• No results found

Landskap as ervaarskap in die Site_Specific International Land Art Biennale (2011) – ʼn fenomenologiese benadering

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Landskap as ervaarskap in die Site_Specific International Land Art Biennale (2011) – ʼn fenomenologiese benadering"

Copied!
154
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

i

Landskap as ervaarskap in die

Site_Specific International Land Art

Biennale (2011)

– ʼn fenomenologiese

benadering

AW van Rensburg

orcid.org/0000-0001-9094-6921

Verhandeling aanvaar ter nakoming vir die graad

Magister

Artium in Kunsgeskiedenis

aan die Noordwes-Universiteit

Studieleier:

Mnr WP Venter

Medestudieleier: Dr M Goosen

Gradeplegtigheid: Mei 2020

Studentenommer: 23519347

(2)

i

ABSTRACT

TITLE: Landscape as experiencescape in the Site_Specific International Land Art Biennale

(2011) – a phenomenological approach.

KEYWORDS: Agency; artist-body; being-in-the-world; experience; experiencescape; land art;

landscape; landscape phenomenology; Merleau-Ponty; phenomenology; site-specific art;

Site_Specific International Land Art Biennale (2011).

___________________________

In this dissertation the interaction between the artist-body and the landscape as

experiencescape during the creation of site-specific land art, is investigated from a

phenomenological framework. This is done by means of selected land art works in the

Site_Specific International Land Art Biennale (2011). The problem of the study lies in the

possible interaction between the agency of the artist-body and the landscape, which enables a productive tension during the process of land art creation. The productive tension between the landscape and the artist is, for the purpose of the study, situated in five works of art created by the artists Andrew van der Merwe, Hannelie Coetzee, Gabriele Meneguzzi and Vincenzo Sponga, Angus Taylor and Strijdom van der Merwe. The artists' physical agency in the landscape serves as a platform for exploring human-landscape interaction, which links with research about landscape. This research highlights how body and landscape are intertwined and not removed from one another. An overview of the human-landscape interaction during art creation (within different art styles and/or movements) serves as a basis for the artist's experience of, and interaction with, the landscape. In my opinion, the way in which the landscape influences the artist in the creation of land art has not yet been sufficiently investigated. This investigation is being launched so that the landscape’s role and agency can be reconsidered during landscape art and thus illuminates the dynamic interaction between the landscape and the artist.

The experience of the landscape, and the agency of both artist-body and landscape, is explored from a phenomenological approach to agency. Therefore, this study examines the artist as a being-in-the-world and body-subject (as theorised by Merleau-Ponty), who experiences the landscape with the whole body (through the senses) and is also influenced by this. This approach shows how the experiencing of the landscape implies a productive tension between agencies. This productive tension lies in the landscape being experienceable (through the body), which is why the landscape is contextualised as an experiencescape in this study. During the creation of land art, the body of the artist directly connects with the

experiencescape and when this interaction is acknowledged, the view of two reciprocal agents

(3)

ii

process. The experiencescape’s agency in land art is, inter alia, situated in being physically experienceable, which influences the artist's decisions and actions and affects the course of a land art artwork. The experiencescape's role in the creation process can be seen, for example, in the way the sea washes over Coetzee's Familieportret, after which she rebuilds it, just so it can be washed away again. The same is true in Strijdom van der Merwe's Circles

washed up by the tide, where the waves influence and resist his agency, thus making clear

the experiencescape's role in the landscape artwork. In this context, the experiencescape disputes connotations of a purely visual imagination and portrayal, as with landscape painting, and promotes the possibility of recognising the agency of the experiencescape in the creation of land art.

(4)

iii

OPSOMMING

TITEL: Landskap as ervaarskap in die Site_Specific International Land Art Biennale (2011)

ʼn fenomenologiese benadering.

TREFWOORDE: Agentskap; ervaarskap; ervaring; fenomenologie; kunstenaarsliggaam;

landskap; landskap-fenomenologie; Merleau-Ponty; plek-spesifieke kuns; Site_Specific

International Land Art Biennale (2011); wese-in-die-wêreld

___________________________

In hierdie verhandeling word die interaksie tussen kunstenaarsliggaam en die landskap as

ervaarskap, tydens die skep van plekspesifieke landkuns, vanuit ’n fenomenologiese

raamwerk ondersoek. Dit word gedoen aan die hand van geselekteerde landkunswerke in die

Site_Specific International Land Art Biennale (2011). Die problematiek van die studie is geleë

in die moontlike wisselwerking tussen die agentskap van die kunstenaarsliggaam en die landskap, wat ’n produktiewe spanning gedurende die proses van landkunsskepping moontlik maak. Die produktiewe spanning tussen die landskap en die kunstenaar is vir die doeleindes van die studie gesitueer in vyf landkunswerke, geskep deur die kunstenaars Andrew van der Merwe, Hannelie Coetzee, Gabriele Meneguzzi en Vincenzo Sponga, Angus Taylor en Strijdom van der Merwe. Die kunstenaars se liggaamlike agentskap in die landskap dien as ’n platform vir die ondersoek na mens-landskap interaksie, wat aansluit by navorsing oor landskap. Hierdie navorsing beklemtoon hoe die mens en landskap met mekaar vervleg is en nie van mekaar verwyderd is nie. ʼn Oorsig oor die mens-landskap interaksie tydens kunsskepping binne verskillende style dien as onderbou vir die kunstenaar se ervaring van, en interaksie met, die landskap. Myns insiens is daar nog nie genoegsaam ondersoek ingestel na die wyse waarop die landskap die kunstenaar beïnvloed tydens die skep van landkuns nie. Hierdie ondersoek word van stapel gestuur sodat die landskap se rol en agentskap tydens landkuns heroorweeg kan word en die dinamiese wisselwerking tussen die landskap en die kunstenaar verhelder.

Die ervaring van die landskap, asook die agentskap van beide kunstenaarsliggaam en landskap, word ondersoek vanuit ’n fenomenologiese benadering tot agentskap. Daarom ondersoek hierdie studie die kunstenaar as ’n wese-in-die-wêreld en liggaam-subjek (soos geteoretiseer deur Merleau-Ponty), wat die landskap met die hele liggaam (deur middel van die sintuie) ervaar en hierdeur ook beïnvloedbaar is. Vanuit hierdie benadering word aangedui hoe die ervaring van die landskap ’n produktiewe spanning tussen agentskappe impliseer. Dié produktiewe spanning is geleë in die landskap se ervaarbaarheid (deur middel van die liggaam) daarom word die landskap eerder as ’n ervaarskap in hierdie studie gekontekstualiseer. Tydens die skep van landkuns skakel die liggaam van die kunstenaar

(5)

iv

direk met die ervaarskap en wanneer hierdie interaksie erken word, word die beskouing van twee wederkerige agente versterk – waar beide agente (liggaam en ervaarskap) deel het aan die skeppingsproses. Die ervaarskap se agentskap tydens landkuns is, onder andere, geleë in liggaamlike ervaarbaarheid, wat die besluite en aksies van die kunstenaar beïnvloed en ook die verloop van ’n landkunswerk affekteer. Die ervaarskap se rol in die skeppingsproses is, byvoorbeeld, te sien in die wyse waarop die see Coetzee se Familieportret omspoel, waarna sy dit weer herbou, net sodat dit weer omgespoel kan word. So ook in Strijdom van der Merwe se Circles washed up by the tide, waar die golwe sy agentskap beïnvloed en teëstaan, en sodoende die ervaarskap se rol in die landkunswerk duidelik maak. In hierdie konteks betwis die ervaarskap konnotasies van ’n suiwer visuele ver-beeld-ing, soos met landskapskildering, en bevorder dit die moontlikheid om die agentskap van die ervaarskap tydens die skep van landkuns te erken.

(6)

v

VOORWOORD EN BEDANKINGS

’n Woord van dank aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die finansiële bydrae tot hierdie studie. Die finansiële bydrae van die Noordwes-Universiteit vir die doel van hierdie navorsing word ook erken en waardeer. Die opinies en gevolgtrekkings van die verhandeling is die siening van die outeur en nie van die NWU of SAAWK nie.

This dissertation was written under the research niche titled “Visual Narratives and Creative Outputs through interdisciplinary and Practice-Led Research (VINCO),” lodged within the North-West University's Faculty of Humanities.

___________________________

Dankie aan my twee studieleiers Willem Venter en Dr. Moya Goosen, wat moed gehou het en raad gegee het – dit is moeilik om te beskryf hoe dankbaar ek is dat julle aanhou glo het. Nog ‘n dankie aan die navorsingsassistent, Ellynette Lartz, vir puik administratiewe hulp. Ook aan al die ander dosente by Kunsgeskiedenis, by wie ek sedert 2012 so baie geleer het – Prof. John Botha, Dr. Louisemarie Combrink en Prof. Rita Swanepoel. Julle is voortreflike individue en was sedert my eerste dag op kampus ’n groot inspirasie.

‘n Dankie aan die Site_Specific span – Strijdom van der Merwe, Anni Snyman en Katty van den Bergh – wat bereid was om vrae te beantwoord en inligting te verskaf. ’n Spesiale woord van dank aan die Site_Specific (2011) fotograaf, Elizabeth Olivier-Kahlau, wat die menigte foto’s in die studie met my gedeel het.

Duisend dankies aan my deeglike taalversorger en kritiese leser, Stephanie Pickover. Jou noukeurige oë en waardevolle kommentaar word opreg waardeer.

___________________________

Om hierdie verhandeling te kon voltooi, is daar ’n baie groot ondersteuningsnetwerk wat die pad saam met my gestap het. Ek is dankbaar vir julle elkeen.

Baie dankie aan my ouers, Rina en Joggie Müller, wat met liefde, ondersteuning, bemoediging, aandetes (en somtyds raas) eindelik kan sê dat oudste haar meestersgraad voltooi het. Ek sou sonder julle nooit ingeskryf het vir die graad nie en dit ook nooit voltooi het nie. Ouma Anna, dankie vir die gereelde boodskappe en liefde.

Dankie aan my klein sussies en boetie, Annien, Carolien en Christoff – elke drukkie, koffie en boodskap is altyd ’n vreugde en ek sien uit vir nog baie jare se pret saam. Julle is elkeen so uniek en ek sien net voorspoed, geluk en sukses vir julle toekoms.

(7)

vi

My skoonouers, Marina en Johan van Rensburg, my swaers Johann en Reinhard, en ook Ouma Annette – dankie vir die ondersteuning en liefde vir die nuwe dogter in julle huis en al die lekker kuiers by die see. Hopelik kan ons dit nou meer doen !

Ook aan my jare-lange en nuwe vriende wat geluister en motiveer het: Ellynette Lartz, Alta Jansen, Mart Gey van Pittius en Jansen Vermeulen. Ek glo ons sal nou meer kan kuier. Ook aan my massiewe uitgebreide familie – ons sal mekaar ook nou meer sien.

Je voudrais aussi remercier mes collègues et amies francophones : Carina Grobler, Mia-Louise Nel et Alison Daley. Vous m’avez beaucoup aidé et soutenu et j’en suis très reconnaissante. L’opportunité de travailler avec vous me plaît énormément et c’est grâce à vous que je me développe chaque jour. Merci pour tous les cafés et les mots d'encouragement qui m’a aidé à réaliser cette étude.

___________________________

Ek dra die verhandeling op aan my man, Dieter van Rensburg, wat my ondersteun in alle projekte en studies wat ek aanpak, selfs al het hy sy eie projekte en studies.

Dieter, met jou liefde en grappies maak jy elke dag ’n seën en ek waardeer jou daarvoor. Jy is my gunsteling mens.

(8)

vii

INHOUDSOPGAWE

ABSTRACT ... i OPSOMMING ... iii VOORWOORD EN BEDANKINGS ... v HOOFSTUK 1: INLEIDING ... 1 1.1 Inleiding ... 1

1.2 Die Site_Specific biënnale: Die mens-landskap interaksie ... 3

1.3 Teoretiese konseptualisering van die studie ... 8

1.3.1 Fenomenologie en die liggaam se agentskap... 9

1.3.2 Landskap-fenomenologie en die ervaarskap se agentskap ... 11

1.4 Probleemstelling, navorsingsvrae en spesifieke doelstellings ... 13

1.5 Sentrale teoretiese stelling ... 14

1.6 Metodologiese raamwerk ... 15

1.6.1 Literatuurstudie ... 16

1.6.2 Fenomenologiese benadering vir bespreking van die biënnale ... 17

1.6.3 Werkplan en hoofstukindeling ... 18

HOOFSTUK 2: RUIMTE, PLEK, LANDSKAP EN SITE_SPECIFIC KUNS ... 20

2.1 Inleiding ... 20

2.2 Plek as geaktiveerde ruimte ... 22

2.3 Landskap in kuns as ver-beeld-ing ... 27

2.4 Kontekstuele situering van die Site_Specific biënnale as site en non-site ... 39

2.5 Slot... 51

HOOFSTUK 3: FENOMENOLOGIE: LANDSKAP EN LIGGAAM ... 53

3.1 Inleiding ... 53

3.2 Die liggaam in fenomenologie... 55

3.2.1 Die fenomenologiese liggaam: die verstand-liggaam-verhouding ... 56

3.2.2 Die wese-in-die-wêreld: die mens-wêreld verhouding ... 60

3.2.3 Landskap-fenomenologie: die kunstenaar-landskap-verhouding ... 69

(9)

viii

3.4 Slot... 78

HOOFSTUK 4: AGENTSKAP EN ERVAARSKAP ... 80

4.1 Inleiding ... 80

4.2 Die kunstenaarsliggaam se agentskap ... 81

4.3 Die grense van die kunstenaarsliggaam se agentskap ... 89

4.4 Die ervaarskap se agentskap ... 94

4.5 Die intra-aksie van kunstenaarsliggaam en ervaarskap ... 101

4.6 Slot... 108

HOOFSTUK 5: SLOTBESKOUINGE ... 110

5.1 Inleiding ... 110

5.2 ’n Teoretiese blik op die ervaarskap en kunstenaarsliggaam se agentskap ... 111

5.3 Gevolgtrekkings tot die kunstenaar-ervaarskap intra-aksie in Site_Specific ... 114

5.4 Voorstelle vir verdere navorsing ... 116

BIBLIOGRAFIE ... 121

(10)

ix

LYS VAN FIGURE

Figuur 1.1 Die groep kunstenaars wat uitgenooi is om deel te neem aan die Site_Specific

biënnale (2011) (Randall & Snyman, 2011:3) ... 4

Figuur 1.2 Van der Merwe, Andrew. 2011. Asemic beach calligraphy. Foto geneem deur Olivier-Kahlau, E. ... 6

Figuur 1.3 Coetzee, Hannelie. 2011. Besig om “Familieportret” te installeer. Foto geneem deur Olivier-Kahlau, E. ... 7

Figuur 2.1 Stonehenge, Salisbury Plein, Engeland. ca. 2550-1600 v.C. (Marien & Fleming, 2005:6). ... 24

Figuur 2.2 Die piramides, Giza, Egipte. ca. 2528-2427 v.C. (Kleiner, 2011:59). ... 24

Figuur 2.3 Die ligging van Plettenbergbaai in Suid-Afrika (Google Maps, 2019). ... 25

Figuur 2.4 Rotskuns by Lascaux. ca. 15 000 – 10 000 v.C. Regtermuur, Saal van bulle (Kleiner, 2011:2). ... 30

Figuur 2.5 Rotskuns by Matjiesrivier. ca. 2981 v.C. – 1019 n.C. Olifanttekeninge (Cape Nature, 2019) ... 31

Figuur 2.6 Tuinfresko by Ad Gallinas Albas (Villa van Livia), Primaporta, Italië. ca. 30-20 v.C.(Kleiner, 2011:250). ... 32

Figuur 2.7 Gesù: il buon pastore (Christus as die goeie Herder). ca. 425-450. Mosaïek by die ingang van die mausoleum van Galla Placidia (Marien & Fleming, 2004:123). ... 33

Figuur 2.8 Botticelli, Sandro. 1485. Nascita di Venere (Die geboorte van Venus) (Marien & Fleming, 2004:310). ... 33

Figuur 2.9 Van Ruisdael, Jacob. 1650 – 1682. Gezicht op Haarlem uit het noordwesten, met de blekerijen op de voorgrond. (Uitsig oor Haarlem vanuit die Noordweste, met die bleikvelde in die voorgrond) (Rijksmuseum, 2019). ... 35

Figuur 2.10 Van Ostade, Adriaen. 1640 – 1650. Landschap met oude eik. (Landskap met 'n ou eikeboom) (Rijksmuseum, 2019b) ... 35

Figuur 2.11 Constable, John. 1821. The hay wain (Büttner, 2006:252). ... 37

Figuur 2.12 Turner, William. 1840. The slave ship (Kleiner, 2011:759). ... 37

Figuur 2.13 Smithson, Robert. 1970. Die skep van Spiral jetty. Foto’s geneem deur Gianfranco Gorgoni (in Rubio, 2012:151). ... 41

Figuur 2.14 Smithson, Robert. 1970. Detail tydens die skep van Spiral jetty. Foto’s geneem deur Gianfranco Gorgoni (in Rubio, 2012:151). ... 41

Figuur 2.15 Long, Richard. 1967. A line made by walking (Tate Gallery, 2019b). ... 42

Figuur 2.16 De Maria, Walter. 1977. The lightning field (Marien & Fleming, 2005:619). ... 42

Figuur 2.17 Denes, Agnes. 1982. Wheatfield: a confrontation (Brady, 2007:296). ... 43

(11)

x

Figuur 2.19 Snyman, Annie & Janse van Rensburg, PC. 2011. Vergestalting. ... 45

Figuur 2.20 Twellman, Urs. 2011. Stranded aliens. ... 45

Figuur 2.21 Bannister, Simon Max. 2011. Aartmoeders. ... 46

Figuur 2.22 Bannister, Simon Max. 2011. Banister tydens die skep van Aartmoeders. ... 46

Figuur 2.23 Cianfenelli, Marco. 2011. Drift. ... 47

Figuur 2.24 Levin, Charles & Nathan-Levin, Carol. 2011. Aqua (not a drop to drink). ... 47

Figuur 2.25 Singer Sargent, John. 1885. Claude Monet painting by the edge of a wood (Tate Gallery, 2019). ... 49

Figuur 2.26 Monet, Claude. 1900. Pont japonais à Giverny (Japannese brug by Giverny) (Kleiner, 2011:532). ... 49

Figuur 3.1 Van der Merwe, Andrew. 2011. Asemic beach calligraphy ... 62

Figuur 3.2 Die “nie.” in Van der Merwe se Asemic beach calligraphy: gedaanteverandering na geometriese vorms. ... 67

Figuur 3.3 Van der Merwe, Andrew. 2011. Asemic beach calligraphy uitgevee deur die see. ... 68

Figuur 3.4 Van der Merwe, Andrew. 2011. Besig met die skep van Asemic beach calligraphy ... 68

Figuur 3.5 Coetzee, Hannelie. 2011. Na die golf in Familieportret. ... 72

Figuur 3.6 Coetzee, Hannelie. 2011. Die agentskap van die strand in Familieportret ... 73

Figuur 3.7 Coetzee, Hannelie. 2011. Familieportret ... 73

Figuur 4.1 Meneguzzi, Gabriele & Sponga, Vincenzo. 2011. Cucitura (Sewing). ... 84

Figuur 4.2 Meneguzzi, Gabriele & Sponga, Vincenzo. 2011. Detail van Cucitura (Sewing). 84 Figuur 4.3 Meneguzzi, Gabriele & Sponga, Vincenzo. 2011. Detail van Meneguzzi besig om toue te vleg vir Cucitura (Sewing)... 85

Figuur 4.4 Meneguzzi, Gabriele & Sponga, Vincenzo. 2011. Meneguzzi besig om toue te vleg vir Cucitura (Sewing). ... 85

Figuur 4.5 Meneguzzi, Gabriele & Sponga, Vincenzo. 2011. Sponga besig om steke in te sit oftewel die grond aanmekaar te werk tydens die skep van Cucitura (Sewing). ... 87

Figuur 4.6 Meneguzzi, Gabriele & Sponga, Vincenzo. 2011. Sponga by die werk Cucitura (Sewing). ... 87

Figuur 4.7 Taylor, Angus. 2011. Ongegronde grond op Woensdag se koerant. Assistent: George Magampa. ... 97

Figuur 4.8 Taylor, Angus. 2011. Beplanning vir Ongegronde grond op Woensdag se koerant. ... 97

Figuur 4.9 Taylor, Angus. 2011. Besig met die voorbereiding vir Ongegronde grond op Woensdag se koerant. ... 98

(12)

xi

Figuur 4.10 Taylor, Angus. 2011. Besig met die voorbereiding vir Ongegronde grond op

Woensdag se koerant met behulp van George Magampa. ... 98

Figuur 4.11 Van der Merwe, Strijdom. 2011. Besig met die skep van Circles washed up by the

tide. ... 103

Figuur 4.12 Van der Merwe, Strijdom. 2011. Besig met die skep van Circles washed up by the

tide – ander aansig. ... 103

Figuur 4.13 Van der Merwe, Strijdom. 2011. Circles washed up by the tide. ... 104 Figuur 5.1 Msezane, Sethembile. 2015. Chapangu – The day Rhodes fell. Opgevoer met die verwydering van die Cecil John Rhodes standbeeld by die Universiteit van Kaapstad. ... 117 Figuur 5.2 Msezane, Sethembile. 2015. Chapangu – The day Rhodes fell. Msezane met uitgestrekte vlerke. ... 117 Figuur 5.3 Van der Merwe, Strijdom. 2015. Constantly stitching our lives together. Opgevoer in die Karoo. Foto’s uitgestal by die uitstalling Ik Ben Een Afrikander: the unequal conversation. Lizamore & Associates (foto’s deur Jan Menzel). ... 119

(13)

1

HOOFSTUK 1: INLEIDING

1.1 Inleiding

In hierdie verhandeling word ondersoek ingestel na die implikasies van ’n liggaam- en landskap-gesentreerde fenomenologiese1 benadering tot die landkuns in die Site_Specific International

Land Art Biennale (2011) te Plettenbergbaai.2 Die ondersoek na die wisselwerking tussen

landskap en liggaam word gedoen deur te kyk na plekspesifieke landkuns (as ’n kunsbeweging), met die fokus op geselekteerde werke van die Site_Specific biënnale. Die problematiek van die studie is geleë in die spanning van agentskap van die wese-in-die-wêreld3 (die kunstenaar) en

die landskap tydens die skep van landkuns. Hierdie spanning belig die dinamika en wisselwerking tussen mens en wêreld, wat die agentskap van die landskap na vore bring. Die landskap word in hierdie verhandeling vervolgens nuut gekonsepsualiseer as ’n ervaarskap, om die mens-landskap-verhouding verwoord. 4

Die Site_Specific biënnale van 2011 is gekies vir hierdie studie, omdat dit die eerste landkunsbiënnale in Suid-Afrika was en dus landkuns op die voorgrond geplaas het in Suid-Afrika (vgl. Kruger, 2013).5 Die biënnale sluit aan by ’n kontemporêre stroom van landkuns (of

aardkuns)6, wat in kunsgeskiedkundige ruim geassosieer word met die landkunsbeveging van die

1960’s. Name soos Robert Smithson (1938-1973), Richard Long (geb. 1945) en Walter de Maria (1935-2013) word hoofsaaklik met hierdie kunsbeweging geassosieer. Hierdie aard-/landkunstenaars se kunswerke, wat direk in die landskap gemaak is, het die fokus van die galery en beeldende kunste verskuif na die natuur en die landskap en het nuwe benaderings vir kuns moontlik gemaak. Die moontlikhede van landkuns word steeds vanuit tydgenootlike beskouings ondersoek en konstant vernuwe, wat landkuns en die konseptualisering daarvan ’n dinamiese en

1 Fenomenologie is ’n afdeling van filosofie, wat in die laat negentiende en vroeë twintigste eeu ontwikkel

is deur denkers soos, onder andere, Edmund Husserl (1859-1938) (Wylie, 2007:140).

2 Vir verwysingsdoeleindes word die naam vervolgens verkort na Site_Specific biënnale.

3 “Wese-in-die-wêreld” (being-in-the-word) is oorspronklik deur Martin Heidegger (1889-1976) gebruik as

’n voortsetting van die ontologiese konsep van Dasein (die mens), wat volgens Heidegger ’n wêreld bestaan

wat hom/haar transendeer – hy/sy is daarin en daarom is die mens da-sein (being-there) (Schacht,

1972:304). Die term impliseer dat die mens nie visueel na die wêreld kyk nie, maar aktief daarin betrokke is en daaraan deel het.

4 Die beskrywing en motivering van die term “ervaarskap” word in Hoofstuk Drie van hierdie studie uitgelê.

5 Die 2011 biënnale het plaasgevind vanaf 22 tot 29 Mei 2011 (Randall, 2011), waarna die tweede biënnale

vanaf 10 tot 17 Augustus 2013 plaasgevind het.

6 Landkuns word gesien as die epitoom van kontemporêre omgewingsdenke in die kuns, maar ekologiese

idees kan reeds in vroeë paganistiese samelewings en Oosterse gelowe gesien word, (Heywood, 2007:256). Alhoewel die Ooste moontlik ’n invloed gehad het op die omgewingsdenke van die opvolgende kunsneigings, is die beskouing van die natuur in die Weste hoofsaaklik verbind aan die ontstaan en gevolg van industrialisering in die Westerse wêreld (vgl. Heywood, 2007:256).

(14)

2

vloeibare kunsvorm maak. Landkuns bied ruimte vir diskoers oor die verhouding tussen mens en landskap/natuur as ’n geïntegreerde geheel, eerder as afsonderlike binêre opposisies.

Sedert die 1960’s is ’n groter bewussyn geskep rondom die mens se impak op die landskap (ook in die kuns); maar ’n ondersoek na die komplekse impak van die landskap op die mens, veral tydens kunsskepping, is nog nie genoegsaam ondersoek nie. Om dié rede word ʼn ondersoek na hierdie wedersydse impak van die mens en landskap se agentskap in hierdie studie gedoen. Die mens se agentskap tydens kunsskepping word in baie gevalle as vanselfsprekend geag, tog is die agentskap van die landskap tydens die proses van landkuns-skepping boeiend: As die mens

dan landkuns in die landskap maak, wat is die rol van die landskap tydens hierdie kreatiewe gesprek?

In hierdie verhandeling argumenteer ek dat landkuns die epitoom is van die landskap se agentskap, betrokkenheid, en verhouding met die mens in Westerse kuns. In landkuns is die landskap nie slegs ’n visuele element soos in skilderkuns nie, maar ’n alomteenwoordigheid wat al die sintuie van die mens aanraak. Deur die skep en ervaring van landkuns word die landskap gesien, gehoor, gevoel, geruik, en somtyds selfs geproe. Landkunstenaars forseer hulself en hulle aanskouers om deur ’n ruimte te beweeg en hulle eie persepsie van die ruimte, aarde en die landskap uit te daag (Rigaud, 2012:4). Die veelvoudige invloed wat die landskap op die mens het deur middel van die sintuie dui op landkuns se vervlegting van mens, landskap en kuns, teenoor ’n meer afgesonderdheid tussen die mens en landskap by skilderkuns.7 Die

ervaarbaarheid van die landskap maak die argument vir ’n alternatiewe term vir landskap moontlik, naamlik, ervaarskap. Die motivering vir ervaarskap is gesetel in die term se moontlikheid om die liggaam, landskap en ervaring in ’n holistiese eenheid te verbind, wat die agentskap van die landskap sterker te voorskyn bring tydens die skep van kuns.

Landskap, as oënskynlik eenvoudige term, is in werklikheid ʼn komplekse en vloeibare konsep wat ’n reeks uiteenlopende definisies sowel as ’n konnotasie met verskillende kunsvorme het, wat elk op ’n ander wyse met die landskap en natuur in verbintenis tree. Kortliks stel Ingold (1993:156) dat die landskap die wêreld is, soos bekend aan die mense wat daarin woon, omdat dit die ruimte is waarin die mens leef. Dit is ’n versameling van plekke, die natuur, mense, weersomstandighede, mensgemaakte objekte, natuurlike objekte en so meer, wat deur elke individu en kultuur anders gedefinieer word. Die idee van die landskap is daarom ’n baie persoonlike fenomeen, omdat dit op ’n unieke wyse vir elke individu sin maak (Larsen, 2004:947). Die mens heg sekere betekenisse aan die landskap, maar hierdie betekenis word beïnvloed deur

7 Desnieteenstaande het die ontwikkeling van die landskap in Westerse skilderkuns die grondlegging

(15)

3

fisiese, sosiale en kulturele identifikasie van die landskap (Cuba & Hummon, 1993:113). Dit is omdat die idee van die landskap van individu tot individu en ook van kultuur tot kultuur vloeibaar is. Volgens Wall en Waterman (2018:2) is die landskap ’n kompleks verhouding tussen die sosiale, ruimtelike en ekologiese, wat nie staties is nie en verandering kan aanbring. Die kern-aangeleentheid ten opsigte van ʼn ondersoek na die landskap, soos beskryf in Thompson et al. (2013:1), is dat die landskap nie net ’n objek is nie, maar terselfdertyd ’n representasie, proses, idee, en ervaring is wat spanning veroorsaak. Hierdie spanning tussen mens en landskap is te sien in die wyse waarop die kunstenaar en die ervaarskap met mekaar in wisselwerking tree tydens die skep van die kunswerke in die Site_Specific biënnale van 2011.

1.2 Die Site_Specific biënnale: Die mens-landskap interaksie

Creative artistic expression does not take place in some inner mental sanctum, but in the artist’s concrete engagement with the world (Carman, 2008:200).

Carman (2008:200) hierbo meen dat kunstenaars (soos landkunstenaars) nie vanuit ’n denkbeeldige wêreld hul kuns skep nie, maar as ʼn aktiewe en beliggaamde agent in die wêreld deel vorm van die proses van landkuns-realisering. Die beliggaamde deelname van die kunstenaar dien as onderbou vir hierdie studie, waar die liggaam die vleeslike teenwoordigheid van die mens is en as vehicle (werktuig)8 dien vir die mens se wees in die wêreld. Die liggaamlike

aard van die kunstenaar en die idee van beliggaamde deelname bring die begrip van die kunstenaar se agentskap, maar ook die landskap se agentskap tydens landkuns-skepping, duideliker na vore. Die 2011 Site_Specific biënnale dien as ’n geleentheid vir die bespreking van ’n beliggaamde interaksie met die landskap, weens die sentrale rol van mens-landskap interaksie binne die hedendaagse landkuns-beweging. Hierdie kunstenaar-geleide projek is deur Strijdom van der Merwe en Anni Snyman bedink in 'n poging om meer geleenthede vir landkuns in Suid-Afrika te skep, sodat kunstenaars ʼn platform het om met die landskap in verbinding te tree (vgl. Randall & Snyman, 2011:4). Tydens die biënnale het verskeie kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars deelgeneem (sien Figuur 1.1), onder meer Angus Taylor (geb. 1970), Hannelie Coetzee (geb. 1971), Andrew van der Merwe (geb. 1965) en Strijdom van der Merwe (geb. 1961), wie se werke in hierdie studie spesifiek ondersoek word.9 Internasionale kunstenaars wat

betrokke was en bespreek word as deel van hierdie ondersoek is die Italianers Gabriele Meneguzzi (geb. 1949) en Vincenzo Sponga (geb. 1950). Die betrokke kunstenaars is nie almal

8 Die liggaam as vehicle word in hierdie konteks gebruik om te verwys na die voertuig en medium waardeur

’n mens in die landskap beweeg. Die Engelse woord, vehicle, is in hierdie geval meer omvattend as die

woorde voertuig en medium – tog kan werktuig ’n moontlike alternatief wees.

9 Nog kunstenaars wat betrokke was sluit in: die Switserse landkunstenaar Urs Twellmann (geb. 1959), en

die Suid-Afrikaners Marco Cianfanelli (geb. 1970); Anni Snyman (1964); PC Janse van Rensburg (1955); Mark Wilby (1955); Simon Max Bannister (1982); Charles Levin (1961); Carol Nathan-Levin (1963); Gordon Froud (geb. 1963); Erica Lüttich; en Jan van der Merwe (geb. 1958).

(16)

4

noodwendig landkunstenaars nie, maar het deelgeneem aan die biënnale om die rol van die landskap in kuns te verken.

Figuur 1.1 Die groep kunstenaars wat uitgenooi is om deel te neem aan die Site_Specific biënnale (2011)

(Randall & Snyman, 2011:3)10

Die Site_Specific biënnale sluit aan by die landkuns-beweging deurdat dit buite die galery en in die landskap maak word (vgl. Randall & Snyman, 2011:4). Verder maak die kunstenaars ook gebruik van enige hulpmiddels, vanaf die kunstenaars se hande tot swaar gereedskap (vgl. Randall & Snyman, 2011:4). Die werke is tydelik, onderworpe aan natuurlike elemente in die landskap en beïnvloed deur die landskap waarin dit gemaak word (vgl. Randall & Snyman, 2011:4). Dit is plek-spesifiek, wat binne die hedendaagse beskouing van landkuns ’n belangrike kernaspek is (vgl. Kaye, 2000:11-12). Die biënnale vind reeds in die titel, Site_Specific, aanklank by hierdie kernaspek. In ’n onderhoud in Stellenbosch op 26 Junie 2015 stel landkunstenaar Strijdom Van der Merwe (2015)11 dat selfs al word ’n kunswerk beplan, dit verander soos die

natuur self ook daarop inwerk (sien Addendum A). Van der Merwe (2015), een van die hoofkurators van Site_Specific, stel die rasionaal van die biënnale en essensie van landkuns as

the land has a greater impact on me, than I on the land.” Van der Merwe beklemtoon dat

10 Van links na regs. Agterste ry: Danie van der Westhuizen, Charles Levin, Erica Lüttich, PC Janse van

Rensburg, Simon Max Bannister | Derde ry: Angus Taylor, Hannelie Coetzee, Gabriele Meneguzzi, Vincenzo Sponga, Strijdom van der Merwe | Tweede ry: Marco Cianfanelli, George Magampa, Andrew van der Merwe, Niël Jonker, Carol Nathan-Levin, Gordon Froud | Eerste ry: Tyron Tewson, Urs Twellmann, Mark Wilby, Anni Snyman | Voorgrond: Jan van der Merwe

11 Hierdie onderhoud is in 2015 met Strijdom van der Merwe gevoer in verband met sy performance,

Constantly stitching our lives together (2015), waaroor ‘n ander projek gedoen is. Tydens die onderhoud is daar ook oor die Site_Specific biënnale gepraat en Van der Merwe se landkunspraktyke. Sien Addendum A vir uittreksels van die onderhoud.

(17)

5

kunstenaars nie hulle reeds-gevestigde idees en ideale by die biënnale moet verwesenlik nie, maar eerder deur die spesifieke landskap beïnvloed moet word. Dié kuns moet die spesifieke aard van elke landskap in ag neem en plekspesifiek gemaak word, dus nie lukraak en op ’n landskap neergesit word nie (vgl. Van der Merwe, 2015). Om werke sonder hierdie inagneming in die landskap te skep, maak van die landskap ’n wyer, niksseggende en homogene kollektief, wat onderhewig staan aan die agentskap van mense. In teenstelling hiermee word daar geargumenteer dat die skep van plek-spesifieke landkuns, met ’n invloed vanaf die landskap, aan kunstenaars die geleentheid bied om die individualiteit en agentskap van elke landskap te erken (vgl. Kaye, 2000:1).

Landkuns (omdat dit in die landskap geskep word) bevraagteken die konsep van kuns en die galery as definiërende raamwerk vir kuns, sowel as die ideologiese en gekommersialiseerde aard van die galery (vgl. O’Doherty 1976:14).12 Hierdie bevraagtekening is gesetel daarin dat kuns, in

die vorm van landkuns, die beperkinge van die galery verbreek en die landskap as platform gebruik. Hodge (2011:188) sluit hierby aan deur te stel dat die natuur en landskap dikwels slegs as ʼn oppervlak gebruik word vir kunswerke. Die beskouing van die landskap as bloot ’n oppervlak waarop kuns geskep word, is problematies, want dit ontneem die landskap van agentskap en verminder die landskap se bydrae tot die proses van kunsskepping. Nieteenstaande die feit dat landkunstenaars die galeryruimte probeer ontvlug, is die dokumentasie van landkuns gewoonlik steeds die enigste oorblyfsels van die kunswerk en fotografiese dokumentasie word weer in ʼn galery uitgestal en verkoop (Harris, 2006:231). Die fotografiese dokumentering – as ʼn verteenwoordiging van finaliteit – bring nie die idee van ’n proses van wedersydse agentskap by die aanskouer tuis nie (Harris, 2006:231).Die finale produk verbloem voorts die interaksie tussen die kunstenaar en die landskap, asook die produktiewe spanning tussen hierdie twee deelnemers tydens kunsskepping.

Ter illustrasie kan na die werk, Asemic beach calligraphy (kyk Figuur 1.2) deur Andrew van der Merwe, verwys word. Dié foto verbeeld ʼn sogenaamde “finale” kunswerk tydens die Site_Specific biënnale. Hierdie foto skep die illusie dat daar ’n finale produk bestaan, maar die proses van kunsskepping word nie uitgebeeld nie. Die rol en agentskap van die landskap kom nie sterk na vore nie, wat die indruk kan laat dat die landskap geen impak op die skep van die kunswerk gehad het nie. In hierdie geval, soos Tilley (1994:23) argumenteer, word die landskap “ʼn anonieme

12 Brian O’Doherty (1976:14) skryf in sy boek – The white cube: the ideology of the gallery space – dat kuns

in die Modernistiese era ʼn punt bereik het waar die “ruimte” van die kunswerk voor die werklike “kunswerk” raakgesien word. Dit wil sê dat kuns as kuns beskou word wanneer dit in ’n galery of kunsgeoriënteerde ruimte geplaas word, maar so ook is kuns wat nie in ’n kunsruimte verskyn nie baie keer nie as waardige kuns gesien nie. Die feit dat landkuns buite hierdie kontekstualiseringsruimtes funksioneer, maak dit ’n direkte bevraagtekening van die kontekstualisering van kuns.

(18)

6

beeldhoukundige vorm wat altyd deur die mens se agentskap gevorm word”. Die indruk kan geskep word dat die kunswerk slegs deur die kunstenaar geskep is, sonder enige impak vanaf die landskap.

Figuur 1.2 Van der Merwe, Andrew. 2011. Asemic beach calligraphy.13 Foto

geneem deur Olivier-Kahlau, E.

Die landskap, sowel as die fotografiese dokumentasie van die landkuns in Figuur 1.2, word gevolglik ʼn objek van aanskoue – dit word weer, nes in ’n galery, ’n visuele ver-beelding. Tog was daar ’n proses van verandering wat gelei het tot die ver-beelding van die kunswerk (voor die dokumentering plaasgevind het). So ook sal die kunswerk weer verander nadat die foto geneem is – wat die tydelike aard van die kunswerk beklemtoon. In samehang hiermee is Ingold (1993:67) van mening dat die skep van kuns nie noodwendig beskou hoef te word as ’n strewe na ’n finale produk nie, maar eerder as ’n proses. Ingold (1993:67) stel verder dat die skep van kuns dan nie bloot ’n voorbereiding vir toekomstige nadenke (van ’n finale produk) is nie, maar dat die daad van kunsskepping self ’n nadenkingsproses is. Hierdie stelling impliseer dat die finale produk van kuns (ook landkuns) nie noodwendig die waarde daarvan verteenwoordig nie, maar dat die proses self genoeg is om kuns betekenis te gee. Van der Merwe (2015), in aansluiting, stel dat die proses van landkuns net so belangrik, of selfs belangriker, as die eindproduk is. Dit is juis hierdie proses van kunsskepping wat sentraal is tot dié studie.

13 Vir die doeleindes van hierdie studie word titels van kunswerke wat oorspronklik in Afrikaans of Engels

is, as sodanig gebruik. Vir kunswerke met titels in ander tale, soos Italiaans of Nederlands, word die oorspronklike titel (waar moontlik) by die foto gegee, sowel as die Afrikaanse vertaling. In die teks word die Afrikaanse vertaling gebruik.

(19)

7

Die bogenoemde nadenkingsproses – veral deur middel van landkuns wat binne die landskap gesitueer is – skep ’n fisiese, tasbare en dinamiese verhouding tussen die kunstenaar en die landskap (vgl. Wylie, 2007:141). Die kunstenaar funksioneer immers nie buite en onafhanklik van die landskap nie, maar tesame daarmee. Die kunstenaar en die landskap word fisies verbind deur middel van die liggaam, omdat die liggaam die objek is waardeur die subjek (die mens) uitgeleef word (vgl. Merleau-Ponty, 1964:72). Die liggaam laat toe dat die kunstenaar beliggaamd in die landskap kan wees en is derhalwe sentraal tot alle aksies wat die kunstenaar tydens die skep van landkuns uitvoer (vgl. Merleau-Ponty, 1962:408). Die liggaam is die wyse waarop die mens inligting ontvang en verwerk, want sonder die liggaam sou die mens nie ’n begrip van die wêreld kon verkry nie. Die liggaam, as die medium waardeur die mens in die landskap kan beweeg, is daarom ook die wyse waarop die mens die landskap kan ervaar (vgl. Thompson, 2009:207).

Figuur 1.3 Coetzee, Hannelie. 2011. Besig om “Familieportret” te installeer. Foto geneem deur Olivier-Kahlau, E.

In Figuur 1.3 is die kunstenaar, Hannelie Coetzee, besig om die werk Familieportret tydens die 2011 Site_Specific biënnale te skep. Hier word die aanskouer van die foto – en dus van die skeppingsproses – bewus daarvan dat die kunstenaar deur ’n proses gaan. Tydens die skep van die landkunswerk, word Coetzee beïnvloed deur die landskap om haar: die verandering van die gety, die wind, die digtheid/fermheid van die sand, skaduwees, asook ander natuurlike faktore wat ervaar word. Die kunstenaar is konstant besig met ’n nadenkingsproses en herformulering van die kunswerk – wat ’n produktiewe spanning tussen kunstenaar en landskap impliseer. Die kunstenaar en aanskouers se ervaring in die spesifieke ruimte (maar ook die dokumentering en uitstalling daarvan) is sentraal tot plekspesifieke kuns, omdat dit die mens dwing om anders te dink oor die landskap en ook oor kuns opsigself (Bishop, 2014:51). Die ligging van die kunswerk is daarom nie slegs die plek waar die “toneel” afspeel soos die teatergebou in tradisionele teaterpraktyk nie, maar word ’n dominante betekenaar wat daadwerklik in gesprek tree met die kunstenaar (deur middel van die liggaam) en kunswerk (vlg. McAuley, 2005:30).

(20)

8

Die vraag ontstaan egter of die landskap sonder agentskap is tydens die menslike ervaring daarvan, óf wel ’n tipe agentskap het in die wisselwerking tussen mens (kunstenaar) en landskap. Dié ondersoek vra na die wyse waarop die landskap aktief en reflektief as ’n niemenslike agent kan optree binne landkuns. Vanuit so ’n ondersoek kan die rol en agentskap van beide die kunstenaar en landskap in die proses van kunsskepping verhelder word. Die agentskap van beide kunstenaar en landskap kan vanuit die fenomenologiese perspektief beskou word: die kunstenaar se liggaam beïnvloed die landskap, maar die landskap beïnvloed terselfdertyd die kunstenaar (deur sy/haar liggaam) tydens die skep van kuns (vgl. Wylie, 2007:141). Die liggaam-landskap interaksie staan sentraal tot die fenomenologiese denkstrome van denkers soos Maurice Merleau-Ponty (1908-1961). So ook is die mens-wêreld interaksie sentraal vir denkers soos Karen Barad (geb. 1956), wat agentskap herdefinieer het as iets wat nie besit kan word nie, maar uitgevoer word. Ook Bruno Latour (geb. 1947), wat stel dat die moontlikheid van agentskap nie slegs in die mens setel nie, maar ook aan nie-menslike objekte toegedien word. Teoretiese konseptualisering van die bogenoemde beskouings word vervolgens bespreek as basis vir die bespreking van landskap- en kunstenaarsagentskap.

1.3 Teoretiese konseptualisering van die studie

Die interaksie van die kunstenaar en die landskap kan dien as ’n metafoor of manifestasie van die interaksie tussen mens en wêreld. Die wyse waarop die kunstenaar die landskap beïnvloed deur die maak van kuns, maar ook die wyse waarop die landskap die kunstenaar beïnvloed, versterk die idee van mens-landskap integrasie eerder as ’n binêre opposisie. Vir hierdie studie is die interaksie van mens en landskap, sowel as die wyse waarop wedersydse invloede aangebring word, gesetel binne die Merleau-Pontiese beskouing van die mens as wese-in-die-wêreld en liggaam-subjek, wat aktief met die wese-in-die-wêreld in verbintenis tree. Verskeie fenomenologiese en landskap-fenomenologiese konsepte – soos die liggaam, wese-in-die-wêreld en beliggaming – word met agentskap verbind, ten einde die kunstenaar se verhouding met die landskap te ondersoek. Om die agentskap van die landskap te ondersoek, word Barad se agentskapsrealisme en Latour se Akteur-Netwerk-Teorie geraadpleeg en gekoppel met fenomenologie, om sodoende die moontlikheid van nie-menslike agentskappe (soos die landskap) te kan argumenteer. Verder word daar ook op die motivering van ervaring gesteun om ondersoek na die agentskap van die landskap as ervaarskap tydens die skep van landkuns te motiveer.

(21)

9

1.3.1 Fenomenologie en die liggaam se agentskap

Perception thus involves reciprocity between the body and the world and a continuous interchange between the two (Tilley, 2004:18).

Tilley (2004:15) beklemtoon die konstante wisselwerking tussen die liggaam en die wêreld, wat die basis is van die mens se ervaring wanneer in die landskap beweeg word. Hierdie ervaring van die landskap, word gekoppel aan die konsep van persepsie binne eksistensiële fenomenologie, wat die mens se wyse is om alle inligting in die landskap (deur middel van die liggaam) te verkry. Die eksistensiële fenomenologie van Merleau-Ponty vloei vanuit die fenomenologiese navorsing van Edmund Husserl (1859-1938) en vanuit die eksistensiële navorsing van Gabriel Marcel (1889-1973) en Martin Heidegger (1889-1976) (Fusar-Poli & Stanghellini, 2009:92). Hulle is die kerndenkers wat die konsepte van die landskap, kultuur-natuur-verhoudings, beliggaming en subjektiwiteit binne die veld van fenomenologie aan die orde stel (Wylie, 2007:140). Hierdie studie is gesetel binne die filosofie van Merleau-Ponty en sy opvolgers, omdat hulle die liggaam as kern van die mens-landskap verhouding sien. Merleau-Ponty se Phenomenology of perception (1945) fokus volgens Cullen (1994:112) op ’n reeks studies oor die rol van die liggaam en persepsie in verskeie aspekte van sosiale ervaringe soos spraak (en taal); seksualiteit; kuns (en literatuur); tyd; vryheid; en geskiedenis. Dit is ’n multidissiplinêre teks wat toegepas kan word op verskeie aspekte van die menslike wese – en derhalwe is dit ook waardevol in die studie van landkuns.

Merleau-Ponty vestig aandag op die rol van die menslike liggaam as beide ’n objek en ’n subjek van persepsie (Kelly, Fallaize & Ridehalgh, 1995:117; Moran & Mooney, 2002:243). Dit wil sê dat alhoewel die mens se liggaam as ’n objek beskou kan word, dit nie ’n statiese objek is nie, want die mens het ook ’n bewussyn wat deur die liggaam in die wêreld na vore kom (anders as ander objekte) (Fusar-Poli & Stanghellini, 2009:32). Merleau-Ponty (1964:72) noem dit

intersubjektiwiteit (of liggaam-subjek), wat aandui dat die mens (as subjek) inherent deel van die

liggaam (as objek) is. Volgens Merleau-Ponty (1964:72) is bewustheid, die wêreld en die menslike liggaam as 'n waarnemende objek/subjek met mekaar verweef (in Fusar-Poli & Stanghellini, 2009:92).Die mens is nie slegs ’n bewussyn nie, maar ’n lewende organisme – ’n liggaam – en sonder beliggaming kan mense nie ’n bewuste ervaring van die wêreld hê nie (Matthews, 2002:57). Die mens is ’n waarnemende en ervarende subjek, sowel as ’n wese-in-die-wêreld wat ook altyd ’n beliggaamde teenwoordigheid is (Ingold, 2000:169).14 In die Merleau-Pontiese

beskouing van ’n wese-in-die-wêreld is die wêreld die sfeer van ons lewens as aktiewe wesens – wesens wat denke oor die wêreld het en daarop reageer (en op gereageer word) – dit is die plek

14 Vrye vertaling vanaf being-in-the-world in Engels (Merleau-Ponty, 1962:xvi) en être-au-monde in Frans

(22)

10

wat ons bewoon, eerder as bloot ’n versameling van objekte waarvan die mens onafhanklik funksioneer (vgl. Matthews, 2002:49). Aansluitend hierby is die mens en sy of haar wêreld ineengevleg, en sodoende kan daar nie vasgestel word waar die een begin en die ander eindig nie (kyk Ingold, 2000:169). Volgens Merleau-Ponty se stroom van eksistensiële fenomenologie word die mens en die wêreld deur middel van beliggaming verbind, wat die wyse waarop die mens se denke en beskouing tot die wêreld ondersoek en verander.

In fenomenologie word die verhouding tussen die liggaam en wêreld beklemtoon, omdat die liggaam die mens se bron van persepsie en kennis is, sowel as die werktuig om in die wêreld te wees (kyk Merleau-Ponty 1968:28; Thompson, 2009:207; Moran & Mooney, 2002:243; Tilley, 2004:17). Persepsie koppel die liggaam aan die landskap en kan ook vertaal word as waarneming of gewaarwording. Wat hiermee bedoel word, is dat die mens die landskap deur middel van die liggaam waarneem (vgl. Tilley, 2004:17; Hoel & Carusi, 2018:54). Sims (2009:387) stel dat individue deur middel van hulle liggame kennis ontvang en verwerk, daarom is dit ’n beliggaamde ervaring in die landskap, waar die liggaam ook die sentrale bron van bewustheid is. Dié fenomenologiese aanslag bied ’n ryker en meer ervaringsgetroue blik op die mens se bestaan in die wêreld, juis omdat dit nie ’n skeiding tussen mens en landskap voorstel nie, maar eerder integrasie van liggaam en landskap – dus beliggaming (Ingold, 2000:171).

Die beliggaamde ervaring en wisselwerking tussen mens en wêreld (soos vasgelê in die wese-in-die-wêreld) skep ’n omkeerbare spanning tussen die liggaam en die landskap. Tilley (2004:17) gebruik die voorbeeld van die mens wat aan ’n klip raak en daarom word die mens ook terselfdertyd aangeraak deur die klip. Vanuit hierdie verweefdheid van mens en wêreld – of landskap – ontstaan die vraag na die wyse waarop mens en landskap met mekaar in wisselwerking tree ten einde die kwessie van agentskap te ondersoek. Merleau-Ponty (1962:408) stel dat die mens ’n onvoltooide individu is wat deur die agentskap van die liggaam beweeg na en in die wêreld, waar die wêreld weer die liggaam se punt van ondersteuning is. Turner (2012:67) stel dat vanuit Heidegger se beskouing is die mens akteurs (agente) en nie aanskouers nie – mense moet daarvolgens deur hulle aksies verstaan word, omdat hulle aktiewe wesens-in-die-wêreld is. Die mens se leef en betrokkenheid met die wesens-in-die-wêreld lei tot ’n komplekse sisteem van betekenisgewing en gebeure wat ’n direkte gevolg is van die interkonneksie van beliggaming, wêreld, aksie en betekenis (Fusar-Poli & Stanghellini, 2009:92). Die mens is deel van ’n tweerigting interaksie tussen die self en die res van die wêreld, waardeur ’n betekenisvolle begrip van die wêreld tot stand kom – dit word juis gedoen deur ons aktiewe omgang met objekte (en ander mense) in die wêreld (Matthews, 2002:54). As hierdie tweerigting interaksie van die landskap en die mens in ag geneem word, word die wedersydse spanning tussen die kunstenaar (die liggaam) en die landskap waarin die kuns geskep word beklemtoon.

(23)

11

1.3.2 Landskap-fenomenologie en die ervaarskap se agentskap

“Landskap”, as ’n teoretiese konsep, is uiteenlopend en word gerig deur die perspektief waaruit dit beskou word en om dié rede is dit besonder vloeibaar. Ingold (1993:60) verduidelik dat sogenaamde objektiewe en wetenskaplik-analitiese benaderings tot die landskap problematies is, want dit vereenvoudig die landskap tot ’n kwantitatiewe en homogene entiteit wat meetbaar is. In hierdie verband dui Thompson et al. (2013:2) ook aan dat die landskap baie meer kompleks is as wat dit deur die rasionaliste beskryf is. Hierdie kompleksiteit bestaan juis omdat die landskap nie ʼn ooglopend komplekse objek is nie, maar wel iets is wat in denke, fisies, subjektief en ook objektief bestaan.

ʼn Oplossing tot hierdie meetbare objektiewe beskouing van die landskap word menigmaal binne die semiotiek gevind. Hier word die landskap beskou as ’n teks wat die mens kan lees en dan ook kan skryf (Wylie, 2007:139). Tog is hierdie beskouing aanvegbaar, want die landskap word ’n leesbare (lisible) en skryfbare (scriptible)15 entiteit, wat nie noodwendig werklik deel het aan die

proses van kunsskepping nie (vgl. Wylie, 2007:139). Die semiotiese verstaan van ’n landskap as “leesbaar” en “skryfbaar” skep ’n eensydigheid tussen die mens (die kunstenaar) en die landskap, omdat dit die mens as die hoof-agent stel. Die landskap word hierdeur ’n statiese element waarby die mens se agentskap aan die voortou trek – die landskap word gesentreer rondom menslike agentskap (vgl. Tilley, 1994:10). Hierdie georiënteerde interpretasie van die mens-landskap verhouding kan egter as problematies beskou word, omdat die mens-landskap se betekenis en identiteit afhanklik is van die mens se subjektiewe lees en skryf daarvan. Tilley (1994:9) argumenteer verder dat die landskap in baie benaderings bloot as ’n ligging vir menslike aktiwiteit beskou is, wat die landskap se betekenis en agentskap negeer. Die landskap is paradigmaties verstaan deur kunstenaars as die “skilderdoek of oppervlak” waarop hulle kommentaar kan lewer. In kontras met die natuurwetenskaplike en semiotiese beskouings van landskap, stel Ingold (1993:60) dat die landskap eerder kwalitatief en heterogeen is en vandaar ook onmeetbare elemente bevat, wat deur menslike beliggaming en interaksie ontstaan (Goodrich & Strijdom, 2014:57). Die geïntegreerde mens-landskap verhouding word aangevoer in die bloemlesing getiteld Routledge companion to landscape studies (Thompson et al., 2013:1) – waar die kompleksiteit van die landskap en verskeie fasette daaromheen ondersoek word in ’n reeks artikels deur ’n aantal denkers. Die fenomenologiese beskouing van die landskap poog

15 Lisible (leesbaar) en scriptible (skryfbaar) is semiotiese terme wat deur die Franse linguis, Roland

Barthes, na vore gebring is in The death of the author (1967). Dit verwys na geskrewe tekse, waar leesbaarheid impliseer dat die betekenis van die teks vas (geslote) is en slegs ontgin kan word. Hierteenoor het skryfbare tekste ’n oop betekenis, en die aanskouer (of leser) kan bydrae tot die betekenis deur middel van interpretasie. Semiotiese terme as sulks word al hoe meer in die kunsgeskiedenis gebruik, waar kunswerke ook as tekste beskou word (vgl. Bal & Bryson, 1991:174; D’Alleva, 2012:27).

(24)

12

vervolgens om hierdie eensydige kommunikasiekanaal vanaf die mens na landskap te oorbrug (vgl. Ingold, 2000:168). Landskap-fenomenologie as fenomenologiese ondersoekveld lê spesifiek klem op die direkte, liggaamlike kontak met en ervaring van die landskap, wat verskil van empiriese en diskursiewe benaderings tot die landskap (soos die van die landskap as teks) (Wylie, 2007:139). Hier is Merleau-Ponty se konsep van “beliggaamde subjektiwiteit” relevant, aangesien dit die moontlikheid skep om ʼn eensydige beskouing tot die mens en die wêreld te oorkom (Fusar-Poli & Stanghellini, 2009:92). Volgens Ingold (1993:154) kom die landskap derhalwe nie slegs met die mens in kontak op ’n visuele vlak (soos in semiotiek) nie, maar dit is alomvattend en refleksief: dit is beide ’n konstruksie en ’n konstruerende entiteit. Dit wil sê dat die landskap deur die mens gekonstrueer word, maar die liggaamlike kontak met die landskap konstrueer ook die mens – spesifiek deur middel van ervaringe en liggaamlike kontak (vgl. Wylie, 2007:141). Die idee van die “self” en die landskap word deur ervaringe beide gekonstrueer en gekommunikeer, wat tog ’n element van agentskap van die landskap na vore bring (vgl. Wylie, 2007:141).

Fenomenologie kan in verbinding gebring word met Latour (2005) se konseptualisering van die

Actor-Network-Theory,16 waarin hy stel dat alle partikels, liggame, groepe, objekte en ekologie in

’n konstant-veranderende hibriede web verstrengel is, waar alle materie deel vorm van diskursiewe verhoudings tussen agentskappe (in Farías, Blok & Roberts, 2019:xx). Die verstrengeldheid van mens en wêreld maak dit moontlik dat nie-menslike elemente ook agentskap kan hê, maar volgens Barad (1996:182) kan die verstrengeldheid van agentskappe beter verstaan word wanneer die konsep van agentskap herdefinieer word. Barad (1996:182) stel dat agentskap ’n kwessie van intra-optrede is, wat uitgeleef en uitgevoer word – dit is nie iets wat iemand bloot kan “besit” nie (in Leonardi, 2013:62). Agentskap is die aanbring van verandering of die teenwoordigheid van rolspelers wat op ʼn glyskaal van agentskap deel vorm van die veranderings wat plaasgevind het (vgl. Mohanty, 2009:76).

Aansluitend hierby stel Gell (1998), soos aangehaal deur Tilley (2004:17), dat alle dinge (waarvan die landskap deel is) agentskap uitleef omdat dit die mens liggaamlik kan affekteer en gevolglik die mens se bewussyn struktureer. Dit kan volgens Adams (2018:9) gebeur omdat die landskap bestaan uit sy eie natuurlik bestaande kragte, beweging en prosesse, sowel as materie soos die rotse, die grond en fossiele. Hierdie elemente van die landskap bied tydelike, ekologiese en geologiese dimensie wat hierdeur ’n niemenslike agentskap moontlik maak (vgl. Adams, 2018:9).

16 Vrye vertaling as Akteur-Netwerk-Teorie. Hierdie teorie is ontwikkel in die sosiale wetenskappe in die

1980’s by die Centre de Sociologie de l’Innovation (CSI) van die École Nationale Supérieure des Mines de

Paris, waarvan die hoofdenkers Bruno Latour, John Law en Michael Callon is (Fenwick & Edwards,

2010:iii). Dit behels kortweg die beskouing dat alle elemente in die wêreld deel vorm van ’n netwerk van agentskappe wat met mekaar in verbintenis tree en mekaar beïnvloed.

(25)

13

Jacobsson (2014:9) ondersteun die konsep deur te verduidelik dat die ontstaan van ’n nuwe rivier tot gevolg kan hê dat ’n hele nedersetting moet verskuif. Hier is die landskap ’n agent wat die beweging, keuses, en dade van mense lei en verander en sodoende ’n impak het op historiese (en tydgenootlike) narratiewe van mense (vgl. Adams, 2018:9). Die implikasie hiervan is dat die landskap, alhoewel ’n niemenslike entiteit, steeds ’n daadwerklike impak op die mens het. Samevattend voer die fenomenologiese perspektief aan dat dit belangrik is om die mens-landskap verhouding as multisensories en interaktief te beskou, met die liggaam as die skakel wat interaksie moontlik maak. Die landskap is ’n daadwerklike plek wat alle aspekte van die mens se sintuie inkorporeer om sodoende ’n beliggaamde ervaring te ontlok. Derhalwe kan die landskap nie as skryfbaar of leesbaar beskou word nie, maar as ervaarbaar of waarneembaar deur middel van die liggaam – dit is hier waar die agentskap van die landskap geleë is. Die

Site_Specific International Land Art Biennale (2011) is ’n ideale platform om die problematiek

tussen die kunstenaar (mens) en die landskap te ondersoek, omdat ʼn plek-spesifieke benadering sentraal gestel word. Dit is hier waar die agentskap van die landskap (as ervaarskap) en die kunstenaarsliggame veral prominent maak, wat die problematiek van hierdie studie rig.

1.4 Probleemstelling, navorsingsvrae en spesifieke doelstellings

Na aanleiding van die bostaande inleiding, lê die problematiek van hierdie studie binne die moontlike spanning van agentskap tussen die kunstenaarsliggaam (as wese-in-die-wêreld) en die landskap tydens die proses van plekspesifieke landkunsskepping in die Site_Specific

International Land Art Biennale (2011). Die studie is verder gefokus op die wyse waarop ’n

fenomenologiese ondersoek tot die landskap en die kunstenaarsliggaam die landskap as ʼn

ervaarskap in die gekose biënnale kan belig.

Die navorsingsvrae en doelstellings wat hieruit voortvloei kan as volg gestel word:

7.1. Wat is die agentskap van kunstenaarsliggaam as wese-in-die-wêreld tydens die skep van landkuns in die Site_Specific International Land Art Biennale (2011)? Hierdie vraag word

ondersoek vanuit ’n literatuurstudie wat spesifiek fokus op die agentskap van kunstenaars in die landskap wat aansluiting vind by die fenomenologiese konsep van wese-in-die-wêreld. Die ondersoek sal die kunstenaarsliggaam wat in (en as deel van) die landskap funksioneer belig.

7.2. Wat is die agentskap van die landskap tydens die skep van landkuns wanneer die landskap vanuit ’n fenomenologiese perspektief beskou word in die Site_Specific International Land Art

Biennale (2011)? Die vraag word beredeneer deur middel van ’n literatuurstudie ten opsigte van die landskap as ervaarbaar vanuit ’n fenomenologiese perspektief. Die literatuurstudie en opvolgende beskouing van die geselekteerde kunswerke ondersoek die niemenslike agentskap van die landskap tydens kunsskepping.

(26)

14

7.3. Hoe word die landskap as ervaarskap na vore gebring deur ʼn fenomenologiese beskouing van landkuns, as die platform vir spanning tussen die agentskap van kunstenaarsliggaam en die landskap in die Site_Specific International Land Art Biennale (2011)? Hierdie vraag word

beredeneer vanuit ʼn fenomenologiese beskouing van agentskap, met behulp van relevante literatuur en interpretasies van geselekteerde kunswerke in die Site_Specific International Land Art Biennale (2011).

1.5 Sentrale teoretiese stelling

In hierdie verhandeling argumenteer ek dat landkuns, vanuit ’n fenomenologiese perspektief beskou, ’n spanning tussen die kunstenaarsliggaam en die landskap te voorskyn bring en daarom ’n verskuiwing in die begrip van agentskap bewerkstellig. Die kunswerke van die Site_Specific International Land Art Biennale (2011) is ’n aanduiding van die komplekse speling tussen die landskap en kunstenaarsliggaam, wat die landskap as ’n ervaarskap na vore bring.

Aan die hand van geselekteerde werke in die Site_Specific biënnale, word twee hoof rolspelers in die skep van landkuns geïdentifiseer, naamlik die kunstenaarsliggaam en die landskap. Daar word aangevoer dat alhoewel die kunstenaars van die biënnale ’n groot mate van agentskap uitvoer tydens die skep van landkuns, hulle ook beïnvloedbaar is gedurende die proses. Dit is veral opvallend wanneer die mens vanuit fenomenologie as ’n wese-in-die-wêreld beskou word, wat nie bloot die landskap visueel sien nie, maar met alle sintuie en deur middel van die liggaam (as die werktuig) ervaar. Fenomenologie skep ook die bewustheid dat die mens met die landskap verbind is deur middel van aksie (optrede) en liggaamlikheid. Gevolglik is die landskap – as ’n ervaarbare entiteit – ’n groter rolspeler tydens die skep van kuns, omdat die landskap die kunstenaar kan beïnvloed en dus sy/haar dade en idees kan verander. Dit dui daarop dat die landskap nie passief is nie, maar aktief betrokke is by die proses van kunsskepping. Die oomblik wanneer ’n kunstenaar die proses van kunsskepping betree (reeds by die konseptualisering van die werke), word die landskap se agentskap duideliker – die landskap verander en/of opponeer enige besluite wat die kunstenaar neem, met ’n landkunswerk as gevolg.

Landkunstenaars poog om die agentskap van die landskap duidelik te maak in hul werke, tog is die siening van die landskap as ’n statiese en visuele element steeds teenwoordig binne eietydse denke, wat tot gevolg het dat die rol van die landskap tydens en na kunsskepping steeds onseker voorkom. Hierdie idee impliseer ’n dualisme tussen mens en landskap, wat die verstrengelde aard van mens en landskap misken en die mens as enigste agent vooropstel. Om hierdie dualisme te oorbrug en die agentskap van die landskap te beklemtoon, word die landskap as ’n ervaarskap gekonsepsualiseer. Die ervaarskap vloei vanuit ’n fenomenologiese beskouing van agentskap,

(27)

15

met invloede van Akteur-Netwerk-Teorie, wat die wêreld as ’n netwerk van verstrengelde agentskappe beskou.

Dié benadering is gekies omdat dit die landskap en aksie (van mense) deur middel van liggaamlikheid verbind, wat die ervaarbaarheid van die landskap verhelder, sowel as die invloed wat die landskap op die kunstenaar het. Tydens die skep van landkuns skakel die liggaam van die kunstenaar direk met die ervaarskap en wanneer hierdie interaksie erken word, word die beskouing van twee wederkerige agente versterk – waar beide agente (liggaam en ervaarskap) deel het aan die skeppingsproses. Die ervaarskap se agentskap word daarom sigbaar in landkuns, omdat die ervaarskap (landskap) nie bloot ’n doek is waarop ’n kunswerk verbeeld word nie, maar ’n belangrike rol speel gedurende die proses van kunsskepping. Die landkunswerk word dus die platform vir produktiewe spanning tussen die agentskap van die kunstenaarsliggaam en die agentskap van die ervaarskap in plek-spesifieke landkuns en bied ’n alternatiewe blik op die wyse waarop die wese-in-die-wêreld in die ervaarskap funksioneer.

1.6 Metodologiese raamwerk

Die metode vir die verhandeling berus op ’n kwalitatiewe navorsingsparadigma, wat vanuit ʼn literatuurstudie en stiplesing die Site_Specific International Land Art Biennale (2011) beskryf, interpreteer en teoretiseer vanuit relevante literatuur oor fenomenologie en agentskap. Die interdissiplinêre aard van die studie maak dit moontlik om landkuns as manifestasie van die mens-landskap-interaksie te ondersoek.

Die studie se metodologiese benadering val in twee dele uiteen: (i) Hoofstuk Drie bevat ’n interpretatiewe literatuurstudie van fenomenologie, waartydens kunswerke van die Site_Specific biënnale deur middel van die teoretiese konsepte geïnterpreteer word en die konsep van ervaarskap vervolgens uiteengesit word. (ii) Na aanleiding van die ervaarskap uiteensetting, bestaan Hoofstuk Vier uit ’n interpretatiewe literatuurstudie oor agentskap, om die agentskap van kunstenaar en ervaarskap vanuit die teorie in die Site_Specific biënnale te ondersoek. Gedurende die interpretatiewe proses, word fenomenologiese benadering tot die geselekteerde kunswerke geraadpleeg, soos vasgestel in Lankford (1984:155-185) se artikel getiteld: A Phenomenological

(28)

16

1.6.1 Literatuurstudie

Die teoretiese komponent van die navorsing is interdissiplinêr van aard en fokus word geplaas op die kompleksiteite van die liggaam, landskap en agentskap in landkuns, vanuit relatiewe literatuur. Die ondersoek na die Site_Specific biënnale word gelei deur fenomenologiese beskouings tot die kunstenaarsliggaam en die landskap, sowel as teoretiese beskouings tot agentskap (van mens en landskap). Die mens as wese-in-die-wêreld en die landskap as ervaarbaar lei verder die bespreking van die kunswerke as platform vir produktiewe spanning tussen kunstenaarsliggaam en ervaarskap.

Strategieë vir die literatuurstudie sluit die gebruik van boeke, navorsingsartikels, tydskrifte, koerante, onderhoude, verslae asook proefskrifte in. In hierdie studie word hoofsaaklik boeke en artikels oor fenomenologie, agentskap, landskap-fenomenologie, sowel as plek-spesifieke landkuns gebruik.

Kernbronne in verband met Merleau-Ponty (1908-1961) se konsepte van fenomenologie sluit in

Phénoménologie de la perception (Merleau-Ponty, 1945) en die Engelse vertaling The phenomenology of perception (Merleau-Ponty, 1962). Interpretasies en werke gebaseer op sy

werk sluit in Moran en Mooney (2002), Fusar-Poli en Stanghellini (2009), Cerbone, (2006) en ook Hoel en Carusi (2018). In verband met die liggaam word Kosut en Moore (2010) se bloemlesing

The body reader: Essential social and cultural readings geraadpleeg, sowel as ander waardevolle

boeke en artikels.

Die ondersoek na die landskap fokus spesifiek op Ingold (1993) se Temporality of the landscape en Wylie (2007) wat in sy boek Landscape die konsep van landskap-fenomenologie bespreek. Aansluitend word verdere bronne wat agentskap en fenomenologie verbind geraadpleeg, soos Tilley (1994) se A phenomenology of landscape: Places, paths and monuments. Konsepte van menslike agentskap word gevind in Nealon en Searls Giroux (2012), Barker (2005) en Rapport en Overing (2000). Nie-menslike agentskap word ondersoek deur middel van Bruno Latour (1987 & 2005) se Akteur-Netwerk-Teorie en Karen Barad (2007) se agentskapsrealisme. Tilley (2004) se The materiality of stone: Explorations in landscape phenomenology: 1, dien as ’n kernbron in verband met die ondersoek van landskap agentskap. ’n Kontemporêre bron sluit in Wall en Waterman (2018) se Landscape and agency: Critical essays.

(29)

17

1.6.2 Fenomenologiese benadering vir bespreking van die biënnale

Die bespreking van die Site_Specific International Land Art Biennale (2011) is gebaseer op ’n reeks afbeeldings van die biënnale, om sodoende eerder te kyk na die aard van landkuns in geheel as die werke van een spesifieke kunstenaar. Daar word na ’n verskeidenheid landkunswerke verwys, waar kritiese en tekstuele analises van die teorie gebruik word om die mens-landskap verhouding in die biënnale te argumenteer.17 Lankford (1984:155-158) se

fenomenologiese metodologie vir kunskritiek dien as fenomenologiese benadering tot die werke en noem die volgende vyf (tog geïntegreerde) aspekte wat belangrik is vir ’n fenomenologies-gebaseerde proses van kunswerkanalise en ondersoek: (i) ontvanklikheid; (ii) oriëntering; (iii) inperking (bracketing); (iv) interpretatiewe analise; en (v) sintese. Hierdie aspekte word deur Lankford (1984:155-158) as volg beskryf:

(i) Ontvanklikheid behels dat die aanskouer (interpreteerder) enige vooropgestelde idees rondom die kunswerk, kunsbeweging en belangrikheid daarvan opsy skuif en die werk met nuuskierigheid benader. Alhoewel vooropgestelde idees reeds daar is, moet die aanskouer probeer om die werke toe te laat om die sintuie aan te raak om sodoende ’n wyer persepsie van die werk te ontvang.18

Vervolgens moet die aanskouer ook hom/haarself (ii) oriënteer om sodoende vas te stel watter aspekte van die omringende omgewing as deel van die werk gesien moet word (en watter nie). Verder ook watter eksterne invloede ’n impak sal hê op die persepsie van die werk, soos swak beligting of ’n oorvol galery-omgewing. In die geval van landkuns sal ’n wyer landskap in ag geneem word en dit sal ook voordelig wees om die werke van veelvoudige perspektiewe te aanskou. (iii) Inperking of bracketing behels dat die aanskouer fokus op die kwaliteite van die werk en ’n interpretasie toepas wat ’n direkte verbintenis tot die betekenis van die werk het – dit wil sê dat die aanskouer fokus op relevante en kontekstuele elemente wat bydrae lewer tot ’n beter begrip van die werk. Lankford (1984:156) gebruik die voorbeeld dat sosiale onluste wat terselfdertyd as die skep van die kunswerk plaasgevind het, ingereken of uitgelaat kan word afhangend of dit ’n bydrae lewer tot ’n verstaan van die werk, al dan nie. Tydens die (iv) interpretatiewe analise word die werke beskryf soos wat dit waargeneem word, tesame met visuele elemente en hulle verhoudings, simboliese elemente en die emosionele impakte daarvan. Lankford (1984:152-153) stel dat werke sintuiglik, simbolies of beide kan wees: sommige kunswerke word geskep bloot vir die estetiese en ekspressiewe kwaliteite en die bedoeling is nie

17 Lankford (1984:154) voer aan dat geen interpretasie van ’n werk absoluut is nie en dat kunswerke vir

elke individu uniek (van ’n eie oogpunt) voorkom – interpretasies en besprekings van kunswerke is gevolglik altyd veranderend en veranderbaar.

18 Volgens Lankford (1984:153) tree kunswerke nie net visueel of ouditief met die aanskouer in gesprek

nie, maar ander sintuie tree ook in werking: mense kan die growwigheid van die sand of koue van die water “voel” sonder om noodwendig daaraan te raak. Persepsie van ’n werk impliseer ’n holistiese waarneming van die werk as geheel.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Finally, some large groups of analytic functions are represented as (extendi- ble) linear operators ,on the mentioned spaces.. AMS Classifications 46F05, 46F10, 46F1S,

The 43.2' variant allele that was observed in one sample of this study had a different sequence structure and it has not been seen in any of the other population studies that

Table 2: Median total expected waiting time from referral by GP to treatment, by specialty, 2020 (in weeks) Table 3: Median patient wait to see a specialist after referral from a GP,

Policy recommendations to mitigate the physician shortage emphasize on increasing enrolment at medical schools, improving the distribution of physicians in urban and rural areas

Die rugpyn word al hoe erger en toe hy uiteindelik by sy dokter uitkom, word daar besluit dat hy vir verdere toetse moet gaan.. Sy dokter noem vir hom die moontlikheid van kanker

Schrijf dat hier op, in hele zinnen:.. 2) In deze opdracht mocht ik andere middelen gebruiken dan alleen beeldende middelen (zoals zang, dans, muziek/geluid, taal, theater). 3) Ik

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons