• No results found

VRAELYSTE AAN BESTUUR

5.3 UITKOMS VAN DIE OPNAME 1 Vlakke van bewustheid

5.3.5 Nakoming van IFVS

Respondente is versoek om 'n aanduiding te gee van die mate waartoe hul entiteite reeds aan IFVS voldoen. 'n Opsomming van die terugvoer is vervat in Tabel 5.14.

Tabel 5.14: Respondente se huidige mate van voldoening aan IFVS Eerste groep

(tien respondente)

Tweede groep

(vier respondente)

Voldoen ten volle 70% 0

Voldoen gedeeltelik 30% 50%

Voldoen glad nie 0 50%

70% van die respondente in die eerste groep is van mening dat hulle reeds ten volle aan IFVS voldoen, terwyl 30% gedeeltelik aan IFVS voldoen. In die tweede groep respondente voldoen geen van die entiteite reeds ten volle aan IFVS nie, maar 50% voldoen gedeeltelik en 50% voldoen nog glad nie aan IFVS nie.

In die geval waar 'n respondent reeds ten volle aan IFVS voldoen, is hulle versoek om 'n aanduiding te gee van die tydstip waarop hulle begin het om ten volle aan IFVS te voldoen. Hierdie situasie was slegs van toepassing op sewe respondente in die eerste groep. Die terugvoer is uiteengesit in Tabel 5.15.

Tabel 5.15: Tydstip waarop respondente reeds die eerste keer ten volle aan IFVS voldoen het

Eerste groep

(tien respondente)

Tweede groep

(vier respondente)

'n Aantal jaar gelede 40% 0

2001 10% 0

2002 10% 0

2003 10% 0

Voldoen nog nie ten volle aan IFVS nie 30% 100% Hierdie uitkoms is in ooreenstemming met die uitkoms ten opsigte van tot welke mate maatskappye reeds aan IFVS voldoen. Meer as die helfte van die respondente in die eerste groep wat reeds aan IFVS voldoen het, het daardie status reeds voor 2001 bereik.

Indien 'n respondent reeds ten volle aan IFVS voldoen, is hulle versoek om aan te toon of die nakoming van IFVS voordele vir hul entiteit ingehou het. Besonderhede van die terugvoer is opgesom in Tabel 5.16.

Tabel 5.16: Voldoening aan IFVS voordelig vir respondente wat reeds ten volle aan IFVS voldoen?

Eerste groep

(tien respondente)

Tweede groep

(vier respondente)

Stem sterk saam 30% 0

Stem saam 10% 0

Weet nie 20% 0

Stem nie saam nie 10% 0

Nie van toepassing 30% 100%

70% van respondente uit die eerste groep voldoen reeds ten volle aan IFVS en 43% van daardie respondente het sterk saamgestem dat die nakoming van IFVS voordele vir hul entiteit ingehou het, terwyl 14% saamgestem het, 29% nie geweet het of sodanige nakoming enigsins voordele vir die entiteit opgelewer het nie en 14% nie gedink het dat daar enige voordele uit die nakoming van IFVS gevloei het nie.

Ten opsigte van respondente wat nog nie ten volle aan IFVS voldoen nie, is versoek dat hulle meld of hulle verwag dat die nakoming van IFVS wel in die toekoms vir hulle entiteite voordele sal inhou. Die terugvoer wat ontvang is, is uiteengesit in Tabel 5.17.

Tabel 5.17: Verwagting van toekomstige voordele uit die nakoming van IFVS vir respondente wat nog nie ten volle aan IFVS voldoen nie

Eerste groep

(tien respondente)

Tweede groep

(vier respondente)

Stem sterk saam 0 0

Stem saam 10% 50%

Weet nie 0 50%

Stem nie saam nie 20% 0

Nie van toepassing 70% 0

70% van die respondente in die eerste groep voldoen reeds ten volle aan IFVS en hierdie situasie was dus nie op hulle van toepassing nie. 30% van die respondente in dieselfde groep voldoen nog nie ten volle aan IFVS nie en twee derdes van hulle is van mening dat nakoming van IFVS nie vir hulle entiteite voordele sal inhou nie, terwyl een derde wel voel dat daar voordele uit die nakoming van IFVS kan spruit. Al die respondente in die tweede groep is nog besig met die proses van oorskakeling na IFVS. Die helfte van hierdie entiteite is van mening dat die omskakeling na IFVS

moontlik toekomstige voordele vir die entiteit kan inhou, terwyl die ander helfte nie weet of die omskakeling voordelig sal wees nie.

Die respondente wat reeds ten volle aan IFVS voldoen, is versoek om 'n aanduiding te gee van die tydsduur van die proses van omskakeling na IFVS. Besonderhede van die terugvoer is opgesom in Tabel 5.18.

Tabel 5.18: Tydsduur vir proses van omskakeling na IFVS Eerste groep

(tien respondente)

Tweede groep

(vier respondente)

So lank soos verwag 50% 0

Nie so lank soos verwag is nie 20% 0

Nie van toepassing 30% 100%

71% van die respondente op wie die vraag van toepassing was, was van mening dat die proses nie langer geduur het as wat verwag is nie, terwyl 29% van mening was dat dit korter geduur het as verwag.

Die respondente is versoek om aan te toon of hulle op enige stadium 'n IFVS begin toepas het voor die effektiewe datum van daardie IFVS. Al die respondente wat reeds aan IFVS voldoen het, 70% van die eerste groep, het aangetoon dat dit wel die geval was by hulle entiteite. Hierna is daardie respondente versoek om aan te toon welke IFVS wel deur hul entiteite toegepas is voor die effektiewe datum van daardie IFVS. 'n Opsomming van die respondente se terugvoer is vervat in Tabel 5.19.

Tabel 5.19: IFVS toegepas voor die effektiewe datum daarvan Eerste groep

(tien respondente)

Tweede groep

(vier respondente)

IAS32 – "Financial Instruments: Disclosure and Presentation"

40% 0 IAS39 – "Financial Instruments: Recognition

and Measurement"

60% 0

Nie van toepassing 30% 100%

Hierdie situasie was by 30% van respondente in die eerste groep nie van toepassing nie en ook nie op enige van die respondente in die tweede groep nie. Dit is dus duidelik dat 86% van respondente op wie die situasie wel van toepassing was, IAS39 (IASB, 2002b:39-1–39-81) begin toepas het voor die effektiewe datum daarvan, terwyl 57% voor die effektiewe datum van daardie IFVS, begin het om IAS32 (IASB, 2002b:32-1–32-51) toe te pas.

Die respondente is ook versoek om aan te dui of hulle van mening is dat daar 'n behoefte is aan 'n liggaam wat verantwoordelik sal wees om te verseker dat maatskappye wel aan IFVS voldoen, en indien wel moes die respondente aantoon wie na hulle mening die mees geskikte liggaam sou wees om hierdie taak uit te voer. 90% van respondente in die eerste groep en alle respondente in die tweede groep was van mening dat daar wel 'n behoefte is aan so 'n nakomingsliggaam. Die volgende opsies is vermeld as moontlike instellings wat die verantwoordelikheid kan dra om te verseker dat die vereistes van IFVS nagekom word, en die terugvoer in hierdie verband is opgesom in Tabel 5.20.

Tabel 5.20: Moontlike liggame wat nakoming van IFVS moet verseker Eerste groep

(tien respondente)

Tweede groep

(vier respondente)

'n Nuwe Europese liggaam wat nog gevorm moet word

0 75%

Die bestaande effektebeurse 30% 0

Ouditeure in samewerking met bestaande effektebeurse

10% 0 Die GMP van die JSE Sekuriteitebeurs 80% 0

Weet nie 10% 25%

Uit bostaande blyk dit dat respondente in die eerste groep meestal ten gunste is van die rol van die GMP van die JSE ter versekering dat maatskappye wel aan IFVS voldoen, terwyl die tweede groep respondente grootliks ten gunste van die stigting van 'n nuwe Europese nakomingsliggaam is.

5.4 GEVOLGTREKKING

Uit bostaande inligting wil dit voorkom asof die tweede groep respondente nie heeltemal so ver gevorderd is in die proses van oorskakeling na IFVS soos die eerste groep respondente nie, maar tog ook asof die tweede groep respondente oor die algemeen neig om positief ingestel te wees ten opsigte van die oorskakeling na IFVS terwyl die eerste groep respondente meer neutraal staan teenoor die proses. Dit kan moontlik te wyte wees aan die feit dat 70% van die eerste groep respondente na hulle mening reeds ten volle aan IFVS voldoen en hulle sal dus in 'n mindere mate deur die oorskakelingsproses na IFVS beïnvloed word.

Hierdie waarnemings is in ooreenstemming met waarnemings wat vroeër in Hoofstuk 2 en Hoofstuk 4 gemaak is, in terme waarvan dit duidelik is dat Suid- Afrikaanse SAARP nader belyn is met IFVS as VK-AARP en dat dit bes moontlik die rede is waarom die respondente van die eerste groep verder gevorder is met die oorskakeling na IFVS en moontlik ook die proses as minder uitdagend ervaar.

Dit is van belang om te meld dat die opinie van die sewe respondente van die eerste groep maatskappye, dat hulle reeds ten volle aan IFVS voldoen, 'n aanduiding is van hulle huidige IFVS status en nie of hulle noodwendig ten opsigte van die 2002 finansiële tydperk reeds ten volle aan IFVS voldoen het nie. Tabel 5.15 toon egter aan dat ses van die sewe maatskappye van mening is dat hulle 2002 finansiële state reeds ten volle aan die vereistes van IFVS voldoen het, maar uit die besonderhede soos uiteengesit in Hoofstuk 4 is dit egter duidelik dat daar geen geselekteerde maatskappy was waarvan die 2002 finansiële state tegnies ten volle aan die vereistes van IFVS voldoen het nie.

HOOFSTUK 6