• No results found

DIE MANIFESTERING EN IMPLIKASIES VAN BEROEPSTRES VANUIT „N EKOLOGIESE-SISTEEMPERSPEKTIEF

4.5 IMPLIKASIES VAN BEROEPSTRES

4.5.1 Implikasies vir die individu

Die implikasies van beroepstres vir die individu, naamlik die psigologiese effek, die fisiese effek en gedragseffek word onder die loep geneem.

4.5.1.1 Die psigologiese effek van stres

Wanneer angsvlakke styg, voel individue gespanne en ongemaklik. In ernstige gevalle mag hulle prikkelbaar en hoogs gespanne voel, afhangend van hul persepsie van die situasie en die graad waartoe hulle voel dit hanteer moet word. In gevalle van kroniese stres, waar die individu onder langdurige stres verkeer, mag gevoelens van geïsoleerdheid, depressie en ongesteldhede ervaar word. In hierdie gevalle is dit belangrik dat „n mediese praktisyn se hulp ingeroep word. In die hedendaagse samelewing word geestesongesteldheid egter gestigmatiseer wat die waarskynlikheid verlaag dat individue wat so deur stres beïnvloed word, na hul bestuurder sal gaan met die betrokke probleem (Currie, 2001:34; Munson, 2002:276; Ross & Altmaier, 1994:140-141; Wainwright & Calnan, 2002:19).

Schafer (2000:125-126) bevestig dat angstigheid as dié algemeenste emosionele reaksie op stres beskou kan word. Om persoonlik blootgestel te word aan die realiteite van trauma kan die persepsies en wêreldbeskouings van maatskaplike werkers fundamenteel beïnvloed. Gevolglik kan sommige maatskaplike werkers oorweldig, sinies en emosioneel afgestomp raak of selfs die professie verlaat (Bell et al.,

119

2003:469). Dillenburger (2004:214) meen dat beroepstres verder kan aanleiding gee tot sosiale isolasie, huweliks- of persoonlike probleme, vergeetagtigheid, neuroses of selfs hartsiektes.

Weens die feit dat kinders wat seksueel misbruik is dikwels ook trauma beleef het, is dit nodig om ook die effek hiervan op die maatskaplike werker te bespreek.

Trauma kom algemeen in die samelewing voor (Bride, 2007:63) en kan volgens Gibson et al. (2002:63) ernstige gevolge inhou vir sowel die individue wat daaraan blootgestel is as dié wat hulp aanbied in hierdie verband. Dit kan selfs die organisasie as geheel beïnvloed.

In die konteks van hierdie studie word beroepstres ondersoek by maatskaplike werkers wat betrokke is by intervensie met seksueel misbruikte kinders. Alhoewel die bespreking van trauma as sulks nie in hierdie konteks val nie, is dit belangrik om trauma te verstaan as bydraend tot beroepstres. Azar (2000:644), Bride (2007:63) en Royle (2006:2) meen dat die psigologiese effek van trauma verder strek as dié individue wat daardeur geraak word en is van mening dat professionele persone wat met trauma werk se persoonlike reaksies werkverrigting kan beïnvloed en ook kan bydra tot stres.

Teen hierdie agtergrond is dit belangrik om die emosies en impak daarvan op maatskaplike werkers te erken. Een van die grootste probleme in organisasies is volgens Carr (2001:421) dat persepsies oor rasionaliteit emosies vermy of dit as problematies of irrasioneel sien. Die outeur stel dit soos volg: “In our everyday experience in work organisations we have become all too familiar with the idea that „rationality‟ - along with its close cousin, „efficiency‟ - is the sensible „good guy‟ that is to be used as the touchstone by managers. In the shadows it seems there „lurks‟ a perceived alternative or dichotomous „bad guy‟ called „emotion‟ or „emotionally‟.”

In aansluiting hierby meen Hughes en Wearing (2007:102) dat emosionele ervarings binne die konteks van „n organisasie ontstaan uit die unieke interaksie tussen elke individu se emosionele behoeftes en ervarings, die samelewing se kollektiewe emosies

120

en die emosionele kultuur wat in „n spesifieke organisasie heers. Dit word verder beïnvloed deur ander faktore, wat nie deel vorm van die werkskonteks nie, soos die gesinslewe.

4.5.1.2 Die fisiese effek van stres

Volgens verskeie outeurs (Arnold et al. 1998:424; Beehr & Glazer, 2005:23; Clarke en Cooper, 2004:174; Currie, 2001:35-36; Munson, 2002:276-277; Ross & Altmaier, 1994:140-141; Wainwright & Calnan, 2002:19) het stres „n fisiese uitwerking op die liggaam wat gepaard gaan met sekere liggaamsreaksies. Die eersgenoemde outeur beskryf en brei verder uit op Selye (1976) se “general adaptation syndrome” waar daar eerstens „n alarm-reaksie voorkom gevolg deur weerstand, en laastens op uitputting uitloop (sien 4.4.3).

Onder volg „n lys van algemene fisiese simptome wat voorkom wanneer stres ervaar word:  verandering in slaappatrone  moegheid  traagheid  lighoofdigheid  sooibrand  naarheid  diarree  hoofpyn

 verlies van seksdrang  spierpyne.

Hierdie lys van fisiese simptome toon aan hoe die liggaam moontlik op stres kan reageer. Die ervaring van beroepstres kan gesondheidsgevolge vir die individu inhou. In Figuur 4.3 word „n algemene raamwerk vir die bestudering van gesondheidsgevolge van beroepstres weergegee.

121

Figuur 4.3 „n Algemene raamwerk vir die bestudering van gevolge van beroep- stres

Bron: Aangepas uit Shirom (2003:64)

Die raamwerk in Figuur 4.3 bied „n goeie oorsig van die moontlike gevolge van beroepstres. Die verskeie faktore, soos aangedui in die figuur, is interafhanklik van mekaar en beïnvloed mekaar wedersyds. Hierdie raamwerk sou benut kon word om „n

Sosio-ekonomiese omgewing (inkomste, opvoeding en beroep) Vroeë lewenservarings Algemene aanleg Omgewingsfaktore (besoedeling, bevolkingsdigtheid) Sosio-demografiese karaktereienskappe (geslag, ouderdom, gewig, familiestatus) Hanteringsbronne en style (outonomiteit, sosiale ondersteuning, kontrole) Beroepstres Wanaanpassing: Gesondheidsreaksies (fisiologiese gedrag en psigologiese gesondheidsgevolge) Toestand van gesondheid en welstand Werkervarings Psigologiese en sosiologiese aspekte (immuniteit, persoonlikheidstrukture) Kwaliteit van gesondheidsorg wat benut word

122

werknemer se algemene toestand van gesondheid en welstand te bespreek of te evalueer.

4.5.1.3 Die effek van stres op gedrag

Tydens „n langdurige strestydperk is dit volgens Currie (2001:39) en Munson (2002:274) moontlik dat „n individu se gedrag kan verander. Individue het elkeen hul eie individuele wyses waarop hulle probeer om gevoelens te hanteer wat deur stres veroorsaak word. Dit kan beteken dat „n persoon anders optree as wat gewoonlik die geval is. Die standaard van werkverrigtinge mag verlaag of irritasie kan voorkom wat ken lei tot woede-uitbarstings. Persone wat kroniese stres ervaar, kan ook verskeie skete ervaar, byvoorbeeld nekpyn, hoofpyn, migraine, veluitslag en slapeloosheid. Hierdie aanvanklike skete kan later omswaai in ernstige stresverwante siektes en het uiteraard ook „n uitwerking op die gedrag van die individu.

Die volgende gedragsimptome kan volgens navorsing (Ross & Altmaier, 1994:140-141; Wainwright & Calnan, 2002:19; Williams & Cooper, 2002:12-13) voorkom wanneer stres ervaar word:

 geïrriteerdheid en aggressie;  angstigheid en besorgdheid;  swak besluitneming;

 besig wees met onbeduidende sake;  onvermoë om te prioritiseer;

 onvermoë om situasies te hanteer;  gemoedskommelings;

 gebrekkige konsentrasie;  gevoelens van mislukking;  verlies van eiewaarde; en  isolasie.

123

„n Verdere implikasie is dat stres „n individu se hanteringskapasiteit kan verminder. Dit kan volgens Van Zyl-Edeling (2006:166) toegeskryf word aan genetiese, gedrags- en omgewingsfaktore.