• No results found

By die nadere beskouing van die literatuur blyk dit dat verskeie navorsers soos byvoorbeeld Lukomski en Folmer (2004:91-93) en Collins (2007:26) van mening is dat die S.A.F.E.-program effektief aangewend kan word om selfmutilasie te voorkom. Collins (2007:26) meld verder dat die S.A.F.E.-

program, wat ook bekend staan as die “S.A.F.E.-Alternatives Program” of as

“Self-Abuse-Finally-Ends”, in 1985 ontwikkel is deur Conterio en Lader in Oak

Park Illinois in die Verenigde State van Amerika. Volgens Collins (2007) maak die S.A.F.E.-program van die volgende werkswyse en terapeutiese tegnieke gebruik om selfmutilasie te voorkom.

3.7.1 Die terapeutiese vertrekpunt van die S.A.F.E.-program

Die werkswyse van die S.A.F.E.-program is volgens Collins (2007:26) so

saamgestel dat dit aan sowel voltydse as buite-pasiënte hulp kan verleen (ʼn

besluit wat in samewerking met die terapeut en die selfmutileerder geneem word afhangende van die ergheidsgraad van die selfmutilasie). Collins (2007:26) merk verder op dat die S.A.F.E.-program die enigste terapeutiese program is wat oor ʼn sentrum beskik waar selfmutileerders voltyds behandel kan word (99% van die selfmutileerders wat deur die sentrum behandel word, is tans vroue). Collins (2007:26-31) meld verder dat die S.A.F.E.-program se sentrum op die volgende wyses te werk gaan om selfmutilasie te voorkom:

Daar word ʼn kontrak met die selfmutileerders gesluit wat bepaal dat hulle nie hulleself sal mutileer terwyl hulle behandeling ontvang by die sentrum nie. Indien van die selfmutileerders egter die kontrak verbreek en hulleself wel mutileer, word hulle nie gestraf of ontslaan nie maar word stappe geneem om die selfmutileerder se veiligheid en beskerming te verseker. Fisieke en emosionele steun word deur die personeel van die sentrum gebied.

ʼn Verdere aspek van die werkwyse van die S.A.F.E.-program is dat selfmutileerders ontmoedig word om hulle letsels van selfmutilasie aan andere te wys, omrede die personeel van mening is dat die selfmutileerder die gebeure van selfmutilasie herleef wanneer hulle dit aan andere wys of vertoon. Die program word meestal geskeduleer vir dertig dae, hoewel pasiënte die reg het om die program te verlaat as hulle nie daarmee wil voortgaan nie. Die program is gerig op die identifisering van alternatiewe wyses van die hantering van emosies en die deurdink van prosesse. Die doelstelling van die S.A.F.E.-program is om selfmutileerders te ondersteun om volgens hulle ouderdom en denke op te tree en te funksioneer (Johnson, 2003:18). Volgens Conterio en Lader (1998:224) word hierdie doelstellings bereik deur die volgende:

 opvoeding;

 die stel van grense;

 die toepassing van gevolge;

 die gee van ondersteuning en erkenning; en

 die toedig van eie verantwoordelikheid aan selfmutileerders vir hulle dade

en optredes.

Die eerste fase van hierdie proses sluit ʼn verandering van houding in, wat daartoe bydra dat selfmutileerders besef hulle is in beheer van hulle eie gedrag. Die volgende aspek wat hierop volg (te wete wat by selfmutileerders

tuisgebring word) is dat elke gevoel of emosie nie noodwendig ʼn fisieke

Aansluitend by bogenoemde omskrywinge aangaande die werkswyse wat die S.A.F.E.-program volg, maak hulle ook gebruik van die volgende tegnieke om selfmutilasie te voorkom.

3.7.2 Terapeutiese tegnieke van die S.A.F.E.-program

Collins (2007:27-31) omskryf hierdie tegnieke soos volg:  Tegniek Een: ʼn Kontrak vir geen mutilasie nie

Bogenoemde kontrak sluit die volgende in:

o ʼn Kontrak tussen die terapeut en die selfmutileerder wat riglyne

verskaf ten opsigte van verwagtinge en verantwoordelikhede, asook hoe gedrag wat die terapeutiese intervensie bedreig, hanteer sal word.

o Die selfmutileerder neem deel aan die ontwikkeling van die kontrak. o Die wyse van behandeling waarvolgens ooreengekom word, is

samewerkend van aard (voorkom dat die terapeut beheer en straf uitoefen en sodoende die sukses van die terapie nadelig beïnvloed). o Die ooreenkoms tussen die terapeut en die mutileerder kan

korttermyn van aard wees, byvoorbeeld van dag tot dag of van week tot week, afhangende van die ergheidsgraad en gereelde voorkoms van die selfmutilerende gedrag by die selfmutileerder.

Tegniek Twee: Die Impulskontrole Logboek

Die Impulskontrole Logboek is ʼn terapeutiese tegniek waarmee die selfmutileerder sy gedrag monitor indien hy of sy ʼn behoefte tot selfmutilasie ervaar. Die Impulskontrole Logboek sien soos volg daarna uit (Collins, 2007:29) (sien Tabel 3.1).

Tabel 3.1: Tegniek Twee: Die Impulskontrole Logboek

Die Impulskontrole Logboek is ʼn terapeutiese tegniek wat die selfmutileerder gebruik wanneer hy/sy ʼn behoefte tot selfmutilasie ervaar.

Onbeheerbare gedrag/gedagtes oor selfmutilasie

Tyd en

datum Plek Situasie Gevoel

Wat sal die gevolge van die selfmutilasie wees? Watter boodskap probeer jy oordra? Aksie geneem Uitkomste

Volgens Johnson (2003:19) is die doelwit van die Impulskontrole Logboek om ʼn verband te skep vir die mutileerder tussen sy gevoelens, aksies en reaksies.

Tegniek Drie: Die Vyf Alternatiewe Wyses van Optrede om

selfmutilasie te voorkom

Hierdie vyf alternatiewe of tydelike aandagafleiers van selfmutilasie is geskep om die selfmutileerder se aandag af te lei van gedagtes oor moontlike selfmutilasie. Vir vyf alternatiewe wyses van optrede om selfmutilasie te voorkom, kan gekies word uit die volgende alternatiewe wyses van optrede:

die aanwending van die Impulskontrole Logboek; die skryf van ʼn verhaal; in

gesprek tree met ʼn vertrouenspersoon; gaan stap; luister na musiek; skep kunstige take of werkies; die speel van ʼn musiekinstrument; of die voorbereiding van kos (Johnson, 2003:20; Collins, 2007:30).

Tegniek Vier: Skryf van Opdragte

Die skryf van opdragte veronderstel die skryf van ʼn outobiografie om die eie siening oor die self te identifiseer, die eie emosies en aggressies te ontleed asook die vroulike en manlike persoon wat die meeste invloed op die selfmutileerder uitoefen te bepaal en planne vir die toekoms te maak.

Samevattend beskou blyk dit asof bogenoemde program ʼn stap in die regte rigting is en dat die S.A.F.E.-program ʼn bydrae lewer om selfmutilasie te voorkom. Veral as daarop gelet word dat bogenoemde program ʼn ondersteunende buitepasiënt-program het waar die selfmutileerder verder steun kan ontvang sodra hy die sentrum verlaat het (Collins, 2007:30).

Die volgende terapeutiese tegniek wat aan die orde gestel gaan word, is die behandeling van selfmutilasie by wyse van medikasie.

3.8 DIE BEHANDELING VAN SELFMUTILASIE BY WYSE VAN