• No results found

Die ontwerp en implementering van die Multisensoriese

4.3 Die implementering van die Multi sensoriese Leesprogram

4.3.3.1 Woordherkenning, leesvlotheid en leesbegrip

Leesgenot in Woordjieland begin met die lees van kort woordjies bestaande uit twee

letters. Volgens Meijj (1995:119) is dit van belang dat leeseenhede aanvanklik beperk word. Die program beweeg later na drieletterwoordjies wat dan so vinnig as moontlik gelees moet word, maar ook in die leerders se werkboekies geskryf moet word. Leerders word deurgaans geleentheid gebied om sinne te skryf en ook kort stukkies te lees wat opgemaak is uit reeds bestaande woorde. Leerders moet ook na afloop van die leesstukkie die begripsoefeninge voltooi. Deurlopende assessering maak deel uit van hierdie deel van die program.

Stap 1

Die eerste gedeelte van Woordjieland begin met die lees van tweeletter- woordjies. Baie van hierdie woordjies dra op sigself nie betekenis nie, maar hierdie oefening is uitsluitlik vir die bevordering van leesvlotheid en woordherkenning. Opvoeders neem

hul letterkaarte en plaas enige twee letters (klinker en medeklinker) langs mekaar om aan die leerders te demonstreer hoe woorde gevorm word byvoorbeeld ‘n b + y = by (sien Bylae 10.6).

Sodra die leerders die tabel met tweeletterwoordjies geleer het, word daar ‘n geleentheid aan hulle gebied om die woorde teen tyd te lees. Slegs een minuut word aan die leerders gebied waarna hulle dan die aantal woorde wat gekies is, moet tel en die getal in die eerste kolom moet skryf. Hulle sal daagliks geleentheid gebied word om op hul pogings te verbeter. Die navorser het ook ‘n tabel ingesluit waar die tweeletterwoordjies geskommel is om memorisering te voorkom. Daar word van die leerders verwag om ook ná elke les al die tweeletterwoordjies wat hulle die betrokke dag geleer het, in hul werkboekies te gaan neerskryf en dit te oefen.

Stap 2

Daarna volg drieletterwoordjies en die aanleer daarvan gaan gepaard met leesspoed. Onderwysers moet weer eens aan die leerders demonstreer hoe die klanke ‘n woord vorm, byvoorbeeld k + a + t = kat (sien Bylae 10.7). Indien daar leerders is wat sukkel om die woordjies reg te lees of te skryf, moet die onderwysers weer die jelliebak nader trek, asook die letterkaarte en met hierdie leerders oefen tot hulle dit regkry. Die leerders moet hierdie woordjies elke dag lees en probeer om die leesspoed (woorde per minuut gelees) te verbeter.

Stap 3

In die tweede deel van Woordjieland word daar gekonsentreer op die lees van a-, e-, i-, o-, u- en y- woorde. Daar word van die leerders verwag om die woorde so vinnig as moontlik te lees sonder om te klank. Leerders hou aan om die woorde te lees totdat hulle dit vlot kan lees. Hierdie woorde word dan uitgeskryf in die werkboekies en leerders kry die geleentheid om sinne te maak met enige twee woorde. Indien daar woorde is wat vir die leerders onbekend is, moet hulle hierdie woorde in hul Skatkis

die onderwyser vra om die betekenis van die woord te verduidelik en dit dan in die vorm van ‘n prentjie vir hulle te wys.

Wanneer leerders die woorde vlot gelees en uitgeskryf het, sal hulle in staat wees om ‘n kort, maklike gedeelte te lees. Die navorser het elke leesgedeelte sorgvuldig beplan, sodat dit al die woorde wat reeds geleer waarin die betrokke klank voorkom, asook hoëfrekwensiewoorde wat reeds aan leerders bekend is, bevat (Klankieland). Leerders moet na afloop van die leesgedeelte ‘n kort begripsoefening voltooi ten einde te bepaal of die leerders ook met begrip lees.

Na voltooiing van elke stel woordjies wat die genoemde klanke bevat, moet die leerders verder geassesseer word ten einde te verseker dat hulle die betrokke woordjies deeglik ken alvorens daar na die volgende klank se woorde beweeg kan word. Die assessering geskied in die vorm van ‘n speltoets. Leerders wat woorde verkeerd gespel het, moet die woorde ‘n paar keer gaan uitskryf, maar die opvoeders moet ook hierdie leerders deur middel van jellie of taktiele letters help om eers die woorde sensories te integreer alvorens dit uitgeskryf word. Woordjies wat verkeerd geskryf word, moet op die hospitaalwoordekaart geplaas word en die volgende dag moet die onderwyser die leerders geleentheid gee om die woordjies wat hulle die vorige dag verkeerd gehad het, korrek te skryf. Die leerders wat die woordjies dan reg het, mag die woordjies dan uit die “hospitaal” ontslaan (sien Bylae 10.5). Laastens word leerders die geleentheid gebied om die gegewe strokiesprent te neem en sy/haar eie baie kort en snaakse storie te skryf met woordeskat opgebou uit die oefeninge.

Die navorser beklemtoon weer eens die belangrikheid van beloning vir die leerders en onderwysers moet leerders aanmoedig om tydens die laaste leesperiode van die week hul eie keuse van lektuur na die klas te bring en dit te kom lees. Hierdie periode moet nie tot die klaskamer beperk word nie. Die navorser verkies dat onderwysers hierdie periode gebruik om lekker onder ‘n boom te gaan sit of sommer net luilekker onder die boom te lê en te lees. Daarna moet hulle met mekaar deel wat

hulle gelees het. Leerders moet ook aangemoedig word om soveel moontlik maklike boekies te lees. Onderwysers kan in dié verband die leerders beloon vir die boeke wat hulle gelees het.

Benodigdhede vir woordbemagtiging

Leesgenot in Woordjieland

Skatkis van Woorde-woordeboekie

Werkboekie Horlosie

Jelliepoeier en taktiele letters Koerante

Tydskrifte Leesboekies

Alfabetkaarte vir die bou van woorde Hospitaalwoordekaart

4.4 Samevatting

In hierdie hoofstuk is die ontwerp en implementering van die Multisensoriese Leesprogram verduidelik soos in die praktyk toegepas. Opvoeders van die eksperimentele groep betrokke by die aanbieding van hierdie program is onderwerp aan intensiewe opleidingsessies om die eenvormige administrering van die program te fasiliteer.

Die navorser het dit met die ontwerp van hierdie program voor oë gehad om elke leerder die geleentheid te bied om op die genotvolste wyse die belangrikste vaardigheid, naamlik lees, te bemeester. Verder het die navorser ook gepoog om leerders die geleentheid te bied om op grond van hul leerstyl te leer lees.

Die gestandaardiseerde verkenningsmedia wat voor en na die toepassing van die program gebruik is om die uitkoms van die program te evalueer, sal in Hoofstuk 5 bespreek word.

5

Navorsingsontwerp, metode van