• No results found

Die verbond en pneumatologie as positiewe merkers vir die

H. Prostaatkanker

3.4 Enkele implikasies van kanker in die lig van die teologiese

3.4.4 Die verbond en pneumatologie as positiewe merkers vir die

teen die agtergrond van ‘n egpaar se Skriftuurlike bestemming gedink word, daar baie rede tot kommer is. In die lig van die potensiaal wat op die mens nagehou word, sal ‘n kankerdiagnose kwalik anders as ‘n krisis bestempel kan word. Tog staan daar twee ander perspektiewe hiernaas wat beslis ‘n beduidende moment vir die pastoraat aan die kanker-geaffekteerde egpaar is. Dit is dat die teologiese grondwaarheid van die verbond en die pneu- matologiese blik wat die Skrif op die mens bied, die mens op ‘n bepaalde wyse stempel - ook wanneer die hy/sy onder ‘n krisis soos kanker gebuk gaan. Hierdie andersoortigheid word miskien goed verwoord deur 1 Tessalonisense. 4:13b:”Dan sal julle ook nie treur nie, soos die ander mense wat geen hoop het nie.” Die mens word deur sy/haar verbondenheid met God anders, selfs in die aangesig van die dood. Alhoewel Paulus dit in hierdie verse het oor kundigheid ten opsigte van ontslape gelowiges (Du Preez 1981:66), word ‘n bepaalde kontras tussen gelowiges en ongelowiges duidelik. Juis in die skadu

Indien die verbond as omvattende begrip ernstig opgeneem word en die mens as pneumatolgies beïnvloedbare wese verstaan word (soos in die vooraf- gaande paragrawe beskryf is), behoort die positiewe implikasie vir die pastoraat duidelik te wees. Die afgetrede egpaar is in die lig van ‘n kanker- diagnose op grond van God se verbondsgerigte bemoeienis nie hooploos nie aangesien hulle andersoortigheid in Christus pneumatologies via die Skrif en pastoraat ‘n bron van hoop en versterking word. God, gebind deur sy verbondsbeloftes, bly by die geaffekteerde egpaar betrokke en die Gees oortuig ons hiervan. Op dié wyse lê die teologies basisteoretiese besinning rondom die egpaar ook die hoopvolle momente van die verbond en die Gees bloot waarin die unieke bydrae van die pastoraat helder blyk.

Gorman (2003:98-103), wat God se verbondstrou vir die ouer persoon binne veranderende omstandighede probeer konkretiseer het, lig die die volgende waardevolle momente uit.

• God transendeer veranderinge. Die troue Bondsgod van die Woord bly onveranderd in die lig van veranderinge wat ingrypend deur die mens ervaar word (vgl. Heb. 12:7-8). “Facing change while linked to a faithful unchanging God can help to bind our hearts and change our perspectives on the tentativeness and instability that accompanies our own aging process and cause us to focus on Him” (Gorman 2003:98). • God se liefde is onvoorwaardelik. Die Here se liefde is net so

onveranderlik soos sy wese. Selfs ten tye van menslike skuld en moeilike omstandighede, staan Sy liefde vas (vgl. Mal. 3:6): “His unfailing love is not limited by the worthiness of the subject nor dependent on a response” (Gorman 2003:99). Selfs al laat die afbrekende mag van kanker die geaffekteerde waardeloos en selfs skuldig voel, bly die liefdestrou van die Here ‘n vaste baken om aan vas te hou.

• God maak ‘n vol lewe moontlik ongeag omstandighede. “Quality of life is found in our relationship to Him ... Abundant living as Jesus revealed it is not limited by chronology or physical conditions” (Gorman

2003:102). Om vas te hou en te bly glo aan die verbondsbeloftes van die Here, is om die gawe van ‘n vol lewe te ontdek, ongeag die gelowige se fisiese omstandighede. In die lig hiervan verkry Jeremia 9:23-24 sin: “So sê die Here: Die wyse man moet nie in sy wysheid roem nie, die soldaat nie in sy krag nie, die ryk man nie in sy rykdom nie. Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken. Ek is die Here.”

Hierin lê die andersoortigheid wat die geloof meebring binne die onseker omstandighede van die afgetrede egpaar wat met kanker te make kry. Ook saam met hulle gees getuig die Gees van God dat hulle sy eiendom is (vgl. Rom 8:16) en dat hulle daarom deel in die voorregte van God se bondstrou. Dit is met hierdie wete dat daar op weg gegaan kan word met persone wat voor die onsekerheid an kanker te staan gekom het.

In die volgende hoofstuk word die teologies-basisteoretiese blik op die egpaar verbreed met enkele metateoretiese insigte om tot ‘n meer holistiese verstaan van die kanker-geaffekteerde egpaar te kom.

••HOOFSTUK 4

METATEORETIESE UITGANGSPUNTE VIR DIE PASTORALE TERAPIE AAN DIE AFGETREDE EGPAAR DEUR KANKER

GEAFFEKTEER

4.1 INLEIDING

Vervolgens word die egpaar en gesin verder belig vanuit enkele meta- teoretiese hoeke ten einde die teologies-basisteoretiese uitgangspunte van die studie verder te verbreed. Op die wyse wil gepoog word om tot ‘n meer holistiese verstaan van die egpaar en gesin te kom. Twee invalshoeke word kursories belig, te wete die sisteemteoretiese uitgangspunte rondom die egpaar en gesin en ‘n psigo-sosiaal-maatskaplike blik op die egpaar . Daar word deurentyd in hierdie hoofstuk na die egpaar en gesin verwys, bedoelende die egpaar se eie kinders, die aangetroude kinders en die kleinkinders. Die keuse vir die begrip gesin, baken die fokusgroep af van die breër familie, wat byvoorbeeld broers en susters van die egpaar insluit, of selfs die ouers van die egpaar wat moontlik nog lewe. Die opmerkings in hierdie hoofstuk word beperk tot hierdie naasbestaandes van die egpaar.

4.2 SISTEEMTEORETIESE OPMERKINGS OOR DIE EGPAAR EN DIE