• No results found

SORGSAME TOESIGHOUDINGSPLIGTE V A N DIE OPVOEDER I N DIE PRAKTYK.

5.2 IN LOCO PARENTIS

5.3.3 Regspligte met betrekking tot sorgsame toesighoudingspraktyk

5.3.3.8 Die opvoeder se regsplig in inklusiewe onderwys

In die hedendaagse Suid-Afrikaanse onderwysstelsel plaas Artikel 29 van die Grondwet (1996a) 'n uitdruklike verpligting op die staat dat die fundamentele reg tot gelyke en nie-diskriminerende basiese onderwys ontwikkel moet word. Hierdie

bepaling in die Grondwet is belangrik, aangesien dit alle leerders beskerm, ingeslote die leerders met spesiale onderwysbehoeftes.

In 2001 is die beleidsdokument White Paper 6 on Education: Special needs

education - Building an inclusive education and training system (hierna genoem

Witskrif 6 (SA, 2001)) deur die destydse Minister van Nasionale Onderwys, professor Kader Asmal, bekend gemaak. Volgens Witskrif 6 (SA, 2001:17) bepaal die benadering van inklusiewe onderwys dat geen leerder, ongeag sy fisiese, intellektuele, sosiale, emosionele, taal- of enige ander hindernis weerhou mag word van deelname aan onderrig in 'n hoofstroomskool nie. Dit impliseer dat leerders met spesiale onderwysbehoeftes in hoofstroomskole geakkommodeer mag word waar spesiale sorg van die leerder verwag word (SA, 2001:15). Alhoewel die Witskrif 6 (SA, 2001:48) voorsiening daarvoor maak dat leerders met spesiale onderwysbehoeftes wat hoe intensiewe sorg vereis in spesiale skole geakkommodeer kan word, word hoofstroomskole algemene inklusiewe skole wat leerders met geringe spesiale onderwysbehoeftes akkommodeer. In praktyk beteken dit byvoorbeeld dat die ouers van 'n Downsindroom-kind nie verhinder mag word om hul kind in 'n hoofstroomskool in te skryf nie.

Soos reeds bespreek, tree die opvoeder in loco parentis (vgl. par. 5.2) op met betrekking tot al die leerders in sy sorg. Volgens NLTA (2004:7) verander hierdie plig nie volgens die tipe leerder in 'n opvoeder se sorg nie. Die wetlike verpligtinge met betrekking tot die sorg van die leerder met spesiale onderwysbehoeftes is dieselfde as vir die leerder daarsonder. Leerders met spesifieke sindrome (soos byvoorbeeld Down-sindroom) is volgens Louw (1989:273) in baie gevalle multi-gestrem, wat beteken dat benewens hul intellektuele gestremdheid hul motoriese en spraakontwikkeling aangetas kan wees en fisiese gebreke algemeen voorkom. Hierdie bykomende sindrome en/of gestremdhede manifesteer dikwels in gedragsafwykings en in die meeste gevalle onvoorspelbare optrede deur die leerder (Louw, 1989:274). Die opvoeder met hierdie tipe leerders in sy klas moet dus 'n hoer

mate van sorgsaamheid aan die dag le om hierdie leerder in sy sorg te beskerm teen skade of leed as wat dit die geval is met normale leerders.

Die verskil met betrekking tot die sorg van die leerder met spesiaie onderwysbehoeftes is die feitelike situasie waarmee die opvoeder te kampe kry. Die sorgsame ouer van 'n kind met spesiaie behoeftes sal ander voorsorgmaatreels in plek he as wat die geval sou wees met 'n kind daarsonder. Dit impliseer dat die opvoeder met 'n leerder met spesiaie onderwysbehoeftes in sy sorg bykomende (gepaste) voorsorgmaatreels in plek moet he om te voorsien in die besondere behoefte van die leerder (NLTA, 2004:7). Benewens die wetlike aanspreeklikheid wat op die opvoeder rus met betrekking tot die leerder met spesiaie onderwysbehoeftes se deelname in die klasaktiwiteite, is daar die aanspreeklikheid wat mag voortspruit uit die spesiaie sorg wat hierdie leerder mag verg. So byvoorbeeld, sal die sorgsame ouer ongetwyfeld weet wat om te doen in die geval wanneer die leerder 'n epileptiese toeval kry indien die leerder gediagnoseer is met epilepsie. Eweneens moet die opvoeder weet wat om te doen as hierdie leerder 'n epileptiese toeval kry. Dit impliseer egter nie dat dit van 'n opvoeder verwag word om oor die kennis en toediening van noodhulp te beskik soos dit van die redelike noodhulpwerker en/of mediese dokter verwag word nie. Tensy spesifiek daarvoor opgelei, word dit nie van 'n opvoeder verwag om buite die grense van die toediening van lewensreddende noodhulp op te tree nie (Mawdsley, 1995:30).

Volgens NLTA (2004:8) is die probleem in baie gevalle die kwantiteit en kwaliteit van inligting oor die besondere behoeftes van die leerder wat aan die opvoeder verskaf word. In die geval dat die leerder (in die sorg van 'n opvoeder) 'n besering sou opdoen weens die nalatige optrede van die opvoeder, kan die opvoeder nie ter verdediging aanvoer dat hy nie ingelig is oor die leerder se toestand nie. 'n Sorgsame ouer sal navraag doen by relevante professionele persone oor die sorg van sy kind se spesiaie behoeftes. Weens die feit dat die opvoeder optree in loco

parentis en as 'n diligens paterfamilias word hier dieselfde mate van voorsorg van die

opvoeder verwag (vgl. par. 5.2).

Volgens NLTA (2004:8) moet die opvoeder die volgende inligting oor die leerders met spesiaie onderwysbehoeftes in sy sorg verkry:

• die spesifieke agterstand wat die leerder het met betrekking tot (a) leervermoe, (b) vlak van vermoende deelname aan gewone klasaktiwiteite, en (c) vlak van vermoende deelname in aktiwiteite soos sport, uitstappies en hoe-risiko areas soos werkwinkels;

• medikasie benodig en die verantwoordelikheid vir administrasie daarvan; • potensiele mediese probleme in die klas;

• potensiele gedragsprobleme in die klas en

• ondersteuning wat die leerder nodig mag he om doeltreffend in die klas te kan funksioneer.

Hierdie inligting sal die opvoeder in staat stel om die verhoogde sorg wat sekere leerders met spesiale onderwysbehoeftes verg soos 'n redelike deskundige ten uitvoer te kan bring. Hoe beter die kwantiteit en kwaliteit van inligting wat die opvoeder bekom, hoe beter sal die opvoeder sy sorgsaamheidsplig kan uitvoer. Die opvoeder wat hierdie inligting ignoreer, stel homself noodgedwonge aan 'n hoer risiko vir skuldigbevinding aan nalatigheid bloot indien die leerder nadeel (skade) sou ly onder sy sorg. Jacobs (2005:143) is van mening dat opvoeders kennis aangaande die leerder se gestremdhede moet verkry en die vaardigheid moet ontwikkel om saam met die leerders te werk, aangesien 'n positiewe ingesteldheid teenoor die leerders met spesiale onderwysbehoeftes nie oorbeklemtoon kan word nie.

5.4 S A M E V A T T I N G

Uit die bogaande gedeelte is dit duidelik dat daar, met betrekking tot die opvoeder se sorgsame toesighoudingspraktyk, regtens verwag kan word dat die opvoeder ten alle tye moet optree soos dit van die "redelike deskundige" verwag word. Fischer et al. (1999:73) beklemtoon dat, indien 'n opvoeder se vlak van sorg benede hierdie standaard sou wees, hy aanspreeklik gehou kan word in die geval waar 'n leerder nadeel (skade) ly.

Samevattend kom die konsep "sorgsame toesighoudingspraktyk" (vgl. par. 1.4) daarop neer dat

• uit die aard van die opvoeder se instandhouding van sy toesighoudingspraktyk, gespesialiseerde kennis en kundigheid soos vereis van die redelike deskundige (opvoeder) noodsaaklik is;

• op grond van die opvoeder se in loco parentis-posis'ie 'n hoe mate van redelike sorg met betrekking tot die veiligheid van leerders in sy sorg verwag word;

• die opvoeder, skool of werkgewer (Departement van Onderwys) aanspreeklik gehou kan word vir die nalatige optrede van die opvoeder wat nadeel aan 'n leerder tot gevolg het.

Vervolgens word daar in Hoofstuk 6 'n ontleding gedoen van die data wat verkry is uit die vraelyste wat deur die respondente voltooi is.

HOOFSTUK 6

N EMPIRIESE ONDERSOEK NA DIE SORGSAME