• No results found

RESULTATE VAN DIE ONDERSOEK

6.2 RESULTATE: EFFEKTIWITEIT VAN DIE STRESWEERBAARHEIDSPROGRAM

6.2.3 INTRAPERSOONLIKE VAARDIGHEDE

Ter wille van ‘n meer volledige verduideliking van die proses wat gevolg is, sal die eerste veranderlike (intrapersoonlike sterktes – BERS) stapsgewys volgens die statistiese prosedures bespreek word. Daarna sal die effek van die program op gevoel van

bemeestering en selftaksering kortliks weergegee word, aangesien dit te omslagtig is om elke veranderlike individueel te bespreek. Die resultate ten opsigte van intrapersoonlike vaardighede word eerstens aangebied (Tabel 10) en gevolg deur ‘n kort bespreking ten opsigte van elke veranderlike.

TABEL 10: Resultate van ANOVA op die natellings van Intrapersoonlike sterkte, Gevoel van bemeestering en Selftaksering

Veranderlike Bron MS ν F p

Intrapersoonlike sterkte Voortoets vs Nie (V) 10,71 1 0,866 0,354

Ingreep vs Nie (I) 0,26 1 0,021 0,884 V x I 5,35 1 0,432 0,512

Foutmeting 12,37 157

183

Ingreep vs Nie (I) 0,19 1 0,002 0,966 V x I 30,58 1 0,295 0,588

Foutmeting 103,83 158

Selftaksering Voortoets vs Nie (V) 34,57 1 2,991 0,086

Ingreep vs Nie (I) 0,30 1 0,026 0,873 V x I 30,90 1 2,673 0,104

Foutmeting 11,56 158

* p ≤ 0,05 ** p ≤ 0,01

6.2.3.1 Invloed van program op Intrapersoonlike sterkte

Ten einde die resultate te verkry, is ‘n 2 x 2 tussengroep ANOVA-ontleding op die vier groepe se natellings uitgevoer. Sien Tabel 10.

Die resultate in Tabel 10 toon duidelik dat geen beduidende interaksie (p = 0,512) tussen die twee hoofeffekte, naamlik ingreep en voortoetsing, vir intrapersoonlike sterkte gevind is nie. Gevolglik is voortgegaan om die invloed van die ingreep op die natellings te ondersoek. Vanuit tabel 10 is dit duidelik dat daar ook nie in hierdie geval ‘n statisties beduidende resultaat (p = 0,884) verkry is nie. Gevolglik is voortgegaan om die ingreep se effek op groepe 1 en 2 (die twee groepe met voortoetsing) se natellings te vergelyk. Vir hierdie doel is ‘n ANCOVA op die veranderlike intrapersoonlike sterkte se natellings uitgevoer met die voortoetstellings van hierdie veranderlike as die kovariante. Die resultate verskyn in Tabel 11.

TABEL 11: Resultate van ANCOVA op die natellings van Intrapersoonlike sterkte, Gevoel van bemeestering en Selftaksering vir groepe 1 en 2

Veranderlike Bron MS ν F p

Intrapersoonlike sterkte Ingreep vs Nie 0,27 1 0,034 0,854

Fout 7,89 71

Gevoel van bemeestering Ingreep vs Nie 9,31 1 0,150 0,699

Fout 61,87 72

184

Fout 8,78 72

* p ≤ 0,05 ** p ≤ 0,01

Die ANCOVA-resultaat toon ook aan dat ‘n beduidende F-waarde nie verkry is nie aangesien die p-waarde 0,854 is. Hierdie waarde is nie op die 5%-peil beduidend nie. Die ontledings is gevolglik opgevolg deur ‘n onafhanklike t-toets op die natellings (intrapersoonlike sterkte) vir groepe 3 en 4 te doen, aangesien hierdie twee groepe net nametings op die afhanklike veranderlikes het. Hierdie toets lewer ‘n t-waarde van 0,531 vir 85 vryheidsgrade en ‘n ooreenstemmende p-waarde van 0,597. Dit is duidelik dat daar ook nie in hierdie geval ‘n beduidende resultaat verkry is nie, en gevolglik is oorgegaan om die meta-ontledingstegniek te benut. Met hierdie tegniek word die resultate van die ANCOVA en die t-toets gekombineer. Die meta-ontledingsresultaat is soos volg bereken: (0,19 + 0,54)/√2 = 0,516; p = 0,60. Dit is duidelik dat in hierdie geval ook nie ‘n beduidende resultaat verkry is nie, en daar kan nou tot die gevolgtrekking gekom word dat die ingreep nie ‘n beduidende effek op die veranderlike intrapersoonlike sterkte van die deelnemers gehad het nie.

Met betrekking tot gevoel van bemeestering (RSCA) is daar ook ‘n ANOVA-ontleding op die vier groepe se natellings uitgevoer (sien Tabel 10), sowel as ‘n ANCOVA-ontleding (sien Tabel 11). Op grond van die data in Tabel 10 en 11 kan daar tot die gevolgtrekking gekom word dat die ingreep nie ‘n beduidende effek op die veranderlike gevoel van

bemeestering gehad het nie. In die geval van selftaksering (FORQ) is dieselfde stappe

(ANOVA en ANCOVA) uitgevoer (sien Tabelle 10 en 11). Met die ANOVA-ontledings is daar geen beduidende interaksie tussen die twee hoofeffekte, naamlik ingreep en voortoetsing, gevind nie. Die ANCOVA-resultaat toon aan dat ‘n beduidende F-waarde verkry is. Hierdie waarde is op die 5%-peil beduidend. Gevolglik kan afgelei word dat die ingreep wel ‘n effek het en dat hierdie effek sonder ‘n voorvereiste voorkom. Met ander woorde die stresweerbaarheidsprogram het wel die selftaksering van die kinders in die eksperimentele groep beduidend verbeter (gemiddelde natellings is hoër as die gemiddelde voortellings), ongeag of daar ‘n voortoets aanwesig was of nie.

185

Ter opsomming kan daar met betrekking tot die bogenoemde drie veranderlikes

(intrapersoonlike sterktes, gevoel van bemeestering en selftaksering) aanvaar word dat die stresweerbaarheidsprogram ‘n beduidende impak op die selftaksering van die eksperimentele groep gehad het. Resultate van intervensieprogramme soos die Hantering van Woede-program (“Anger Coping Program”) van John Lochman en kollegas (1993; 1996) toon aan dat intrapersoonlike vaardighede deur middel van intervensieprogramme bevorder kan word. Die Hantering van Woede-program het ‘n positiewe impak gehad op die deelnemers se vlakke van selfbewustheid en hul vermoë om situasies realisties te takseer. Hudley en Graham (1993; 1995) het ‘n Attribusie intervensie (“Attributional Intervention” naamlik die Breinkrag-Program) ontwikkel om aggressiewe 10 – 12 jarige seuns te leer om realistiese takserings te maak. Die program het ‘n beduidende impak uitgeoefen op hierdie seuns se takseringsvermoëns, veral in dubbelsinnige situasies.

Die Penn stresweerbaarheidsprogram (“Penn Resiliency Program”) fokus ook op die generering van positiewe, maar tog realistiese takserings met behulp van kognitiewe gedragstegnieke. Die effektiwiteit van dié program is bewys deur ‘n beduidende afname in die deelnemers se depressiewe simptome (Gillham, Reivich, Jaycox & Seligman, 1995). Verskeie programme was suksesvol om kinders se selfbeeld en gepaardgaande selftaksering positief te beïnvloed. Voorbeelde van hierdie programme is die Beraders Omgee-program (“Counselors Care”) en Coping en Ondersteuningsopleiding (“Coping en Support Training”) wat deur Randell, Eggert en Pike (1998) ontwikkel is, sowel as die Bevordering van Alternatiewe Denke-program (“Promoting Alternative Thinking Strategies”, “PATHS”) program van Mark Greenberg en kollegas (1995; 1998a). Dit wil voorkom of veral kognitiewe gedragstegnieke suksesvol is om kinders se selfbeeld te verbeter (Smokowski, 1998). Dubow en kollegas (1993) het met die toepassing en evaluering van hul primêre voorkomingsprogram daarin geslaag om kinders se selfeffektiwiteit positief te beïnvloed – hiervolgens het die kinders hulself as meer bevoeg getakseer en dus meer vertroue in hul vermoëns gehad om stresvolle situasies te hanteer. Selfeffektiwiteit is soortgelyk aan kinders se persepsie van hul eie bevoegdheid en hou ook verband met hulle selfbeeld. Daar kan gevolglik aangeneem het dat die voorgenoemde programme suksesvol was om die deelnemers se taksering van hul

186

effektiwiteit, hul bevoegdheid en hul selfbeeld positief te beïnvloed (Justice, Lindsay & Morrow, 1999; Ryan & Deci, 2000; Smith, Walker, Fields, Brookins & Seay, 1999; Wigfield & Eccles, 2000).