• No results found

DIE DERDE BEDRYF: MIDDELLOOPBAAN-ONTWIKKELING

HOOFSTUK 3 VOLWASSE ONTWIKKELING

 Vroeë volwassenheid – ongeveer 20 tot 40 jaar;

 Middelvolwassenheid – 40 tot 65 jaar;

 Laatvolwassenheid – vanaf 65-jarige ouderdom.

Hierdie indeling vergemaklik die organisering en bespreking van die volwasse jare, maar die afbakening hiervan is tot ’n sekere mate arbitrêr. Tabel 3.1 (Papalia, Sterns, Feldman & Camp 2007:9) bied ’n oorsig oor die vernaamste ontwikkeling wat tydens die drie periodes van volwassenheid plaasvind.

Tabel 3.1: Major ontwikkeling in die drie periodes van volwassenheid

Ouderdom Fisiese Ontwikkeling Kognitiewe Ontwikkeling Psigososiale Ontwikkeling Vroeë volwassenheid (20 tot 40 jaar) Fisiese toestand bereik ’n hoogtepunt, met ’n klein afname. Lewenstylkeuses beïnvloed gesondheid. Kognitiewe vermoëns en morele oordeel veronderstel kompleksiteit. Opvoedkundige en loopbaankeuses word gemaak. Persoonlike eienskappe en style raak relatief stabiel, maar verandering in persoonlikheid mag beïnvloed word deur

lewenstadia en -gebeurtenisse.

Besluite oor intieme verhoudinge en

persoonlike lewenstyle.

Die meeste mense trou en word ouers.

Middel- volwassenheid (40 tot 65 jaar) Degenerasie van sensoriese vermoëns, gesondheid, Meeste basiese verstandvermoë bereik ’n hoogtepunt; praktiese Identiteit ontwikkel steeds; stresvolle oorgang na die middeljare mag

stamina en vaardigheid. Vroue kan menopouse ervaar. probleemoplossings- vaardighede is hoog. Kreatiewe vermoë

neem af, maar verbeter in kwaliteit. Sommige behaal loopbaansukses en vir ander is uitbranding en loopbaanverandering ’n werklikheid. voorkom. Dubbele verantwoordelikheid

vir versorging van kinders en ouerwordende ouers

kan tot stres lei. Leë-nes met kinders

wat die huis verlaat.

Laat- volwassenheid

(65 jaar en ouer)

Die meeste mense is gesond en aktief, hoewel gesondheid en fisiese vermoëns tot ’n mate afneem. Stadiger reaksie-tyd

affekteer sommige funksionerende

aspekte.

Die meeste mense is waaksaam oor verstandsvermoëns.

Al toon intelligensie en geheue ’n afname in sekere areas, vind die meeste mense

maniere om te kompenseer.

Aftrede mag nuwe geleenthede vir tydsgebruik bied, insluitende nuwe voltydse of deeltydse werk. Mense moet persoonlike verlies en naderende dood hanteer. Verhoudinge met familie en nabye vriende kan belangrike ondersteuning bied. Die soeke na betekenis in die lewe

is van sentrale belang.

Kinderontwikkeling geskied teen ’n vinnige tempo en verandering is ooglopend. Gedurende die vroeëre fases van die lewensloop kan ’n individu se ouderdom as ’n relatief betroubare voorspellingskriterium dien. Dit is byvoorbeeld moontlik om met relatiewe sekerheid die ontwikkeling van ’n baba en ’n tienerjarige te beskryf. Dit is egter veel moeiliker by ’n volwassene. Die rede hiervoor aangevoer is dat volwassenes se individuele ervarings baie meer uiteenlopend as dié van kinders is.

HOOFSTUK 3 – VOLWASSE ONTWIKKELING

Gevolglik kan volwassenes nie as ’n homogene groep beskou word nie (Louw & Edwards 2005:493).

Die tweede gedeelte van die term laat die vraag ontstaan: Wat behels ontwikkeling? In daaglikse gesprekvoering word die term ontwikkeling op verskeie wyses aangehaal, byvoorbeeld:

 Ek voel siek – dalk is ek besig om verkoue te ontwikkel.

 Hans het foto’s geneem en gaan die film ontwikkel.

 Nuwe behuisingsontwikkeling is in die vooruitsig.

 Ontwikkelende lande sal in diepte moet kyk na watervoorsiening.

 Speurders rapporteer dat ’n nuwe ontwikkeling in die diefstalsaak aandag geniet.

Uit die voorafgaande is dit duidelik dat ontwikkeling verandering veronderstel. Verandering is dus ’n verskil in iets of iemand, wat met tydsverloop gepaardgaan (Papalia, Sterns, Feldman & Camp 2007:4). Die verandering wat tydens die volwasse lewensloop in die mens plaasvind, is uiteenlopend. Daarom word die term ontwikkeling, wat ’n sistematiese proses van adaptiewe verandering in gedrag in meer as een rigting veronderstel, gebruik (Papalia, Sterns, Feldman & Camp 2007:4). ’n Sistematiese proses behels duidelikheid en georganiseerdheid, terwyl aanpassing poog om ewigdurende veranderende interne en eksterne bestaanstoestande te hanteer. Vander Zanden (1997:4) verstaan menslike ontwikkeling tydens die lewensloop as ’n proses van anders-wordendheid, wat ook terselfdertyd geen verandering in sommige opsigte nie, impliseer. Bjorklund en Bee (2008:5) onderstreep ook hierdie feit en herinner dat dit belangrik is om te onthou dat daar ’n mate van beide stabiliteit en verandering in ontwikkeling teenwoordig is.

Ontwikkeling kan leer insluit, wat lewensverandering fasiliteer met die sigbaarwording daarvan in gedrag as resultaat van ervaring (Papalia, Sterns, Feldman & Camp 2007:4). Louw en Ewards (2005:211) sluit hierby aan met hul opmerking dat elke individu die somtotaal is van dit wat hy/sy tot op hede geleer het. Leer word ook gesien as ’n proses waardeur ’n relatief permanente verandering in gedrag plaasvind

HOOFSTUK 3 – VOLWASSE ONTWIKKELING

as gevolg van ’n ervaring of gebeurtenis, soos opleiding, waarneming of onderrig (Louw 1986:341).

Die betekenis geheg aan die twee woorde saamgevoeg, naamlik volwasse ontwikkeling, veronderstel die veranderinge wat plaasvind in individue in die verloop vanaf vroeë volwassenheid (wanneer adolessensie eindig) tot die einde van die lewe (Bjorklund & Bee 2008:4). Om die begrip van ontwikkeling verder te omskryf, is dit nodig om kortliks die benaderinge tot ontwikkeling voor te stel. Vier benaderinge word geïdentifiseer, naamlik biologiese, psigologiese, sosiokulturele en integrerende perspektiewe (Merriam, Caffarella & Baumgartner 2007:299).

 Biologiese perspektief

Ontwikkeling is ook die resultaat van volwassewording van die brein en ander fisiese stelsels en strukture van die liggaam (Papalia, Sterns, Feldman & Camp 2007:4). Die biologiese perspektief erken die rol van die natuur in menslike ontwikkeling. Dit verwys na die fisiese en biologiese veranderinge wat tydens die lewensloop plaasvind. Die mens word as fisiese wese erken. Veranderinge, wat in hierdie fisiese wese plaasvind, word gedryf deur natuurlike veroudering, die omgewing en die mens se eie gesondheidsgewoontes (Merriam, Caffarella & Baumgartner 2007:299-300).

 Psigologiese perspektief

Hierdie perspektief fokus op die interne prosesse van die individu. Psigologiese modelle van ontwikkeling omvat geloofsontwikkeling (Fowler 1981), morele ontwikkeling (Kohlberg & Colby 1987), identiteitsontwikkeling (Erikson 1964; Erikson 1997; Levinson et al 1978), intellektuele ontwikkeling (Piaget 2001) en self-ontwikkeling (Josselson & Lieblich 1993).

 Sosiokulturele perspektief

Hierdie benadering veronderstel dat volwasse ontwikkeling nie apart van die historiese konteks, waarin dit plaasvind, verstaan kan word nie (Miller 1983:23-24; Bjorklund & Bee 2008:8). Die invloed van die gemeenskap word hier in

HOOFSTUK 3 – VOLWASSE ONTWIKKELING

aanmerking geneem, aangesien die sosiale wêreld waarin die mens leef ontwikkeling beïnvloed. Faktore soos ouderdom, ras, geslag, etnisiteit, sosio- ekonomiese status en seksuele oriëntasie beïnvloed hoe die gemeenskap individue definieer (Merriam, Caffarella & Baumgartner 2007:312).

 Integrerende perspektief

Die integrerende benadering tot ontwikkeling kombineer verskeie invloede op volwasse ontwikkeling. Dit demonstreer ’n meer holistiese benadering, wat die biologiese, psigologiese en sosiologiese perspektiewe insluit (Baltes, Reese & Lipsitt 1980).

Vir doeleindes van hierdie studie word meer breedvoerig stilgestaan by die laasgenoemde ontwikkelingsbenadering, naamlik die integrerende perspektief, vanweë die holistiese aard daarvan.

3.3 DIE INTEGRERENDE BENADERING: DIE LEWENSLOOP- ONTWIKKELINGSBENADERING

Uit die voorafgaande blyk dit dat menslike ontwikkeling ’n voortdurende proses is, wat dwarsdeur die lewe voortduur. Die konsep van ontwikkeling as ’n lewenslange proses van aanpassing, staan bekend as lewensloopontwikkeling. Die wetenskaplike studie van lewensloopontwikkeling is die primêre taak van die lewensloop- ontwikkelingsielkunde (Cavanaugh & Blanchard-Fields 2006:3; Papalia, Sterns, Feldman & Camp 2007:5; Bjorklund & Bee 2008:14).

Paul Baltes, ’n leier in die studie van lewensloopontwikkeling (Walker, Bernal, Kaslow & Pambookian 1996:349-351), het sleutelbeginsels vir die lewensloop- ontwikkelingsbenadering geïdentifiseer, wat ’n raamwerk bied vir die bestudering van hierdie veld. In samewerking met sy kollegas, het Baltes hierdie idees in 1980 voorgestel. Dit het gelei tot ’n draaipunt in die ontwikkelingsielkunde, waar die hooffokus voorheen uitsluitlik op kinderontwikkeling was (Baltes, Reese & Lipsitt 1980:65-110; Sherrod & Brim 1986:574-575; Cavanaugh & Blanchard-Fields 2006:3;

HOOFSTUK 3 - DIE INTEGRERENDE BENADERING: