• No results found

Voorwoord

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Voorwoord"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)
(2)

VOORWOORD

Dat prof Hermie van Zyl by sy aftrede met ’n huldigingsbundel vereer sou word is ’n vanselfsprekendheid. Hy het immers oor ’n periode van meer as dertig jaar ’n diens aan die wetenskap in die algemeen en die Nuwe Testamentiese wetenskap in die besonder gelewer.

Twee sake het my opgeval uit die omvang van prof van Zyl se bydrae tot die wetenskap van die Nuwe Testament. Eerstens, die diepte van sy werk op die Evangelie. Sy bydrae tot ’n beter insig in die Matteus-Evangelie kan altyd weer gelees en geherlees word. Die tweede saak is die breedheid van sy werk op die gebied van die Nuwe Testament. Sy lys van publikasies is ’n bewys van die feit dat hy nie net ’n Matteus-spesialis is nie, maar dat hy ’n belangstelling in die Nuwe Testament as geheel het. In elkeen van sy publikasies is daar ’n begronding, ’n belesenheid en ’n logiese aanbied van argumente wat die lees daarvan telkens oortuigend maak. Op persoonlike vlak het ek die voorreg gehad om vir die duur van prof van Zyl se verbintenis met die Fakulteit Teologie aan die UV sy kollega te kon wees. Oor my persoonlike waardering vir Hermie sou ek lank kon uitwy maar die volgende kenmerke van hom sal ek met waardering onthou: Hermie se noukeurige werkswyse kan gesien word uit sy publikasies, sy hantering van administrasie en sy behartiging van die redakteurskap van

Neotestamentica en Acta Theologica. Sy nugtere en ewewigtige oordeel oor sake is ook iets wat ek van hom onthou en waardeer. Hermie is ook ’n woordkunstenaar – sy gebruik van Afrikaans is altyd besonder keurig en met goeie woordekonomie sê hy baie met min woorde. By die Fakulteit het ons groot waardering vir sy leierskap, veral gedurende sy termyn as dekaan. Ten slotte is Hermie ’n persoon met ’n warm menslikheid, iemand wat teenoor almal altyd goeie menseverhoudinge kon handhaaf. Trouens, ek moet nog die mens teëkom wat nie van Hermie hou nie! Waar hy nou aan die einde van sy aktiewe akademiese loopbaan gekom het, wens ons vir hom en Amanda ’n geseënde tyd van rus en en groter rustigheid toe, maar ook met die wens dat ons graag nog sal wil lees aan nuwe navorsing wat hy gaan lewer.

Die feesbundel handel nie oor die geagte jubelaris nie. Die feesbundel handel eerder oor fasette van die boeiende wetenskap van die Nuwe Testament wat nuut belig en beredeneer word. Ons wens is dat die lees hiervan ’n aangename leeservaring sal wees, allereers vir Hermie aan wie hierdie uitgawe van Acta Theologica opgedra word, maar ook vir elke ander leser van die feesbundel.

Prof S D (Fanie) Snyman Waarnemende dekaan Fakulteit Teologie

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

In besonder wil ek my dank betuig aan die Potchef- atroomse Universiteit vir Christelike Ho~r Onderwys vir besieling en tegemoetkoming gedurende baie jare, en my

le Roux, wat tyd aan my afgestaan het vir bespreking van en leiding in aspekte van die empiriese ondersoek; Hoofde van primere en sekondere skole vir die

diu jere voor dio Trek is hy rcc~s tot selfvooI'siening. op onder~ysgcbie~

'n :Sesondere woord van dank en waardering aan die Transoranje-Instituut vir :Suitengewone Onderwys - die :Seheerliggaam van die Prinshofskool vir Swaksiendes - om

8.2 Opleidingsentrums vir die opleibare geestelik vertraagdes wat in die ondersoek ingesluit is 75 8.3 Voorkoms van opleibare geestelik vertraagde

The research reported in this paper is concentrated on the following question: What were the educational implications of the segregation policy of the National

Apartheid, African nationalism and culture- the case of traditional African Music in black education in South Africa.. Politieke apartheid en die verskanste

Ten einde die rol van skoolhoofde as fasiliteerders van verandering te bepaal, is daar eerstens deur middel van n literatuurstudie vasgestel binne watter ontiese