• No results found

SORGSAME TOESIGHOUDINGSPLIGTE V A N DIE OPVOEDER I N DIE PRAKTYK.

5.2 IN LOCO PARENTIS

5.3.3 Regspligte met betrekking tot sorgsame toesighoudingspraktyk

5.3.3.2 Voldoende toesig

Die plig van opvoeders om voldoende toesig oor leerders in hul sorg te hou is volgens Lugg (2000:86) die mees algemene oorsaak van 'n regsgeding teenoor 'n skool. Menige hof het bevind dat toesig oor die leerders gedurende die skooldag, terwyl die leerders op die skoolterrein is of by 'n skoolverwante aktiwiteit weg van die skoolterrein, hoe prioriteit moet geniet in die volvoering van die opvoeder se sorgsame toesighoudingspraktyk. Daar word egter nie van opvoeders verwag om leerders in 'n bekende omgewing, waar daar nie omstandighede is wat ooglopende voorsienbare gevare inhou nie, elke oomblik onder oe te he nie. In Rusere v The

Jesuit Fathers 1970 (4) SA 537 (R) (vgl. par. 5.3.2 vir feite van die saak), 'n

voormalige Rhodesie saak, haal regter Beck die woorde aan van Lord Goddard

(Camkin v Bishop 1941 (2 A11E) 713 at 716) met betrekking tot die toesig oor

leerders:

If every master is to take precautions to see that there is never ragging or horse among his pupils, his school would be indeed to awful a place to contemplate

Volgens Beckmann (1989:64) en McCarthy et al. (1998:437) is daar terreine waar 'n hoer mate as die normale graad van toesig van die opvoeder verwag word. Hierdie hoe-risiko terreine sluit in plekke soos laboratoriums, kookkuns- en naaldwerkklasse, tegniese werkswinkels en die liggaamlike opvoedingsklas. Die opvoeder wat in beheer is van hierdie terreine met gevaarlike voorwerpe soos chemikaliee, kraggereedskap en sekere atletiekapparaat, moet vanwee sy kennis van die voorwerp en sy kennis van die aard van 'n leerder se gedrag, nie net die skade wat 'n

leerder mag opdoen voorsien nie, maar dit ook voorkom. 'n Hoer mate van toesig word verwag in situasies of omstandighede waar die risiko tot nadeel of skade wat 'n leerder kan opdoen hoog is. Dit word bevestig in die destydse Rhodesie-saak,

Rusere v The Jesuit Fathers 1970 (4) SA 537 (R) (vgl. par. 5.3.2) vir feite van die

saak) waar Friedman J dit stel dat

dit onnodig is vir skoolpersoneel om kinders wat in hulle sorg is elke oomblik van die dag onder toesig te hou. Die mate van toesig wat van hulle verwag word hang natuurlik af van die risiko waaraan hulle blootgestel word.

In die saak van Lawrence v. Grant Parish School Board 409 SO. 2d 1316 (La. Ct.

App. 1982) is die tegniese werkswinkelopvoeder aan nalatigheid aanspreeklik bevind

vir die besering wat 'n leerder opgedoen tydens sy afwesigheid in die werkswinkel. Die opvoeder het gereeld die werkswinkel verlaat om afvalstaal te gaan haal vir die sweiswerk en terselfdertyd het die opvoeder ook gaan kyk of hy leerders kan vang wat rook. Met hierdie spesifieke saak het 'n leerder (terwyl die opvoeder die werkwinkel verlaat het) sy vinger met 'n elektriese saag wat in 'n sweis- veiligheidsruimte gestoor was, afgesaag. Die feit dat die opvoeder die leerders aan die begin van die lesing opdrag gegee het om nie die kraggereedskap te gebruik en dat hy die leerders 'n lys met 200 reels met betrekking tot die gebruik van toerusting in die werkswinkel verskaf het, het nie as verskoning of versagting vir sy afwesigheid in die werkswinkel gedien nie. Die hof het bevind dat tegniese werkswinkels hoe- risiko areas is en dat die opvoeder se afwesigheid 'n aanduiding is van swak beplanning.

Fischer etal. (1999:77) en McCarthy etal. (1998:439) stel dit duidelik dat die regsplig van die opvoeder van toepassing is op die aktiwiteite gedurende skoolure, maar dat hierdie regsplig ook verleng kan word tot buite gewone skoolure en weg van die skoolgronde vir byvoorbeeld uitstappies, busritte, na-skoolaktiwiteite, ensovoorts. Volgens die Wysigingswet (SA, 2006:3) van die Suid-Afrikaanse Skolewet no. 84 van

1996 word 'n skoolaktiwiteit gedefinieer as "enige opvoedkundige, kulturele, sport of sosiale aktiwiteit van die skool binne of buite die perseel", terwyl toesig in dieselfde wet gedefinieer word as " die bestuur en beheer van leerders by die skool en gedurende skoolaktiwiteite."

Artikel 2 van die Wysigingswet (SA, 2006) bepaal dat 'n openbare skool maatreels in plek moet he om die veiligheid van leerders gedurende enige skoolaktiwiteit te verseker, wat insluit

(a) versekering teen ongelukke, beserings, algemene mediese uitgawes, hospitalisasie en diefstal wat mgg voorkom, afhangend van die beskikbaarheid van fondse;

(b) verseker, waar redelik prakties, dat leerders ten alle tye onder die toesig van 'n begeleidende opvoeder is.

Beserings deur leerders opgedoen tydens skooluitstappies het al dikwels delikte aksies veroorsaak wat die voldoendheid van toesig betwis het (McCarthy et al.,

1998:438). In die saak van Morris v. Douglas County Sen. Dist.No.9, 403 P.2d 775

(1965) het die Hooggeregshof van Oregon 'n opvoeder aanspreeklik gehou vir die

besering wat 'n leerder tydens 'n skooluitstappie opgedoen het. Die uitstappie was by die see en die leerder het beserings opgedoen deur die onnatuurlike golfaksie van die see. Die hof het bevind dat die gevaarlike golfaksie aan die Oregonkus 'n bekende gevaar is en dat die opvoeder nie redelike veiligheidsvoorsorgmaatreels en toesig toegepas het nie.

Alhoewel 'n opvoeder nie gewoonlik aanspreeklik gehou kan word vir leerders se dade na skool nie, kan 'n opvoeder wel aanspreeklik gehou word as hy na-skoolse leerderaktiwiteite inisieer of bepaal. Joubert en Prinsloo (2001:11) stel dit wel dat die opvoeder verantwoordelik bly vir die leerders na afloop van 'n buitemuurse aktiwiteit of uitstappie tot die ouers of voog die leerders kom oplaai.

In die geval waar 'n leerder nadeel (skade) sou ly tydens 'n leerderaktiwiteit is die toets volgens McCarthy et al. (1998:439) dikwels of die hof 'n uitgesproke of ge'impliseerde toesighoudingsplig identifiseer.

In die saak August v. Joseph A. Craig Elementary School., 459 So. 2d 665 (La. Ct.

App. 1984) is 'n junior leerder beseer tydens 'n atletiekoefening. Die appelhof het

bevind dat die skoolbeheerliggaam nalatig was, aangesien die besering wat die leerder opgedoen het die gevolg was van swak toesig tydens die atletiekoefening. In hierdie geval is aanspreeklikheid geskep deurdat die opvoeders briewe aan die ouers gestuur het waarmee die ouers verseker is dat daar streng toesig sou wees. Met hierdie brief het die opvoeders hulself dus onder 'n uitgesproke toesighoudingsplig geplaas.

Volgens Mawdsley (1995:24) het skooluitstappies areas wat potensiele wetlike implikasies vir die opvoeder kan inhou, naamlik

• toesig, • vervoer en • noodgevalle.

Mawdsley (1995:24) bevind dat skooluitstappies 'n verhoogde verpligting op die opvoeder kan plaas met betrekking tot toesig, aangesien normale skoolverantwoordelikhede verskerp moet word as gevolg van die aard van die plek wat besoek word en deur potensiele probleme met vervoer. Die wyse waarop skole hulself moet voorberei vir die hantering van noodgevalle is volgens Mawdsley (1995:29) 'n area wat selde aandag kry. Dit kan as nalatig beskou word as die opvoeders nie voorsiening maak vir noodhulptoerusting en opgeleide eerstehulp- personeel tydens aktiwiteite (wat dus die vervoer van leerders sal insluit) waar die moontlikheid van beserings bestaan nie.

Die vervoer van leerders en gepaardgaande toesigplig oor die leerders op skooluitstappies bly 'n nimmereindigende bekommernis vir opvoeders (Mawdsley,

1995:27). Joubert en Prinsloo (2001:111) bevestig hierdie siening en stei dit verder dat die opvoeder as toesighouer onder andere verantwoordelik is vir

• die gedrag van die leerders in die voertuig,

• die wyse waarop die bestuurder die voertuig hanteer,

• om homself te vergewis van die padwaardigheid van voertuig en om

• toe te sien dat die bestuurder oor die nodige lisensie en openbare bestuurspermit beskik om die voertuig te bestuur.

Algemene Kennisgewing 776 (SA, 2006) gee in Artikel 8A duidelike riglyne wat van 'n skool en betrokke opvoeder verwag word in geval waar leerders vervoer moet word. So bepaal Artikel 8A (2)(d)(i) en (ii) dat in die geval van laerskoolleerders daar een opvoeder, ouer of ander volwassene vir elke 20 leerders moet wees en met hoerskoolleerders dieselfde toesig vir elke 30 leerders teenwoordig moet wees. Met betrekking tot die toesig tydens vervoer stel Joubert en Prinsloo (2001:111) voor dat daar ten minste een toesighouer (opvoeder) per 30 leerders moet wees; indien die leerders per bus vervoer word daar 'n opvoeder voor en agter in die bus sit en dat onder geen omstandighede leerders sonder toesig vervoer moet word nie.

Volgens die National League of Teachers' Associations (hierna genoem NLTA) word 'n opvoeder nie vrygespreek van nalatigheid indien die skoolhoof die opvoeder versoek om die leerders te vervoer nie (NLTA, 2004:6). Die opvoeder kan aanspreeklik gehou word indien 'n leerder 'n besering opdoen as gevolg van die

nalatigheid van die opvoeder. Die opvoeder bly altyd aanspreeklik vir die veiligheid van die leerders in die uitvoering van sy sorgsame toesighoudingspraktyk, ongeag of die opdrag van die skoolhoof kom. Dit impliseer dat indien die opvoeder in opdrag van die skoolhoof 'n aktiwiteit (waarin die opvoeder nie gekwalifiseerd is en/of ondervinding het nie) moet aanpak met leerders, die opvoeder aan nalatigheid skuldig bevind kan word indien 'n leerder tydens so 'n aktiwiteit beseer sou word (vgl. par. 4.3.3.2 en 5.3.3.2).

Volgens die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (2001:66) en Mgolego (2004:65) neem die opvoeder die plek van die ouer in met betrekking tot die verantwoordelikheid van toesig oor leerders by die skool. Regtens plaas dit nie net die verantwoordelikheid van toesig op die opvoeders nie, maar plaas ook die opvoeder in 'n soortgelyke posisie as 'n polisieman (vgl. par. 3.3) met betrekking tot positiewe wetlike verantwoordelikhede, toe te skrywe aan die spesiale aard van hul werk. Die toesighoudingsplig van die opvoeder behels meer as om net aandag aan die leerders te gee. Die mate waarin die toesighoudingpraktyk uitgevoer word, moet aangepas word vir die spesifieke aktiwiteit en die behoeftes van die leerders wat betrokke is by die aktiwiteit.