• No results found

HOOFSTUK 5  101 

5.5  BESPREKING EN TRIANGULERING VAN DATA 126 

5.5.1  TEMA 1: Onderwyser 126 

5.5.1.7  Ander faktore 140 

Daar was ‘n direkte verband tussen die literatuur en die praktyk oor watter faktore (5.2.1.1 – 5.2.1.6) ‘n goeie Wiskunde-onderwyser tipeer. Tydens die empiriese navorsing het daar ook ander faktore na vore gekom, wat nie in die literatuur bespreek is nie, maar wat tog gemeenskaplik onder die deelnemers was. Die eerste faktor wat ‘n belangrike rol in die sukses van die skole gespeel het, is die ervaring van die Wiskunde-onderwysers in die VOO-fase. ‘n Verdere literatuurondersoek is gedoen wat hierdie faktore beskryf.

5.5.1.7.1 Ervaring

In Ladd (2013:1 word die belangrikheid van onderwysers met baie ervaring uitgestip. Ladd (2013:1) noem drie voordele wat ervare onderwysers vir die klaskamer inhou. Die eerste van hierdie voordele is dat ervare onderwysers baie makliker studenteprestasie kan verhoog as onderwysers met minder ervaring. Die tweede voordeel is dat hoe langer ‘n onderwyser in die beroep is, hoe meer ervaring word opgedoen. Met dit in ag geneem, noem Ladd dat selfs onderwysers wat twee dekades of meer ervaring in Wiskunde-onderrig het, baie meer effektief is as wat hul vroeër in hul loopbaan was (Ladd 2013:1).

Laastens noem Ladd (2013:2) ook dat ervare onderwysers die onderrigstelsel op baie ander maniere versterk, byvoorbeeld om afwesighede in die klaskamer te verminder. Rice (2010:2) het ook daarna verwys dat onderwysers met 20 jaar of meer ondervinding, baie meer effektief is as onderwysers met geen ervaring nie, maar hulle is nie noodwendig meer effektief as onderwysers met vyf jaar of meer ervaring nie. Die deelnemers aan die navosing het verseker gestand gedoen aan wat deur Ladd in die literatuur genoem is. Met die uitsondering van een deelnemer het al drie ander deelnemers 18 jaar en meer ervaring in die onderwys (sien Tabel 5.2) gehad. Hierdie deelnemers se leerders het baie goeie prestasies behaal (sien 4.3.4). Rice (2010:2) noem ook dat ervare onderwysers meer effektief is as toe hulle met onderrig begin het en dat ervare onderwysers die onderrigstelsel ook op talle ander maniere ondersteun,

soos byvoorbeeld dat daar baie min afwesighede in hul klasse is. Hulle weet presies wie in die klas moet wees en waar elkeen sit. Die bevindings in bogenoemde literatuur het ook sterk na vore getree in die onderhoude.

“Ervaring speel ‘n baie groot rol….”, “….dit gaan oor ervaring…” (D2, ond, p.1). “Daar is ‘n goeie balans tussen jeug en ervaring, dis belangrik” (D2, ond, p.1). “Ervaring wat ek met hulle deel…”,(D3, ond, p.12).

“Ek dink absoluut dis ondervinding en vorige onderwyser wat jou leer wat om te doen……”,(D3, ond, p.13).

“ Die wat matriek gee het al soveel jare ondervinding, dat hulle met soveel gesag kan praat, dis ‘n groot rede.” (D3, ond, p.1).

“…., maar omdat hulle net so lank soos ek skoolgee en dieselfde expertise het as ek….”, (D3, ond, p.8).

Van die deelnemers het ook ervaring oor die kennis en die pedagogiek van Wiskunde by ouer kollegas of mentors deur die loop van hul onderwysloopbaan opgedoen:

“Toe ek hier begin skoolhou, het ek ‘n ouer onderwyser gehad. X was ook ‘n ou hand gewees en ek, het ook baie by haar geleer” (D4, ond, p.10).

“Dit voel vir my, my seniorsonderwysers, toe ek begin het, het my geleer” (D3, ond, p. 13).

Tydens die onderhoud met Deelnemer 2 en 3 het hulle genoem dat die ervare Wiskunde-onderwysers baie belangrik is vir die volhoubaarheid en verbetering van hul goeie uitslae in die toekoms.

“…weet wat in die vak aangaan….” (D2, ond, p.17)

“…, want die onderwysers wat ons aanstel, die meeste van hulle het regtig soos in jare ondervinding, so ek dink dit speel die belangrikste rol…”(D3, ond. p.1).

5.5.1.7.2 Beplanning

Tydens die empiriese studie van al die deelnemers, het voldoende beplanning baie sterk deurgekom as ‘n sleutelfaktor tot die sukses van goeie Wiskunde-uitslae. Die invloed van die leierkorps van die deelnemende skole was duidelik sigbaar in die beplanningsproses. Hierdie beplanning geld nie net vir Wiskunde nie, maar ook die beplanning van ander aktiwitiete wat ‘n invloed op die akademie van die leerders kan hê. Aktiwiteite soos die lengte van die skooldag, die lengte van die periodes, saalperiodes, wanneer en hoe ‘n toetsreeks of eksamen geskryf gaan word, is belangrik en vereis ook deeglike beplanning.

“My departementshoof gee ons goeie leiding in terme van afbakening van die werk…..watter werk moet ons wanneer doen”, (D1, ond, p.2).

“…ons gee vir hulle ‘n beplanning van die jaar se werk, kwartaal se werk.”,(D1,ond,p.6). “As jy net beplan, dan kom jy reg…(D1, ond, p.7).

“..ons vat ‘n hele kwartaal, dan gaan kyk ons na die weke en dae van die siklus….presies op daai dae moet jy dit doen en op daai dag moet dit klaar wees”(D2, ond, p.2).

“..wie die toets opstel en wie dit modereer….”(D2, ond, p.4). “…wat ons dan doen met ons beplanning….” (D2, ond, p.6; DA 9). “Hy beplan al Maandag die saal van Vrydag…”(D2, ond, p.7). “Jy moet so mooi beplan…..”(D3, ond, p.4).

“werk uit die lesse, wanneer en wat hulle moet doen”,(D3, ond, p.8).

“ek werk die Graad 12’s se beplanning uit…die vorige kwartaal moet ons die volgende kwartaal se dagbeplanning uitwerk…”,(D4 ,ond, p.4).

Die aanhalings hierbo is ‘n bewys van langtermyn- en korttermynbeplanning wat suksesvol in die deelnemende skole geimplimenteer word. Volschenk (2007: 6) is van mening dat lesbeplanning ook baie belangrik is. Voldoende lesbeplanning dra daartoe by dat die onderwyser weet wat gedoen moet word en die beplanning verseker ook optimale benutting van onderrigtyd.

“Ek berei nog elke dag voor om jou ‘n idee te gee” (D4, ond. p.12).

“Dis ‘n baie eenvoudige konsep: Ek het op daai dag, daai in die klas gedoen en ek het daai huiswerk gegee, hetsy uit aantekeninge of uit die handboek”. (D2, ond, p.6; D2, DA, 9).

In die dokumentanalise van die deelnemers (D 1,2 & 4), is daar ‘n weeklikse, kwartaallikse en jaarlikse beplanning uiteengesit. Elke onderwyser in die Wiskunde- departement kry ook so ‘n beplanning vir Graad 8 -12 en so weet almal presies wanneer om wat gedoen moet word (D1-4, DA, 6.1-6.4).

Die meeste van die deelnemers se beplanning word in die skool se Wiskunde- departement opgedeel, waarna elkeen verantwoordelik is vir ‘n sekere graad om die volledige beplanning vir die jaar te doen.

”Ons departementhoof is beheer van alles, maar hy doen nie alles self nie. Hy ondervedeel die ,werk…..elke persoon sal ‘n graad kry waarvoor hul verantwoordelik is….” (D1, ond, p.9). “…so ek het vir haar al die geletterdheid gegee, vakhoof van die Graad 8 en 9. So ek doen net die seniors….” (D2, ond, p.18).

“..en dan is daar een persoon in beheer van die graad..” , “…ek het die meeste Graad 11’s, so ek is verantwoordelik vir al die beplanning.” (D3, ond, p.1).

“Ons Departementshoof is maar van alles baas, maar elkeen van ons het ‘n verantwoordelikheid, byvoorbeeld ek werk die graad 12’s se dagbeplanning uit……, so ek doen Graad 12, X Graad 11 en Y Graad 10.” (D4, ond, p.4).

Afgesien van die beplanning wat ‘n groot deel vorm van die suksesse in die klaskamer, help die beplanning ook met die duidelike doelwitstelling (sien 5.4.1.6.1) aangesien die leerders en onderwysers presies kan sien wanneer hul wat moet doen. Die beplanning help die leeders en onderwysers om te sien waar pas ‘n sekere gedeelte van die werk in by die groter prentjie van die kurrikulum of sillabus.