• No results found

SORGSAME TOESIGHOUDINGSPLIGTE V A N DIE OPVOEDER I N DIE PRAKTYK.

5.2 IN LOCO PARENTIS

5.3.3 Regspligte met betrekking tot sorgsame toesighoudingspraktyk

5.3.3.1 Toepaslike Opvoederkundigheid

Die grens van kommer oor toesig van leerders behoort te le by die bevoegdheid van diegene direk verantwoordelik vir die leerders. Hierdie bevoegheid kan formele opleiding wees of om iemand instruksies te gee op die skoolgronde. Die afwesigheid van 'n opvoedersertifikaat impliseer nie op sigself per se aanspreeklikheid nie, aangesien 'n gekwalifiseerde opvoeder, wat in sekere sub-areas van 'n groter kwalifikasie instruksies gee, minder kennis kan he van potensieel gevaarlike situasies as 'n nie-gekwalifiseerde opvoeder met uitgebreide praktiese ervaring in die sub-areas. In hoe-risiko areas kan praktiese ervaring as meer belangrik geag word vir suksesvolle verdediging in 'n hofsaak as 'n formele kwalifikasie (Mawdsley,

1995:56).

In die saak Larson v. Independent Sch. Dist. No. 314,289 N.w.2d 112 (Minn. 1980) het dit gehandel oor 'n beginneropvoeder in die liggaamlike opvoedingsklas. Die opvoeder het nie net voortgegaan met die gimnastiese deel van die les wat die vorige opvoeder begin het nie, maar ook die moeilikheidsgraad met betrekking tot gimnastiese vaardighede verhoog deur die leerders 'n kopspring oor 'n opgerolde mat te laat doen. Een van die leerders is sodanig beseer tydens hierdie oefening dat hy 'n kwadrupleeg is. Die feit dat die opvoeder nie op die mat gesit het terwyl die leerders die oefening gedoen het nie, het die hof as verswarend beskou, aangesien dit die mees elementere beginsel by gimnastiekveiligheidsprosedures is. Die hof het die wyse waarop hierdie eenvoudige oefening, wat met gemak veilig uitgevoer kon word indien die leerders onder toesig van 'n behoorlik opgeleide opvoeder was, as uitermate gevaarlik beskou. Die opvoeder is aan nalatigheid skuldig bevind.

Volgens Joubert en Prinsloo (2001:110) kan opvoeders sonder die nodige kwalifikasie, wat leerders instruksies gee (in byvoorbeeld sport), hulself aan potensiele aanspreeklikheid blootstel indien 'n leerder 'n besering sou opdoen. Dit word bevestig in die ongerapporteerde Suid-Afrikaanse saak Muntingh v. Gautengse

Departement van Onderwys en die Hoerskool Vereeniging 1997. In hierdie saak is

periode in Liggaamlike Opvoeding sodanig beseer dat hy 'n kwadrupleeg is. Gevolglik het hy 'n skadevergoedingseis teen die Gautengse Departement van Onderwys en die Hoerskool Vereeniging ingestel. Ten tye van die swemmery is daar toesig gehou deur 'n Afrikaansonderwyseres. Die leerders is toegelaat om met hul kortbroeke te swem en Muntingh het kop eerste by die vlakkant van die swembad ingeduik terwyl hy sy broek vasgehou het. Hy het sy kop teen die bodem gestamp met gevolglike kop- en nekbeserings (Kruger, 2003:134).

In die hofstukke beweer Muntingh dat die skool nalatig was, aangesien die Afrikaansonderwyseres nie opgelei was om leerders in noodsituasies te help nie. Volgens die hofstukke het die onderwyseres (as enigste toesighouer by die swembad) toegelaat dat Muntingh rondbeweeg word; sy het ook versuim om onmiddellik hulp te gaan soek en daar was geen noodhulpgeriewe teenwoordig nie. Die hofstukke beweer verder dat Muntingh minimale skade kon opgedoen het indien 'n kundige toesighouer verhoed het dat hy onnodig rondbeweeg is. Die Pretoriase hoerhof het gelas dat die LUR van onderwys in Gauteng asook die Hoerskool Vereeniging medeverantwoordehk is vir die skade wat Muntingh opgedoen het en dat hulle skadevergoeding aan Muntingh moet betaal. Hierdie saak is buite die hof geskik en die skikkingsbevel is deur die Pretoriase Hoerhof gemaak (Kruger, 2003:136). Kruger is van mening dat in hierdie hofsaak duidelik na vore kom dat 'n skool sorg moet dra dat daar behoorlik gekwalifiseerde toesig oor leerders en noodhulptoerusting beskikbaar moet wees.

Opvoeders is volgens Joubert en Prinsloo (2001:110) verplig om opleiding te ondergaan in 'n spesifieke sport indien die hoof van die skool verwag dat die opvoeder die afrigter moet wees. Volgens Rossouw (2004:65) is 'n voorkomende maatreel vir opvoeder-afrigters dat sportverenigings oor spesiale reels en regulasies moet beskik wat as riglyne kan dien met betrekking tot die verhouding tussen die afrigterkwalifikasie en die vlak van deelname wat die opvoeder-afrigter geregtig is om af te rig.

Die appelsaak van Smoldon v Whitworth and Nolan (1997) fokus op die bekwaamheid en bevoegdheid waaraan 'n skeidsregter moet voldoen. Hierdie Engelse hofsaak handel oor 'n besering wat 'n rugbyspeler (eiser) tydens 'n skrum in 'n 0/19-rugbywedstryd opgedoen het. Die eiser (17 jaar oud) het in die posisie van haker gespeel. Tydens die wedstryd was daar 20 skrums wat inmekaar gesak het (4

maal die gemiddelde). Met een van hierdie skrums moes daar drie keer gesak word, aangesien die skrum met die eerste poging inmekaar geval het en met die tweede opgebreek het. Met die derde poging het die voorrye so hard met mekaar gebots dat albei voorrye op die grond geval het waartydens die eiser sy nek gebreek het. Die aanspreeklikheid van die skeidsregter op grond van sy bekwaamheid en die sorgsaamheid wat hy aan die dag gele het, was die fokus van die saak. Uit die getuies wat gevoer is, het dit duidelik geword dat die skeidsregter beheer oor die wedstryd verloor het, nie die beginsels vir 'n veilige skrum toegepas het nie en daardeur nie opgetree het soos wat dit van 'n redelike skeidsregter verwag word nie. Deur hierdie optrede het die skeidsregter sy sorgsaamheidsplig ten opsigte van die eiser nie nagekom nie. Regter Curtis het die skeidsregter aanspreeklik bevind vir die besering van die eiser.

Die skeidsregter het appel teen die beslissing aangeteken. Met die appelsaak het die skeidsregter toegegee dat hy 'n sorgsaamheidsplig teenoor die spelers het en redelike vaardighede en sorg met betrekking tot die spelers se veiligheid aan die dag moet le, maar ten einde horn aanspreeklik te hou vir 'n speler se beserings, daar bewys moet word dat hy doelbewus die veiligheid en sorg van die spelers verontagsaam het. Hy het verder aangevoer dat die speler bewus was van die gevare en die risiko van beserings met rugby. Die hof was van mening dat rugbyreels juis opgestel is om spelers te beskerm en die feit dat die skeidsregter nie die rugbyreSIs (skrumreels) toegepas het nie, 'n verbreking van sorgsaamheidsplig teenoor die speler is. Die regter het bevind dat die versuim van die skeidsregter om

nie die spelreels toe te pas nie en soos 'n redelike skeidsregter op te tree nie, 'n direkte oorsaak was van die besering wat die speler opgedoen het. Die hof het by die oorspronklike beslissing gehou en die appel is van die hand gewys.

Aangesien tydens die meeste skolerugbywedstryde opvoeders as skeidsregters optree, beskou Prinsloo (1996:799) die Smoldon-saak belangrik vir skole deurdat dit beklemtoon dat, indien 'n opvoeder as skeidsregter optree en nie met die nodige bekwaamheid en sorg optree nie, hy aanspreeklik gehou kan word vir 'n besering wat 'n speler mag opdoen.