• No results found

3.9 HULPPROGRAMME VIR DIE ONDERSTEUNING VAN

3.9.2 Lieberman se hulpverleningsprogram vir selfmutilasie

Lieberman (2004), ʼn skoolsielkundige en leier van die Los Angeles Verenigde Skooldistrikte se Selfmoordvoorkomingseenheid en mede-voorsitter van die Noodondersteuningspan van die Nasionale Vereniging van Skoolsielkundiges in die VSA, het die volgende hulpverleningsriglyne en wyses van optrede voorgestel wat skole en onderwysers kan volg om hulp te verleen aan selfmutileerders. Die riglyne is soos volg:

Die opleiding van die skool se ondersteuningspan om selfmutilasie te

kan identifiseer

Volgens hom behoort ʼn skool se krisisspan te bestaan uit die volgende lede:

die skoolsielkundige, die skoolvoorligter of welsynwerker, die

skoolverpleegster en ʼn toepaslike bestuurslid van die skool. Die taak van die krisisspan is om te fokus op die mediese behoeftes van die selfmutileerder; die bepaling van die selfmoordrisiko‟s verbonde aan die selfmutilerende gedrag; die daarstel van ondersteuningsnetwerke (byvoorbeeld die ouers en professionele geestesgesondheidsdienste); en die in kennis stel van die ouer

Lieberman (2004) altyd individueel behandel word en slegs teruggeplaas word by die ouer as hulle veiligheid verseker kan word.

Die deurgee van inligting aan alle volwassenes om tekens van

selfmutilasie te kan identifiseer

Volgens Lieberman (2004) is ouers en onderwysers, onder andere ook sportafrigters en liggaamsopvoeding-onderwysers in ʼn meer unieke posisie om selfmutilasie te kan identifiseer op grond van die volgende gedrag wat selfmutileerders openbaar, naamlik die dra van lang moue om hulle letsels te

verberg; en aggressie, emosionele afgestomptheid of emosionele

ongebalanseerde optrede in klasverband.

Die opleiding van onderwysers om toepaslik op te tree teenoor

selfmutileerders

Volgens Lieberman (2004) is opleiding vir die hantering van selfmutilasie noodsaaklik aangesien dit verseker dat die selfgemutileerde met respek en aanvaarding hanteer word. Hy merk verder op dat daar ʼn duidelike onderskeid moet bestaan ten opsigte van die take van die skool se ondersteuningspan (risiko-assessering en verdere ondersteuning) en die van die ander personeel by die skool (identifisering en aanvanklike intervensie en verwysing).

Die vermaning om versigtig op te tree wanneer leerders onderrig

word aangaande selfmutilasie

Volgens Lieberman (2004) moet onderwysers versigtig wees en slegs die nodige inligting aan leerders weergee wanneer hulle die aard van selfmutilasie met hulle bespreek. Verder moet mede-leerders aangemoedig word om inligting oor selfmutilasie (van mede-leerders of vriende) bekend te

maak. Die boodskap wat uitgedra behoort te word, is dat selfmutilasie ʼn

geestesgesondheidsprobleem is en dat selfmutileerders professionele hulp benodig.

Stel ouers in kennis en maak hulle betrokke

Sodra ʼn leerder geïdentifiseer word as ʼn selfmutileerder, behoort die ouers daarvan in kennis gestel te word en ook moontlike professionele hulp aan hulle voorgestel word. Volgens Lieberman (2004) is dit verkieslik dat die leerder teenwoordig is wanneer die ouers gekontak word om misverstande te voorkom. Die skoolhoof en die onderwyser moet egter op so ʼn wyse optree dat dit altyd in belang van die leerder is.

Die skool behoort saam te werk met die ouers en ʼn sielkundige

Aangesien behandeling oor ʼn tydperk geskied is dit noodsaaklik dat die skool se geestesgesondheidswerker sy optrede sal koördineer met die leerder se sielkundige en sy ouers, sodat sy optrede nie bots met hulle hulpverlenings- program nie. Sodra die selfmutileerders terug is in die skoolopset is dit noodsaaklik dat hulle ten minste een vertroueling (onderwyser) het na wie hulle kan gaan as hulle ʼn behoefte tot selfmutilasie ervaar. Sulke persone is volgens Lieberman (2004) meestal die skoolsielkundige, die skoolver- pleegster, die welsynwerker of skoolvoorligter. Volgens Lieberman (2004) kan ook gebruik gemaak word van geen-mutilasie ooreenkomste wat alternatiewe optrede veronderstel om selfmutilasie te voorkom.

Die beperkte weergee van inligting oor selfmutilasie

Lieberman (2004) meld verder dat skole moet poog om nie te veel inligting oor selfmutilasie aan die leerders bekend te stel nie, omrede ʼn breë blootstelling aan selfmutilasie daartoe kan lei dat risiko-leerders kan begin om hulleself te mutileer (aansteeklike gedrag).

Aansluitend by bogenoemde riglyne wat Lieberman (2004) bied aan onderwysers vir hulpverlening aan selfmutileerders stel hy ook die volgende wyse van optrede voor vir onderwysers wanneer hulle met selfmutileerders werk:

 Die stig van ʼn vertrouensverhouding. Hoewel selfmutilasie problematies

selfmutileerder moet vervreem nie, maar moet poog om ʼn vertrouens- verhouding met hom/haar te probeer stig. Daarna is dit noodsaaklik dat die onderwyser die leerder na ʼn geestesgesondheidspersoneellid verwys. Leerders moet hierna gemonitor word totdat hulle veilig is of in die sorg van hulle ouers is.

 Die aanspreek van mediese behoeftes deur die onderwyser (behandeling

van letsels is die eerste prioriteit).

 Die onderwyser moenie met afgryse of ongeloof reageer wanneer hy met

selfmutilasie gekonfronteer word nie.

 Bewerkstellig kontak sonder om opdringerig te wees (byvoorbeeld: “Ek

kan sien dat jy ʼn probleem het. Kan ek iemand kry om jou te help?”).

 Moenie beskuldigend of direktief optree nie (byvoorbeeld: “Dit is duidelik

dat iets jou pla en dat jy hulp nodig het. Kan ek jou help?”).

 Neem kennis dat die selfmutilerende gedrag ʼn wyse is waarop die

selfgemutileerde poog om in beheer te wees van sy of haar lewe.

 Bewys empatie, maar moenie probeer voorgee jy weet hoe hulle voel nie.

 Beklemtoon hoop (“Ek is seker ek sal iemand kan kry om jou te help”).

Aansluitend by bogenoemde riglyne stel Lieberman (2004) verder voor dat die onderwyser die selfmutileerder na die skool se ondersteuningspan neem en hom verseker dat hy hulp sal ontvang en veilig is.

Met bogenoemde omskrywinge van die riglyne en moontlike wyses van optrede wat Lieberman (2004) aan die onderwyser bied om hulp te verleen aan die gemutileerde in skoolverband, wil die navorser volstaan en soos volg samevattende opmerkings maak oor die gebruik van die voorafgaande hulpprogramme in skole vir selfmutileerders.

Beide voorgestelde hulpverleningsprogramme vir selfmutileerders in skole is dit eens dat die onderwyser en die skool ʼn belangrike rol behoort te vertolk in

die identifisering en hulpverlening aan die selfmutileerder. Bogenoemde twee skoolgebaseerde hulpverleningsprogramme sluit verder nou aan by die gemeenskaps- en pastorale rol van die onderwyser in inklusiewe onderwys en die Nasionale Strategie vir Sifting, Identifisering, Assessering en

Ondersteuning. Lukomski en Folmer (2004) se voorgestelde

hulpverleningsprogram kom in ʼn mate ooreen met die hulpverleningsprogram van Lieberman (2004), hoewel Lieberman (2004) meer inligting aan die onderwyser en die skool se ondersteuningspan bied ten opsigte van identifisering en verdere optrede. Vir die navorser bied bogenoemde hulpprogramme tesame met die verskeie terapeutiese benaderings egter waardevolle riglyne vir die ontwikkeling van ʼn eie opleidingsprogram vir Suid- Afrikaanse skole wat deur die onderwyser, die DGOS en die SGOS gebruik kan word vir die identifisering van en hulpverlening aan selfmutileerders in inklusiewe klaskamers.

3.10 SAMEVATTING

Samevattend beskou blyk dit dat die pas vermelde terapeutiese benaderings en hulpprogramme wat in Hoofstuk 3 bespreek is, almal ʼn besondere bydrae kan lewer om selfmutilasie te voorkom. Aansluitend by bogenoemde terapeutiese benaderings en hulpprogramme ontstaan die vraag egter watter rol bogenoemde terapeutiese benaderings en hulpprogramme kan vertolk in die ontwikkeling van „n skoolgebaseerde opleidingsprogram vir die bemagtiging van Suid-Afrikaanse onderwysers met beperkte sielkundige opleiding en agtergrond. Die antwoord op hierdie vraag kan moontlik verkry word deur te let op enkele perspektiewe vir basiese hulpverlening wat deur die navorser geïdentifiseer is uit die voorafgaande omskrywinge, naamlik:

Die terapeutiese hulpverlenings (cf. 3.2-3.7) kan nie deur die onderwyser

toegepas word nie omrede die onderwyser nie geregistreer is by die Raad

vir Gesondheidsberoepe in Suid-Afrika as psigoterapeute nie. „n

Evaluering van die terapeutiese benaderings dui egter op waardevolle inligting wat gebruik kan word in die ontwikkeling van „n skoolgebaseerde opleidingsprogram vir onderwysers wat nie sielkundige en terapeutiese

volgende tegnieke in die terapeutiese benaderings ook deur gewone onderwysers gebruik kan word as deel van basiese hulpverlening aan selfmutileerders. Selfmutileerders kan geleer word om hulle emosionele spanning en angs te beheer deur onder andere die volgende:

(1) Om oor vrese en emosies te leer praat, dit wil sê, die aanleer van kommunikasievaardighede (cf. 3.3.2, 3.5.1, 3.7.2).

(2) Die belangrike rol van vriende of volwassenes as vertrouelinge om probleme mee te deel (cf. 3.4.2, 3.6.1, 3.7.2).

(3) Alternatiewe optrede om selfmutilasie te voorkom deur byvoorbeeld die volgende: „n selfgesprekkasset, tyd in die natuur deurbring, deelneem aan aktiwiteite, gaan stap, musiek luister of kuns beoefen (cf. 3.4.2, 3.5.1, 3.7.2).

(4) Skole kan doelbewus poog om skool die moeite werd te maak deur die aanbied van simpatieke steungewing (cf. 3.6.2, 3.7.2).

 Die skoolgebaseerde hulpprogramme van Lukomski en Folmer (2004) en

Lieberman (2004) beskou dit as noodsaaklik dat die onderwyser betrek word by die identifisering van en hulpverlening aan die selfmutileerder. Die onderwysers kan dit nie tans in Suid-Afrika doen nie, omrede hulle volgens Prinsloo (2001:344-348) en Engelbrecht (2006:253-264) nie oor die nodige kennis en vaardighede beskik nie. Bogenoemde hulpprogramme kan ook nie klakkeloos toegepas word in ʼn Suid-Afrikaanse konteks nie, omrede Suid-Afrikaanse skole ʼn eie unieke wyse van optrede voorstel ten opsigte van die hulpverlening aan leerders wat hindernisse tot leer ervaar. Die wyse van optrede is in Hoofstuk 2 (cf. 2.6.3) nader omskryf, aan die hand van Die Nasionale Strategie ten opsigte van die Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuning.

 In die samestelling van ʼn opleidingsprogram vir onderwysers in Suid-

Afrikaanse skole om selfmutileerders in inklusiewe klaskamers te kan identifiseer en om aan hulle basiese hulp te kan verleen sal die navorser

gevolglik daarop moet let dat die volgende elemente in die opleidingsprogram teenwoordig is, naamlik:

o die opleiding van onderwysers sodat hulle oor die nodige kennis en vaardighede sal beskik om potensiële selfmutileerders in inklusiewe klaskamers te identifiseer en om basiese hulp te verleen;

o die opleiding van onderwysers om toepaslik op te tree teenoor selfmutileerders sodat die selfmutileerders se veiligheid, waardigheid en anonimiteit verseker kan word;

o die opleiding van onderwysers om toepaslik op te tree teenoor ouers

en professionele persone en instansies soos byvoorbeeld

maatskaplike werkers, medici en sielkundiges om sodoende te verseker dat inligting rakende die selfmutileerder korrek gekanaliseer word; en

o die noue skakeling van onderwysers met die SGOS en DGOS wanneer ʼn ondersteuningsplan vir selfmutileerders geïmplementeer word.

Met bogenoemde omskrywinge wil die navorser volstaan en vervolgens in Hoofstuk 4 fokus op die nadere omskrywing van die navorsingsontwerp wat in die konteks van die studie gebruik is.

HOOFSTUK 4

EMPIRIESE ONDERSOEK

4

4.1 INLEIDING

Soos reeds vermeld in Hoofstuk 1 word die onderwyser ten spyte van sy gemeenskaps- en pastorale rol nie toereikend toegerus vir die identifisering van en hulpverlening aan selfmutileerders wat ook hindernisse tot leer ervaar nie (Prinsloo, 2001:344-348; Engelbrecht, 2006:253-264; Department of Education, 2008:12-105).

Die hoofdoel met Hoofstuk 4 is om ʼn omvattende beskrywing en motivering te gee van die empiriese ondersoek wat in hierdie studie onderneem is, om te bepaal tot watter mate onderwysers in inklusiewe klaskamers oor kennis en vaardighede beskik om selfmutileerders te identifiseer en basiese hulp aan hulle te verleen. Die navorsing wou ook vasstel of onderwysers bewus is van die impak van selfmutilasie op onderrig en leer en op die emosionele en sosiale ontwikkeling van die leerder. Daar wou ook vasgestel word wat

onderwysers se houding teenoor hulle pastorale rol is, watter

ondersteuningstrukture daar bestaan om aan leerderbehoeftes te voldoen en in watter mate hulle ten gunste van „n opleidingsprogram vir die identifisering van en ondersteuning en basiese hulpverlening aan selfmutileerders sou wees.

Die wyse waarop die navorsing uitgevoer is, word in hierdie hoofstuk breedvoerig bespreek aan die hand van die volgende aspekte:

 Doelwit en doelstellings van die navorsing

 Navorsingsraamwerk

 Navorsingsontwerp

 Navorsingstrategie

 Loodsondersoek

 Populasie en steekproef

 Data-analise en interpretasie van data

 Etiese oorwegings