• No results found

Suid-Afrika

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2022

Share "Suid-Afrika "

Copied!
9
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)
(2)

Inleiding

Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) is die ANC-regering se poging om gesondheidsorg universeel beskikbaar te maak vir alle burgers van Suid-Afrika. As motivering vir hierdie stelsel word verwys na artikel 27 van die Suid-Afrikaanse Grondwet wat burgers die reg gee op toegang tot gesondheidsorg.

Tot dusver word die voorgenome stelsel vervat in voorgestelde wette en regulasies wat doelbewus besonder vaag is oor die befondsing en bepalings van die NGV. Dit laat die gemiddelde burger met slegs die “goeie bedoelings” van die ANC-regering om die stelsel mee te beoordeel.

Hierdie gids tot die Nasionale Gesondheidsversekering poog om die werklikheid van ʼn volledig geïmplementeerde NGV tasbaar weer te gee.

Metodologie

Waar moontlik word die voorgestelde wetgewing en regulasies aangaande die Nasionale

Gesondheidsversekering gebruik ten einde ʼn akkurate weerspieëling te gee van wat die implikasies van ʼn volledige implementering van die NGV sal wees.

Weens die tekort aan konkrete inligting oor die Suid-Afrikaanse voorgenome Nasionale

Gesondheidsversekering word daar in die gids gebruik gemaak van voorbeelde uit ander lande se ervarings van die implementering van universele gesondheidsorg met ʼn enkele fonds as aankoper.

Kanada en Brittanje is voorbeelde van ryker lande wat ʼn soortgelyke stelsel geïmplementeer het as die een wat Suid-Afrika van voornemens is om te implementeer.

Ten einde werklike tasbare gevolge te toon, word hipotetiese scenario’s geskets in ʼn Suid-Afrika waar die NGV reeds volledig geïmplementeer is.

Gesondheidsuitkomste

Die voorgenome Nasionale Gesondheidsversekeringfonds is geanker in artikel 27 (1) van die Grondwet van Suid-Afrika:

27. Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid 1. Elkeen het die reg op toegang tot ­

a. gesondheidsorgdienste, met inbegrip van reproduktiewe gesondheidsorg;

b. voldoende voedsel en water; en

c. maatskaplike sekerheid, met inbegrip van gepaste maatskaplike bystand indien hulle nie in staat is om hulself en hul afhanklikes te onderhou nie.

2. Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om binne sy beskikbare middele elk van hierdie regte in toenemende mate te verwesenlik.

3. Niemand mag mediese noodbehandeling geweier word nie.

(3)

Uit hierdie artikel is dit duidelik dat dit nie ʼn reg op gesondheidsorg is nie, maar eerder op toegang tot gesondheidsorg. Gevolglik is dit belangrik dat enige stelsel wat daarop gemik is om hierdie grondwetlike reg uit te brei, wel tot beter toegang tot gesondheidsorg lei, wat impliseer dat daar gekyk moet word na wat die moontlike gesondheidsuitkomste onder so ʼn stelsel gaan wees.

Tans is dit bykans onmoontlik om te weet wat ingesluit gaan wees in die Suid-Afrikaanse konteks, bloot weens die feit dat daar min besonderhede beskikbaar is oor wat presies die NGV gaan dek. In breë terme word gestel dat die NGV uiteindelik alle primêre sorg moet verskaf en dat private

mediese sorg slegs in uitsonderlike gevalle, soos elektiewe plastiese chirurgie, toegelaat gaan word.

Tog word spesifieke aanbevelings oorgelaat aan regulasies wat deur die minister gepromulgeer en aangepas kan word soos nodig.

Die voorgenome Suid-Afrikaanse stelsel het ʼn baie soortgelyke model as dié van Kanada. Alhoewel private mediese dienste toegelaat word, is private dienste of besteding aan private dienste

ingeperk. Die vraag is dan tereg wat die uitkoms van gesondheidsorg in hierdie staat was nadat universele gesondheidsorg daar ingestel is.

Kanada

Vandat Kanada Medicare geïmplementeer het, word die gemiddelde wagtye vir prosedures dopgehou en daarop gerapporteer. Die Kanadese stelsel is gekoppel aan ʼn reeks voorskrifte waaraan voldoen moet word, en daarom word wagtye as maatstaf vir die voldoening van gesondheidsorg gemeet.

Tot dusver neig die Kanadese gesondheidsorg in ʼn afwaartse rigting. Aldus ʼn jaarlikse studie van die Fraser Institute het wagtye vir spesialisbehandeling met 143% toegeneem vanaf gemiddeld 9,3 weke in 1993 tot 22,6 weke in 20201.

Soortgelyke toenames word beleef in wagtye vir eenvoudige mediese dienste soos diagnostiese radiografie. Wagtye vir MRI-skanderings trek tans op 11,1 weke (9,3 weke in 2019), vir CT-skanderings is dit 5,4 weke (4,8 weke in 2019) en vir fetale sonars is dit 3,5 weke (3,4 weke in 2019).

Daarbenewens is daar ʼn tekort aan tegniese mediese toestelle en personeel in die Kanadese gesondheidsorgstelsel 2 3. Sonder normale markkragte is die gevolge dat daar toenemend gebruik gemaak word van private gesondheidsorg 4.

In 2020 was Kanada se Bruto Binnelandse Produk (BBP) per capita in VSA-dollar gemeet $48 617, en in dieselfde jaar was Suid-Afrika se BBP per capita in VSA-dollar gemeet $6 748. Kanada het dus amper tienvoudig meer fondse beskikbaar vir die inwerkingstelling van universele gesondheidsorg.

Ten spyte van die oorvloedige befondsing wat beskikbaar is, bestaan daar ernstige twyfel oor die impak van Kanadese gesondheidsorg op gesondheidsuitkomste.

Suid-Afrika

Ten einde ʼn akkurate weerspieëling te gee van moontlike gesondheidsuitkomste onder die NGV, is die huidige Kanadese wagtye waar moontlik gebruik as plaasvervanger vir wat Suid-Afrikaanse wagtye onder die NGV gaan wees.

So ook word aanvaar dat daar ʼn relatief klein afname in kwaliteit en beskikbaarheid van mediese personeel en dienste gaan wees vanaf die huidige situasie in Suid-Afrika.

Hierdie scenario’s is uiters optimistiese vooruitskattings vir wat die werklikheid onder die NGV gaan wees, aangesien Suid-Afrika in werklikheid tienvoudig armer as Kanada is en die huidige stand van

1 https://www.fraserinstitute.org/sites/default/files/waiting-your-turn-2020.pdf

2 https://www.canada.ca/en/health-canada/services/drugs-health-products/medical-devices/shortages/list.html

3 http://www.ijhpm.com/article_2850_278771f585f846f21fd3b26bfc9176e9.pdf

4 https://www.longwoods.com/content/26435/healthcare-policy/increased-private-healthcare-for-canada-is-that-the-

right-solution-

(4)

gesondheidsorg aansienlik laer is as dié van Kanada, met ʼn verskil in lewensverwagting van meer as 20 jaar (82,6 jaar in Kanada teenoor 62 jaar in Suid-Afrika).

Gegewe Suid-Afrika se entstofprogram se totale mislukking om entstowwe betyds aan te koop, te bemark en uiteindelik mense ingeënt te kry, is hierdie moontlike scenario’s hoe die NGV na

verwagting op sy beste sal funksioneer.

Scenario 1 – Kanker in die NGV

Maandagoggend het Kallie opgestaan met erger rugpyn as gewoonlik. Alhoewel hy die dowwe pyn tot dusver grootliks kon ignoreer, besluit hy om hierdie keer ʼn dokter te gaan sien. Hy maak ʼn

afspraak, maar omdat dit nie dringend is nie, moet hy twee weke wag om by sy plaaslike dokter uit te kom5. Die rugpyn word al hoe erger en toe hy uiteindelik by sy dokter uitkom, word daar besluit dat hy vir verdere toetse moet gaan.

Sy dokter noem vir hom die moontlikheid van kanker en verwys hom na ʼn onkoloog. Kallie maak ʼn afspraak op die NGV se stelsel vir die eerste beskikbare opening, wat eers tien weke later is67. Hy dink by homself dat hy eintlik uitsonderlik gelukkig is dat daar nog onkoloë in sy streek is, selfs al moet hy lank wag8. Alhoewel die rugpyn erger word, help die pynpille wat sy dokter voorgeskryf het tog in so ʼn mate dat die pyn vir Kallie draaglik is.

Uiteindelik kom die dag wat hy die onkoloog kan gaan sien. Daar gekom, word daar besluit dat Kallie onmiddellik vir toetse en ʼn MRI-skandering moet gaan. Kallie se rugpyn raak deurentyd erger en die onkoloog probeer seker maak dat Kallie vroeg in die ry kan kom vir die MRI. Ongelukkig is daar tekorte aan MR-skanderingsmasjiene en kan Kallie eers na nóg 11 weke ʼn MRI-skandering kry9. Na afloop van die toets gaan Kallie huis toe met die pyn wat nou oor sy hele rug en nek versprei is.

Hy weet dit gaan nog sowat twee weke duur vir die uitslae om te kom.

Ongeveer ses maande (23 weke) na sy aanvanklike rugpyn word Kallie met prostaatkanker gediagnoseer wat deur sy hele liggaam versprei het.

Die onkoloog noem dat dit behandelbaar sou wees as dit vroeg gevang is, maar dat daar min opsies vir behandeling oor is. Indien hy sou kies om met chemoterapie te begin, sal hy oor drie maande daarmee kan begin10. Indien Kallie sou kies om die kankergewasse deur chirurgie te verwyder, kyk hy na ʼn wagperiode van minstens twee maande11.

Kallie doen aansoek vir die chemoterapie weens die verspreiding van die kanker – twee weke later hoor hy dat sy behandeling afgekeur is omdat dit nie koste-doeltreffend sal wees nie12. Kallie word in kennis gestel dat hy ʼn klagte teen die besluit kan indien en dat hy dan oor 30 dae gekontak sal word om voorleggings te maak waarin hy kan aanvoer waarom die NGV sy behandeling moet befonds13.

5 http://www.pulsetoday.co.uk/home/finance-and-practice-life-news/average-gp-waiting-times-exceed-two-weeks-for-

first-time-ever/20039156.article

6 https://cmajnews.com/2020/08/28/access-qa-1095895/

7 https://www.fraserinstitute.org/studies/waiting-your-turn-wait-times-for-health-care-in-canada-

2020#:~:text=Patients%20also%20experience%20significant%20waiting,3.5%20weeks%20for%20an%20ultrasound.

8 https://www.businesslive.co.za/bd/national/health/2017-06-08-durban-doesnt-have-a-single-state-oncologist/

9 https://www.fraserinstitute.org/studies/waiting-your-turn-wait-times-for-health-care-in-canada-

2020#:~:text=Patients%20also%20experience%20significant%20waiting,3.5%20weeks%20for%20an%20ultrasound.

10 https://cmajnews.com/2020/08/28/access-qa-1095895/

11 https://www.oecd-ilibrary.org/sites/242e3c8c-en/1/3/2/index.html?itemId=/content/publication/242e3c8c-

en&_csp_=e90031be7ce6b03025f09a0c506286b0&itemIGO=oecd&itemContentType=book

12 https://www.mm3admin.co.za/documents/docmanager/f447b607-3c8f-4eb7-8da4-11bca747079f/00137193.pdf

13 https://www.mm3admin.co.za/documents/docmanager/f447b607-3c8f-4eb7-8da4-11bca747079f/00137193.pdf

(5)

Addisioneel word Kallie in kennis gestel dat hy private behandeling kan probeer, wat hy self op ʼn manier sal moet befonds.

Die staat se ondersoek duur aansienlik langer as die 30 dae, en na 12 weke (60 werksdae)14 kry Kallie die nuus dat die ondersoek afgehandel is en dat daar besluit is dat sy kanker nou so gevorderd is dat behandeling nie meer gaan help nie. Gevolglik gaan die staat nie sy behandeling betaal nie, want dit sal nie kostedoeltreffend wees nie. Kallie kan binne 60 dae teen die besluit15 appelleer.

Kallie dien onmiddellik sy appèl in en 60 dae later word hy in kennis gestel dat hy sy voorleggings kan gaan doen voor die vyf lede van die appèl-tribunaal.16 Met die voorleggings is Kallie al ongelooflik verswak en sit hy in ʼn rolstoel omdat die kanker deur sy hele lyf versprei het. Die appèl-tribunaal stel Kallie in kennis dat hulle hom binne 180 dae sal laat weet wat hulle besluit hieroor is.

Uiteindelik, 485 dae ná sy rugpyn begin het, kom daar ʼn brief vanaf die appèl-tribunaal by Kallie se huis aan. Na hulle sy saak hersien het, is hulle bevinding dat die kanker te wyd versprei het en dat daar geen kostedoeltreffende behandeling beskikbaar is nie.

Kallie se kinders bêre die appèl-tribunaal se mooi uitgedrukte bevinding in een van die kratte waarmee hulle die huis op pak, net langs die begrafnisbrief.

14 https://www.iol.co.za/news/south-africa/gauteng/applied-for-a-gun-licence-you-will-have-to-wait-30-days-longer-

d1997e6f-2c4f-481b-b3f9-f745135c14f7

15 https://www.mm3admin.co.za/documents/docmanager/f447b607-3c8f-4eb7-8da4-11bca747079f/00137193.pdf

16 https://www.mm3admin.co.za/documents/docmanager/f447b607-3c8f-4eb7-8da4-11bca747079f/00137193.pdf

(6)

Scenario 2 - Ligte ongeluk in die NGV

Susan het nie eens die taxi gesien wat haar op die sydeur getref het nie. Na die aanvanklike impak en toe sy tot haar sinne kon kom, het sy agtergekom dat haar arm en neus nogal seer is.

Nooddienspersoneel was redelik vinnig op die toneel en het haar na die hospitaal geneem. Daar gekom is sy ingelig dat sy as stabiel beskou word en dat sy nou die normale verwysingsroete moet volg – wat beteken dat sy eers by haar primêre gesondheidsorgdokter ʼn afspraak moet maak. Susan was net dankbaar dat haar ongebore baba nog beweeg en klaarblyklik niks oorgekom het nie.

Die volgende dag toe sy opstaan, was haar arm nog seerder, dus het sy ʼn afspraak by die dokter in haar streek gemaak. Na ʼn wagtyd van twee weke waarin haar arm seerder geraak het, kon sy uiteindelik haar dokter sien17. Haar gesig was nog kwaai geswel na die ongeluk, met haar neus wat permanent toe bly en skeef op haar gesig sit.

Die dokter is uiters bekommerd oor haar arm en ongebore baba en verwys haar onmiddellik vir ʼn CT- skandering en ʼn sonar. Susan word ingelig dat alhoewel sy ongeveer ses weke sal moet wag vir die CT-skandering, sy gelukkig is dat haar sonar darem oor vier weke gedoen kan word18. Toe sy vra oor haar neus, lig hy haar in dat sy beslis haar neus gebreek het, maar dat dit moeilik gaan wees om die herstel daarvan te regverdig. Aangesien dit nie ʼn mediese noodgeval is nie, word dit as plastiese chirurgie beskou om haar neus reg te maak, en die Voordele-advieskomitee het uitdruklik verklaar dat plastiese chirurgie nie onder die voordele is wat deur die NGV gedek word nie19. In die gang van die praktyk op pad uit sê haar dokter vir haar dat sy moet probeer om in een van ons buurlande reg te kom met ʼn kontantbetaling vir die regmaak van haar neus.

Die pyn in Susan se arm bly erger word, maar gelukkig wys die sonar na vier weke dat haar baba niks oorgekom het nie. Die uitslag van die CT-skandering toon dat haar arm gekraak het, maar dat hy intussen verkeerd aangegroei het. Susan kan nie meer haar arm volledig reguit maak nie en is in konstante pyn – sy vra om verwys te word na ʼn spesialis ten einde die probleem aan te pak.

Uiteindelik kry sy tien weke later ʼn afspraak by ʼn spesialis wat haar arm ondersoek. Alhoewel die beweging ingeperk is, kom die spesialis tot die gevolgtrekking dat sy nog die gebruik van haar arm het – alhoewel dit beperk is. Daar is dus geen mediese noodsaaklikheid om haar gebreekte arm reg te maak nie en die NGV gaan dit nie befonds nie.

Na die geboorte van haar babatjie spaar Susan se familie vir ʼn jaar lank ten einde haar na ʼn buurland toe te kan stuur vir die plastiese chirurgie om haar neus reg te maak. Die totstandkoming en ontwikkeling van private hospitale in Suid-Afrika se buurlande is ʼn verskynsel wat direk na die koms van die NGV gevolg het. By die private hospitaal in die buurland aangekom, word sy vriendelik deur ʼn Suid-Afrikaans-gebore dokter ontvang. Normale vrae oor haar neus lei daartoe dat sy sommer ook vertel van die pyn in haar arm. Die dokter verduidelik dat hulle maklik albei sal kan hanteer, want hulle beskik oor die nuutste tegnologie wat nog nie deur die Suid-Afrikaanse NGV se Voordele- advieskomitee goedgekeur is nie.

Twee dae later stap Susan uit die hospitaal uit met ʼn arm wat reg gespalk is en haar ou neus terug.

17 https://www.fraserinstitute.org/studies/waiting-your-turn-wait-times-for-health-care-in-canada-2020

18 https://www.fraserinstitute.org/studies/waiting-your-turn-wait-times-for-health-care-in-canada-2020

19 https://www.mm3admin.co.za/documents/docmanager/f447b607-3c8f-4eb7-8da4-11bca747079f/00137193.pdf

(7)

Scenario 3 - Ligte siekte in die NGV

Gert het geweet iets is fout toe hy die oggend opstaan. Sy hele lyf was pap en lam en hy kon die kloppende hoofpyn voel. Hy het nog werk toe gegaan, maar het by die werk die NGV se stelsel oopgemaak ten einde ʼn afspraak by sy dokter te maak.

Die eerste beskikbare tyd was drie weke later. Gert maak toe maar die afspraak en daarna vat hy die middag af. Hopelik is dit net ʼn ligte griep, het hy gedink en in die bed geklim.

Toe hy wakker word, was sy keel ongelooflik seer en toe hy in die spieël kyk, kon hy duidelik sien dat dit ontsteek en rooi is.

Gert was geen vreemdeling vir boonste lugweginfeksie nie en het onmiddellik sy aptekervriend gekontak. Ongelukkig het die Departement van Gesondheid nuwe regulasies uitgevaardig wat bepaal dat alle antibiotika nou slegs deur die NGV befonds mag word. Sy vriend het hom laat weet dat hy nie eers met hom mag praat oor sy siekte nie, aangesien hy dan buite die

verwysingsraamwerk vir die NGV gaan beweeg en moontlike boetes asook deregistrasie in die gesig sal staar20.

Selfs sterk pynpille mag ingevolge die jongste regulasies slegs deur ʼn dokter voorgeskryf word. Hierdie regulasie is deur die departement van gesondheid uitgevaardig in ʼn poging om die groeiende private mediese hulp verder te beperk en seker te maak dat daar geen private diensverskaffers van primêre gesondheidsorg is nie21.

Daardie aand kan Gert nie aan die slaap raak nie weens die koors en keelseer. Uiteindelik laat weet hy sy werkgewer dat hy nie die volgende paar dae gaan inkom werk toe nie. Sy siekteverlof word goedgekeur met die voorwaarde dat hy ʼn sertifikaat van sy dokter moet verskaf. Na die derde aand wat Gert nie geslaap kry nie weens die pyn, smeek hy sy aptekervriend vir pynpille of antibiotika. Hy word aangeraai om na ʼn spesifieke gesondheidswinkel buite sy distrik te gaan en daar te vra vir van die spesiale Panado’s. Vandat die NGV ingestel is, is dit gereeld in die nuus dat hele vragte pynpille en antibiotika by die grens gekonfiskeer word deur die polisie. Tog kom verskeie vragte steeds deur.

By die gesondheidswinkel vra Gert mooi vir spesiale Panado’s – die gekwalifiseerde maar

ongeregistreerde apteker vat vir Gert in ʼn kamer agter in die gesondheidswinkel in. Daar word ʼn breëspektrum-antibiotika asook pynpille in ʼn rooibostee-boksie gepak en Gert betaal vir

“vitamienaanvullings”.

Na vier dae van pyn begin Gert met sy kursus antibiotika en drink hy ordentlike pynpille. Daardie aand slaap hy vir die eerste keer ordentlik sedert sy siekte opgevlam het. Die volgende dag kan Gert weer werk toe gaan al is dit met pynmedisyne.

Twee weke later kry Gert ʼn boodskap om hom daaraan te herinner dat sy doktersafspraak daardie Woensdag is. Gert se boonste lugweginfeksie is lankal opgeklaar, maar hy kort steeds ʼn siektebrief vanaf ʼn geregistreerde dokter.

By die dokter aangekom, verduidelik Gert dat hy siek was, maar dat hy by ʼn gesondheidswinkel antibiotika en pynpille gekry het. Die dokter is erg ontsteld en sit Gert se persoonlike besonderhede op ʼn lys van gebruikers wat die doeltreffende funksionering van die NGV aan bande lê. So ook word Gert ingelig dat hierdie dokterskonsultasie nie deur die NGV betaal gaan word nie omdat dit nie medies noodsaaklik is nie en dat die koste van hom persoonlik verhaal gaan word.

20 https://www.mm3admin.co.za/documents/docmanager/f447b607-3c8f-4eb7-8da4-11bca747079f/00137193.pdf

21 https://businesstech.co.za/news/finance/495047/the-end-of-medical-aids-in-south-africa-and-other-questions-raised-

around-the-nhi/

(8)

Uiteindelik moet Gert vir sy bestuurder verduidelik dat hy nie ʼn siektebrief het vir sy siekteverlof nie.

Gert word verplig om sy siekteverlof om te skakel in persoonlike verlof en moet sy vakansieplanne vir die volgende maand aanpas.

(9)

Gevolgtrekking

Waar universele gesondheidsorg geïmplementeer is op grond van die model wat die Suid-Afrikaanse regering met die Nasionale Gesondheidversekering wil volg, het dit meestal tot swakker

gesondheidsuitkomste vir die bevolking gelei, gemeet aan private mediese dienste.

Alhoewel nooddienste die sektor is wat die naaste aan private uitkomste is, word merkbare afnames in die gehalte en spoed van gesondheidsorg gesien wanneer dit by die res van die gesondheidsorg- spektrum kom. Veral elektiewe chirurgie en nienoodsaaklike prosedures se wagtye word wesenlik verleng.

Universele gesondheidsorg lei tot swakker gesondheidsuitkomste, selfs in ryk lande waar wagtye vir prosedures reeds ʼn impak op gesondheid toon en steeds net toeneem. Gegewe Suid-Afrika se sosio- ekonomiese situasie asook die huidige stand van openbare gesondheidsorg is die gedagte dat die NGV tot beter gesondheidsuitkomste gaan lei, een wat in diepe naïwiteit gesetel is.

Die feit dat elke liewe studieprojek van die NGV misluk het, asook die klaaglike mislukking van die sentraalbeheerde entstofprogram, impliseer dat die NGV Suid-Afrikaanse burgers uiteindelik sieker sowel as armer gaan maak.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Volgens Smith (1976) het hy gedurende hierdie tyd sy hoogspringtaleot ontwikkel deur oor drade en miershope te spring, terwyl hy geeksperimenteer het met die

(c) Die waardes van Godsdiensonderrig. Godsdiensonderrig het nie slegs waarde vir die religieuse vorming van die kind n.ie, maar kan sy hele lewe bel.nvloed. Ons

Soos wat die verbond as die geregtigheidsverhouding van YHWH met sy volk in beide begrippe, die qahal en die E:uxA.nol.a, op die voorgrond figureer, so word

130 Engelenburghuis, Pretoria, Ongeordende Engelenburgversameling, Koerantknipsel van 30 Augustus 1923, (koerant onbekend) met Engelenburg se persverklaring. 131

Na elke toetsnommer moet die proefpersoon ten minste twee minute rus voordat die volgende toetsnom.."'tler afgeneem word.. Die skaal is vooraf reg

of mindere mate in afsonderlike skole aangebied om te verseker dat daar langs hierdie weg in die onderwys 'n beter benutting van die swaksiende se gesigsres

De medische wetenschap wordt zo al- macht toegeschreven en zij groeit boven haar eigensucces uit Ook successen, die zij slechts ten dele op haar naam had staan, zoals de verhoging

In diffusion couples, mainly of the type Fe/Ni3S2 and Cu/Ni3S2, the layer sequence, morphology, and growth rate of the reaction products have been investigated.. The