• No results found

NAVORSINGSONTWERP EN METODOLOGIE 5.1 Inleiding

5.6 Seleksie van skole

5.7.5 Ontleding van gekonstrueerde data

Vir hierdie studie is die agt stappe van Tesch (1992:142–145) gebruik by die ontleding van die gekonstrueerde data, soos opgesom in hoofstuk 6. Hierdie stappe dra by tot die ontwikkeling van ’n stelsel waarmee kwalitatiewe data op ’n meer georganiseerde wyse ontleed word deur middel van kodering. Die agt stappe word onder andere deur Creswell (2009:186) sowel as Mestry (2017:4) voorgeskryf en word soos volg uiteengesit:

Stap 1 – kry ’n gevoel vir die geheel van die data. Alle transkripsies word noukeurig deurgelees en enkele idees word neergeskryf.

139 Stap 2 – kies een dokument (of een getranskribeerde onderhoud) en werk daardeur terwyl gevra word “waaroor handel dit?.” Hier moet nie gefokus word op grondige inligting nie, maar eerder op die kern van die dokument terwyl aantekeninge gemaak word van potensiële onderwerpe.

Stap 3 – na afloop van stap 2 word ’n lys onderwerpe gemaak. Soortgelyke onderwerpe word saamgegroepeer en kolomme word gevorm onder opskrifte soos: hoofonderwerpe, unieke onderwerpe en die res.

Stap 4 – neem die saamgestelde kolomme en maak afkortings van die onderwerpe wat gebruik gaan word as kodes. Gaan terug na die oorspronklike dokument en skryf die kodes langs die toepaslike afdelings. Hierdie voorlopige skema word gebruik om vas te stel of daar nie moontlik nuwe kategorieë of kodes na vore kom nie.

Stap 5 – gebruik beskrywende terminologie om die kodes in kategorieë te omskryf. Die kategorieë moet so omvattend moontlik wees, en skakels tussen kategorieë kan potensiële interafhanklikheid uitwys. Subkategorieë kan ook geskep word.

Stap 6 – finaliseer die keuse van afkortings vir die verskillende kategorieë en alfabetiseer die kodes. Let daarop dat data moontlik kan oorvleuel en in meer as een kategorie kan inpas.

Stap 7 – groepeer die data volgens kategorieë en voer ’n voorlopige analise van die kodes uit. Maak gebruik van eenvoudige beskrywings om die inhoud van die kategorieë op te som. Hierdeur kan ooreenkomste, uniekheid, konflik of teenstellings in die inhoud en moontlike gapings in die navorsingsontwerp identifiseer word.

Stap 8 – indien nodig kan data opnuut gekodeer word. Die resultate van die eerste kodering kan gebruik word as riglyn om ander aspekte van die navorsing te dek.

Bostaande stappe is saamgevat uit die oorspronklike bron van Tesch (1992:142–145).

Daar word voorgestel dat hierdie stappe uitgevoer word vir die oop kodering van kwalitatiewe data om moontlike temas te identifiseer (Mestry, 2017:4). Na afloop van die koderingsproses is dit moontlik om die data met die navorsingsdoel en uitkomstes te verbind om vas te stel of dit bereik is. Betroubaarheid en geldigheid maak deel uit van elke fase van die navorsingsproses en word in 5.7 bespreek.

140 5.8 Betroubaarheid en geldigheid

Betroubaarheid word deur Brynard, Hanekom en Brynard (2014:50) beskryf as “the accuracy and consistency of measures.” Dit verwys na die siening dat, indien dieselfde instrument gebruik sou word om dieselfde soort data te produseer, soortgelyke resultate verkry sal word. Hierdie siening van betroubaarheid word ook deur Babbie (2011:129) beskryf as:

[Q]uality of measurement methods that suggest that the same data would have been collected each time in repeated observations of the same phenomenon … a matter of whether a particular technique, applied repeatedly to the same object, yields the same results each time.

Met ’n gevallestudie, waar gewerk word met mense se opinies en – soos in hierdie studie die geval, verskillende skole – is dit nie so eenvoudig om te sê dat, indien dieselfde vrae op ’n latere stadium weer gevra sou word, dit dieselfde resultate tot gevolg sal hê nie.

In hierdie studie is noukeurige stappe gevolg en hulpmiddels is gebruik om te verseker dat die onderhoude by elk van die hoofde eenders was. Die onderhoudskedule word as bylae D en E by die bevindinge van die studie gevoeg – vir ingeval dieselfde vrae gebruik sou word vir ’n verdere studie of om die bevindinge te bevraagteken. Soos reeds genoem, is spesifieke opskrifte tydens die waarnemingstydperk gebruik om eenvormigheid te verkry wanneer die verskillende skole en gemeenskappe beskryf word. Die betroubaarheid van die onderhoude self is in ’n mate versterk deur die opnames wat gemaak is en gestoor word.

Hierdie opnames is woordeliks getranskribeer en na die skoolhoofde teruggestuur om te verifieer dat die inligting wat vasgelê is, gebruik mag word. Dit het ook aan die skoolhoofde die geleentheid gebied om enige ongewensde inligting te verwyder of aan te dui waar hulle moontlik meer sou kon uitbrei tydens ’n opvolg-onderhoud. Al die sekondêre korrespondensie met die skoolhoofde het per e-pos plaasgevind, wat meer effektief was en tyd bespaar het. Dit het ook by tot die geldigheid van die studie bygedra in die sin dat daar duidelike bewyse van kommunikasie was wat gebruik kon word by die interpretasie en ontleding van die data. Die geldigheid van ’n studie word gesien as “a term describing a measure that accurately reflects the concept it is intended to measure” (Babbie, 2011:132). Babbie reken ook dat “validity means that we are actually measuring what we say we are measuring” (Babbie, 2011:132). Dit stem ooreen met Brynard et al. (2014:50) en Mestry (2017:4) wat reken dat dit verband hou met die ‘wat’ van datakonstruksie in die sin dat geldigheid verwys na die

141 potensiaal van ’n navorsingsontwerp of instrument om te meet wat dit veronderstel is om te meet. In hierdie geval is beoog om vas te stel hoe die verantwoordelikhede van die skoolhoofde verander het deur sekere begrippe met skoolhoofde te bespreek en waarnemings by hulle skole te maak. Om dit te kon doen, moes streng voorskrifte nagekom word wat etiek betref.