nagenoeg 21,6 miljoen Suid-Afrikaners is in die onderste kwartiele en kan gemiddeld slegs R144 per maand spandeer, terwyl die boonste kwartiel R2 409 per maand kan spandeer. Die impak van apartheid is ook steeds duidelik in die vlak van armoede in die verskillende rassegroepe. Volgens Makino (2004:1-3) word 61% van swart mense en 38% van bruin mense as arm beskou in vergelyking met 5% van Indiërs en 1% van wit mense wat as “arm” geklassifiseer word.

Aan die hand van die benaderings tot die meting van armoede soos vroeër bespreek, kan nou ‟n prentjie verskaf word van die situasie van armoede in ons land.9

Reeds in 1998 wys Govender en May (1998:45) dat ongeveer 19 miljoen mense uit ‟n totale bevolking van ongeveer 40 miljoen10 in die armste 40% van huishoudings leef en as arm geklassifiseer. Dit maak ‟n persentasie van net minder as 50% uit. Net so voeg hulle by dat 27% van die bevolking, (10 miljoen mense) in die armste 20% van huishoudings leef en word hulle as “ultra-arm” geklassifiseer. Dit beteken dat slegs ongeveer die helfte van die bevolking van Suid-Afrika as “nie-arm” beskou kan word. Welke metode van meting ook al gebruik word,

9 Sien bladsy 27, laaste paragraaf. 10

Die statistiek verwys na 1998. Die mees onlangse statistiek toon dat gedurende Julie 2013 die totale populasie van Suid-Afrikaanse burgers na beraming 52 982 000 mense uitmaak (Statistics South Africa 2013:3).

33 blyk dit uit kwantitatiewe ondersoeke dat tussen 40% en 50% van die Suid-Afrikaanse bevolking as arm beskou kan word (Pieterse 2001b:34; May & Govender 1998:45).

Na ‟n literatuurstudie oor globale armoede verskaf Pieterse (2001b:35) die volgende gegewens:

 500 miljoen mense leef in hongersnood en 2 miljard het nie skoon of voldoende water nie;

 1 miljard mense leef in skreiende armoede;

 500 miljoen is werkloos of verdien minder as R300 per maand;  814 miljoen mense is ongeletterd;

 1,7 miljard mense het ‟n lewensverwagting van minder as 60 jaar, van wie die meeste sterf op die ouderdom van ongeveer 45 indien hulle nie voor die tyd ‟n dodelike siekte opdoen nie (Pieterse 2001b:35).