• No results found

Navorsingsontwerp, metode van ondersoek en verkenningsmedia

5.4 Metode van ondersoek

5.4.3 Fase drie

Die inligting wat uit die literatuurstudie verkry is, is gebruik as basis vir die ontwerp en implementering (praktiese toepassing) van die Multisensoriese Leesprogram. In fase 3 het die navorser die volgende primêre skole in die Heidedal-omgewing, naamlik Heide Primêr, Joe Solomon Primêr, Credence Primêr en Olympia Primêr, geïdentifiseer om deel van die verdere verloop van die studie te wees, dit wil sê, as

skole waar die program wat ontwikkel is, geïmplementeer sou word. Die rede waarom daar op hierdie skole besluit is, is omdat hierdie skole binne ‘n radius van 3 km van mekaar af was, almal dieselfde sosio-ekonomiese status geniet en al vier die skole ernstige probleme met leesvaardighede ondervind het. Die hoofde van al vier die skole was gretig om deel te wees van die navorsingstudie en wou graag hul grondslagfase-onderwysers blootstel aan alternatiewe leesbenaderings.

Inligtingsessies is by elke skool gehou om die doel en werkwyse van die navorsing te verduidelik. Daarna is die skoolhoofde versoek om twee graad 3-klasse in hulle skool te identifiseer wat by die studie betrek kon word. In elke skool is ‘n kontrolegroep en ‘n eksperimentele groep geïdentifiseer. Hierdie indeling is lukraak deur die skoolhoofde gedoen.

Ewekansig-geselekteerde eksperimentele en kontrolegroepe is ideaal, maar dikwels is dit nie prakties moontlik nie. In die geval van hierdie studie was dit nie moontlik om die proefpersone ewekansig aan verskillende groepe toe te wys nie (sodat die groepe ten opsigte van steuringsveranderlikes van mekaar kan verskil), juis omdat daar gebruik gemaak is van graad 3-klasse as geheel, en net twee klasse per skool. Omdat die leerders gewoond was aan hul onderwysers en reeds ses maande by die betrokke onderwysers in die klas was, sou ‘n skommeling in die klasgroepe ontwrigting veroorsaak het, wat nie net tot nadeel van die leerders sou wees nie, maar ook die resultate van die studie sou kon beïnvloed.

Om die klassituasie so getrou as moontlik aan die reële te hou en nie ontwrigting vir die kinders of onderwysers te veroorsaak nie, is ‘n kwasi-eksperimentele navorsingsontwerp in die formaat van ‘n nie-ekwivalente-kontrolegroep voor-en- natoets-ontwerp gebruik (vgl. Huysamen, 1993:89-90; Ary, Jacobs & Razavieh, 1990:336). Leedy en Ormrod (2005:227) is van mening dat “without random

assignment, there is, of course, no guarentee that, prior to the experimental treatment or intervention, the two groups are similar in every respect - that any differences

pretest) can confirm that the two groups are at least similar in terms of the dependent variable under investigation.” Die eksperimentele en kontrolegroepe is deur die

skoolhoofde aangewys, alhoewel die leerders nie individueel aan die eksperimentele of kontrolegroep toegewys is nie.

Die navorsingsgroep het bestaan uit 333 Afrikaanssprekende graad 3-leerders van die vermelde skole in Heidedal. Die leerders was van min of meer dieselfde ouderdom en het uit dieselfde sosio-ekonomiese omgewing gekom.

Die leerders van beide groepe se voortoetstellings is deur middel van ‘n Anova uitgebeeld om die invloed/nie-invloed van die skool te bepaal.

5.4.3.1 Opleiding van onderwysers van die eksperimentele groepe In die navorsingsontwerp het die navorser voorsiening gemaak vir die proefnemer- effek. Dit verwys na die effek wat die verwagtings van proefnemers rakende die data wat ingesamel moet word, op die verkreë data mag hê (Huysamen, 1993:72). Indien die navorser, wat die eksperimentele ingreep ontwerp het, self die ingreep (in hierdie geval die Multisensoriese Leesprogram) toepas, het die navorser direkte belang by die uiteindelike resultate van die ondersoek, en kan die ingreep só plaasvind dat dit ‘n invloed kan uitoefen op die proefpersone. Die resultate kan dus gekontamineer word. In so ‘n geval sou die program slegs effektief wees as die programontwerper die aanbieding doen en is die proefpersone nie onderworpe aan die onafhanklike veranderlike soos gekonseptualiseer nie, maar soos toegedien deur die proefnemer. Daar is dus besluit om van onderwysers gebruik te maak as proefnemers.

In die laaste week van die Junie-skoolvakansie (2006) het al vier die onderwysers betrokke by die eksperimentele groep gelyktydig opleiding ontvang aangaande die eerste twee gedeeltes (Leesgenot in Lettertjieland en Leesgenot in Klankieland, (sien Bylaes 9.1, 9.2 & 9.3) van die Multisensoriese Leesprogram. Die onderwysers het ‘n

agtergrond gekry van wat multisensoriese leer behels, en hulle het toe die gedeeltes waarin hulle opgelei is, prakties op mekaar toegepas. Tydens die Oktobervakansie (2006) het die onderwysers weer opleiding ontvang oor die laaste gedeelte van die Multisensoriese Leesprogram, naamlik Leesgenot in Woordjieland (sien Bylaes 9.4 & 9.4.1). Dieselfde prosedures is gevolg as tydens die eerste opleidingsessie. Die navorser het dus alle redelike stappe gedoen om seker te maak dat elke onderwyser die implementering van die program verstaan en dat hulle dit korrek sou implementeer.

Vanaf die begin van die implementering van die ingreep (17 Julie 2006), het die navorser en die onderwysers op ‘n weeklikse basis vergader. Daar is dan oor die implementering van die program besin. Onderwysers moes elke week die leerders se werkboekies na die vergadering bring en ook weekliks verslag doen oor die vordering al dan nie van elke leerder in hul klasse. Elke onderwyser moes dus ‘n verslagboekie byhou. Die voordeel van die gesamentlike byeenkoms was dat die onderwysers van mekaar kon leer en ook dat idees uitgeruil kon word rondom swak en stadige leerders. Die navorser het ook van die geleentheid gebruik gemaak om onderwysers uit te vra na die leemtes wat hulle ervaar in die aanbieding en toepassing van die Multisensoriese Leesprogram en daar is ook gedagtes gewissel rondom sekere praktiese aspekte wat die navorser dan kon implementeer, soos om koerantuitknipsels te neem en leerders te vra om die letters wat op ‘n betrokke dag behandel is, te onderstreep en dit in hul boekies te plak. Die onderwysers het ook die leerders versoek om die letters wat aangeleer word netjies in hul werkboekies uit te skryf.

5.4.3.2 Implementering van die Multisensoriese Leesprogram

Die implementering van die Multisensoriese Leesprogram het in drie fases geskied. Ten eerste het die leerders begin met Leesgenot in Lettertjieland. Leerders moes eers hierdie deel van die program bemeester, alvorens daar oorgegaan kon word na

basis geassesseer ten einde te bepaal of leerders die betrokke dag se werk onder die knie het. Daar is ook van leerders verwag om deur middel van leerderassessering aan te dui of hulle die dag se werk geniet het al dan nie. Hier moes die leerders na afloop van elke les ‘n gelukkige gesiggie inkleur as die werk vir hulle genotvol was, en ‘n hartseer gesiggie as die les nie vir hulle genotvol was nie.

Nadat die leerders fase een van die program bemeester het, het die onderwysers oorgegaan na fase twee, naamlik Leesgenot in Klankieland. Leerders moes die oefeninge voltooi en dan is daar van hulle verwag om die dag se werk toe te pas in werkboekies. Dit het gewoonlik uitknip van letters uit koerante en tydskrifte ingesluit. Eers ná die suksesvolle bemeestering van fase twee mag die onderwysers die leerders blootgestel het aan fase drie van die Multisensoriese Leesprogram, naamlik

Leesgenot in Woordjieland.

‘n Volledige bespreking van die voorgestelde verloop van die implementering van die Multisensoriese Leesprogram is in Hoofstuk 4 gegee. Daar moet hier daarop gelet word dat daar elke dag een uur spandeer is aan leesonderrig (Multisensoriese Leesprogram). Die navorser beklemtoon die feit dat dit slegs die eksperimentele groep was wat blootstelling gekry het aan die Multisensoriese Leesprogram en dat die kontrole groep met hul normale leesonderrigsessies voortgegaan het.