• No results found

Selfmutilasie is ʼn eeu-oue verskynsel wat ontstellend werklik in ons huidige

samelewing figureer en toeneem (Sharp, Liebenau, Stocks, Bennewith, Evans, Jones, Peters, Goldberg & Gunnel, 2003:21; Heslop & Macaulay, 2009:11). Die literatuur omskryf selfmutilasie in verskillende terme. Simpson (2003), Zila en Kiselica (2001:46) sowel as Martinson (2001) omskryf selfmutilasie deur van die volgende terme gebruik te maak: selfvernietigende

gedrag, selfbesering, selfverwonding, gedeeltelike selfmoord en

selftoegediende beserings. Menminger verwys daarna as “local self-

destruction” en as “a form of partial suicide to avert total suicide” (in

Tomofeyev, Scharff, Burns & Outterson, 2002; Heslop & Macaulay, 2009:10). Baywaters en Rolfe (2002) het na aanleiding van ʼn studie om die voorkoms van selfmutilasie onder leerders in Groot Brittanje te bepaal, die volgende statistiese gegewens daargestel. Die statistiek sien soos volg daaruit:

Tabel 1.1: Selfmutilasie onder kinders in Groot Brittanje

Tipe besering Manlik

Aantal % Vroulik Aantal % Totaal Aantal % Snymerke 34 16 98 32 132 25 Slaanmerke 45 21 31 10 76 15 Brandmerke 41 3 10 3 .7 3 Trek/krap 15 7 64 21 10 20

Uittrek van hare 15 7 26 8 41 8

Byt 27 13 24 8 51 10

Sluk van objekte 17 8 19 6 36 7

Indruk van objekte 4 2 7 2 11 2

Ander 24 11 27 9 51 10

Volgens Tabel 1.1 blyk dit dat sny, slaan en brand die tipes vorme van selfmutilasie is wat hoofsaaklik onder leerders voorkom. Addisioneel tot bogenoemde statistiese gegewens, merk Baywaters en Rolfe (2002) verder op dat die gemiddelde ouderdom van die leerders wat hulleself mutileer tussen 11 en 15 jaar is. In aansluiting by Baywaters en Rolfe, dui navorsing wat deur Hawton, Bergen, Caset, Simkin, Palmer en Cooper (2007:513-521) aan dat die hoogste voorkoms van selfmutilasie in die ouderdomsgroep van 20-24 jaar is, gevolg deur die ouderdomsgroep 15-19 jaar. In die ouderdomsgroep 20-24 jaar is dit hoofsaaklik mans wat hulleself mutileer, terwyl meestal vrouens in die ouderdomsgroep 15-19 jaar betrokke is by selfmutilasie (Hawton et al. in Heslop & Macaulay, 2009:11).

In teenstelling met bogenoemde inligting bestaan daar in Suid-Afrika weinig statistiek oor die voorkoms en omvang van selfmutilasie onder leerders. Statistics South Africa (2007) bevat byvoorbeeld tans geen inligting oor die voorkoms van selfmutilasie nie. Hohlfelder (2004:2) en Heslop en Macaulay (2009:10) dui in hierdie verband aan dat dit te wyte kan wees aan die feit dat selfmutilasie weggesteek word en dit daarom nie moontlik is om presiese getalle te bepaal nie. Gericke (in Vorster, 2002:11) is egter van mening dat selfmutilasie by ±1% van die bevolking van Suid-Afrika voorkom (seuns en dogters ingesluit).

Navorsing onderneem deur Hawton, Fagg, Simkin, Bale en Bond (1997:556- 560), White, Legget en Beech (1999:59-68), Hawton, Harriss, Hodder, Simkin, Gunnell (2001:827-836), Hawton, Rodham, Evans, Weatherall (2002:1207- 1211), Ayton, Rasool en Cottrell (2003:305), Hawton, Hall, Simkin, Bale, Bond, Codd en Stewart (2003:1191-1198), Sinclair en Green (2005:1112- 1115), Lovell (2007:109-121) en Nixon, Cloutier en Jansson (2008:306-312), asook die navorser se eie ervaring as opvoedkundige sielkundige in privaat praktyk tussen 2006 en 2010, dui op die toenemende voorkoms van selfmutilasie onder leerders. In die navorser se hantering van hierdie gevalle het hy kennis geneem van die feit dat onderwysers soms heeltemal onbewus is van die feit dat leerders hulleself mutileer, ten spyte van die riglyne vervat in die beleid op inklusiewe onderwys (Department of Education,

2005-1-43) en die Nasionale Strategie ten opsigte van die Sifting, identifiseer assessering en ondersteuning (Department of Education, 2008:12-105). Beide dokumente dui aan dat daar toenemend van onderwysers verwag word om in alle behoeftes van leerders te voorsien, wat hindernisse tot leer, waaronder ook selfmutilasie, insluit. Verder spesifiseer die Norme en Standaarde vir Opvoeders (SA, 2000:reg. 3) dat onderwysers onder meer ʼn

gemeenskaps- en pastorale rol het om te speel: “Within the school, the

educator will demonstrate an ability to develop a supportive and empowering environment for the learner and respond to the educational and the other needs of learners and fellow educators.”

Die feit dat onderwysers nie altyd bewus is van leerders wat hulleself mutileer nie, kan moontlik toegeskryf word aan „n gebrek aan kennis rakende die fenomeen (cf. 5.4, 5.5). Gesien teen die agtergrond van die groot aantal faktore wat tot selfmutilasie aanleiding kan gee (cf. 2.3), die negatiewe invloed van selfmutilasie op onderrig en leer en emosionele en sosiale ontwikkeling (cf. 2.4), die verskillende kenmerke van die selfmutileerder (cf. 2.5) waarop „n onderwyser bedag behoort te wees as ondersteuner van hindernisse tot leer (cf. 2.5), en die afwesigheid van basiese hulpverlenings-programme of opleidingsprogramme vir onderwysers in Suid-Afrika wat nie as sielkundiges opgelei is nie (cf. 3.2-3.6), is dit net redelik dat daar nie van „n onderwyser verwag kan word om sonder opleiding selfmutilasie te identifiseer en hulp te verleen nie.

Hoadley (2007:257) bevraagteken egter die pastorale rol van die onderwyser en argumenteer dat onderrig en leer, wat die kerntake van die skool is, beskerm moet word en dat om in alle behoeftes van leerders te voorsien, nie voor die deur van die skool gelê moet word nie. In teenstelling hiermee, bevestig die Nasionale Strategie vir Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuning (Department of Education, 2008:12-105), dat onderwysers en skole ʼn belangrike ondersteunende rol behoort te vertolk ten opsigte van leerders wat hindernisse tot leer ervaar deur sodanige leerders te identifiseer, te assesseer en te ondersteun in inklusiewe klaskamers. In hierdie verband is Prinsloo (2001:344-348) en Engelbrecht (2006:253-264) egter van mening dat

die bemagtiging van onderwysers om die inklusiewe onderwysbeleid te implementeer, redelik afgeskeep word en dat onderwysers nie oor voldoende kennis beskik om hindernisse tot leer aan te spreek nie.

By die nadere beskouing van die literatuur blyk dit ook dat navorsing oor selfmutilasie hoofsaaklik fokus op die beskrywing en identifisering van selfmutilasie; terwyl aandag aan die hulpverlening en voorkoming van selfmutilasie onderbeklemtoon word (Heslop & Macaulay, 2009:10). Vanuit die literatuur blyk dit ook dat ondersteuning van selfmutileerders in skoolverband in Australië, Europa en die Verenigde Stae van Amerika hoog op die prioriteitslys is. Voorbeelde van sulke ondersteuningsprogramme is byvoorbeeld dié van Madeline Wishart (2004) in Australië; die Life Signs Self- Injury Guidance and Network Support Program in die Verenigde Koninkryk (Life Signs Directors, 2008), en Jacobs (2006) se Signs of Suicide, Middle School Program, Self-Injury Packet (S.O.S), te Massachusetts in die

Verenigde State van Amerika sowel as die skoolgebaseerde

ondersteuningsprogramme van Lukomski en Folmer (2004:91-93) en Lieberman (2004) ook in die Verenigde State van Amerika. In Suid-Afrika kon die navorser geen inligting rakende programme vir die ondersteuning van selfmutileerders binne skoolverband opspoor nie.