• No results found

DIE TWEEDE BEDRYF: PRAKTIESE TEOLOGIE

HOOFSTUK 2 “Postfoundational” praktiese teologie

2.6.2 Transversale rasionaliteit

Die daarstel van ’n werkswyse wat lei tot die verdiskontering van perspektiewe gaan om die epistemologiese vraagstuk wat, volgens Louw (1999a:10), handel oor hoe daar tot kennis gekom word en wat die bron van kennis is. Die epistemologie van medium en tegniek behels vir Janse van Rensburg (2000:2) in die metafoor van ’n skildery, die volgende:

The frame of mind (paradigm) determines the painting, while the epistemology is the theory of how the paint should be organised on the canvas to fit the paradigm: how the knowledge should be gathered and organised.

Schurink (1998:240) is van mening dat die epistemologie “the researcher’s perceptions of where he stands in relation to reality or the world” behels. Dit handel dus met die wyse waarop kennis beredeneer word en die navorsing benader word.

In die oorweging van ’n metodologie vir hierdie betrokke studie blyk dit dat transversale rasionaliteit moontlikhede vir die konstruering van ’n interdissiplinêre

HOOFSTUK 2 - Transversale rasionaliteit

gesprek bied. In die voorafgaande bespreking rakende die verskillende modelle, wat ’n interdissiplinêre gesprek in praktiese teologie moontlik maak, het dit geblyk dat die transversale model die beste moontlike wyse bied waarop die diskoers tussen praktiese teologie en ander gespreksgenote geakkommodeer kan word. Die betekenis van transversale rasionaliteit word soos volg deur Stone (2006:1146) verduidelik:

Transversality is a mathematical metaphor. A transverse line cuts across two or more geometric figures. It is to be thought of as between the universality of an infinite line and the specific location of a line segment. The metaphor refers to a specific conversation between disciplines, in between universal rationality and incommensurability. It is a reaction against both methodological imperialism and isolated language games and does this by resting on overlapping concerns.

Rasionaliteit word gesien as ’n vaardigheid wat die mens in staat stel tot die versameling en saambind van geïnterpreteerde ervaringspatrone deur retoriek, artikulasie en onderskeiding. Van Huyssteen (2000:429) redeneer dat dit op hierdie punt is wat transversaliteit “replaces modernist notions of universality in a distinct move – beyond static notions or rationality – to see human reason as dynamic and practical in the way we use it to converse with one another through critique, interpretation, narration, and rhetoric.” Die dinamiese interaksie van dialoog word beskou “to be on convergent paths moving toward an imagined vanishing point,” waar verskillende stemme nie die gevaar loop van teenstrydigheid of die assimilering van mekaar nie, maar juis met mekaar dinamies interaktief handel (Van Huyssteen 2000:429). In dié multidissiplinêre gebruike van die konsep transversaliteit kom onderskeie karaktereienskappe en funksies na vore (Müller 2009:203). Die dinamika van bewussyn, die deurweefdheid van verskillende stemme en die wisselwerking van sosiale praktyke “are all expressed in a metaphor that points to a sense of lying across, extending over, intersecting, meeting, and conveying without becoming identical” (Van Huyssteen 2000:429). Transversaliteit voorsien dus ’n filosofiese venster op die wêreld van kommunikasie deur gedagtes en aksie, waar die fokus dialoog tussen verskeie, selfs afkeurige vennote behels om sodoende ’n

HOOFSTUK 2 - Transversale rasionaliteit

belangstelling in andersheid te kweek (Van Huyssteen 2000:430). Daarom regverdig en vereis transversaliteit die erkenning van veelvoudige patrone van interpretasie in die oorsteek van grenslyne tussen verskillende dissiplines. Van Huyssteen (2000:430) merk in die verband:

It represents a distinct move from seeing the human self as a pure epistemological point to seeing the self as resituated in the space of communicative praxis. As such it establishes the necessity of a multiplicity of voices and perspectives in our ongoing conversations.

Drie interverwante momente of fases van kommunikatiewe praxis, wat bekend staan as “evaluative critique, engaged articulation, and incursive disclosure” word geïdentifiseer (Van Huyssteen 1999:136). In dié beweging word teorie nie langer as ’n stelsel van reëls en regulasies beskou nie, en praktyk is bevry van sy onderdanigheid as ’n blote toepassing van teorie. ’n Derde dimensie van praxis kom na vore, “which indicates a fusion of thought and action that displays its own discernment, insight, and disclosure, no longer needing a transcendental ego or a system of universal rules to swoop down from on high” (Van Huyssteen 1999:137).

In die eerste beweging van transversale rasionaliteit, naamlik “evaluative critique” word die toon van “critical discernment” beklemtoon en word die aktiwiteit van “seperating, sorting out, distinguishing, contrasting, weighing, and assessing of our different options” (Van Huyssteen 1999:137) gevolg. Verskillende moontlikhede kan in die interdissiplinêre gesprek tussen praktiese teologie en die ander voorgestelde dissiplines geakkommodeer word, tesame met aksente wat vanuit die outobiografiese veld in dié navorsingstudie verteenwoordig word.

In die tweede beweging van transversale rasionaliteit word “engaged articulation” beklemtoon, waar rasionaliteit direk met diskoers geassosieer word, “with rendering an account, giving the best possible reasons, and with articulating sense or meaning” (Van Huyssteen 1999:137). Hier word diskoerse beklemtoon wat rasionaliteit en betekenis artikuleer, ten einde uitdrukking te gee aan ’n gasvrye

HOOFSTUK 2 - Transversale rasionaliteit

navorsingsbenadering (Van den Berg 2007:8). Die ontwikkeling van ’n interdissiplinêre gesprek het tot dusver geskied in die skep van ’n libretto (operateks), met vyf veronderstelde bewegings, vanaf die eerste tot die vyfde bedryf, met die gespreksgenote voorgestel as deel van ’n inleidende ouverture en die finale, waar dié gesprek in ’n geïntegreerde geheel sal eindig.

Die derde beweging van ’n transversale rasionaliteit word gevind in die moment van “incursive disclosure” en wat verduidelik kan word as “a postulate of reference, a claim for reality that brings us out of the ‘closure’ of the isolated subject” (Van Huyssteen 1999:138). Die navorsing wat in die studie gekonstrueer word het juis die oorsteek van grenslyne tussen dissiplines ten doel, met nuwe betekenis wat toegevoeg word wanneer elke deelnemende stem ’n eie bydrae lewer. Hierdie unieke bydraes word vergestalt in die finale van elke bedryf.

Die “transversal/postfoundationalist rationality” bied die geleentheid dus “to shuttle in the space between modernity and postmodernity: the space of interpreted experience and communicative praxis which enables praxial critique, articulation, and disclosure” (Van Huyssteen 1999:139).

Die “postfoundationalist”-benadering wil in die eerste plek die luister na stories van mense in werklike lewensituasies forseer. Die doel hiermee behels nie die blote beskrywing van ’n algemene konteks nie, maar die konfrontering van ’n spesifieke en konkrete situasie. Hoewel hierdie benadering hermeneuties van aard is, beweeg dit “beyond mere hermeneutics. It is more reflexive and situational embedded in epistemology and methodology” (Müller 2009:204). Volgens Van Huyssteen (2006:10) “embodied persons, and not abstract beliefs, should be seen as the locus of rationality. We, as rational agents, are thus always socially and contextually embedded.”

HOOFSTUK 2 - Transversale rasionaliteit

Müller (2009:204) is van mening dat die idee van sosiaal-gekonstrueerde interpretasies en betekenis deel uitmaak van die “postfoundationalist”-benadering. In die verband redeneer Van Huyssteen (2006:25):

Because of our irrevocable contextuality and the embeddedness of all belief and action in networks of social and cultural traditions, beliefs, meaning, and action arise out of our embedded life worlds. A postfoundationalist approach helps us realize, however, that we are not the intellectual prisoners of our contexts, or traditions, but that we are epistemically empowered to cross contextual, cultural, and disciplinary borders to explore critically the theories, meanings, and beliefs through which we and others construct our worlds.

Die idee van transversaliteit maak die interdissiplinêre gesprek op ’n nuwe en uitdagende wyse moontlik, met die identifisering van stemme uit die wetenskap, teologie, ander godsdienste en kuns as verskillend, maar ook as gelyke, egte wyses, waarop na die wêreld gekyk word. Die belangrikste egter is dat die “postfoundationalist notion of rationality claims to point beyond the boundaries of any local community, group, tradition, or culture, toward a plausible form of interdisciplinary conversation” (Van Huyssteen 2006:23-24). ’n “Postfoundational” teologie soek na die gemeenskaplike in die menslike denkprosesse. Dit wil ’n goed verantwoorde epistemologie daarstel, wat die toets van intergroepgesprekvoering kan deurstaan (Müller 2008:887).

Ek wil hier aansluit by Van den Berg (2010:94) wat opsommend daarop dui dat vanuit hierdie werkswyse, die verwagting inderdaad spruit om binne ’n bepaalde kontekstuele aanduiding ’n spesifieke saak te identifiseer, waarmee daar spruitend vanuit die interdissiplinêre diskoers in gesprek getree kan word. In die laaste hoofstuk van die navorsing word onder meer gefokus op hoe die voorgestelde interdissiplinêre gesprek, met uiteenlopende, asook oorvleuelende perspektiewe verloop.

HOOFSTUK 2

2.7 ’n “WERKENDE” MENS - BESKOUING

...to exist as a human being is to be a body-in-the world. In fact, the human body is the vehicle for being in the world, and having a body is to be interactively involved with a definite environment, and we are conscious of the world only through the medium of our body. More specifically, the body is our general medium for having a world, and as embodied conscious the human body is a focal point of living meanings (Van Huyssteen 2006:276).

Die implikasie van die opskrif, ’n “Werkende” mens-beskouing, is tweeledig van aard. In die eerste plek dui dit op die “werkende” mens. Dit beteken iemand wat ’n beroep beoefen en in ’n bepaalde loopbaanfase verkeer. In die tweede plek dui “werkend” op funksionaliteit, met ander woorde in dié geval, ’n begrip wat op hierdie navorsing van toepassing is en dus “werk” en funksioneel van aard is.

’n Mens-beskouing impliseer antropologie, wat afgelei is van die Griekse woorde anthropos, dit beteken mens, en logos, wat dui op woord of leer. Saamgevoeg beteken die begrip, die “leer oor óf wetenskap van die mens” óf “menskunde” (Van Niekerk 2008:53). In aansluiting by die voorafgaande, behels antropologie vir Louw (1999a:5) die vraag na hoe die mens verstaan moet word ten einde tot ’n proses van sinontsluiting by te dra.

Aangesien die pastorale bediening wesenlik om ’n bediening van mense gaan, “word enige beleid en strategie finaal bepaal deur die grondliggende beskouing oor die mens” (Louw 1999a:152). Die pastorale ontmoeting word dus beïnvloed deur die navorser se beskouing van die mens. Die mens kan nie los van die kennis aangaande God beskou word nie, omrede sulke kennis die gevaar loop om maklik abstrak en spekulatief te raak (Louw 1999a:153). Daarom is dit van belang om in gedagte te hou dat “a pastoral theology without a clearly outlined theological anthropology, runs the risk of becoming ‘docetic.’ As such, it is alien to life and does not allow for the historical context of human beings” (Louw 1999b:17). Dus speel ’n teologiese antropologie ’n beslissende rol in die effektiwiteit van die pastorale ontmoeting en die