• No results found

BELEIDSHERVORMING 4.1 Inleiding

4.5 Die Suid-Afrikaanse Skolewet (SASW)

4.6.3 Belangrikste pligte en verantwoordelikhede

Daar kan gesê word dat die fundamentele pligte en verantwoordelikhede van die posisie as skoolhoof op so ’n neutrale en diplomaties moontlike wyse moontlik uiteengesit word onder punt 3 in bylaag A.7 (DBO, 2016a). Daar word erkenning gegee aan die diversiteit van die skole waarop hierdie dokument van toepassing moet wees, terwyl dit ’n raamwerk probeer verskaf van die groot verskeidenheid verantwoordelikhede wat die hoof moet behartig. Daar word verduidelik: “the duties and responsibilities of the job are individual and varied, depending on the approaches and needs of the particular school, and include, but are not limited to, the following” (DBO, 2016a:32). Daarna volg sewe subafdelings (3.1–3.7) met meer gedetailleerde beskrywings – onder andere die verduideliking van die belangrikste verantwoordelikhede van die werk – gegroepeer onder die onderstaande opskrifte:

a) algemeen en administratief; b) personeel;

c) akademiese prestasie van die skool; d) onderrig;

e) ekstra- en/of buitekurrikulêr; f) interaksie met belanghebbendes; en g) kommunikasie (DBO, 2016a).

In die onderstaande afdeling word elk van die bogenoemde verantwoordelikhede kortliks opgesom en bespreek.

a) Algemeen en administratief

Die eerste verantwoordelikheid wat algemene en administratiewe sake van die skoolhoof beskryf, is drasties uitgebrei met die verloop van wysigings tot die dokument. Oorspronklik is daar slegs melding gemaak van die hoof se verantwoordelikheid vir die professionele bestuur van die openbare skool (DBO, 2016a). Die bewoording hou egter nie meer daar op nie en is

95 nou uitgebrei tot ses onderafdelings. Daar word met die 2016-uitgawe van die PAM-dokument ’n duidelike verband gelê tussen hierdie verantwoordelikhede van die skoolhoof en twee subartikels van die SASW (artikel 16A(2) en (3)) wat meer detail verskaf oor die skoolhoof se rol wat administratiewe sake betref (RSA, 1996d).

Die kruisverwysing tussen afdeling 3.1.1 van die PAM-dokument (DBO, 2016a) (wat met die 2016-wysiging uitgebrei is met ses subafdelings) en subartikel 16A(2)(a) van die SASW (RSA, 1996d) wat veral ingestel is op die administratiewe kant van die skoolhoof se verantwoordelikhede. Dit dui onder andere ses pligte aan wat gekoppel behoort te word met die verantwoordelikheid om die skool professioneel te bestuur:

• die implementering van opvoedkundige programme;

• die bestuur van alle personeel (onderwysers sowel as hulppersoneel); • die bestuur van toerusting;

• die uitvoer van pligte soos gedelegeer en uiteengesit in die SASW; • die bewaring van alle skoolrekords; en

• die implementering van beleid en wetgewing.

Hier kan duidelik gesien word hoe die hoof se administratiewe verantwoordelikhede vermeerder het met verloop tyd. Hierdie waarneming stem ooreen met die internasionale tendens wat betref verhoogde volumes administrasie, soos bespreek in hoofstuk 3.

b) Personeel

Onder punt 3.2 van die PAM-dokument (DBO, 2016a), word die fokus van die skoolhoof se verantwoordelikhede verskuif na die personeel. Daar word van die hoof verwag om ‘professionele leierskap’ te verskaf in die skool, maar wat hierdie begrippe behels, word nie weergegee nie. Verder moet die hoof vir alle personeel professionele advies gee aangaande hulle werk en prestasies; seker maak dat die werklading regverdig tussen die personeel verdeel is; en toesien dat ontwikkelingsprogramme plaasvind. Die ontwikkelingsprogramme is veronderstel om veral nuwe en onervare onderwysers beter toe te rus vir hulle werk. Punt 3.2.5 van die PAM-dokument vestig die aandag op die hoof se rol in die evaluering van onderwysers (DBO, 2016a). Hierdie taak kan by sommige skole moontlik meer kompleks wees as wat dit klink en moet met omsigtigheid aangepak word met goedgekeurde en ooreengekome prosesse. ’n Proses soos die geïntegreerde gehaltebestuurstelsel (GGBS) speel hier ’n groot rol, en dit moet korrek deur die skoolhoof bestuur word.

96 Daar word ’n verdere verband gelê tussen die PAM (DBO, 2016a) en die SASW (RSA, 1996d), dié keer wat betref artikel 16A(2)(e). Artikel 16A(2)(e) bepaal dat die skoolhoof “die Departementshoof [moet] bystaan met die hantering van dissiplinêre aangeleenthede wat met opvoeders en ondersteuningspersoneel in diens van die Departementshoof verband hou” (RSA, 1996d). Werkplekdissipline is nog ’n element van hoofskap wat sal baat by formele opleiding vir hierdie verantwoordelikheid.

c) Akademiese prestasie van die skool

Die derde verantwoordelikheid is nuut bygevoeg by die 2003-uitgawe van die PAM-dokument. Daaronder word verdere aspekte waaroor die skoolhoof moet toesig hou, aangedui. Dié aspekte kan bydra tot die verbetering van akademiese uitsette, soos wat dit ook in die SASW vermeld word (RSA, 1996d). Soos reeds bespreek hierbo, word daar volgens artikel 16A(1)(b)(i–iv) van die skoolhoof verwag om die hoof van die onderwysdepartement te verteenwoordig in die beheerliggaam, ’n jaarverslag op te stel (wat terugvoering gee van die skool se akademiese prestasies), en moontlik ’n verbeteringsplan aan die hoof van die onderwysdepartement voor te lê indien die akademiese vordering nie na wense of op standaard is nie (RSA, 1996d). Verder word daar ook onder hierdie verantwoordelikheid verwys na artikel 6A van die SASW (wat ingevoeg is by artikel 3 van die Wysigingswet op Onderwyswette, nommer 50 van 2002) (RSA, 1996d) wat aan kurrikulum en evaluering aandag skenk, en wat in ag geneem moet word by die opstel van die verslag.

Hierdie verslag moet ook inligting verskaf aangaande die mate waartoe beskikbare hulpbronne gebruik word. Bo en behalwe die verslag word daar ook gepraat van die verbeteringsplan, soos in die SASW ook genoem. Daar moet toegesien word dat daar, aan die begin van elke jaar, ’n plan opgestel word wat die akademiese vordering van die skool sal verbeter. Volgens die PAM-dokument (DBO, 2016a) moet hierdie verbeteringsplan aan die hoof van die onderwysdepartement sowel as die SBL voorgelê word, waarna dit na die skool toe teruggestuur kan word met voorstelle vir verbeterings. Bostaande wys duidelik op die toename in die administratiewe verantwoordelikhede van die skoolhoof.

d) Onderrig

As deel van die vyfde verantwoordelikheid word die skoolhoof se rol by onderrig uiteengesit. Daar word nie aan die verwagting voldoen dat onderrig die meeste aandag behoort te kry nie. Hoewel onderrig direk met die hoofdoel van ’n skool skakel, word daar slegs drie punte onder

97 punt 3.4 van die PAM-dokument aangedui. Die benadering tot hierdie afdeling is soos gesien vanuit die oogpunt van die skoolhoof se verantwoordelikheid by die direkte gebeure wat met die onderrigproses gepaard gaan. Die skoolhoof moet hiervolgens bydra tot klasonderrig, maar slegs soos wat dit relevant of nodig sou wees op grond van posvlak en die behoeftes van die skool. Indien nodig moet die skoolhoof as onderwyser optree, en verder moet hy of sy rekord hou van die prestasies wat deur die leerders bereik word. Daar is gevalle waar die skoolhoof in werklikheid twee posisies op een slag moet vul – dié van skoolhoof en van onderwyser. In sodanige gevalle speel iets soos die mate van ondersteuning van die SBL ’n nog groter rol.

e) Ekstra- en/of buitekurrikulêr

Punt 3.5 in bylaag A.7 omskryf die skakel tussen ekstra- en buitekurrikulêre aangeleenthede en die skoolhoof se verantwoordelikhede (DBO, 2016a). Die skoolhoof is veronderstel om deel te wees van komitees vir werwing, bevordering en advies in verband met personeel. Verder word daar ook van hom of haar verwag om ’n aktiewe rol te speel “in promoting extra and co-curricular activities in the school and to plan major school functions and to encourage learners’ voluntary participation in sports, educational and cultural activities organised by community bodies” (DBO, 2016a:34). Indien ’n ekstra- of buitekurrikulêre projek sou misluk, is die skoolhoof dus tot ’n groot mate ook verantwoordelik daarvoor, aangesien hy of sy aktief daarby betrokke moet wees. Hierdie verantwoordelikheid sluit direk aan by die SASH (DBO, 2016b) se sleutelgebied soos beskryf in 5.1.6 wat hieronder bespreek word.

f) Interaksie met belanghebbendes

Die sesde punt (‘interaksie met belanghebbendes’) het ook in die afgelope twee weergawes van die PAM aansienlik verander. Punt 3.6.1 behels die skoolhoof se verantwoordelikheid ten opsigte van belanghebbendes, maar fokus spesifiek op die SBL. Die rol van die skoolhoof as lid van die SBL word aangeraak met verwysings na die SASW (artikels 16A(1)(a) en 16A(2)(b–f) en (3)). Die belangrikste verantwoordelikheid wat hier ter sprake is wat betref die benadering van hierdie studie, word twee maal genoem. Onder 3.6.1.3 (d) word gesê dat die skoolhoof die volgende moet doen: “inform the governing body about policy and legislation”, en dan word daar onder punt 3.6.1.3 (e)(ii) gesê dat die hoof dit moet doen solank sy optrede nie strydig is met enige wetgewing of beleid nie (DBO, 2016a:35). Die skoolhoof se kennis omtrent wetgewing en beleide word dus hier ook beproef.

98 Soos blyk uit bostaande bespreking, was Christie (2010:704) reg toe sy bykans ’n dekade gelede gesê het “management tasks are placed in the foreground, with only a passing reference to ‘professional leadership’.”

g) Kommunikasie

Die laaste verantwoordelikheid van die skoolhoof, soos uiteengesit in die PAM-dokument (DBO, 2016a) het met kommunikasie te make. In hoofstuk 2 (sien 2.4.2) is die noodsaak en proses van kommunikasie bespreek aangesien dit so ’n kardinale invloed het op die skoolhoof se verantwoordelikhede. In afdeling 3.7 van die PAM-dokument (DBO, 2016a) word nege onderafdelings gelys waarop die skoolhoof wat kommunikasie betref, ag slaan moet. Onder die nege onderafdelings word elemente van kommunikasie genoem wat samewerking met die SBL en personeel, skakeling met belanghebbendes, ontmoetings met ouers en deelname aan komitees insluit.

Kontak moet opgebou word en behoue bly met verskeie sport-, sosiale, kulturele en gemeenskapsorganisasies (DBO, 2016a). Verder moet die skoolhoof op hoogte bly van die jongste verwikkelinge in die onderwys deur middel van skakels met ander relevante departemente, soos die Departement van Gesondheid wat moontlik kan bydra tot die opvoeding en welsyn van die leerders.