• No results found

VRAELYSTE AAN BESTUUR

5.3 UITKOMS VAN DIE OPNAME 1 Vlakke van bewustheid

5.3.3 Beplanning en prosedures vir oorskakeling na IFVS

Die respondente is versoek om 'n aanduiding te gee van wanneer hul beplanningsproses vir die oorskakeling na IFVS 'n aanvang sal neem. Die terugvoer is opgesom in Tabel 5.6.

Tabel 5.6: Tydraamwerk vir die aanvang van respondente se beplanningsproses vir die oorskakeling na IFVS

Eerste groep

(tien respondente)

Tweede groep

(vier respondente)

Proses reeds voltooi 70% 0

Beplanning het reeds 'n aanvang geneem 30% 75% Beplanning sal gedurende 2004 'n aanvang

neem

0 25%

Uit bostaande is dit duidelik dat die respondente in die eerste groep verder gevorderd is met hul oorskakelingsproses as die respondente in die tweede groep.

30% van respondente in die eerste groep en 100% van respondente in die tweede groep het aangedui dat impakstudies gedoen is met die oog op oorskakeling na IFVS. Alle respondente in die eerste en tweede groep wat wel impakstudies gedoen het, het aangetoon dat hulle die bevindings van die impakstudies gebruik het in die daarstelling van hul entiteit se plan vir oorskakeling na IFVS.

Respondente is versoek om 'n aanduiding te gee van die aspekte wat gedek is deur die impakstudies wat uitgevoer is. Hierdie besonderhede is vervat in Tabel 5.7.

Tabel 5.7: Aspekte gedek deur respondente se impakstudies Eerste groep

(tien respondente)

Tweede groep

(vier respondente)

Veranderinge in rekeningkundige beleid 40% 100% Potensiële veranderings in rekeningkundige

verslagdoeningstelsels

30% 100% Potensiële reaksie van analiste en beleggers 20% 100%

Opleidingsbehoeftes van personeel en bestuur 30% 75%

Ander 50% 50%

Dit wil voorkom of die respondente in die tweede groep meer aandag geskenk het aan impakstudies en die uitkomste daarvan as respondente in die eerste groep. Ander aangeleenthede wat ook deur sommige respondente in hul impakstudies gedek is, het openbaarmakingsaangeleenthede, die impak op besigheidsprosesse en die impak op besighede en hul produkte ingesluit.

Respondente is versoek om aan te toon of hulle die tyd wat gepaard gaan met parallelle lopies van stelsels en ook die behoefte aan die openbaarmaking van vergelykende inligting in ooreenstemming met IFVS, in ag geneem het in hul beplanningsproses. Die terugvoer is opgesom in Tabel 5.8.

Tabel 5.8: Respondente se inagneming van die tyd gekoppel aan parallelle lopies en die daarstelling van vergelykende inligting

Parallelle lopies Vergelykende inligting Eerste groep (tien respondente) Tweede groep (vier respondente) Eerste groep (tien respondente) Tweede groep (vier respondente) Ja 0 50% 50% 100% Nee 80% 50% 30% 0 Weet nie 0 0 10% 0

Nie van toepassing 10% 0 10% 0

Vraag nie beantwoord 10% 0 0 0

Op die vraag of die direksie duidelik hul ondersteuning en die belang van die oorskakeling na IFVS aan personeel gekommunikeer het, het 30% van die respondente in die eerste groep en 100% van die tweede groep bevestigend geantwoord.

Respondente is gevra om 'n aanduiding te gee van of stappe reeds geneem is, of in die toekoms geneem sal word om werknemers voor te berei vir die maatskappy se omskakeling na IFVS. Die terugvoer is in Tabel 5.9 uiteengesit.

Tabel 5.9: Proses van voorbereiding van werknemers vir die oorskakeling na IFVS

Eerste groep

(tien respondente)

Tweede groep

(vier respondente)

Ons het reeds en dit het goed gewerk 10% 25% Ons het reeds en dit het geen invloed gehad nie 0 0 Ons het nog nie, maar sal in die nabye toekoms 20% 25% Ons beplan nie om sulke stappe te neem nie 30% 25%

Nie van toepassing 30% 0

Ander (soos hier onder toegelig) 10% 25%

Een entiteit in die eerste groep het aangetoon dat hulle wel sodanige stappe geneem het ten opsigte van senior bestuur en dat dit goed gewerk het, maar dat hulle nie beplan om dit vir alle ander personeel ook te doen nie. Een respondent in die tweede

groep het aangetoon dat sodanige stappe reeds geneem is en dat gemengde sukses daarmee behaal is.

Die respondente is versoek om aan te toon wat hulle as hul primêre struikelblok beskou in die proses van oorskakeling na IFVS en ook wat hulle dink die primêre struikelblok in die proses van oorskakeling na IFVS vir ander maatskappye sal wees. Besonderhede van die terugvoer wat ontvang is, is vervat in Tabel 5.10.

Tabel 5.10: Primêre struikelblok in die proses van oorskakeling na IFVS

Eie struikelblok Struikelblokke vir ander Eerste groep (tien respondente) Tweede groep (vier respondente) Eerste groep (tien respondente) Tweede groep (vier respondente)

Gebrek aan personeel met voldoende opleiding

10% 75% 50% 75% Gebrek aan voldoende

verslagdoeningstelsels

10% 50% 10% 50%

Gebrek aan tyd 30% 25% 30% 0

Gebrek aan toewyding van bestuur

0 50% 20% 50%

Ten opsigte van 'n gebrek aan personeel met voldoende opleiding, 'n gebrek aan voldoende verslagdoeningstelsels en 'n gebrek aan toewyding van bestuur, wil dit voorkom asof die eerste groep respondente dit nie as sulke groot struikelblokke soos die tweede groep beskou nie. Dit wil ook voorkom asof beide groepe respondente hulself in hetsy 'n soortgelyke posisie of in 'n beter posisie sien as ander maatskappye in soverre dit die eerste twee aspekte aangaan. Ten opsigte van 'n gebrek aan tyd beskou die tweede groep dit as dat hulle 'n groter probleem met beskikbare tyd het as ander maatskappye.

Respondente is ook versoek om aan te toon welke van die volgende rekeningkundige aspekte die grootste invloed het/gehad het/sal hê op hul proses van oorskakeling na IFVS. Terselfdertyd moes hulle 'n aanduiding gee van welke faktore na hulle mening die grootste invloed op ander maatskappye het/gehad het/sal hê. Die terugvoer is opgesom in Tabel 5.11.

Tabel 5.11: Rekeningkundige aspekte met grootste invloed op oorskakeling na IFVS

Self beïnvloed Ander beïnvloed Eerste groep (tien respondente) Tweede groep (vier respondente) Eerste groep (tien respondente) Tweede groep (vier respondente) Uitgestelde belasting 10% 25% 20% 25% Segmentverslagdoening 10% 25% 10% 25% Aandeelgebaseerde betalings 40% 100% 50% 75% Finansiële instrumente 40% 100% 50% 100% Werknemervoordele 0 50% 30% 25% Besigheidsamevoegings 30% 50% 50% 25%

Verantwoording van hure 0 50% 20% 0 Oor die algemeen wil dit weer voorkom asof die respondente in die eerste groep bostaande aangeleenthede nie as so 'n groot probleem beskou as die tweede groep nie en ook asof hulle hulself oor die algemeen in 'n beter posisie beskou om die vermelde aangeleenthede te kan hanteer, as ander maatskappye. Dit is slegs ten opsigte van aandeelgebaseerde betalings, werknemervoordele en besigheidsame- voegings wat dit blyk dat die respondente in die tweede groep dit beskou as dat hierdie aspekte vir hulself 'n groter uitdaging inhou as vir ander maatskappye.