• No results found

Die Belydenis van Belhar as ’n kerklik-teologiese respons

5.2 Diakonaat en Diens van Barmhartigheid

5.3.2 Benaderings tot ontwikkeling .1 Moderniseringsbenadering

Die mees dominante kontemporêre benadering tot ontwikkeling is die moderniseringsteorie wat baie bygedra het tot ʼn gewilde begrip van ontwikkeling en wat vandag die meerderheid van die programme, menslike hulpbronne en befondsing rig (Bragg 1987:22). Die moderniseringteorie word beskryf as ʼn logiese of sistematiese proses van harmonisering van

171 die veranderinge in die demografiese, ekonomiese, politieke, kommunikasie en kulturele sektore van die samelewing (Yoms 2013:49).

Volgens Hughes en Bennett (1998:7-8) sien die moderniseringsteorie ontwikkeling in terme van ʼn vinnige toename in die produksie deur middel van belegging in die moderne industriële tegnologie, wat in terme van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) en die per kapita-inkomste gemeet word. Coetzee (2001:27) verduidelik ook dat die idee van modernisering uitgebeeld word as die finale stadium in die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van gemeenskappe. Hy wys verder daarop dat modernisering dikwels na verwys is as die transformasie wat plaasvind wanneer ʼn tradisionele of pre-moderne samelewing verander tot so ʼn mate dat nuwe vorme van tegnologiese, organisatoriese of sosiale eienskappe van gevorderde samelewing verskyn. Daarom is die uiteindelike doel van modernisering om produksie en ekonomiese groei te verhoog ten einde die lewenstandaard van die mense te verhoog en die goeie lewe so ver as moontlik te verskaf (Yoms 2013:49). Net so is die basiese argument volgens Yoms (2013:49) van modernisering dat elke gemeenskap stadiums van ontwikkeling ondergaan – van die tradisionele tot moderne. Volgens hierdie teorie is die probleem van die Derde Wêreld samelewing dat hulle ʼn gebrek aan hulpbronne en mannekrag het en daarom stadige groei, ʼn hoë vlak van korrupsie, nepotisme, ongeletterdheid, armoede, siektes en onvoldoende institusionele raamwerk tot gevolg het (Okoye 2003:222; Yoms 2013:49). Daarom beskou moderniseringsteorie die Westerse kultuur as verhewe bo alle ander en sien ontwikkeling slegs as bereikbaar op hierdie Westerse wyse (cf. Bragg 1987:22).

Die moderniseringsbenadering veronderstel dat ontwikkeling ʼn hoë vlak van tegniese bystand behels wat die wisselwerking tussen die ontwikkelde en ontwikkelende lande bevorder. Dit veronderstel ook dat die ontwikkelde land se politieke beleid in die Derde Wêreld aangeneem word. Desnieteenstaande het sommige geleerdes op die gebied van ontwikkelingstudies kritiek op die metode gelewer op die basis dat dit in gebreke gebly het om by te dra tot ʼn volhoubare ontwikkeling (Burkey 1993:28). Speckman (2007:30) beweer dat die moderniseringsbenadering dwang en imperialisme behels. Hiermee bedoel hy dat Afrikalande of arm lande gedwing word om hulle kultuur en erfenis te laat vaar in ruil vir dié van die Westerse of ontwikkelde lande. Op grond hiervan kritiseer Speckman (2007:31-34) die moderniseringsbenadering soos volg:

172  Die moderniseringsbenadering tot ontwikkeling het geen fokus nie, want dit werk in ʼn

wye en algemene situasie wat die plaaslike konteks van samelewings miskyk.

 Modernisme ontwikkel nie mense se kapasiteit en potensiaal nie, maar dit skep eerder verskuldigheid en afhanklikheid.

 Imperialistiese aktiwiteite het gelei tot die dreinering van menslike en natuurlike hulpbronne van die onderontwikkelde nasies.

 Die klem op ekonomiese groei lei tot die vernietiging van die natuurlike bande deur middel van die bekendstelling van ʼn kunsmatige sosio-ekonomiese verhouding. In hierdie proses word die weldoener oorheers deur die skenker.

 Die ekonomiese groeibenadering is nie bereik deur enige volhoubare ontwikkeling nie. Dit is as gevolg van ʼn toename in die buitelandse penetrasie van die ekonomie, terwyl die massa bevolking nie deel in die voordele van ekonomiese groei het nie, maar eerder armer word.

 Die ontvanger van ontwikkelingshulp, wat in die meeste gevalle die onderontwikkelde land is, verloor inisiatief en is dan voortdurend op soek na die barmhartige Samaritaan vir hulp.

Met inagneming van die bogenoemde oorsig van moderniseringsteorie en die gepaste kritiek na aanleiding van Speckman (2007), kan ʼn mens aanvaar dat die moderne of modernisering ʼn proses is om ekonomiese ontwikkeling op ʼn moderne manier in plaas van die tradisionele manier te verseker.

Hierdie benadering is volgens Yoms (2013:51) moontlik die dominante manier, maar nie noodwendig die aanvaarde manier vir onderontwikkelde nasies nie. Die moderniseringsmetode van ontwikkeling is inderdaad ʼn model tot ontwikkeling in sommige ontwikkelende lande, maar dit kan nie geklassifiseer word as aanvaarbaar of geskik vir almal nie. Afrikalande het oorwegend die ontwikkelingstrategieë wat gebaseer is op Westerse ekonomiese teorieë wat fokus op ekonomiese groei eerder as sosiale ontwikkeling, omarm. Die argument is nie dat die moderniseringsbenadering heeltemal waardeloos of onsuksesvol is nie. Dit kan meer effektief wees as dit gerig word op die mens, naamlik ʼn fokus op menslike ontwikkeling wat daarna op sy beurt die ekonomie sal ontwikkel. Dit beteken dat die mens aan boord gebring moet word om deel te neem in selfontwikkeling wat aanleiding gee tot keuses wat tot mense beskikbaar is om waardevolle lewens te leef. Dit kan gedoen word met die bou van menslike kapasiteit, want die mense se welstand en die kwaliteit van

173 hulle lewe is die belangrikste maatstaf van ʼn suksesvolle ontwikkeling. Derhalwe moet mense die middel van menslike ontwikkeling wees as begunstigdes sowel as bestuurders.

5.3.2.2 Nie-regeringsorganisasies benadering

In die bespreking van die benadering tot die ontwikkeling van nie-regeringsorganisasies (NRO‟s), is Korten (1990) se ontleding van die geskiedenis van die teorie van ontwikkeling baie nuttig. Korten het die strategieë van ontwikkeling deur nie-regeringsorganisasies krities bestudeer en spesifieke strategieë geïdentifiseer wat gebruik word om die situasie in arm lande of gemeenskappe aan te spreek. Hy ondersoek krities die drie tradisionele strategieë van ontwikkeling en stel ʼn vierde strategie voor. Die eerste drie strategieë fokus op (i) verligting en welsyn, (ii) klein-skaal selfonderhoudende plaaslike ontwikkeling en (iii) volhoubare sisteem ontwikkeling. Die vierde strategie deur Korten (1990:115-123) voorgestel is mens-gesentreerde ontwikkeling.

Die navorser vind dit nodig om die aandag onder hierdie afdeling te vestig op Korten (1990) se indeling van ontwikkelingstrategieë:

Tabel 5.1: Korten se generasieteorieë/strategieë

Generations

First Second Third Fourth

Defining features Relief & welfare Community development Sustainable systems

development People’s movement

Year of

reference 1940‟s 1960‟s 1970‟s 1980‟s

Problem

definition Shortage Local inertia

Institutional and policy constraints

Inadequate mobilizing vision

Time frame Immediate Project life Ten to twenty years Indefinite future

Scope

Individual or family

Neighborhood or

village Region or nation National or global

Chief actors NGO‟s NGO plus

community

All relevant public and private institutions

Loosely defined networks of people and organizations

NGO role Doer Mobilizer Catalyst Activist/educator

Management orientation

Logistics manager

Project

management Strategic management

Coalescing and energizing self managing networks

Development education Starving children Community self-help Constraining policies

174 Swart (2008:122) is van mening dat wanneer daar gepraat word oor effektiewe kerk praxis, dan moet die werk van David Korten geraadpleeg word omdat dit grootliks die konseptualisering van kerklike betrokkenheid beïnvloed. David Korten is ‟n internasionaal bekende vakkundige in die veld van alternatiewe ontwikkelingsteorieë. Sy werk het grootliks die deelnemers van die Suid-Afrikaanse kerk ontwikkelingsdebat beïnvloed (Swart 2008:122). Nie net vir die bevordering van mens-gesentreerde ontwikkeling filosofie nie, maar ook veral perspektiewe wat wys op verskillende modusse van betrokkenheid of “generasies” van NRO‟s se strategiese intervensies ten einde die doelwitte van mens-gesentreerde ontwikkelingparadigma te bereik. Korten se onderskeid tussen verskeie strategieë van NRO-ontwikkeling intervensie is myns insiens direk relevant vir die kerk wat voor die uitdaging staan (net soos hulle NRO-vennote) om verby ‟n gebruiklike welsyns- en projekgeorïenteerde modus van intervensie te beweeg na ‟n meer gesofistikeerde modus van ontwikkelingsintervensie (derde en vierde generasie strategieë) (Swart 2008:122-123).

Volgens Korten (1990:115-118) het die eerste generasie (strategie) begin met die verligtingswerk of liefdadigheidswerk aan mense wat geraak word deur verskillende rampe. Die verligting en die welsynbenadering is ʼn klassieke internasionale vrywillige aksie wat daarop gemik is om bystand aan slagoffers van oorloë en natuurlike rampe te verleen. NRO‟s was in die besonder betrokke in direkte lewering van dienste vir verligting van behoeftes soos kos, gesondheidsorg en skuiling. Later is besef dat hierdie vorm van intervensie slegs tydelike verligting bied. Dit het tot gevolg gehad dat begunstigdes in ʼn lang termyn afhanklikheid van nie-regeringsorganisasies gedompel was. Speckman (2007:13-15) verduidelik dat hierdie hulp die teenoorgestelde was van wat dit eintlik bedoel was om te wees. Ter verduideliking van sy gevolgtrekking voer hy aan,

[A]id seems to produce the opposite of what it was intended to be, for it diminished the institutional capacity, that is, the support would have been well utilized if it were used to develop the nation‟s production capacity. Secondly, it lacks economic initiative for the underdeveloped countries in the sense that the condition was not conducive for the Third World (Speckman 2007:13-15).

Dit is teen hierdie agtergrond dat die tweede generasie benadering in die 1970‟s na vore gekom het. Hierdie tydperk staan bekend as die era van die klein-skaal self-onderhoudende plaaslike ontwikkeling. Dit word ook dikwels na verwys as gemeenskapontwikkelingstrategieë (Korten 1990:118). Die tweede generasie benadering is

175 gemotiveer deur die besef dat verligting en welsynaktiwiteite nie volhoubaar was nie, maar eerder afhanklikheid geskep het wat strydig was met die waardes en doelwitte van die NRO‟s, naamlik om mense op landelike vlak te bemagtig (Korten 1990:118).

As sodanig, is die fokus verskuif van wat die NRO‟s kan doen vir die armes teenoor wat die armes kon doen vir hulleself. Die nie-regeringsorganisasies het dan begin om gemeenskapsontwikkeling as die antwoord vir volhoubare ontwikkeling te sien. Die idee was om effektief die armes op te voed en hulle onder andere van klein lenings te voorsien en sodoende hulle te bemagtig om selfonderhoudend te wees. Dit sou dan die doel van ontwikkeling wees. Die ontwikkelingswerker word in hierdie geval ʼn fasiliteerder en aanmoediger (Korten 1990:119). Eweneens is hierdie benadering nie sonder kritiek nie. Korten (1990:119) dui byvoorbeeld daarop dat daar in die praktyk baie tweede generasie programingrypings is, wat steeds baie gesofistikeerde versteekte “handouts” (aalmoese) is. Met ander woorde, baie van hierdie tweede generasie ingrypings gee bietjie meer as lippediens tot selfstandigheid en bou in werklikheid lang-termyn afhanklikheid van die NRO‟s (1990:119).

Die problematiese kwessie wat voortspruit uit die tweede generasie en aangespreek word deur die derde generasie is volhoubare sisteemontwikkeling. In die tweede generasie was die fokus op die individuele gemeenskap. Die probleme met die tweede generasie word soos volg deur Yoms opgesom:

[Firstly] The benefits generated by it‟s village intervention depend on the presence of the NGO and the availability of donor subsidy. [Secondly] acting on its own, the NGO can never hope to benefit more than a few favoured localities. Self-reliant village development initiatives are likely to be sustained only so long as they are linked to a supportive national development system (Yoms 2013:55).

Die oogmerk van die derde generasie is om plaaslike traagheid te bestry. Plaaslike traagheid word deur strukture volgehou wat beheer van hulpbronne sentraliseer, wat noodsaaklike dienste van die bereik van armes weerhou en wat die stelsel van korrupsie en uitbuiting in stand hou. Daar is ʼn behoefte aan ʼn beleid en institusionele omgewing wat dit fasiliteer, eerder as om volhoubare en inklusiewe plaaslike ontwikkelingsaksies te beperk. Daarom is die derde generasie oplossing om te streef na veranderinge in beleid en instellings op plaaslike, nasionale en globale vlak (Korten 1990:121).

176 Die derde generasie argumenteer dat gewone mense nie die dividende kan geniet van ontwikkeling nie, tensy die beleid gevorm word tot die opneem van die ontwikkeling vanuit die plaaslike vlak. Desondanks is hierdie proses langdurig en traag, want dit verg baie tyd om die nodige transformasie te bereik deur die instellings van die globale samelewing. Korten (1990) som die probleme van die tweede en derde geslag soos volg op:

The critical deficiency of the third generation strategy parallels at the macro-level the deficiency that the second generation strategy displays at a more micro-level. The second generation strategy‟s critical flaw is that it requires countless replications in millions of communities, all within a basically hostile political and institutional context. It is much the same with third generation strategies, only at a macro-level (Korten 1990:121).

Die vierde generasie is ʼn strategie van die ontwikkeling wat na vore gekom het met die besef dat die tweede en die derde geslag nie mag en rykdom eweredig aan die plaaslike, nasionale en internasionale vlakke kon versprei nie (Korten 1990:123). Die sentrale bron van kommer vir die vierde generasie is om die verspreiding van rykdom en mag te desentraliseer en die mense se inisiatiewe te voed. Daarom was daar ʼn behoefte om mense bymekaar te hou, te mobiliseer en beheer te neem van hulle sake deur die krag van idees, waardes en kommunikasieskakels (Korten 1990:127). Trouens, al is die kritiek van die vierde generasie dat dit onvoldoende mobilisering visie tot gevolg het (Korten 1990:127), word die beginsel en praktyk van hierdie strategie daarop gemik dat mense se kapasiteit en vermoë waardeer word sonder oorheersing van enige iemand anders (Yoms 2013:56). Hierdie bewustheid motiveer die beweging na gesentreerde ontwikkeling (Korten 1990:128). In die mens-gesentreerde ontwikkelingsbenadering is die mikro-situasie met die klem op die ontwikkeling van gemeenskappe eerder as op nasies – dit werk met besondere eerder as die algemene of universele (Speckman 2007:35). In hierdie geval, is plaaslike gemeenskappe betrokke op alle vlakke van die ontwikkelingsproses. Speckman (2007:35) beweer tereg dat ontwikkeling kontekstueel behoort te wees as dit gaan om strukture en lewens te verander. Ontwikkeling vind plaas op mikrovlak. Menslike bewustheid moet ontwikkel word om tegniese belangstelling, praktiese belangstelling en emansipatoriese belangstelling te kweek (Speckman 2007:35). Daarom moet ontwikkelingsprogramme beplan word om teikengroepe te bereik. Gevolglik lei hierdie bespreking van mensgesentreerde ontwikkeling tot ʼn kort oorsig van die konsep van mensgesentreerde ontwikkeling in die volgende afdeling wat volg.

177 5.3.2.3 Mensgesentreerde ontwikkelingsbenadering

Vanuit die voorafgaande ontleding van benaderings tot ontwikkeling, kan ʼn mens aflei dat Korten se eerste twee generasie strategieë van betrokkenheid, alhoewel nodig, nie ten volle gehelp het in die bereiking van die vereiste van ontwikkeling nie. Hierdie gebrekkige benaderings laat mense dikwels in afhanklikheid. So was dit nodig dat ʼn nuwe strategie van intervensie ingestel word om as ʼn alternatief vir betekenisvolle ontwikkeling te dien. Vandaar die noodsaaklikheid vir die voorstelling van ʼn derde en vierde generasie strategie vir ontwikkeling. So was dit nodig dat ʼn nuwe strategie van intervensie ingestel word om as ʼn alternatief vir betekenisvolle ontwikkeling te dien. Die navorser vind dit egter nodig om verder op mens-gesentreerde ontwikkeling wat deur Korten as die vierde generasie voorgestel word, te konsentreer.

Korten en Carner (1984:201) verduidelik dat die konsep van mens-gesentreerde ontwikkeling ʼn benadering tot ontwikkeling is wat die klem plaas op die kreatiwiteit en inisiatief van mense as die primêre ontwikkelingshulpbron en hulle materiële en geestelike welstand as die eindproduk wat die ontwikkelingsproses dien. Verder is dit ʼn alternatief wat ʼn aansienlike toename in die produktiewe uitset in die behoeftes van ʼn groot en groeiende wêreld se bevolking teweeg bring, maar dit moet op ʼn manier gedoen word wat in ooreenstemming is met beide die basiese beginsels van deelname, gelykheid en volhoubaarheid. Dit is omdat ontwikkeling te doen het met mense. Mense ervaar realiteite waarbinne hulle hulself elke dag en elke oomblik bevind waar hulle die implikasies daarvan voel en die praktiese funksionering rondom hulle sien (Coetzee 1986:1). Ontwikkeling is hoofsaaklik ʼn proses, ongeag of dit ekonomies, sosiaal of kultureel is, wat die basiese behoeftes van beide vandag en môre dien (Andrew 2009:8). Hierdie behoeftes sluit in vyf onderling vryhede naamlik ekonomiese geleenthede, politieke vryheid, sosiale vryheid, deursigtigheid en beskermende sekuriteit. Dit wys dat in die proses van produksie, individue of gemeenskappe gemobiliseer moet word om voortdurend deel te neem in hulle transformasie, wat beteken dat mense se potensiaal en kapasiteit erken word. In ooreenstemming met hierdie aanname verduidelik Korten (1990:218) dat die behoefte vir ʼn outentieke ontwikkelingsmodel verstaan moet word as ʼn proses van ekonomiese, politieke en maatskaplike verandering wat ʼn volhoubare gemeenskap moet betrek. In mens-gesentreerde ontwikkeling is die visie eerstens om die beheer van hulpbronne terug na die mense en hulle gemeenskappe te herlei. Tweedens, poog dit om geleenthede vir mense te verskaf om veilige heenkome te verkry deur die waarde en kultuur van die mense. Derdens verbind dit mense aan mekaar en verbind hulle tot God en die

178 natuurlike hulpbronne waarmee God hulle geseën het. Laastens, is dit ʼn oproep vir selfrespek onder die individue en selfstandigheid van die gemeenskap (Korten 1990:218). Die visie van mens-gesentreerde ontwikkeling is gemik op die produktiewe gebruik van plaaslike hulpbronne om aan plaaslike behoeftes te voorsien.

Vir die Katolieke teoloog Sobrino (2008:31) vereis ʼn mens-gesentreerde fokus dat die armes van hierdie wêreld uitdruklik sentraal geplaas moet word. Wanneer Sobrino (2008) sy argument tot ʼn ekklesiologiese vlak verskuif noem hy dat die eise van die kerk nie net is om die armes te help nie, maar om hulle doelbewus in die middel van die werklikheid te plaas. In wese gee hierdie benadering van die plasing van mense tot reg in die middel, die armes lewe, woord en naam. Op so ʼn wyse sal hulle die geleentheid kry om ʼn voller lewe te geniet en ʼn ware sin van hoop en hulle menswaardigheid versterk of herstel.

Hedendaagse ontwikkelingsdiskoerse word oorheers deur besprekings oor armoede, ekonomiese ontwikkeling, menseregte, sosiale geregtigheid en ook alternatiewe ekonomiese paradigmas. Hedendaagse ontwikkelingsdiskoers is ook ʼn ontwikkelende veld van navorsing waarin gewone mense, regerings, nie-regeringsorganisasies (NRO‟s), navorsers en praktisyns probeer om by te dra tot die verbetering van die lewe van die mense wat in armoede leef. Ontwikkelingsdiskoerse in die twintigste en een-en-twintigste eeu impliseer ook die poging om radikale verandering in stelsels (politieke, ekonomiese, sosiale, ens) te bring wat bydra tot armoede en die ontmensliking van mense (sien Wilson & Ramphele 1989). Tog wil dit al hoe meer voorkom dat namate die idee van ontwikkeling ontwikkel, hoe groter die armoede-uitdaging blyk te wees. Daarom staan die navorser krities en vra of die huidige benaderings tot ontwikkeling voldoende is vir die huidige konteks.

Drie basiese beginsels word met ʼn mens-gesentreerde ontwikkeling geïdentifiseer. Eerstens verseker dit die vryheid en demokrasie wat mense in staat stel om hulle agenda te stel en na te streef. Tweedens, dit laat mense toe om toegang tot relevante inligting te hê wat hulle fundamenteel verantwoordelik maak in hulle eie gemeenskap. Derdens word die waarde van die buitestanders in hierdie proses gemeet in terme van die kapasiteit van mense om hulle toekoms en ontwikkeling te definieer (Korten 1990:218-219).

Dit is belangrik om daarop te let dat die mens-gesentreerde ontwikkeling deur geleerdes beskou word as ʼn raamwerk wat op ʼn sosiale leerproses en die bemagtiging van mense en gemeenskappe gebaseer is. Petterson en Middlemiss Lé Mon (2012:318) is ook van mening

179 dat hierdie benadering veronderstel dat daar nie vir mense gedoen moet word nie, maar eerder saam met mense gedoen word. Dit is ʼn benadering wat verseker dat mense bemagtig word om deel te neem in die samelewing se ekonomiese, maatskaplike en politieke lewe. Dit verseker dat niemand uitgelaat of oorheers word in hulle proses van ontwikkeling nie. Burkey (1993:35) beweer ook tereg dat ontwikkeling op mikrovlak van enige samelewing mense van verskillende sosio-ekonomiese status, beroepe en vaardigheid, opvoeding, ambisie en verligting moet betrek. Hy wys verder daarop dat ontwikkeling ʼn geleidelike proses is en noodwendig die gebruik van fisiese, finansiële en menslike hulpbronne sal behels. Hy stel voor dat alle pogings van enige ontwikkeling die gebied van menslike (persoonlike), ekonomiese, maatskaplike en politieke ontwikkeling moet dek. Wanneer hierdie dimensies van ontwikkeling behoorlik toegepas word, sou mense selfstandig raak en in staat wees om