• No results found

HOOFSTUK 4: DIE INVLOED VAN MUSIEK OP MIDDEL-ADOLESSENTE: ’N

4.3 DIE INVLOED VAN MUSIEK OP DIE MIDDEL-ADOLESSENT

4.3.2 Musiek help tieners om realiteit te definieer

4.3.2.2 Die gevare wat MTV vir die middel-adolessent inhou

Volgens Denisoff (1989:281) het die kombinasie van musiek en televisie ‘n verontrustende uitwerking op die tradisionele gesinswaardes en moraliteit van diegene wat daarna kyk. Hy sê: “MTV is completely disgusting…It is suggestive and offensive for young children…a

negative influence…vulgar and distasteful.” Schimmel (2004) beskryf hierdie negatiewe invloed soos volg:

“The poisonous promotion of sexual morality among our youth, by MTV, the music industry and Hollywood has sadly resulted in the horrifying consequences of sexualy transmitted diseases like Aids and herpes, broken marriages and divorce, the murder of multitudes of little babies through abortion and even suicide. Sadly MTV and company are poisoning millions of their fan base.”

Volgens Page en Page (2011:350) is een van die gunsteling tydverdrywe van adolessente om na musiekvideo’s te kyk, onbewus van watter gevare dit vir hulle inhou en hoe dit hulle waardesisteem vernietig. Bob Pittman, voormalige president van MTV, (soos aangehaal in Motes, 2010:145), het die volgende tweepuntplan bekendgestel, wat MTV in staat stel om jongmense se waardesisteem deur musiek te vernietig:

“The strongest appeal you can make is emotionally. If you can get their emotions going, make them forget their logic, you’ve got them. At MTV, we don’t shoot for the 14-year olds, we own them.” (Motes, 2010:145).

Stone (2012) maak die opmerking dat hierdie eenvoudige plan tog baie effektief is, omdat daar primêr gefokus word op die emosionele opwinding wat direk daartoe lei dat die tiener nie meer logies redeneer nie. Sodoende gee hulle dan toe aan die druk wat deur die musiek en die lirieke op hulle uitgeoefen word om dwelms te gebruik en seksueel losbandig op te tree. Hulle is ook meer vatbaar om geweldsmisdade te pleeg. Volgens Denisoff (1989:112) gebruik MTV die ondermynende krag van musiek, in samewerking met popsterre, om tieners te verlei. Die metode wat met groot welslae gebruik word, is herhaling, omdat dit die sleutel is tot ‘n diep en blywende indruk. Dit staan bekend as desensitasie (desensitize) of ongevoeligmaking, ‘n proses waardeur mense dit wat moreel onaanvaarbaar en verkeerd is, as reg aanvaar. In die vermaaklikheidswêreld staan dit ook bekend as “shock value”6.

Die desensitasieproses bestaan uit vier fases (Dean, 2012).

6 Die “Urban dictionary” definieer “shock value” soos volg: “The only value in filthy, disgusting, violent, or obscene materials in the media (television shows, movies online forums, etc).”

 Afstootlikheid. Tydens hierdie fase word mense geskok en gewalg deur die lirieke en/of die inhoud van die musiekvideo. Die media se begrip van die menslike sielkunde lei daartoe dat die musiekvideo herhaaldelik gespeel word;

 Verdraagsaamheid. Nadat die musiek ‘n paar keer geluister is en die musiekvideo daarmee saamgekyk is, verlaag die luisteraar/kyker sy verdediging en sê hy/sy vir homself/haarself: “Dit is darem nie só erg nie.”

 Aanvaarding. Die verkeerde en afstootlike word aanvaar as normaal en in sekere gevalle selfs beskerm.

 Navolging. Die waardes wat deur die lirieke en die musiekvideo’s oorgedra is, word dan uitgeleef. Sodoende word naaktheid, seksuele losbandigheid, alkohol, dwelms en geweld die leefwyse van die jongmens.

Madonna erken openlik dat sy homoseksualiteit in haar konsertoptredes en musiekvideo’s promoveer om haar gehoor te desensiteer. Sy is bewus van die feit dat die herhaling van homoseksuele aktiwiteite die oortuigings van haar gehore sal skaad (Gilbert, 1999:138-139). Volgens Stewart (2002; vgl. Savage, 2008) is MTV ‘n instrument waarmee die homoseksuele agenda gekommunikeer word om die jeug tot so ‘n mate te beïnvloed, dat hulle nie enige waarde aan moraliteit heg nie. Madonna se siening omtrent die homoseksualiteit wat sy in haar optredes en musiekvideo’s promoveer, word soos volg in haar eie woorde weergegee:

“They digest it on a lot of different levels. Some people will see it and be disgusted by it, but maybe they’ll be unconsciously aroused by it...If people keep seeing it and seeing it and seeing it, eventually it’s not going to be such a strange thing” (aangehaal in Gnojewski, 2008:101).

Volgens Charles (2012:107) word musiek en die televisie ingespan om talle adolessente te mislei met die lirieke en die seksuele suggestie in sekere musiekvideo’s. Volgens Mueller (2013) staan hierdie seksuele suggestie in musiekvideo’s onder die jeug bekend as “twerk” en “twerking”7. Hoewel daar nie absolute duidelikheid bestaan oor die betekenis van die

woorde “twerk” en “twerking” nie, blyk dit ‘n kombinasie te wees van die woorde, “twisting”,

7 Volgens die “Oxford dictionary” (soos aangehaal deur Mueller, 2013) word “twerking” soos volg as ‘n werkwoord gedefinieer: “Dancing to popular music in a sexually provocative manner involving thrusting hip movements and a low, squatting stance.” Die “Urban dictionary” (soos aangehaal deur Mueller, 2013) definieer dit as “the rhythmic gyrating of the lower fleshy extremities in a lascivious manner with the intent to elicit sexual arousal”, en “having sex with the air.”

“working it” en “jerking”. Mueller is verder van mening dat hierdie nuwe tendens bekend as “twerking”, onder die jeug sal versprei soos die “Lambada” en die “Macarena” van vroeër

jare. Jackson (soos aangehaal in Alexis, 2007:119) beskryf die invloed van musiek op die luisteraar, as ‘n krag wat ‘n persoon kan aanspoor om die boodskap van die musiek op fisiese wyse uit te druk.

Vervolgens word daar kortliks gekyk na enkele van die negatiewe boodskappe wat deur die lirieke en die musiekvideo’s oorgedra word.

4.3.2.3 Enkele boodskappe wat deur musiek gepromoveer word