• No results found

Die ontwerp en implementering van die Multisensoriese

4.3 Die implementering van die Multi sensoriese Leesprogram

4.3.1.1 Letterherkenning en lettername Stap

In die eerste stap van die program stel die onderwysers die leerders bekend aan die alfabet. Die alfabet word op die bord geplaas (sien Bylae 10.3) en daar word dan aan die leerders gevra of hulle weet wat hierdie klomp letters voorstel. Dit word onder die aandag van die leerders gebring dat die alfabet uit 26 letters bestaan waarvan 20 medeklinkers is en ses klinkers heet (gemerk in rooi). Hulle is die a e i o u en ook die y. Die klinkers word vasgelê deur die sin arme ek is oupa uil, vir die leerders te leer.

Aan die leerders word verduidelik dat die alfabet ‘n letterkas is. Elke letter in die letterkas het ‘n letternaam (daar word op hierdie stadium van die program slegs gekonsentreer op die lettername). Die alfabet word ook gebruik om woorde te vorm. Klinkers is noodsaaklik vir die vorming van woorde. Die medeklinkers is die res van die 20 letters van die alfabet wat in blou gekleur is. Daar is dus 20 medeklinkers en ses klinkers. Die onderwysers wys leerders daarop dat die letters uit hoofletters en kleinletters bestaan en dat daar gefokus moet word op die skryfwyse van elke letter.

Stap 2

In die volgende stap word begin met letterkaarte van die eerste vyf letters (a-e). Die onderwysers laat die leerders elke tweede dag vyf letters leer, dus om en by tien letters per week. Omdat die leesprogram lees onder andere onderrig deur middel van lettername- en klankname, is herhaling baie belangrik. Onderwysers moet self die hoeveelheid letters aanpas na gelang van die leerders se vermoëns. Klem word gelê op herhaling en vaslegging. Leerders kan elke dag dié letters wat hul behandel het, uitknip (sien Bylae 9.1).

Stap 3

In stap 3 word begin met die kleinste eenheid van sig, klank en gevoel – ‘n enkele letter. Die eerste letter Aa word op die bord geplaas met die volgende opdrag:

ƒ Dit is die letter A a

ƒ Die boonste letter is ‘n hoofletter en die onderste letter is ‘n kleinletter. Opvoeders moet die leerders telkens attent maak op die posisie van elke letter in die alfabet.

ƒ Sê A-A-A-A.

ƒ Leerders word gewys hoe om die letters te skryf: “Skryf die hoofletter so (wys vir hulle) en die kleinletter skryf ons al in die rondte op/af’. Met die gebruik van hierdie werkwyse word leerders geleer om die klanke van die letters te koppel aan die geskrewe simbool. Leerders koppel die klank en simbool aan hoe dit voel om die letter te vorm.

ƒ “Skryf hierdie letter in die lug, op jou maat se rug en op die bank met jou vinger. Maak die letter met jou hande as jy kan’.

ƒ Die letter word ook met klei of met pypskoonmakers gevorm. Leerders koppel die klank en simbool aan hoe dit voel om die letter of letters te vorm.

ƒ Indien al vyf die letters herken en geskryf kan word, word dit heel laaste in die jelliepoeier geskryf.

ƒ Letters word “geskommel” op die bord sodat leerders nie die volgorde kan raai nie. Leerders moet die letters van voor na agter en terug, asook van bo na onder en terug kan lees sonder om te aarsel en te raai. Die proses word herhaal tot hulle die letters goed ken. Leerders kan selfs gevra word om die geskommelde letters in die regte volgorde op die bord te kom plaas.

ƒ Daarna word die Rap-laserskyf aangeskakel en die leerders oefen die vyf letters op die maat van kletsrym (“rap”) met beweging. Onderwysers moet voortdurend die letters skommel tydens die kletsrym.

ƒ Elke leerder ontvang sy/haar eie bakkie met jelliepoeier en dan skryf die leerders die letters in die jelliepoeier soos wat die onderwyser dit noem. Van belang is dat die leerders die letters korrek moet vorm en skryf. Indien

omkerings voorkom, of as daar leerders is wat die letters nie reg skryf nie, of nie weet hoe ‘n letter gemaak word nie, moet hierdie leerders op die mat gaan sit en dan moet die opvoeder gebruik maak van taktiele letters wat op skuurpapier gedruk is sodat die leerders met hul vingers oor die betrokke letter kan voel. Eers dan mag die leerders die letter weer in die jelliepoeier skryf en hul vinger lek.

ƒ Na afloop van die jelliewerk word die leerders versoek om hul eie stel letters uit te knip en dit dan te gebruik vir die speletjies wat gespeel gaan word na afloop van die les. Hierdie speletjies is ‘n baie aangenamer vorm van hersiening en leerders geniet dit terdeë.

Stap 4

Stap 4 behels dat onderwysers elke dag die leerders ‘n toetsie agter in hul skryfboek laat skryf sodat daar vasgestel kan word wie nie die vorige dag se letters onder die knie het nie. Van die leerders word verwag om ook die alfabet uit te skryf nadat al die letters geleer is, en hulle moet die alfabet ook van agter na voor kan uitskryf. Koerante, tydskrifte en advertensieblaaie word uitgedeel en leerders kry die geleentheid om die letters wat die betrokke dag behandel is, uit te knip en in hul skryfboekies te plak.

Stap 5

As laaste stap word van die leerders verwag om aan te dui hoe hulle die dag se les beleef het. Die leerders kan dan ‘n vriendelike gesiggie teken as hulle dit geniet het

, of ‘n treurige gesig indien nie. Onderwysers moet ook die leerders se boekies daagliks nasien en assesseer (sien Bylae 9.5).

Speletjies

ƒ Die speletjies wat gespeel kan word met die letters is SNAP en Domino, waar leerders in pare teen mekaar speel met die letters wat uitgeknip is.

ƒ Leerders kan ook vir mekaar die kaarte uitpak en dan moet die ander leerder die volgorde korrek pak.

ƒ Die klas kan opgedeel word in twee spanne en dan ‘n vasvrakompetisie hou oor die alfabet, deur byvoorbeeld te vra watter letter kom tussen c en e, watter letter is die eerste in die alfabet, wat is die vierde letter, ensovoorts.

ƒ Die onderwyser vertel vir die leerders van ‘n letter wat hy/sy in die hand hou, deur byvoorbeeld te sê die letter laat ‘n mens dink aan ‘n vrug wat die dokter weghou. Dan moet die leerders raai dat die letter ‘n a is vir appel. So word leidrade vir verskillende letters gegee en die leerders moet raai na watter letter verwys word, dus klankassosiasie.

Hierdie werkswyse word gevolg met elke vyf letters wat aangeleer word. Hersiening moet gedoen word van die vorige dag se letters en dan word daar begin met die nuwe letters. Tydens die eerste gedeelte van die program, naamlik Leesgenot in

Lettertjieland, word daar dus sterk gefokus op ‘n multisensoriese werkswyse, asook

die aanleer van klank- simboolverwantskappe waar opvoeders en hul leerders staat maak op al drie bane (visueel, ouditief en kinesteties-taktiel) om te leer. Herhalingstrategieë speel deurgaans ‘n rol.

Dit is ook belangrik dat die laaste periode van elke week afgestaan word aan die lees van stories, juis om onafhanklike lees te bevorder. Die onderwysers en die leerders word versoek om in hierdie periode die klas te verlaat en dan onder ‘n boom of spesiale plekkie te gaan sit en enige leesstof te lees. Leerders kan koerante en tydskrifte deurblaai of die onderwysers kan vir die leerders stories lees. Leerders moet ook toegelaat word om oor onderwerpe te lees waarin hulle belangstel. Deur hul eie lektuur te kies, word leesbegrip by die leerder bevorder omdat hy/sy dan moeite doen om die teks te verstaan. Die doel is om leerders hierdeur bewus te maak van die noodsaaklikheid van lees vir die verwering van kennis asook om ‘n liefde vir lees te kweek.

Benodigdhede vir die letterbemagtiging

1. Klei/pypskoonmakers

2. Letters wat leerders moet uitknip (blokletters)

3. Alfabetkaarte (blou en rooi letters wat teen die bord kom) asook die alfabettabel met rooi en blou letters.

4. Leesgenot in Lettertjieland werkboek

5. Skryfboek

6. Bordjies met jelliepoeier 7. Taktiele letters (skuurpapier)

8. Laserskyf met die rapmusiek/ die alfabetliedjie (berus op die idee van Davies & Ritchie, 2003).

9. Koerante en tydskrifte

10. Assesseringsvorm vir opvoeders

4.3.2 Klankbemagtiging (foneme)

Tydens die tweede gedeelte van die program word leerders blootgestel aan

Leesgenot in Klankieland (Deel 1 & 2) (sien Bylaes 9.2, 9.3) waar leerders

foneemherkenning leer en toepas. Verskeie aspekte soos ‘n multisensoriese werkswyse, fonemiese bewustheid en sistematiese, eksplisiete onderrig in fonetiek is in gedagte gehou by die samestelling van Leesgenot in Klankieland. Leesgenot in

Klankieland fokus sterk op fonologiese bewustheid, aangesien laasgenoemde

geïdentifiseer is as dié onderliggende kognitiewe vaardigheid wat lees en leesprobleme onderlê (Stanovich & Siegel, 1994:28). Fonologiese bewustheid sluit aspekte in soos die analisering van lettergrepe en klanke, die identifisering van aanvangs-, slot- en/of eindfoneme, rymwoorde, weglating en byvoeging van klanke, klankmanupilasie, en so meer. Rympies en gediggies is ook ingesluit in hierdie deel van die program, om veral die ouditiewe waarneming en geheue in te span. Hoëfrekwensiewoorde is ook in die program ingebou, want hoe vinniger hierdie

woorde as globale konfigurasie as gehele eenhede gelees word, hoe vlotter en met meer leesbegrip sal lees plaasvind (Meijj, 1995:123).

4.3.2.1 Fonologiese Bewustheid