• No results found

METODE VAN ONDERSOEK

5.2 DOELSTELLINGS, NAVORSINGSVRAE EN HIPOTESES

5.3.3 Formulering van navorsingshipoteses

137

Ter aansluiting by die oorkoepelende doelstelling van die ondersoek, naamlik om ‘n stresweerbaarheidsprogram vir kinders te ontwikkel en te evalueer, word die volgende navorsingshipoteses gestel:

5.2.3.1 Oorkoepelende Nulhipotese 1:

Kinders wat deelneem aan die stresweerbaarheidsprogram (eksperimentele groep), sal nie beduidende hoër vlakke van stresweerbaarheid toon in vergelyking met kinders wat lid was van die kontrolegroep soos gereflekteer deur hul:

- Intrapersoonlike vaardighede: Intrapersoonlike sterkte Gevoel van bemeestering Selftaksering

- Interpersoonlike vaardighede: Interpersoonlike sterkte Gesinsbetrokkenheid

Gevoel van verwantskap Gesinstaksering

Algemene sosiale ondersteuning - Kognitiewe aspekte Skoolfunksionering

- Emosionele vaardighede Affektiewe sterkte Emosionele reaktiwiteit 5.2.3.2 Oorkoepelende Alternatiewe Hipotese 1:

Kinders wat deelneem aan die stresweerbaarheidsprogram (eksperimentele groep), sal beduidende hoër vlakke van stresweerbaarheid toon, in vergelyking met kinders wat lid was van die kontrolegroep soos gereflekteer deur hul:

- Intrapersoonlike vaardighede: Intrapersoonlike sterkte Gevoel van bemeestering Selftaksering

- Interpersoonlike vaardighede: Interpersoonlike sterkte Gesinsbetrokkenheid

138

Gesinstaksering

Algemene sosiale ondersteuning - Kognitiewe aspekte Skoolfunksionering

- Emosionele vaardighede Affektiewe sterkte Emosionele reaktiwiteit

5.2.3.3 Oorkoepelende Nulhipotese 2:

Kinders wat deelneem aan die stresweerbaarheidsprogram (eksperimentele groep) sal nie ‘n beduidende verbetering in hulle vlak van stresweerbaarheid toon oor ‘n periode van drie maande teenoor kinders wat nie aan die intervensie deelgeneem het nie (kontrolegroep) ten opsigte van hulle intrapersoonlike-, interpersoonlike-, kognitiewe- en emosionele vaardighede.

5.2.3.4 Oorkoepelende Alternatiewe Hipotese 2:

Kinders wat deelneem aan die stresweerbaarheidsprogram (eksperimentele groep) sal ‘n beduidende verbetering in hulle vlak van stresweerbaarheid toon oor ‘n periode van drie maande teenoor kinders wat nie aan die intervensie deelgeneem het nie (kontrolegroep) ten opsigte van hulle intrapersoonlike-, interpersoonlike-, kognitiewe- en emosionele vaardighede.

5.2.3.5 Oorkoepelende Nulhipotese 3:

Seuns en dogters verskil nie beduidend ten opsigte van hulle stresweerbaarheidstellings op die interpersoonlike-, intrapersoonlike-, kognitiewe- en emosionele subskale na afloop van ‘n stresweerbaarheidsprogram nie.

139

Seuns en dogters verskil beduidend ten opsigte van hulle stresweerbaarheidstellings op die interpersoonlike-, intrapersoonlike-, kognitiewe- en emosionele subskale na afloop van ‘n stresweerbaarheidsprogram.

5.3 NAVORSINGSONTWERP

Ten einde die voorgenoemde navorsingsdoelstellings te bereik, is die volgende navorsingsontwerp gebruik:

In hierdie projek is daar gebruik gemaak van ‘n eksperimentele navorsingsontwerp, met spesifieke verwysing na die Solomon-viergroepmetode. Die Solomon-viergroepmetode is gekies as ontwerp weens die volgende voordele wat dit volgens Holdnak, Clemons en Bushardt (1990) inhou:

• Dit elimineer die effek van voortoetssensitisering.

• Dit verskaf die beste kontrole met betrekking tot die bedreiging van interne geldigheid.

• Aangesien dit ‘n besondere sterk meganisme van kontrole is, word dit as een van die kragtigste navorsingsontwerpe beskou.

• Dit evalueer die interaksie tussen die voortoets en die ingreep (program).

Braver en Braver (1988) voer aan dat die Solomon-viergroepontwerp minder gereeld gebruik word as gevolg van die volgende faktore:

• Die Solomon-viergroepontwerp vereis dubbel die hoeveelheid groepe wat met ander ontwerpe gebruik word.

• Min navorsers stel belang in die effek van voortoetssensitisasie as sodanig, en dus maak hulle nie gebruik van ‘n ontwerp wat juis voortoetssensitisering ondersoek nie. • Aangesien die Solomon-viergroepontwerp meer vergelykings toelaat, kan dit

140

• Die belangrikste rede waarom hierdie ontwerp so min gebruik word, is die onduidelikheid wat bestaan rondom die gepaste statistiese prosedure wat gevolg behoort te word.

Die Solomon-viergroepmetode behels dat die proefpersone in twee eksperimentele, sowel as twee kontrolegroepe, verdeel word. Die twee eksperimentele groepe word blootgestel aan die stresweerbaarheidsprogram. Een van die eksperimentele groepe ondergaan die voortoets alvorens die intervensieprogram aangebied word, sowel as ‘n natoets direk na die afloop van die intervensieprogram. Die tweede eksperimentele groep voltooi slegs ‘n natoets om die potensiële kontaminerende impak van die voortoetsing te voorkom. Die een kontrolegroep voltooi ‘n voortoets sowel as ‘n natoets, maar geen intervensieprogram nie. Die ander kontrolegroep ondergaan slegs ‘n natoets, maar ook geen intervensieprogram nie. ‘n Tweede natoetsing is afgeneem met beide eksperimentele– en kontrolegroepe drie maande nadat die intervensieprogram aangebied is, ten einde ook die potensiële mediumtermyn-effek van die intervensieprogram te bepaal. Die intervensieprogram is ook na afloop van die studie aan die kontrolegroepe aangebied.

In elk van die vier betrokke skole is die proefpersone, wie se ouers toestemming verleen het, verdeel in twee eksperimentele en twee kontrolegroepe. Daar is in totaal 161 proefpersone by die studie ingesluit.

• Eksperimentele groep nommer 1 het ‘n voortoets, die intervensieprogram, ‘n natoets, sowel as ‘n tweede natoets (3 maande na afloop van die intervensieprogram) ontvang (N = 45).

• Eksperimentele groep nommer 2 het geen voortoets, maar wel die intervensieprogram, ‘n natoets en ‘n tweede natoets ontvang (N = 43).

• Kontrolegroep nommer 1 het ‘n voortoets, geen intervensieprogram, ‘n natoets sowel as ‘n tweede natoets ontvang (N = 30).

• Kontrolegroep nommer 2 het geen voortoets, geen intervensieprogram, maar wel ‘n natoets en ‘n tweede natoets ontvang (N = 44).

141

Ten einde die navorsingsontwerp duideliker te demonstreer, word Tabel 2 ter illustrasie aangebied.

TABEL 2: Grafiese voorstelling van die Solomon-viergroepontwerp

Groep Voortoets Ingreep Natoets Opvolgtoetsing

Eksperimentele groep 1 (N=45) X X X X Eksperimentele groep 2 (N=43) X X X Kontrole groep 1 (N=30) X X X Kontrole groep 2 (N=43) X X 5.4 PROEFPERSONE

Die teikenpopulasie het bestaan uit 266 kinders tussen die ouderdomme van 11 en 12 jaar in die vier skole wat by die studie betrek is. Daar is aanvanklik beplan om 40 proefpersone vanuit elk van die vier geїdentifiseerde skole in die Bloemfontein omgewing in te sluit deur middel van ewekansige steekproeftrekking en om die proefpersone gelyk te verdeel ten opsigte van ras en geslag. Die nodige prosedures is gevolg ten einde toestemming van die skoolhoofde, sowel as die Departement van Onderwys, te verkry vir die uitvoering van die studie. Die vier skole wat by die studie betrek is, was onder meer Bloemfontein Laerskool, Fichardtpark Primêre Skool, Jim Fouché Primêre Skool en President Steyn Laerskool. Die voorgenoemde skole is almal Afrikaans-medium skole waarbinne seuns sowel as meisies van alle rassegroepe geakkommodeer word. Weens die feit dat die geïdentifiseerde skole hoofsaaklik Afrikaans-medium skole was, weerspieël die samestelling van die skole, en gevolglik ook die deelnemers, nie die rassesamestelling van Suid-Afrika nie.

Klaslyste is van al die Graad 6-leerders in elke skool bekom en 40 leerders is ewekansig geїdentifiseer deur van ewekansige nommers gebruik te maak. Toestemmingsbriewe is

142

aan die 40 leerders in elke skool se ouers gestuur (sien Bylaag A). Die toestemmingsbriewe het die doel en die aard van die studie uiteengesit. Ouers is ook die versekering gegee dat indien die navorser bewus sou raak van enige deelnemer wat ‘n behoefte toon vir verdere sielkundige intervensie, die ouers bygestaan sou word in terme van toepaslike intervensies of verwysings. Die reaksie was egter nie na wense nie en daar is dus besluit om toestemmingsbriewe na alle ouers van die Graad 6 groep in elke skool te stuur, ten einde meer proefpersone te bekom. Daar is alreeds in die aanvanklike toestemmingsbriewe aangedui in watter groep die betrokke kind ingedeel is, aangesien die program op verskillende tye en datums vir die onderskeie groepe aangebied is. Op grond van hierdie spesifieke inligting in die briewe kon die ouers besluit of dit vir hul kinders moontlik sou wees om die program op die aangeduide tyd te kan bywoon. Daar is uiteindelik gebruik gemaak van ‘n beskikbaarheidsteekproef op grond waarvan 161 deelnemers ingesluit is. As gevolg van die voorgenoemde probleme het die samestelling van die steekproef verander (sien Tabel 2).

TABEL 3: Frekwensieverspreiding van die ondersoekgroep rakende

enkele demografiese faktore

Veranderlike N % Ouderdom 11 jaar 58 36,1 12 jaar 103 63,9 Totaal 161 100,0 Geslag Manlik 72 44,7 Vroulik 89 55,3

143 Totaal 161 100,0 Ras Blank 152 94,5 Kleurling 7 4,3 Swart 2 1,2 Totaal 161 100,0

Samestelling van groepe

Eksperimentele groep 75 46,6

Kontrole groep 86 53,4

Totaal 161 100,0

TABEL 4: Verspreiding van die ondersoekgroep volgens geslag in die vier

onderskeie groepe

Geslag Groep 1 Groep 2 Groep 3 Groep 4 Totaal

N % N % N % N % N % Seuns 22 48, 9 20 46,5 11 36,7 19 44, 2 72 44,7 Dogters 23 51, 1 23 53,5 19 63,3 24 55, 8 89 55,3 Totaal 45 28, 0 43 26,7 30 18,6 43 26, 7 161 100, 0

Nota: Groep 1= eksperimentele groep 1; Groep 2=kontrolegroep 1; Groep 3=eksperimentele groep 2 en Groep 4=kontrolegroep 2

144

Op grond van die inligting in Tabel 3 is dit duidelik dat al die proefpersone tussen die ouderdomme van 11 en 12 jaar was. Dogters het 54,8% van die groep uitgemaak en 94,6% van die deelnemers is blank. Soos vroeër genoem, was die samestelling van die proefpersone grootliks afhanklik van die hoeveelheid ouers wat toestemming verleen het (sien Bylaag A vir die toestemmingsbrief) dat hulle kind mag deelneem aan die studie. Alhoewel daar aanvanklik besluit is om ras as veranderlike in te sluit, het baie min ouers van die swart leerlinge die nodige toestemming verleen. Die voorgenoemde redes verklaar die diskrepansie tussen die aantal deelnemers in elke groep – in die briewe wat uitgestuur is, moes die navorser alreeds aandui in watter groep die deelnemers ingedeel sou wees as gevolg van praktiese reëlings. Die verdeling van die deelnemers, in die onderskeie groepe, kon dus nie aangepas word om te verseker dat elke groep ‘n gelyke hoeveelheid deelnemers bevat nie. Daar is by elke skool ‘n bepaalde onderwyser geïdentifiseer wat die navorser moes bystaan met die praktiese reëlings rondom die projek. Aanvanklik is daar slegs aan sekere kinders (deur ewekansige steekproeftrekking bekom) briewe gestuur. Aangesien die reaksie swak was, is daar besluit om aan al die Graad 6-leerlinge briewe te stuur en die geleentheid te bied om aan die program deel te neem. Daar is deurgaans met die betrokke onderwysers by die onderskeie skole geskakel om te verseker dat enige praktiese probleme uit die weg geruim word, en ook om enige moontlike probleme aan te spreek.

Vanuit Tabel 4 is dit eerstens duidelik dat die totale groep uiteindelik uit 161 kinders bestaan het en dat die aantal kinders per groep, met die uitsondering van groep 3 (eksperimentele groep 2), redelik ewe groot is. Wat die geslag van die kinders betref, is dit duidelik dat die dogters in die meerderheid was in al vier die groepe. Wanneer die twee eksperimentele groepe (groepe 1 en 3) saamgevoeg word, is dit duidelik dat 33 van die 75 kinders, naamlik 44%, seuns is, terwyl 56% dogters is. Wat die twee kontrolegroepe betref, is 39 van die 86 kinders (45,3%) seuns, terwyl 55,5% dogters is.