• No results found

AFRIKAANSE OPVOEDER

2.5 STATUTERE (WETGEWENDE) DETERMINANTE

2.5.3 ONDERGESKIKTE WETGEWING

Parlementere wette kan die magtiging verleen vir die uitvaardiging van ondergeskikte wetgewing. Ondergeskikte wetgewing bly ondergeskik aan parlementere, sowel as provinsiale wetgewing. Parlementere wetgewing word gewoonlik as bree riglyne uitgevaardig, maar gedelegeerde bevoegdheid kan aan 'n senior uitvoerende beampte (soos 'n minister of 'n lid van uitvoerende raad (LUR)) oorgedra word om ondergeskikte wetgewing uit te vaardig (Oosthuizen & Roos, 2005:34).

Vir die doeleindes van hierdie studie gaan daar slegs gekyk word na die vernaamste vorme van ondergeskikte wetgewing wat 'n invloed op die sorgsaamheidsplig van die opvoeder kan uitoefen, naamlik:

2.5.3.1 Regulasies

Die bemagtiging van byvoorbeeld 'n minister om nasionale en provinsiale regulasies uit te vaardig word onderskeidelik vervat in spesifieke parlementere of provinsiale wetgewing. Hierdie regulasies is reSIs wat op 'n behoorlike wyse deur die Minister (of ander senior funksionaris) uitgevaardig word om administratiewe aangeleenthede binne sy gesagsveld te reguleer (Oosthuizen & Roos, 2005:34). So bemagtig Artikel 61 van die Suid-Afrikaanse Skolewet no. 84 van 1996, die Minister om regulasies uit te vaardig wat nodig is en dienstig is om voor te skryf ten einde die doelwitte van die SA Skolewet te bereik. As voorbeeld kan dien Regulasie No. R. 1128 wat op 10 November 2006 in die Staatskoerant gepubliseer is (vgl. par. 2.5.2.1 (iii)). Die regulasie (SA, 2006:3) wat as 'n amendement op die SA Skolewet dien, het betrekking op die veiligheidsmaatreels by openbare skole en is onderteken deur die minister van onderwys. Volgens hierdie regulasie word die definisie van 'n "skoolaktiwiteit" omskryf as:

enige opvoedkundige, kulturele, sport- of sosiale aktiwiteit van die skool binne of buite die skoolgrense.

Met betrekking tot die sorgsame toesighoudingspraktyk van die opvoeder stel hierdie regulasie dat die opvoeder se in loco parentis-pos\s\e dus nie net beperk is tot aktiwiteite binne die skoolgrense nie, maar ook daar buite (vgl. par. 5.3.3.2).

• voor 'n skoolaktiwiteit die hoof 'n verslag oor die mediese toestand van 'n leerder aan die toesighoudende opvoeder moet oorhandig en

• Artikel 7(e) bepaal dat 'n ouer ingelig moet word as daar met die aktiwiteit deur 'n area met 'n hoe besmettingsrisiko beweeg gaan word (SA, 2006:6).

Artikel 8 van hierdie regulasie (SA, 2006:6-10) het betrekking op die spesifieke maatreels en prosedures wat gevolg moet word met betrekking tot die organisasie van 'n skoolaktiwiteit, die vrywaring van ouers, vervoer en fisiese aktiwiteite (vgl. par. 5.3.3.2-5.3.3.4).

Om effek aan bepaalde regulasies en/of wetgewing te gee kan die Direkteur van Onderwys ook gebruik maak van amptelike omsendskrywe (Circulars) wat deur die wetgewende gesagsliggaam (op nasionale sowel as provinsiale vlak) uitgevaardig word (Joubert & Prinsloo, 2001:78). So byvoorbeeld het die Gautengse Onderwysdepartement Omsendskrywe 30 van 2000 (Gauteng, 2000) en

Omsendskrywe 13 van 2002 (Gauteng, 2002) uitgevaardig om effek te gee aan die

praktiese implikasies van Artikel 60 van die SA Skolewet met betrekking tot leerders wat die skoolterrein verlaat gedurende skoolure. Die genoemde omsendskrywes bepaal onder andere dat

• geen leerder die skoolterrein mag verlaat gedurende skoolure tensy spesifieke prosedures gevolg is nie;

• opvoeders moet toesig hou oor die leerders tydens pouses en

• die praktyk verbied word dat leerders die skoolterrein mag verlaat tydens pouses, soos by sommige skole die geval is.

Volgens Joubert en Prinsloo (2001:78) is dit noodsaaklik dat opvoeders kennis moet neem van wetgewing soos bepaal in regulasies en omsendskrywes en die bepalinge daarin vervat moet nakom, aangesien dit 'n invloed op die wetlike status (per implikasie die sorgsaamheidsplig) van die opvoeder kan uitoefen.

2.5.3.2 Proklamasies

Volgens Oosthuizen en Roos (2005:35) kan proklamasies omskryf word as 'n regeringshandeling deur 'n funksionaris van die regering (byvoorbeeld die

Staatspresident). Die proklamasies moet behoorlik gepubliseer word en dit bepaal gewoonlik hoe iets gedoen moet word, of dit verleen gesag vir uitvoering van 'n besondere handeling of verbied sodanige optrede. As voorbeeld is die proklamasie van die Nasionale Onderwysbeleid wat gepromulgeer is in die Algemene Kennisgewing 3427 soos verskyn in die Staatskoerant 24172. In die proklamasie wat handel oor die bestuur van dwelmmisbruik by leerders, word in paragraaf 2 van die inleiding gestel dat die Departement van Onderwys 'n veilige en gedissiplineerde leeromgewing beskou as een van die kritiese element vir die suksesvolle lewering van kwaliteit onderwys (SA, 2002).

Volgens Beckmann (1989:52) en Oosthuizen en Roos (2005:34-36) word ondergeskikte wetgewing nie net op nasionale en provinsiale vlak uitgevaardig nie, maar kan dit ook op plaaslike vlak soos byvoorbeeld deur die skoolbeheerliggaam by wyse van die skoolbeleid en skoolreels uitgevaardig word.

2.5.3.3 Skoolreels

Volgens Artikel 8(1-5) van die SA Skolewet (84/1996d) moet die beheerliggaam van 'n skool 'n gedragskode (waaronder die skoolreels val) aanvaar na oorleg met die leerders, ouers en opvoeders van die skool. Volgens Oosthuizen en Roos (2005:35) en Joubert en Prinsloo (2001:130) moet skoolreels (gedragskodes) daarop gemik wees om 'n gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing te skep wat toegewy is aan die bevordering en instandhouding van die gehalte van die leerproses.

Skoolreels moet bepalings van 'n behoorlike regsproses bevat om die belange van die leerder en enige party wat by dissiplinere handelinge betrokke is te beskerm. In terme van Artikel 15 van die SA Skolewet is elke openbare skool 'n regspersoon met die wetlike bevoegdheid om sy werksaamhede ingevolge die SA Skolewet te verrig. Volgens Squelch (2001:139) beteken dit dat die skool kan dagvaar en gedagvaar kan word. Aangesien 'n skool as 'n staatsorgaan beskou word, beteken dit dat die skool onderhewig is aan die bepalings van die Grondwet (1996a). Skoolbeheerliggame en opvoeders het derhalwe 'n plig om menseregte in die skoolomgewing te bevorder en te beskerm en toe te sien dat dit reflekteer in die skoolbeleide. Die verantwoordelikheid berus by die skoolhoof en opvoeders om toe te sien dat hierdie skoolbeleide geTmplementeer en uitgeleef word in die daaglikse skoolomgewing

(Squelch, 2001:139-141). Squelch (2001:147) stel dit dat voortspruitend uit die in

loco parentis-pos\s\e van die opvoeder, daar 'n wetlike verpligting op die opvoeder

rus om leerders teen gevare te beskerm, asook hul veiligheid. Die nalaat van die opvoeder om hierdie wetlike verpligting na te kom kan lei tot persoonlike aanspreeklikheid as persoon of van die werkgewer, indien al die vereistes vir deliktuele aanspreeklikheid teenwoordig is (vgl. par. 4.3).

Aangesien elke skool sy eie gedragskode moet opstel, het dit die gevolg dat individuele skole se skoolreels op verskeie terreine van mekaar kan verskil as gevolg van die invloed van eksterne en interne faktore op 'n betrokke skool. Vir die opvoeder impliseer dit dat hy homself sal moet vergewis van die beleide en skoolreels van die betrokke skool waar hy onderrig, om horn sodoende in staat te stel om sy sorgsaamheidsplig uit te voer soos wetlik vereis word.