• No results found

Algemene inligting van deelnemende skole 107 

HOOFSTUK 5  101 

5.3  DEELNEMERS EN HUL KONTEKS 107 

5.3.1  Algemene inligting van deelnemende skole 107 

Soos genoem in 4.3.4, was Deelnemer 1 verbonde aan Skool A wat ‘n parallelmedium seunsskool is, met die gevolg dat leerders onderrig in Afrikaans of in Engels ontvang. Deelnemer 2 was by Skool B wat ‘n gemengde skool is en waar die onderrigtaal Afrikaans is. Beide Skool C en D is meisiesskole. Deelnemer 3 is by Skool C waar Engels die onderrigtaal is en Deelnemer 4 is by Skool D waar die onderrigtaal Afrikaans is (sien 4.3.4). Alhoewel Deelnemer 1 ook in Engels onderrig en Deelnemer 3 net in Engels klasgee, was daar nooit ‘n taalprobleem nie. Die deelnemers het hulself baie goed in Engels uitgedruk, al is hul huistaal Afrikaans, soos hierbo genoem. Tydens die waarnemings het die leerders en deelnemers (onderwysers) mekaar altyd baie goed verstaan.

5.3.1.1 Skool A

Dit is ‘n baie ou, tradisieryke skool. Skool A is naby aan universiteite en ander omliggende skole geleë. Die skool is in ‘n woonbuurt, tussen residensiële wonings en besighede gevestig. Op die skoolgronde is ook ‘n Pre-Primêre en Primêre skool met dieselfde naam. Ongeveer 25% van die leerders in dié Sekondêre skool is koshuisgangers wat tot gevolg het dat baie leerders van elders in die provinsie en land kom. Die geboue en fasiliteite van die skool is in ‘n baie goeie toestand en funksioneel. Baie geboue op die skoolgronde word erken as geskiedkundige besienswaardighede. Die skoolgronde is ook baie netjies en skoon. Skool A beleef vooruitgang en verbetering is duidelik sigbaar op die skoolgronde. Die adjunk- en departementshoofde beklee al vir ‘n geruime tyd die onderskeie poste met die gevolg dat die daaglikse program en roetine van die skool nie veel verander het nie en kontinüteit redelik behoue gebly het. Die meeste van die leerders kom uit gemiddelde tot sterk sosio-ekonomiese omstandigede.

Daar is nege Wiskunde-onderwysers by die skool waarvan drie vir die graad 12- leerders Wiskunde aangebied het in 2015. Die deelnemer aan hierdie studie van skool A, bied die afgelope vier jaar Wiskunde aan vir Graad 12-leerders en voldoen aan die vereiste vir deelname aan die studie. Die deelnemer is ook ‘n nasiener van graad 12- vraestelle aan die einde van die jaar. Sewe van die nege Wiskunde-onderwysers se klaskamers is op een vloer langs mekaar geleë, terwyl die ander twee onderwysers se klaskamers langs mekaar op die volgende vloer, regbokant die ander Wiskunde onderwysers se klasse geleë is.

Skool A is volgens die DBE ‘n “Section 21”- skool wat beteken die DBE subsidieer ‘n sekere bedrag, per kind in die skool, maar die skool is verantwoordelik om hul eie uitgawes te dek byvoorbeeld handboeke, water en elektrisiteit. Om hierdie uitgawes te dek, is skoolfonds betaalbaar by dié skool.

5.3.1.2 Skool B

Hierdie skool is in 1956 gestig. Die skool kan gesien word as ‘n buurtskool aangesien dit in ‘n woonbuurt van die stad geleë is. In vergelyking met die ander drie skole wat aan die studie deelneem is hierdie skool nog nuut en die geboue is meer modern. Die skool het eers onlangs koshuisfasiliteite bekom met die gevolg dat daar tot op hede nie baie koshuisinwoners is nie. Die meeste leerders van skool B woon in die stad en

meer spesifiek in die omliggende woonbuurte van die skool. Die geboue en fasiliteite van die skool is in ‘n baie goeie toestand en funksioneel. Net soos Skool A, beleef Skool B vooruitgang en verbetering is ook duidelik sigbaar op die skoolgronde. Die huidige skoolhoof is die afgelope ses jaar hoof van die skool en bied ook self Wiskunde aan:

”… as hoof het hy nog ‘n matriekklas hierdie jaar,” (D2, ond, p.7).

Die meeste van die leerders kom uit gemiddeld tot goeie sosio-ekonomiese omstandighede.

Daar is agt Wiskunde-onderwysers by die skool, waarvan twee vir die graad 12- leerders Wiskunde gee. Dié twee beklee ook die poste van adjunk-hoof en skoolhoof. Al die Wiskunde-onderwysers is op dieselfde vloer en hulle klaskamers is langs mekaar. Die adjunk-hoof en skoolhoof deel ‘n klaskamer. Die deelnemer van hierdie skool bied die afgelope vier jaar Wiskunde aan vir graad-12 leerders in die skool en kwalifiseer dus vir deelname aan hierdie studie.

Skool B is net soos Skool A ook volgens die DBE ‘n “Section 21”- skool wat beteken die DBE subsidieer ‘n sekere bedrag per kind in die skool, maar die skool is verantwoordelik om hul eie uitgawes te dek, byvoorbeeld handboeke, water en elektrisiteit. Om hierdie uitgawes te dek, is skoolfonds betaalbaar by dié skool.

5.3.1.3 Skool C

Hierdie skool is in 1875 gestig en is ook ryk aan geskiedenis en tradisies. Die skool is naby universiteite en ander omliggende skole geleë. Die skool is geleë in ‘n woonbuurt, tussen residensiële wonings en besighede en is redelik sentraal in die stad. Op dieselfde skoolgronde is ook ‘n Pre-Primêre en Primêre skool met dieselfde naam. Ongeveer 25% van die leerders in die Sekondêre skool is koshuisgangers wat tot gevolg het dat baie leerders van elders in die provinsie of land kom. Die geboue en fasiliteite van die skool is in ‘n baie goeie toestand en funksioneel. Die skoolgronde vertoon afgerond en word goed in stand en netjies gehou. Soos in die geval van Skool A en Skool B is vooruitgang by Skool C duidelik waarneembaar. Die skoolgronde is baie netjies en skoon. Hierdie skool beleef ook voouitgang en verbetering is by hierdie skool duidelik sigbaar. Hierdie skool het ‘n nuwe skoolhoof aan die begin van 2015

gekry. Die adjunk-en departementshoofde is al gevestig by die skool en dus was daar tot op hede nie groot veranderinge aan die daaglikse roetine van die skool nie.

“Sy het ons heeltemal gelos en net ge-ondersteun…” (D3, ond, p.6)

Die meeste van die leerders van die skool kom van gemiddeld tot sterk sosio- ekonomiese omstandigede. Daar is agt Wiskunde-onderwysers by die skool waarvan twee vir die graad 12-leerders Wiskunde aangebied het in 2015. Die deelnemer van hierdie skool bied die afgelope vier jaar Wislunde aan vir graad-12 leerders en kwalifiseer dus vir deelname aan hierdie studie.

Net soos in Skool A en B hierbo, is Skool C volgens die DBE ‘n “Section 21”- skool wat beteken die DBE subsidieer ‘n sekere bedrag per kind in die skool, maar die skool is verantwoordelik om hul eie uitgawes te dek, byvoorbeeld handboeke, water en elektrisiteit. Om hierdie uitgawes te dek, is skoolfonds betaalbaar by dié skool.

5.1.3.4 Skool D

Hierdie skool is in 1907 gestig en is in ‘n baie gegoede woonbuurt van die stad geleë. Die skool word omring deur geskiedkundige besienswaardighede van die stad en provinsie. Die skool het self ook baie geskiedkundige besienswaardighede op die skoolgronde. Die geboue is redelik oud, maar goed versorg en die skool het ook ‘n gevestigde tradisie. Die fasiliteite van die skool is in ‘n baie goeie toestand en die terrein om die skool is baie mooi en netjies. Ongeveer 25% van die leerders in die sekondêre skool is koshuisgangers met die gevolg dat baie leerders van buite die stad of provinsie na die skool kom. Net soos in Skool A, B en C is vooruitgang by Skool D duidelik sigbaar en daar is opgemerk dat verbetering aangebring word.

Die skoolhoof is al baie lank hoof van die skool en is al amper by aftree-ouderdom. Die res van die leierskapstruktuur is ook gevestig. Daar is ook ‘n Pre-Primêre en Primêre skool op dieselfde gronde met dieselfde naam. Die leerders van die skool kom uit gemiddeld tot goeie sosio-ekonomiese omstandighede. Daar is agt Wiskunde- onderwysers by die skool waarvan drie vir die graad 12-leerders Wiskunde aangebied het in 2015. Die deelnemer van hierdie skool bied die afgelope vier jaar Wiskunde aan vir graad-12 leerders in die skool en kwalifiseer dus vir deelname aan hierdie studie. Skool D is ook volgens die DBE ‘n “Section 21”- skool wat beteken die DBE subsidieer ‘n sekere bedrag per kind in die skool, maar die skool is verantwoordelik om hul eie

uitgawes te dek, byvoorbeeld handboeke, water en elektrisiteit. Om hierdie uitgawes te dek, is skoolfonds betaalbaar by dié skool.