• No results found

Bespreking van die ontwerp van die Multisensoriese Leesprogram aan die hand van ‘n

Die ontwerp en implementering van die Multisensoriese

4.2 Ontwerp van die Multisensoriese Leesprogram

4.2.4 Bespreking van die ontwerp van die Multisensoriese Leesprogram aan die hand van ‘n

skematiese voorstelling

Vir die ontwerp van die Multisensoriese Leesprogram is daar deurgaans gebruik gemaak van ‘n multisensoriese benadering, en die sintetiese benadering. Vir die aanleer van hoëfrekwensiewoorde is daar uitsluitlik gebruik gemaak van die psigolinguistiese benadering en in die program is aandag gegee aan van die foneme en diftonge wat in die kurrikulum voorgeskryf is vir die grondslagfase. In die Leesprogram is foneemherkenning voorafgegaan deur multisensoriese grafeemherkenning en -oefening. ‘n Suksesvolle leesprogram kan nie sonder deurlopende assessering funksioneer nie en daarom het die navorser in sekere gedeeltes van die leesprogram ruimte gelaat vir selfassessering deur leerders, asook assessering deur die onderwysers.

Die Multisensoriese Leesprogram is saamgestel uit die volgende drie reekse wat gebruik word vir elke afdeling (sien Bylae 9). Daar sal hierna verwys word tydens die bespreking van die ontwerp van die Multisensoriese Leesprogram aan die hand van ‘n skematiese voorstelling.

ƒ Reeks 1 - Letterbemagtiging: Leesgenot in Lettertjieland (grafeme) ƒ Reeks 2 - Klankbemagtiging: Leesgenot in Klankieland (foneme) Deel 1 & 2

ƒ Reeks 3 - Woordbemagtiging: Leesgenot in Woordjieland

ƒ Assesseringsvorms vir die assessering van leer deur onderwysers.

In Figuur 4.1 word ‘n skematiese voorstelling van die ontwerp van die leesprogram gegee.

4.2.4.1 Boustene van die Multisensoriese Leesprogram

Die Multisensoriese Leesprogram is ontwikkel aan die hand van die volgende baie belangrike boustene, gebaseer op die bevindinge van die literatuurstudie (sien 3.2.4) wat deurentyd figureer in die program:

ƒ klank-simboolverwantskappe; ƒ multisensoriese werkswyses; ƒ fonemiese bewustheid;

ƒ sistematiese, eksplisiete onderrig in fonetiek; ƒ dekodering;

ƒ spelling;

ƒ leesbegrip en leesvlotheid; ƒ onafhanklike lees.

Soos reeds aangedui in 4.2.2 word ‘n deurlopende multisensoriese werkswyse gevolg tydens die hele program en is dit beoog om ‘n uiters genotvolle program te wees, wat leerders leer om in hulself te glo sodat hulle waagmoed ontwikkel. Die program laat baie ruimte vir herhaling en vaslegging op speelse wyse.

4.2.4.2 Reeks 1- Letterbemagtiging: Leesgenot in Lettertjieland

Leesgenot in Lettertjieland (sien Bylae 9.1) fokus hoofsaaklik op die leer van die

alfabetletters in alfabetiese volgorde, dus grafeemherkenning. Leerders moet kan onderskei tussen hoof- en kleinletters en hul korrekte skryfwyse. In hierdie reeks handel dit oor hoe die letters lyk en elke letter se naam. Daar word ook gefokus op die feit dat daar 26 letters in die alfabet is en dat die alfabet bestaan uit klinkers en medeklinkers. Leerders moet in staat wees om die alfabet te kan opsê, neerskryf en ook om dit geskommel te kan lees en skryf. Leerders kan nie na Reeks 2 beweeg tensy hulle nie die alfabet vlot ken nie; dus moet hulle elke letter kan herken. Die bousteen van hierdie Reeks is Klank-simboolverwantskap.

4.2.4.3 Reeks 2 – Klankbemagtiging: Leesgenot in Klankieland Deel 1 & 2

Leesgenot in Klankieland Deel 1 (sien Bylae 9.2) volg op die eerste reeks en kan

slegs ‘n aanvang neem indien die leerders reeds die alfabetletters goed ken; dus grafeemherkenning onder die knie het. In hierdie deel van Reeks 2 word daar hoofsaaklik gefokus op fonologiese bewustheid. Hierdie deel bevat verskeie rympies wat die leerders aanleer ten einde hulle bewus te maak van klanke wat rym. Ander oefeninge, soos die analisering van lettergrepe en klanke, die identifisering van aanvangs-, slot- en/of eindfoneme, rymwoorde, weglating en byvoeg van klanke en klankmanupilasie word vervat in deel een. Indien leerders deel een baasraak, mag hulle met deel twee van Reeks 2 begin. Sou hulle deel een nie onder die knie hê nie, moet hulle deel een weer deurwerk met die opsie dat Reeks 1 moontlik weer hersien moet word.

Deel 2 van Reeks 2 (sien Bylae 9.3) fokus hoofsaaklik op die klank- simboolverwantskappe en sistematiese, eksplisiete onderrig in fonetiek; dus hoe elke letter klink. In deel twee van Reeks twee word klinkers (a, e, i, o, u, y), medeklinkers (a, b, c, d, f, g, h, j, k, l, m, n, p, q, r, s, t, v, w, x, z), tweeklanke/diftonge (oe, ou, eu, ui, ei, ie, ooi, oei, eeu, aai) en dubbelklinkers (aa, ee, oo, uu) behandel en is daar vir elkeen van die klanke oefeninge wat leerders genoegsame vaslegging gee. Elke oefening gee die leerders die geleentheid om die betrokke klank uit te skryf en die posisie van die enkelklank in die alfabet word telkens aangedui.

In deel 2 van hierdie reeks is selfassessering ingebou, wat leerders moet voltooi. Deel 2 bevat ook aansporingsboodskappe vir die leerders. Die alfabet word deurentyd ingeoefen en van die belangrikste hoëfrekwensiewoorde is vervat in deel 2. Hierdie hoëfrekwensiewoorde eskaleer namate die klanke vorder. Leerders begin met drie hoëfrekwensiewoorde en elke keer word die huidige hoëfrekwensiewoorde aangevul met twee nuwe toevoegings.

Indien leerders nie deel 2 baie goed bemeester nie, dus nie kan klank nie, kan hulle nie die geleentheid gebied word om aan te gaan met Reeks drie nie, en moet daar herhaling en vaslegging geskied totdat die leerders deel 2 van Reeks 2 bemeester het. Sonder die nodige klankbemagtiging is woordbemagtiging nie moontlik nie, aangesien leerders die klanke moet saamvoeg tot betekenisvolle woorde.

4.2.4.4 Reeks 3 – Woordbemagtiging: Leesgenot in Woordjieland

Reeks 3 (sien Bylae 9.4) van die Multisensoriese Leesprogram fokus op klanksamevoegings ten einde woorde te vorm wat maklik gedekodeer kan word. In Reeks 3 is dekodering, spelling, leesvlotheid, leesbegrip, ‘n strewe na onafhanklike lees, woordeskatuitbreiding en kreatiewe denke van kardinale belang.

Die reeks begin met klanksamevoegings wat leerders vlot moet kan lees. Daar word tyd gehou van hoe lank dit leerders neem om die klanksamevoegings te lees (woorde per minuut). Leerders kry daagliks die geleentheid om hul pogings te verbeter. Wanneer die leerders die klanksamevoegings suksesvol bemeester het, mag hulle beweeg na die lees van maklike woordjies. Hier word daar ook aan die leerders die geleentheid gebied om leesvlotheid te verbeter (woorde per minuut). Leerders lees nie nou net meer die woordjies so vinnig as moontlik nie, maar moet nou ook die betekenis van elke letter kan weergee. Indien ‘n leerder nie die betekenis van ‘n woord verstaan nie, moet hulle dadelik die woord in die woordeboek naslaan en die betekenis daarvan kortliks neerskryf of teken in die Skatkis van woorde- woordeboekie, waar daar vir elke letter van die alfabet plek is vir woorde (sien Bylae 9.4.1). Onderwysers kan leerders hier behulpsaam wees deurdat, indien dit voorskoolse leerders is, die woordjies verduidelik kan word en die leerders dan net teken wat hulle verstaan rondom die woord.

Na afloop van die bemeestering van die maklike woordjies, maak leerders kennis met die klinkergroep (a, e, i, o, u, y), asook die dubbelklinkers en tweeklanke dan sien díe oefeninge soos volg daaruit:

ƒ Elke klinkergroep bevat woordjies van die betrokke klinkergroep wat leerders weer eens vlot moet kan lees.

ƒ Leerders kry die geleentheid om van die woordjies neer te skryf om spelling te toets.

ƒ Leerders moet sinne maak met enige twee woordjies.

ƒ Nou kry die leerders die geleentheid om ‘n leesstukkie te lees met bekende woorde wat hulle reeds geleer het wat die betrokke klank bevat, en dan moet hulle ‘n begripsoefening voltooi oor die leesstukkie. Leesbegrip en leesvlotheid word deurentyd getoets en aangeleer.

ƒ Assessering van woorde met die betrokke klank word ook na afloop van die leer van die betrokke klank gedoen.

ƒ Leerders kry die geleentheid om laastens ‘n kort storie te skryf na aanleiding van die strokiesprent wat spesiaal aanpas by die betrokke klank. Sodoende word woordeskatuitbreiding en kreatiewe denke gestimuleer.

ƒ Na afloop van elke drie klanke word ‘n hersieningstoets geskryf ten einde leerders te herinner aan al die verskillende woorde se spelwyses.

Leerders kan nie oorgaan tot die aanleer van ‘n volgende klank tensy hulle nie die woorde wat die vorige bevat, kan lees en spel nie. Leerders moet dus die leesstuk vlot kan lees en die begripsoefening suksesvol voltooi.

4.3

Die implementering van die Multi-