• No results found

Navorsingsvraag 1: In watter mate slaag Slinger-slinger wanneer dit gemeet word aan die leserkundige kriteria gestel vir geslaagde

Tienerlesers se persepsies van Slinger-slinger

6.4 Analise van die vraelys

6.4.1 Navorsingsvraag 1: In watter mate slaag Slinger-slinger wanneer dit gemeet word aan die leserkundige kriteria gestel vir geslaagde

tienerfiksie?

Om die respondente se mening oor die antwoord op bogenoemde vraag te kry, het die navorser vrae gestel wat verband hou met sommige van die elemente vir die leserkundige evaluering van tienerfiksie, naamlik tema, karakterisering, en taalgebruik en skryfstyl. Die navorser is gelei deur die kritiek wat in die pers verskyn het oor bogenoemde elemente, en respondente se menings is getoets rakende daardie spesifieke elemente. Die volgende vrae hou verband met elk van die elemente:

Tema: B16 en B17

Karakterisering: B5 en B36

6.4.1.1 Tema

Vraag B16 is in die vraelys gestel om te bepaal watter van die verskillende temas/onderwerpe wat in Slinger-slinger voorkom, vir die respondente die interessantste was. Die respondente moes die onderwerpe in rangorde plaas, met ander woorde, hulle moes die interessantste tema aandui deur dit met 1 te merk, die tweede interessantse tema met 2 te merk, ensovoorts. Die rangorde is bereken op die gemiddelde waardes. Om die data sinvol te analiseer en te beskryf, is daar van aangepaste kruistabelle gebruik gemaak waarin die resultate van Vraag B16 gekombineer is met die resultate van Vrae A1 (Ouderdom), A3 (Geslag) en A4 (Bevolkingsgroep). Vraag B16 word intensief geanaliseer omdat die navorser van mening is dat dit een van die belangrikste vrae in die vraelys is omdat dit dui op tieners se leesbehoeftes, en of daardie leesbehoeftes deur die aanbieding van die temas bevredig is. Die bevindinge was soos volg:

Tabel 3: Aanduiding van die interessantste temas in Slinger-slinger, volgens ouderdom van respondente

13-15 jariges 16 jariges 17 jariges 18 jariges Rangorde Tema

Gemiddeld Gemiddeld Gemiddeld Gemiddeld Gemiddeld

1 (Die fietswedren) 6 6 6 6 6

2 (Liefdesverhouding

tussen Stephan en Lisa) 1 1 1 1 1

3 (Seksuele verhouding

tussen Stephan en Lisa) 2 2 2 2 2

4 (Huweliks- en ander verhoudinge tussen ouers) 5 4 5 5 5 5 (Lisa se seksuele misbruik) 4 3 5 3 3 6 (Drank- en dwelmmisbruik onder tieners) 3 5 4 4 4 7 (Drankmisbruik onder ouers) 7 7 7 7 7

Dit is uit bostaande tabel duidelik dat daar onder al die respondente eenvormigheid is oor watter temas die eerste, tweede, sesde en sewende interessantste is. Om te bepaal watter temas die derde, vierde en vyfde interessantste is, het die navorser met die gemiddeld gewerk. Dit was vir die navorser insiggewend dat al die respondente die ontwikkeling van die liefdesverhouding tussen Stephan en Lisa interessanter gevind het as die ontwikkeling van hul seksuele verhouding.

Die volgende stap in die analise van Vraag B16, is om Vraag B16 se resultate met geslag te kombineer om te bepaal of daar 'n verskil is in wat manlike en vroulike respondente as die interessantse tema beskou. Dit is veral nodig indien in ag geneem word dat daar nie 'n eweredige verspreiding manlike en vroulike respondente is nie, en dat dit 'n effek kan hê op bepaling van die interessantste temas. Die volgende verskille het na vore gekom:

Tabel 4: Aanduiding van die interessantste temas in Slinger-slinger, volgens geslag van respondente 1 (Manlik) 2 (Vroulik) Tema Gemiddeld Gemiddeld 1 (Die fietswedren) 7 6

2 (Liefdesverhouding tussen Stephan en Lisa) 2 1

3 (Seksuele verhouding tussen Stephan en Lisa) 1 2

4 (Huweliks- en ander verhoudinge tussen ouers) 5 5

5 (Lisa se seksuele misbruik) 4 3

6 (Drank- en dwelmmisbruik onder tieners) 3 4

7 (Drankmisbruik onder ouers) 6 7

Dit blyk uit bostaande tabel dat daar wel kleiner verskille is tussen manlike en vroulike respondente se persepsies oor wat hulle as die interessantste temas in

Slinger-slinger beskou. Dit moet hier genoem word dat daar 'n klein verskil van slegs

0.003% tussen die vroulike respondente se tweede en derde keuse is. Die manlike en vroulike respondente hou afwisselend die meeste van die liefdes- en seksuele verhoudinge, met Lisa se seksuele misbruik en die drank- en dwelmmisbruik afwisselend in die 3de en 4de plek.

'n Verdere analise wat van Vraag B16 gemaak kan word, is om te bepaal of daar verskille in die gekleurde en blanke respondente se keuses van die interessantste temas is. Hierdie analise kan veral nuttig wees om Afrikaanslesende gekleurde tieners se leesbehoeftes te bepaal.

Tabel 5: Aanduiding van die interessantste temas in Slinger-slinger, volgens bevolkingsgroep

1 (Gekleurd) 2 (Blank) Tema

Gemiddeld Gemiddeld

1 (Die fietswedren) 7 6

2 (Liefdesverhouding tussen Stephan en Lisa) 1 1

3 (Seksuele verhouding tussen Stephan en Lisa) 2 2

4 (Huweliks- en ander verhoudinge tussen ouers) 4 5

5 (Lisa se seksuele misbruik) 3 3

6 (Drank- en dwelmmisbruik onder tieners) 5 4

7 (Drankmisbruik onder ouers) 6 7

Dit is uit bostaande tabel duidelik dat daar nie noemenswaardige verskille in die keuse van die interessantste temas tussen die bevolkingsgroepe is nie, slegs by tema nommers 4 en 6, en tema nommers 1 en 7 wat plekke wissel, terwyl tema

nommer 2, 3 en 5 (die interessantste drie) deur al die bevolkingsgroepe in dieselfde rangorde geplaas is.

Vraag B17 is aan respondente gestel om te bepaal of hulle van mening is dat die hantering van die seksuele tema in Slinger-slinger realisties en eksplisiet is, soos dit deur leserkundiges voorgeskryf word om aan tieners se behoeftes en belangstellings te voldoen.

♦ 13-15-jarige groep respondente:

64.71% is van mening dat die hantering van die seksuele tema baie

realisties tot realisties was, en

• 70.59% van dieselfde groep het die beskrywing van die seksuele tema as

baie eksplisiet tot eksplisiet ervaar. ♦ 16-jarige groep respondente:

79.17% is van mening dat die hantering van die seksuele tema baie

realisties tot realisties was, en

• 66.67% van dieselfde groep het die beskrywing van die seksuele tema as

baie eksplisiet tot eksplisiet ervaar. ♦ 17-jarige groep respondente:

70.83% is van mening dat die hantering van die seksuele tema baie

realisties tot realisties was, en

• 66.67% van dieselfde groep het die beskrywing van die seksuele tema as

baie eksplisiet tot eksplisiet ervaar. ♦ 18-jarige groep respondente:

60.87% is van mening dat die hantering van die seksuele tema baie

realisties tot realisties was, en

• 60.87% van dieselfde groep het die beskrywing van die seksuele tema as

baie eksplisiet tot eksplisiet ervaar.

Daar kan dus gesê word dat respondente uit alle ouderdomsgroepe van mening was dat die seksuele tema realisties en eksplisiet aan hulle beskryf is. Hierdie bevinding strook met die leserkundige vereistes vir die hantering van seksuele temas in tienerfiksie, en die hantering van die seksuele tema in Slinger-slinger voldoen dus volgens die respondente aan daardie leesbehoeftes.

Vraag B5 (Kon jy met die karakters identifiseer, met ander woorde, kon jy jou indink

in een of meer van die karakters?) is gestel om te bepaal of tienerlesers met die

karakters in Slinger-slinger kan identifiseer, omdat dit kan bydra tot die belewing van die realisme in die verhaal. Vraag B36 (Dink jy dat die skrywer daarin geslaag het

om 'n realistiese beeld van tienerlewe voor te stel, met ander woorde, is tieners oor die algemeen soos wat hulle in Slinger-slinger beskryf word?) is in die vraelys

ingesluit sodat bepaal kan word of al die aspekte van tienerlewe wat in Slinger-

slinger voorkom, lewensgetrou is. Die navorser was van mening dat indien die

respondente bevestigend antwoord op vraag B5 hulle ook bevestigend sou antwoord op Vraag B36, aangesien tienerlesers makliker met realistiese, geloofwaardige tienerkarakters kan identifiseer.

Die navorser gaan van die veronderstelling uit dat antwoorde B36.1 (Ja) en B36.3 (Redelik) positief is, en daarom kan die gevolgtrekking gemaak word dat 90.81% van die respondente van mening is dat die skrywer 'n realistiese beeld van tieners geskep het omdat die verhaaltemas situasies soos in die werklikheid uitbeeld.

Van die respondente kon 71.26% met die karakters in Slinger-slinger identifiseer, en dit dui daarop dat hulle die karakters as realisties en geloofwaardig beskou. Die hoofkarakter in Slinger-slinger is manlik en daarom is dit insiggewend dat manlike respondente besonder goed met die karakters kon identifiseer, aangesien 80.00% positief op vraag B5 geantwoord het. Die feit dat 67.24% van die vroulike respondente ook positief op vraag B5 geantwoord het, dui daarop dat die skrywer eietydse, realistiese en geloofwaardige karakters geskep het.

Om te bepaal of tienerlesers met die karakters kan identifiseer omdat die skrywer 'n realistiese beeld van tienerlewe voorstel, het die navorser van 'n kruistabel gebruik gemaak (data vir Vraag B5 is met die data vir Vraag B36 gekruistabuleer), en daar is bevind dat daar wel 'n aanduiding van 'n verband tussen die standpunte oor die realistiese uitbeelding van tienerlewe en die mate waarin die lesers met die karakters kan identifiseer, bestaan.

Tabel 6: Realistiese karakterisering

Identifiseer met karakters

1 (Ja) 2 (Nee)

Totaal (N) Realistiese beeld van

tienerlewe

F % F % F %

2 (Nee) 1 1.15 7 8.05 8 9.20

3 (Redelik) 29 33.33 11 12.64 40 45.97

Totaal 62 71.26 25 28.74 87 100.00

(Frekwensie uitstaande = 1)

Bostaande tabel word soos volg gelees: 36.78% van die respondente het "Ja" geantwoord op beide Vraag B5 en B36; 8.05% van die respondente wat op Vraag B5 "Ja" geantwoord het, het op Vraag B36 "Nee" geantwoord. Die res van die tabel kan soos bo ontleed word. Die belangrikste gegewens wat uit die analise na vore kom, is dat 32 uit die 39 respondente wat "Ja" op Vraag B5 geantwoord het, ook "Ja" op Vraag B36 geantwoord het. Dit is duidelik dat die respondente oorwegend van mening is dat die karakters in Slinger-slinger geloofwaardig is en dat hulle met hulle kan identifiseer. Karakterisering is dus volgens die respondente suksesvol deur die skrywer uitgevoer.

6.4.1.3 Taalgebruik en skryfstyl

Slinger-slinger was omstrede deels as gevolg van die slengtaal, kru taalgebruik en

vloekwoorde wat daarin voorkom. In die leserkundige evaluering van Slinger-slinger was die navorser van mening dat die kru taalgebruik bydra tot die realisme van die verhaal, maar die respondente moes hul mening daaroor in die vraelys lug en daarom is vrae B7 (Het die kru taalgebruik in Slinger-slinger jou geskok?) en B8 (Is

die taalgebruik van die tienerkarakters realisties, met ander woorde, praat tieners so?) in die vraelys gestel. Uit die bevindinge van die vraelys het dit geblyk dat daar

wel 'n verband tussen vrae B7 en B8 bestaan wat daarop dui dat hoewel die kru taalgebruik skokkend is, dit wel realisties is.

Tabel 7: Verband tussen kru en realistiese taalgebruik

Is taalgebruik in Slinger-slinger realisties?

1 (Ja, alle tieners praat so)

2 (Sommige tieners praat so)

3 (Geen tieners praat so nie)

Totaal (N) Het kru taalgebruik

in Slinger-slinger geskok? F % F % F % F % 1 (Ja) 5 5.75 10 11.50 0 0 15 17.24 2 (Nee) 27 31.03 45 51.72 0 0 72 82.76 Totaal 32 36.78 55 63.22 0 0 87 100.00 (Frekwensie uitstaande = 1)

Uit bogenoemde tabel is dit duidelik dat hoewel 17.24% van die respondente deur die kru taalgebruik in Slinger-slinger geskok was, 36.78% van die respondente van mening is dat alle tieners kru taalgebruik besig en 63.22% van die respondente was van mening dat sommige tieners kru taalgebruik besig. Dit is insiggewend om te bevind dat bykans 83% van die respondente glad nie deur die kru taalgebruik geskok is nie. Die respondente is dus van mening dat die taalgebruik in Slinger-slinger realisties is omdat sommige tieners wel kru taal gebruik, en sodoende word daar voldoen aan die kriteria wat gestel word ten opsigte van geslaagde taalgebruik in tienerfiksie.

6.4.1.4 Samevatting

Om die eerste navorsingsvraag, naamlik "In watter mate slaag Slinger-slinger wanneer dit gemeet word aan die leserkundige kriteria gestel vir geslaagde tienerfiksie?" deur die vraelys te probeer antwoord, het die navorser vrae gestel wat verband hou met sommige van die elemente vir die leserkundige evaluering van tienerfiksie, naamlik tema, karakterisering, en taalgebruik en skryfstyl. Dit het aan die lig gekom dat tieners wat Slinger-slinger gelees het, van mening is dat die skrywer bogenoemde elemente suksesvol hanteer het.

Volgens die respondente is die liefdes- en seksuele verhouding tussen Stephan en Lisa die interessantste tema, gevolg deur Lisa se seksuele misbruik. Daar was min verskil in die aanduiding van die interessantste temas tussen die manlike en vroulike respondente, sowel as uit die verskillende bevolkings- en ouderdomsgroepe. Die meeste respondente het aangedui dat die skrywer die seksuele tema baie realisties en eksplisiet hanteer het.

Die respondente het ten opsigte van karakterisering aangedui dat die skrywer 'n realistiese beeld van tieners geskep het en dat hulle met die karakters kon identifiseer. Die karakters in Slinger-slinger is dus vir die respondente geloofwaardig.

Die respondente het verder aangedui dat die taalgebruik van die tieners in Slinger-

slinger realisties is en, buiten vir 'n paar respondente, hulle nie geskok het nie.

Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die elemente vir leserkundige evaluering wat deur die vraelys hanteer is, volgens die respondente geslaagd aangebied is.

6.4.2 Navorsingsvraag 2: In watter mate slaag Slinger-slinger as tienerfiksie