• No results found

2.6 DIE ROL VAN DIE ONDERWYSER IN DIE HANTERING VAN

2.6.3 Die Nasionale Strategie ten opsigte van Sifting,

Volgens die Departement van Onderwys (2008:12) is die Nasionale Strategie ten opsigte van Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuning ontwikkel as riglyn aan onderwysers om leerders wat hindernisse tot leer ervaar te deurskou, te identifiseer, te assesseer en te ondersteun.

Die Nasionale Strategie van Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuning vorm deel van die implementering van Witskrif 6 en fokus op die volgende twee aspekte: die Sifting en Identifisering van leerders wat hindernisse tot leer en ontwikkeling ervaar; en die ontwikkeling van ʼn ondersteuningspakket/program om hierdie hindernisse aan te spreek (Department of Education, 2008:13).

Die Nasionale Strategie van Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuning bevat ook handleidings om die verskeie deelnemers en vennote wat betrokke is by die ondersteuningsproses te ondersteun. Handleidings word voorsien aan onderwysers, die SGOS of Institusionele Vlak Ondersteuningspan (IVOS), bestuurders, ouers, onderwysbeplanners en die DGOS. Bogenoemde twee ondersteuningspanne is twee strukture wat ontwikkel is as deel van die oorkoepelende implementering van die inklusiewe

onderwysbeleid. Die genoemde twee ondersteuningspanne, asook

binne die plaaslike gemeenskap vertolk ʼn sleutelrol in die Sifting-, Identifisering-, Assessering- en Ondersteuningsproses (Department of Education, 2008:13).

Volgens die Department van Onderwys (2005:7) word die DGOS binne kleiner geografiese areas en gebiede binne die nege provinsies ontwikkel. Hulle taak is om geïntegreerde ondersteuning aan opvoedkundige instansies te verleen vir die implementering van effektiewe onderrig en leer ter ondersteuning van leerders wat hindernisse tot leer ervaar. Hierdie ondersteuningspanne kan bestaan uit onder andere sielkundiges, terapeute,

remediërende onderwysers, spesiale onderwyspersoneel, kurrikulum

spesialiste en ander gesaghebbende en welsyndeskundiges wat in diens van die Department van Onderwys is (Department of Education, 2005:17).

Die SGOS is‟n plaaslike span binne „n opvoedkundige instansie wat hindernisse tot leer identifiseer en aanspreek, sowel as effektiewe onderrig en leer vir leerders wat hindernisse tot leer ervaar beplan en implementeer (Department of Education, 2005:7). Hierdie spanne bestaan uit onderwysers met gespesialiseerde vaardighede en kennis om leerder-, onderwyser- en skoolbehoeftes te identifiseer vir die voorsiening van effektiewe ondersteuning aan leerders wat hindernisse tot leer ervaar (Department of Education, 2001:48).

Die Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuningsproses bestaan samevattend uit die volgende vier fases wat ook met selfmutileerders aangewend kan word (Department of Education, 2008:14):

Fase I: Samestelling van leerderprofiel

Die skool en die onderwyser verkry agtergrondsinligting rakende die leerder om sodoende insig te verkry in sy/haar basiese behoeftes, gawes en toekomsvisie deur middel van onderwyser- en ouerkonsultasie. Sodra ʼn leerderprofiel voltooi is vir ʼn leerder, en dit duidelik blyk dat addisionele hulp nodig is vir die leerder, word die Nasionale Strategie van Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuning gebruik om meer inligting te bekom rakende

die behoeftes van die betrokke leerder. Alle inligting word dan weergegee op die vorm vir die ondersteuning van behoeftes. Alle diagnostiese inligting wat deur ʼn dokter of ʼn gesondheidskliniek aanbeveel word, moet in die Diagnostiese Profiel ingesluit word. Enige ander vorm van ondersteunende inligting, soos byvoorbeeld professionele assesserings, sielkundige of terapeutiese verslae of enige ander relevante inligting moet saam in die vorm vir die ondersteuning van die leerder se behoeftes geplaas word. Die profiel volg dan die leerder deur sy hele skoolloopbaan en is onmiddellik beskikbaar indien inligting benodig word rakende die leerder. Hierdie inligting oor die leerder ressorteer onder die SGOS /IVOS en word slegs aan die onderwysers beskikbaar gestel as dit enersyds nodig is en indien toestemming andersyds verleen is deur die ouer/voog, en/of leerder betrokke, of as die ouers/toesighouer en/of die leerder versoek dat die inligting gedeel mag word met onderwysers om hulle bewus te maak van ʼn leerder se behoeftes.

Fase 2: Identifiseer hindernisse tot leer en ontwikkeling

Die kontekstuele hindernisse tot leerders se leer word bepaal en ondersteuningsbehoeftes en ondersteuningstrategieë word geïdentifiseer.

Fase 3: Assessering van ondersteuningsbehoeftes

Die vlak en aard/wyse van ondersteuning wat benodig word, word vasgestel deur middel van konsultasie met die DGOS, SGOS, onderwysers en ouers.

Fase 4: Aksiebeplanning, voorsiening en monitering van addisionele

ondersteuning

Die ondersteuning wat aan leerders gegee word, word gemoniteer deur die DGOS sowel as die SGOS om addisionele ondersteuningsgeleenthede vas te stel en bykomende hulpbronne te voorsien.

Die Departement van Onderwys (2008:30-105) bied verder riglyne aan die onderwyser, SGOS en die DGOS vir die voltooiing van die onderskeie vorms wanneer leerders hindernisse tot leer ervaar. Aansluitend by bogenoemde werkswyses wil dit dus voorkom asof die Nasionale Strategie ten opsigte van

Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuning enersyds van die onderwyser verwag om hulle pastorale rol uit te oefen deur ook betrokke te raak by die Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuning van leerders wat hindernisse tot leer, soos byvoorbeeld selfmutilasie, ervaar. Bogenoemde feitlikheid bied dus aan die navorser die geleentheid om ʼn opleidingsprogram te ontwikkel waarmee onderwysers basiese hulp aan selfmutileerders in inklusiewe klaskamers kan verleen in noue samewerking met die SGOS, DGOS, die ouers en ander professionele instansies.

2.7 SAMEVATTING

Na aanleiding van voorgaande omskrywinge om selfmutilasie as leefwêreldlike verskynsel en die gepaardgaande gemeenskaps- en pastorale rol wat die onderwyser in inklusiewe onderwys behoort te vertolk merk die navorser samevattend soos volg op oor die inhoud van Hoofstuk 2:

 selfmutilasie is inderdaad ʼn leefwêreldlike verskynsel wat toenemend in

die wêreld en ook in Suid-Afrika voorkom (cf. 2.1.1);

 selfmutilasie neem verskeie vorme aan, onder andere: ekstreme vorme

van selfmutilasie wat verband hou met die verwydering van liggaamsdele, stereotipe selfmutilasie wat verwys na herhaaldelike wyses van selfmutilasie, soos die stamp van die kop of slaan en byt van die liggaam, en matige vorme van selfmutilasie, wat die mees algemene vorm van selfmutilasie is, en onder andere selfsnyding en selfbranding behels (cf. 2.2.2);

 selfmutilasie ontstaan vanweë verskeie oorsake, wat psigologies van aard

kan wees en dui op optrede om emosionele balans te bewerkstellig. Selfmutilasie kan ook ‟n chemies-biologiese oorsaak hê, wat verwys na ‟n chemiese wanbalans in ‟n persoon, of kan veroorsaak word wanneer die selfmutileerder verslaaf raak aan ‟n sekere handeling (cf. 2.3);

 selfmutilasie kom saam met verskeie verwante toestande voor, onder

versteuringe, impulskontrole versteuringe, dissosiatiewe versteuringe, gemoedsversteuringe en eetversteuringe (cf. 2.4);

 die selfmutileerder vertoon verskeie identifiseerbare kenmerke, soos

byvoorbeeld ‟n bo-gemiddelde intellektuele vermoë, afkomstig van „n ontoereikende gesinsopset, gebrek aan motivering, swak konsentrasie,

gevoelens van negatiwiteit, ‟n minderwaardigheidsgevoel, a-sosiale

gedrag, depressiwiteit en ontevredenheid met die eie liggaam en voorkoms (cf. 2.5). Dit is duidelik uit die gemelde kenmerke dat selfmutilasie onderrig en leer sowel as die emosionele en sosiale ontwikeling van die leerder negatief kan beïnvloed.

 die onderwyser kan op grond van sy pastorale rol betrek word by die

identifisering van en hulpverlening aan die selfmutileerder (cf. 2.6). Die identifisering van en hulpverlening aan die selfmutileerder moet egter nie inmeng met die onderwyser se kerntaak van onderrig en leer nie.

In Hoofstuk 3 ondersoek die navorser verskillende benaderings en hulpprogramme vir die hantering van selfmutilasie.

HOOFSTUK 3

BENADERINGS EN HULPPROGRAMME VIR

HULPVERLENING AAN SELFMUTILEERDERS

3

3.1 INLEIDING

In Hoofstuk 2 is gefokus op selfmutilasie as leefwêreldlike verskynsel by wyse van enkele konsepverklaringe oor selfmutilasie, die oorsake van selfmutilasie, selfmutilasie en verwante toestande, die identifiseerbare kenmerke van die selfmutileerder, die pastorale rol wat die onderwyser kan vertolk in die identifisering van en hulpverlening aan die selfmutileerder; die onderwyser se belewenis van inklusiewe onderwys en die Nasionale Strategie ten opsigte van Sifting, Identifisering, Assessering en Ondersteuning aan leerders wat hindernisse tot leer ervaar

In Hoofstuk 3 word aandag gegee word aan „n nadere omskrywing van

verskeie terapeutiese benaderings en ondersteuningsprogramme wat met selfmutileerders gebruik kan word. Volgens Jones, Davies en Jenkins (2004:487-500) kan die volgende benaderings onderskei word, naamlik mediese behandeling van beserings opgedoen tydens selfmutilasie, isolering van die selfmutileerder en verwydering van objekte wat vir selfmutilasie gebruik kan word, farmakologiese ondersteuning en psigologiese en terapeutiese intervensie.

„n Omskrywing van benaderings en ondersteuningsprogramme word enersyds gedoen ter wille van die volledigheid van die studie asook vir kundige agtergrondskennis aan die navorser met die oog op die samestelling van ʼn opleidingsprogram vir onderwysers in Suid-Afrikaanse skole om op ʼn ingeligte wyse basiese hulp aan selfmutileerders te verleen.

In die afwesigheid van benaderings en hulpprogramme wat deur die onderwyser wat beperkte sielkundige opleiding of agtergrond het nie gebruik kan word, steun die hoofstuk hoofsaaklik op benaderings wat terapeuties van aard is, naamlik:

 Kunsterapie;  Groepsterapie;  Gesinsterapie;  Kognitiewe gedragsterapie;  Dialektiese gedragsterapie;  Die S.A.F.E.-program;

 Die behandeling van selfmutileerders by wyse van medikasie; en

 Hulpprogramme ten opsigte van moontlike hulpverlening aan

selfmutileerders in skoolverband.

Elk van die bogenoemde benaderings se rol ten opsigte van selfmutilasie word nou van nader toegelig, en krities geëvalueer in terme van strategieë wat deur die gewone onderwyser met beperkte sielkundige opleiding of agtergrond aangewend kan word.