• No results found

Ekologiese-sisteemperspektief as teoretiese raamwerk vir die studie

DIE MANIFESTERING EN IMPLIKASIES VAN BEROEPSTRES VANUIT „N EKOLOGIESE-SISTEEMPERSPEKTIEF

4.2 INTERAKSIE TUSSEN INDIVIDU EN OMGEWING

4.2.1 Ekologiese-sisteemperspektief as teoretiese raamwerk vir die studie

Gebaseer op die holistiese siening van die individu en dus ook die maatskaplike werker, dien die ekologiese-sisteemperspektief as teoretiese raamwerk vir hierdie studie. Hierdie perspektief beklemtoon die interafhanklikheid van die organisme (individu) en omgewing en is veral paslik as „n metafoor vir maatskaplike werk weens die historiese verbondenheid tot die persoon-en-omgewing-konsep (Gitterman & Germain, 2008:51; Segal et al., 2007:10; Sheafor & Horejsi, 2006:91).

Die belangrikste aspek in hierdie benadering is die aanpassing tussen die individu en die omgewing. Bronfenbrenner (1979:21) definieer ekologie soos volg: “The scientific

106

study of the progressive, mutual accommodation, throughout the lifespan, between a growing human organism and the changing immediate environments in which it lives, as this process is affected by relation obtaining within and between these immediate settings, as well as the larger social contexts, both formal and informal, in which the settings are embedded.”

Hierdie perspektief is relevant as teoretiese raamwerk vir hierdie studie aangesien beroepstres ontstaan uit die interaksie tussen die individu en die omgewing. Vervolgens sal die belangrikste aspekte in hierdie benadering bespreek word, naamlik die omgewing, die mikro-, meso- en makrosisteem en die verhoudings of interaksie tussen die individu en omgewing.

4.2.1.1 Die omgewing

Mense funksioneer volgens Gitterman en Germain (2008:52) in fisiese, sosiale en kulturele omgewings. Fisiese omgewings sluit onder andere die natuur, strukture deur mense gebou, en die menslike biologie in. Die sosiale omgewing sluit die familie, vriende en sosiale netwerke, groter groepe soos organisasies, instansies en die gemeenskap asook politieke, ekonomiese, sosiale strukture en die reg in. Kultuur is deel van die omgewing en deel van die persoon en word uitgedruk deur die individu se waardes, norme, geloof en taal.

In die konteks van maatskaplike werk is dit volgens Compton et al. (2005:54) belangrik dat kliënte en werkers gemoeid is met drie verskillende omgewings, naamlik die werklike omgewing, die omgewing soos deur die kliënt waargeneem en die omgewing soos deur die maatskaplike werker waargeneem. Die omgewing kan egter volgens Compton et al. (2005:52-53) nie as iets apart en duidelik buite die individu gesien word nie. Individue kom nie net toevallig in kontak met die omgewing nie. Dit is deel van die individu en die individu is deel van die omgewing.

Die omgewing word beskryf as „n hiërargie van drie sisteme, naamlik die mikro-, meso- en makrosisteem wat vervolgens bespreek word.

107 4.2.1.2 Mikrosisteem

Die mikrosisteem is die sisteem naaste aan die individu, dus die onmiddellike omgewing van die individu, en reflekteer interaksie met die omgewing waar die individu deelneem aan spesifieke aktiwiteite, in spesifieke rolle en in „n gegewe opset met spesifieke fisiese en materiële karaktereienskappe. Dit is byvoorbeeld waar interaksie tussen gesinslede plaasvind. Alle gebeure word vanuit die individu se oogpunt geïnterpreteer in terme van wat die invloed op die individu is en hoe dit met die individu verband hou, byvoorbeeld die fisiese behoefte aan kos en „n behoefte aan veiligheid.

Voorbeelde van die mikrosisteem sal die huis (insluitend die ouers en sibbe), skool (insluitend die onderwysers en portuurgroep) en die werkplek (insluitend kollegas) insluit (Bronfenbrenner, 1977:514, 525; 1989:227; Welsch, 1990:158, 171). Die omvang van die mikrosisteem brei volgens Bronfenbrenner (1977:525) uit in die proses van huwelike, geboortes, egskeidings en die dood.

4.2.1.3 Mesosisteem

Die mesosisteem bestaan uit die onderlinge verhoudings tussen twee of meer opsette waarin die persoon aktief deelneem, soos tussen familie, werk en sosiale lewe. Die mesosisteem behels dus „n sisteem van mikrosisteme (Bronfenbrenner, 1977:515; 1979:25; 1989), en word dus beskou as die interaksie wat die individu met ander sisteme het (Bronfenbrenner, 1977:514).

4.2.1.4 Makrosisteem

Volgens Bronfenbrenner (1977:515, 1979:26; 1989) vorm die kombinasie van hierdie drie tipes van sisteme „n definitiewe patroon waarna as die makrosisteem verwys word. Dit is „n uitbreiding van die mesosisteem en bestaan uit sosiale strukture waarbinne die individu funksioneer en wat die individu op een of ander wyse beïnvloed. Dit sluit volgens Bronfenbrenner (1977:515, 527) onder andere wetgewing, regulasies en die gemeenskap in.

108

In Figuur 4.1 word die ekologiese-sisteemperspektief grafies voorgestel.

Figuur 4.1 Voorstelling van ekologiese-sisteemperspektief Bron: Aangepas uit Timberlake et al. (2008:342)

In Figuur 4.1 word die ekologiese-sisteemperspektief grafies voorgestel, naamlik die kliënt in die mikrosisteem, die familie in die mesosisteem en die organisasie of gemeenskap in die makrosisteem. In die konteks van hierdie studie sou die maatskaplike werker as individu ook as die mikrosisteem gesien kan word.

4.2.1.5 Verhoudings/interaksie tussen individu en omgewing

Volgens Welsch (1990:155) bestaan die persoon-in-omgewing-oriëntasie uit die totaliteit van verhoudings tussen individue en hul omgewings waar die interaksie van die verskeie komponente in sisteme tesame „n groter totale effek het as die som van hul indivuele effekte. Tydens die lewenskoers van mense word daarna gestreef om die

109

“level of fit” met hul omgewings te bevorder. Wanneer „n persoon positief voel oor persoonlike kapasiteite en hoop het vir die vervulling van behoeftes en aspirasies, is dit waarskynlik dat die individu en sy onmiddellike omgewings „n wederkerige toestand van aanpassing sal bereik wat in stand gehou kan word. Tussen „n aanpasbare persoon en sy omgewing vind wederkerige ondersteuning plaas en ontginning van sowel menslike as omgewingspotensiaal. By „n disfunksionele persoon, daarteenoor, word wederkerige frustrasie gebied en kan sowel die menslike as omgewingspotensiaal skade lei (Gitterman, 1996:390).

Vanuit „n holistiese siening kan hierdie verskeie omgewings en gepaardgaande kenmerke slegs ten volle verstaan word binne die konteks van die verhouding tussen hulle. Daar bestaan „n interaktiewe wederkerige verhouding tussen die individu en sy omgewing. In die konteks van hierdie studie is die werkopset deel van hierdie omgewing. Tydens interaksie met die omgewing kan versteurings plaasvind wat verhoed dat „n balans gevind word.

In dié verband is dit nodig om te onderskei tussen aangepastheid (adaptedness) en aanpassings (adaptation). Albei konsepte word benut in transaksies tussen enige vlak van die menslike sisteem en die groter omliggende sisteme. Aangepastheid beskryf volgens Barker (2003:6) die “... relationship between an organism and its environment in which the goodness of fit supports the needs of both”. Dit verwys dus na „n sekere staat of toestand, terwyl aanpassing verwys na: “The active efforts of individuals and species over their life span to survive, develop, and reproduce by achieving goodness of fit with their environments. Adaptation is also a reciprocal process between the individual and the environment, often involving changing the environment or being changed by it.”

Bronfenbrenner (1989) berig dat „n individu se ontwikkeling lewenslank plaasvind en ten beste begryp kan word deur die interaksie tussen die persoon en die omgewing te ondersoek. „n Ekologiese transaksie vind volgens Bronfenbrenner (1979:26) plaas wanneer „n persoon in die ekologiese omgewing verander as gevolg van „n verandering

110

in rol, opset of albei. Hierdie ekologiese raamwerk help dus maatskaplike werkers om die invloed van omgewingsfaktore op mense se lewens te herken.

4.2.2 Die ekologiese-sisteemperspektief as teoretiese raamwerk vir maatskaplike