• No results found

HOOFSTUK 2: EMPIRIESE ONDERSOEK EN BESPREKING VAN DIE EMPIRIESE

2.5 BESPREKING VAN DIE RESULTATE VAN DIE ONDERHOUDE WAT MET DIE

Met die analisering van die data rakende die lewens van middel-adolessente, is daar sekere temas wat baie duidelik na vore gekom het. Die volgende tabel illustreer musiek as een van die hooftemas, tesame met geïdentifiseerde subtemas wat aan die lig gekom het, met die gebruik van Tesch (1990:142-145) se agt stappe om die inligting wat in die onderhoudsvoering bekom is, te verwerk. Vanweë die groot omvang van die inligting wat verkry is uit die voltooide vraelyste, sal die ander hooftemas en subtemas in ‘n verdere studie beskryf en bespreek moet word.

Die antwoorde wat bekom is uit die vrae wat aan die pastore gevra is, dien as beantwoording van Osmer (2008:4) se beskrywend-empiriese taak wat ten doel het om die vraag, “Wat gaan aan?” te beantwoord.

Tabel 2.2 bied ‘n opsomming van die inligting wat bekom is uit die onderhoude wat met pastore gevoer is, onder die opskrifte van hooftemas en subtemas, met betrekking tot die tema van musiek.

HOOFTEMA SUBTEMAS

2.5.1 Musiek speel ‘n groot rol in elke jongmens se lewe en dit beïnvloed hulle emosies, denke en optredes.

2.5.1.1 Byna elke genre van musiek waarna jongmense luister, dra ‘n boodskap oor wat teenoor die boodskap van die Bybel staan en wat die morele waardes van jongmense kan afbreek.

2.5.1.2 Ekplisiete videos op MTV versterk die seksuele boodskap wat deur musiek oorgedra word.

2.5.1.3 Van die musiek waarna middel- adolessente luister bevat woorde wat pornografies van aard is.

Tabel 2.2: Opsomming van inligting bekom uit onderhoude

Die navorser bespreek vervolgens die sieninge van die pastore met wie die onderhoude gevoer is, aan die hand van tabel 2.2. Die deelnemende pastore het tot ‘n baie groot mate saamgestem. Waar daar wel verskille voorgekom het, sal dit aangedui word.

2.5.1 Hooftema 1. Musiek speel ‘n groot rol in elke jongmens se lewe. Dit

beïnvloed hulle emosies

Daar is ‘n sterk gevoel onder die deelnemende respondente dat musiek ‘n medium is wat ‘n groot invloed op middel-adolessente se lewens het en hulle is van mening dat baie van die musiek waarna jongmense luister ‘n negatiewe invloed op hulle lewens uitoefen.

Die respondent van stedelike gemeente nommer een druk dit soos volg uit:

“Ek dink musiek waarna kinders vandag luister…Die media is seker een van die belangrikste faktore wat bydra tot kinders se waardevorming in die lewe…kinders spandeer baie tyd vandag onder die invloed van media,…of dit is die musiek waarna hulle luister,…en die musiek dra by dat kinders se wêreldbeskouing beïnvloed word…ek dink…die musiek dra by dat kinders se wêreldbeskouing beïnvloed word. Musiek beïnvloed hulle gevoelens…omdat hulle gevoelsmense is, reageer hulle op grond van hulle gevoelens en nie grond, op grond van wat is waar en wat is edel en wat is rein…So, met ander woorde, ‘n mens is wat jy dink en wat die media en wat die musiek doen is, beïnvloed kinders se denkpatrone rondom wat is reg en wat is verkeerd…Uhm, baie keer as jy na met ‘n jongmens praat en hoor watter krisisse en situasies gaan hulle deur en jy gaan luister na die tipe musiek waarna hulle

luister, is dit baie keer uhm, toegeskryf aan die tipe musiek waarna hulle luister, want musiek beïnvloed hulle emosies…en jongmense vandag is emosioneel gedrewe.”

Stedelike gemeente nommer twee se respondent sê:

“om dit uhm, baie kras te stel, so gestimuleer, uhm seksueel deur…uhm, deur musiek uhm, selfs en die videos wat aan musiek gekoppel word en so aan,…uhm, dit is invloede op die ou einde van die dag wat morele af, aftakel.”

Voorstedelike gemeente nommer drie se mening vind uitdrukking in die volgende woorde: “…media speel geen goeie rol, positiewe rol nie. Hulle breek net af. Ons media is deesdae sleg…So ek dink die morele verval is al reeds…op die radio en die televisie…en die media verkondig en sit dit op beeld…die media is deesdae die grootste sondebok…”

Die plattelandse respondent meen:

“Uhm natuurlik is musiek nog ‘n probleem. Dalk een van die grootstes.”

2.5.1.1 Byna elke genre van musiek dra ‘n seksuele boodskap oor aan die jeug

Die respondent van stedelike gemeente een reageer soos volg:

“Musiek…vrylik bekombaar vir elke kind…en die musiek waarna hulle luister sê vandag dat seks voor die huwelik is reg…hulle begin later…die boodskap wat musiek kommunikeer uitleef…”

Stedelike gemeente twee se respondent spreek sy mening soos volg uit:

“…musiek…uhm, dit is invloede op die ou einde van die dag wat morele af, aftakel.”

Die respondent van voorstedelike gemeente twee het heelwat uitgebrei op die onderwerp van musiek:

“…ek dink baie van die oorsake kan baie keer gekoppel word aan wat media dikteer is is aanvaarbaar sosiaal…leef ook in ‘n samelewing waar waar om seksueel jouself te ontdek aangemoedig word…Ek glo middel-adolessente is seker een van die media bewuste generasies wat jy gaan kry…Hulle is besig om hulleself te ontdek, te bepaal wie is hulle en hulle is verskriklik onseker van hulleself en die media dikteer oor die algemeen…samelewings se moreles se morele waardes verval deur wat hulle uitbeeld…Seksuele suggestief is die primêre rol van maak omtrent nie saak van watter na watter tipe genre musiek jy luister nie, maak nie saak wat die tema van die liedjie is nie…die

seksuele suggestief word al hoe groter, die rol van seks word al hoe meer geïdentifiseer as iets van plesier en iets wat lekker is en in ons jongmense se strewe en ondervinding van wie hulle is en hoe hulle die lewe beleef, word hulle al hoe meer blootgestel aan ‘n verkeerde boodskap, dat om seksueel te verkeer, dis die lewe, om seks te hê, dit is lekker en jy’s geregtig daarop, maak nie saak van jou ouderdom nie, maak nie saak van jou geslag nie, maak nie saak van jou ras nie… Seks speel die primêre rol in die meeste sosiale media en daarom omdat tieners so daaraan blootgestel word, vorm dit ‘n groot gedeelte van wat hulle beleef.”

Volgens die plattelandse respondent dra baie genres van musiek ‘n seksuele boodskap oor: “In byna elke genre van musiek word die boodskap van seksuele perversie uitgedra. Die woorde is gevaarlik. Ouens luister goed en ouers uuuh, luister dalk nie altyd na die boodskap wat dit oordra nie. As jy byvoorbeeld dink aan Jennifer Lopez se nuutste treffer. Ek weet nie of jy dit al gehoor het nie, Neil? Maar uh, sy sê goed soos uh, die lied se naam is dance again. Sy sing goed soos, uh, I love to make love to you baby en en dan antwoord ‘n man haar en hy sing I want to be a playboy to to the death en mamy let me open your treasure chest. Alles seksueel suggestiewe goed…Uhm, Madonna en die Spice Girls sing goed soos pop my cherry, wat ‘n uitnodiging is tot seksuele losbandigheid.”

2.5.1.2 Eksplisiete videos op MTV versterk die seksuele boodskap wat deur musiek

oorgedra word

Die respondent van stedelike gemeente drie verwys so daarna:

“…die meerderheid van die tyd van die kinders word gespandeer om TV te kyk, of …‘n mens kan deesdae nie ‘n music video aansit sonder om dit (seksuele materiaal) te sien nie.”

Voorstedelike gemeente een se respondent sê:

“Die televisie speel ‘n belangrike rol…so ek dink dit speel ‘n geweldige rol en uh ek dink persoonlik jy kan nie meer vandag te veel goed kyk op televisie waar daar nie gevloek word nie, waar daar nie uh, seksuele suggestie is nie…Maar daar is daar is geweld en doodslag en musiekkanale op televisie soos jy nie kan glo nie. So ek dink dit speel ‘n geweldige groot rol.”

Die respondent van voorstedelike gemeente twee meen dat dit wat gesien en gehoor word ‘n gevoel van “goed voel” tot gevolg het:

“Ons kyk MTV en musiekvideos…maar die tieners is primêr een van hulle grootste… tydverdryf is musiek en hulle kyk daarna en hulle sien wat daar aangaan en die liedjie laat hulle goed voel en die konnotasie van wat hulle sien en wat hulle hoor en ervaar, word dadelik verbind aan ‘n goed gevoel…As jy lank genoeg aan iets blootgestel word en dit word as waarheid aan jou verkoop, sal jy dit moontlik naderhand as waarheid aanvaar.”

Die respondent van die platteland beklemtoon ook dat sommige musiekvideos baie seksueel eksplisiet van aard is:

“Baie musiek is ook baie meer uhm, eksplisiet en die video’s wat daarmee saamgaan, die dvd’s, musiekvideo’s wat daarmee saamgaan, uhm, beeld nogals vrouens dikwels uit, dink ek as ‘n seksuele objek.”

2.5.1.3 Van die musiek waarna middel-dolessente luister bevat woorde wat

pornografies van aard is

Volgens die plattelandse respondent is selfs die woorde van die musiek waarna middel- adolessente luister, pornografies:

“Baie musiek is ook baie meer uhm, eksplisiet…Die woorde is pornografies, hierdie is pornografiese musiek. Die goed is seksueel gelaai en dit is waarna die jongmense luister.”