• No results found

BEROEPSTRES EN DIE OORSAKE DAARVAN IN DIE KONTEKS VAN MAATSKAPLIKE WERK

3.4 BEROEPSTRES IN MAATSKAPLIKE WERK

3.4.1 Oorsake van beroepstres in maatskaplike werk

3.4.1.5 Ander faktore wat bydra tot beroepstres in maatskaplike werk

Ander faktore bydraend tot beroepstres in maatskaplike werk, word vervolgens bespreek.

i) Die gemeenskap se verwagtinge

Collings en Murray (1996:384) bevestig dat „n gemeenskap se verwagtinge van „n maatskaplike werker ook tot stres kan bydra. Dit is veral van toepassing in die veld van seksuele misbruik waar die kliënt en gemeenskap hoë verwagtinge koester ten opsigte van die dienste wat deur die werker gelewer word ten einde geregtigheid te laat geskied.

Botha (2000:215) voeg by dat die titel “maatskaplike werker” verwagtinge skep by sowel kliënte as ander professionele kollegas en die gemeenskap in die breë. Hierdie druk wat deur die werker ervaar word dra dikwels by tot beroepstres.

ii) Druk in die beroep en eise wat aan maatskaplike werkers gestel word

In die konteks van hierdie studie ervaar maatskaplike werkers dikwels spanning as gevolg van die lewensbelangrike en rigtinggewende besluite wat in die belang van kinders geneem moet word (Botha, 2000:218-219; Dwyer, 2007:49), terwyl hulle eie persoonlike lewens en die impak daarvan ook „n rol kan speel (Scaife & Walsh, 2009:64).

„n Ander faktor wat deur Wainwright en Calnan (2002:12-14) beklemtoon word en wat by laasgenoemde aansluit, is die druk wat werknemers beleef, ten opsigte van die dringendheid waarmee werk afgehandel moet word. Die outeurs verwys na lewensbedreigende gevolge vir die werknemer of die persoon met wie gewerk word en die gevolglike druk as gevolg hiervan. Maatskaplike werkers wat intervensie bied aan seksueel misbruikte kinders bevind hulle dikwels in hierdie situasie en beleef druk om

94

besluite te maak en daadwerklik op te tree. Dit is dus moontlik „n bydraende faktor tot beroepstres.

Coulshed et al. (2006:181) dui aan dat personeel wat onder konstante druk verkeer en daarmee saam ook min intrinsieke beloning ontvang, die risiko loop om op te hou om vir ander mense om te gee. Verder kan „n praktisyn wat stres beleef nie „n effektiewe diens aan kliënte lewer nie (Munson, 2002:81).

Oko (2008:3) beklemtoon die verskeidenheid eise wat aan maatskaplike werkers gestel word in die vertolking van hulle rolle asook die potensiaal vir konflik tussen hierdie verskillende areas. Hierdie kompeterende eise vir maatskaplike werkers word in Figuur 3.3 grafies uitgebeeld.

95

Figuur 3.3 Kompeterende eise aan maatskaplike werkers Bron: Aangepas uit Oko (2008:3)

In die veld van seksuele misbruik is die eise soos in Figuur 3.3 uiteengesit van toepassing. Die aspekte wat veral in hierdie konteks kan bydra tot beroepstres is moontlik die unieke behoeftes van kliënte en die gepaardgaande wetlike aspekte waaraan die maatskaplike werker moet voldoen.

iii) Verantwoording in die hulpverleningsprofessie

Die verskillende vorme van verantwoording in maatskaplike werk en die hulpverleningsprofessie is veelvoudig en volgens Parrott (2006:12) ook nodig om die

96

beroep te beskerm. Banks (2006:3-33) beredeneer vier tipes van verantwoording in maatskaplike werk, naamlik:

 Tegniese verantwoording: Kennis en vaardighede oor wat werk en hoe dinge gedoen moet word.

 Prosedure-verantwoording: Stel van reëls en prosedures oor hoe dinge gedoen moet word.

 Bestuursverantwoording: Versoeke en opdragte van „n bestuurder.  Etiese verantwoording: Aanvaarde waardes van wat reg en verkeerd is.

In die konteks van hierdie studie beteken dit volgens Parrott (2006:71) dat maatskaplike werkers verantwoordelik moet optree en verantwoording moet doen, onder andere deur goeie rekordhouding, gevallekonferensies by te woon, hofverrigtinge by te woon, bewyse te lewer en hofverslae te skryf. Stone (1990:50) noem in hierdie verband dat sommige maatskaplike werkers dit uiters moeilik vind om in die kriminele stelsel te werk wat die polisie en howe insluit. In die konteks van hierdie studie is dit egter onvermydelik en kan dit „n bydraende faktor tot beroepstres wees.

Die take van verantwoording word soos volg deur Parrott (2006:147) opgesom in Figuur 3.4.

Figuur 3.4 Take van verantwoording Bron: Aangepas uit Parrott (2006:147)

97

Die kombinasie van die bogenoemde vorme van professionele verantwoording kan volgens Hughes en Wearing (2007:129) verwarring skep by maatskaplike werkers en moet ook teen etiese besluitneming opgeweeg word. Op „n persoonlike vlak moet maatskaplike werkers volgens Parrott (2006:70) ook „n openheid teenoor kritiek openbaar.

iv) Rolvertolking van maatskaplike werkers

In aansluiting by bogenoemde eise waaraan maatskaplike werkers blootgestel word, vertolk hulle „n verskeidenheid van rolle in hul lewens. Die twee hoofareas waar rolle vertolk word, is werk en nie-werk. In die nie-werk domein word rolle in familieverband aangeneem soos dogter of seun, broer of suster, ma of pa, ensovoorts. Daar kan selfs meer spesifieke rolle aangeneem word, byvoorbeeld om meer as net „n vriend te wees, maar om „n sosiale koördineerder te wees. In die werksopset word die rol van werkgewer, werknemer, supervisor, kollega of soms kliënt aangeneem.

In elke rol wat vervul word, is daar ander persone wat bepaalde verwagtinge het (Beehr & Glazer, 2005:8-9). Dit is hierdie rolvertolking en rolverwagting ook in die beroep van Maatskaplike Werk wat soms onduidelik, in konflik met ander verwagtinge of te oorweldigend kan wees en gevolglik kan bydra tot beroepstres. Beehr en Glazer (2005:26) meen dat beroepstressors al in „n groot mate in navorsing ondersoek is, maar dat navorsing nodig is oor meer beroep-spesifieke stressors en die uitkoms daarvan. Hierdie studie is „n poging om „n bydrae in hierdie verband te lewer.

v) Beëindiging van verhoudings met kliënte

In die konteks van hierdie studie moet die beëindiging van verhoudings met kliënte, indien „n moeilike pad met vele uitdagings saamgestap is, ook nie buite rekening gelaat word as „n moontlike oorsaak van beroepstres nie. Dit kan volgens Compton et al. (2005:323) en Hepworth et al. (2006:581) moeilik wees vir „n maatskaplike werker om „n betekenisvolle verhouding met „n kliënt te beëindig en die gevoelens wat hiermee

98

verband hou te hanteer. Dit kan onder meer skuldgevoelens, besorgdheid, angstigheid of verligting insluit.

Opsommend is Lloyd et al. (2002:261) se mening dat stres in maatskaplike werk geassosieer word met rolverwarring, teenstrydighede tussen ideale en werksuitkomste en persoonlike eienskappe wat die persoon wat tot die beroep toetree, kwesbaar maak.

Die fases waarin stres ervaar word, sal vervolgens aandag geniet.