• No results found

REGSPRAAK AS DETERMINANT VIR DIE SORGSAME TOESIGHOUDINGSPRAKTYK VAN DIE SUID-AFRIKAANSE

3.3 REGSPRAAK I N PRAKTYK

Die Suid-Afrikaanse appelsaak van Natasha Kern v Minister van Veiligheid en

Sekuriteit SA CCT52/04 is 'n duidelike voorbeeld om aan te dui op welke wyse daar

van nasionale en internasionale wetgewing asook regspraak in 'n Suid-Afrikaanse hofsaak gebruik gemaak word. Alhoewel hierdie saak nie oor 'n onderwysaangeleentheid handel nie, maar oor middellike aanspreeklikheid en die

sorgsaamheidsplig van polisielede is dit relevant vir die opvoeder, aangesien volgens die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (2001:66) die opvoeder uit die aard van sy werk in 'n soortgelyke posisie as 'n polisieman geplaas word met betrekking tot positiewe wetlike verantwoordelikhede.

Die eis in die saak van Natasha Kern v Minister van Veiligheid en Sekuriteit SA

CCT52/04 spruit voort uit 'n insident wat in Westonaria op die oggend van 27 Maart

1999 plaasgevind het. Die eerste verweerder in die saak was die Minister van Veiligheid en Sekuriteit.

Die applikant ('n vrou van 20-jarige ouderdom) en haar vriend het 'n uitval gehad terwyl hul by 'n vermaaklikheidspiek gekuier het. Die applikant (eiser) het haar vriend gevra om haar huistoe te neem. Hy het geweier. Sy het gaan hulp soek by 'n nabygelee polisiestasie. Drie polisiemanne in uniform wat op patrollie in 'n amptelike polisiemotor was het aangebied om haar huistoe te neem. In stede daarvan om haar huistoe te neem het hulle haar aangerand, verkrag en verlate agtergelaat. Die applikant het aangevoer dat die staat middellik aanspreeklik gehou moet word vir die dade van die polisiemanne en dat die polisiemanne aanspreeklik gehou moet word vir die verkragting. Al drie die polisiemanne is skuldig bevind en het tronkstraf ontvang, terwyl die Hooggeregshof bevind het dat die staat nie middellik aanspreeklik gehou kan word nie, aangesien die polisiemanne nie die eiser in die uitvoering van hul pligte en binne die omvang van hul bevoegdhede verkrag het nie.

Met die appelsaak is daar egter aangevoer dat die staat wel middellik aanspreeklik gehou moet word en daar eintlik twee delikte gepleeg is deur die polisiemanne. In die eerste plek het hulle die vrou verkrag en ten tweede het hulle nagelaat om die vrou te beskerm soos hulle verplig was om te doen onder die Grondwet (1996a) en die gemenereg. Die betoog het aangevoer dat hierdie nalatigheid die oorsaak van die eiser se verlies was en dat dit gebeur het binne die omvang van die polisiemanne se werkspligte. Die applikant het aangevoer dat

• daar 'n verpligting op die staat (as werkgewer) en die individuele polisiemanne rus om die eiser teen geweld (in besonder verkragting) te beskerm onder die Suid-Afrikaanse Grondwet en gemenereg en

• elke persoon die reg het op fisiese veiligheid en integriteit volgens Artikels 10,11, 12 en 14 van die Suid-Afrikaanse Grondwet;

• die staat middellik aanspreeklik is vir die aanval op die eiser, aangesien Artikel 7(2) van die Suid-Afrikaanse Grondwet 'n plig op die staat plaas om die regte te respekteer, beskerm, bevorder en te verwerklik.

Volgens die hofverslag is daar indringend gefokus op die toets vir middellike aanspreeklikheid. Volgens die standaardtoets vir middellike aanspreeklikheid moet die werknemer eerstens 'n delik gepleeg het wat nadeel (skade) aan die eiser veroorsaak het en tweedens moet die werknemer die delik in die uitvoering van sy plig gepleeg het. Die applikant het aangevoer dat die polisie een van die agente is wat die staat gebruik om die publiek te beskerm teen geweld. Die eiser het die gemoedsrus gehad en aangeneem dat die polisiemanne haar sal beskerm soos deur die samelewing en wetgewing verwag word. Die polisiemanne het 'n plig gehad om die eiser te beskerm, wat impliseer dat dit deel is van hul werk (uitvoering van hul plig). Die polisemanne was besig met hul werk toe hulle die eiser verkrag het.

Die applikant stel dit verder dat daar van 'n meer uitgebreide toets gebruik gemaak moet word om die staat se verantwoordelikhede onder die Suid-Afrikaanse Grondwet te bepaal. Vir hierdie doeleindes is daar verwys na die benadering van howe van verskillende lande met betrekking tot die toets vir middellike aanspreeklikheid.

Engeland

Een van die Engelse sake waarna verwys word is die saak van Lister v Hesley Hall

2001 2 All ER 769 (HL). Die saak handel oor 'n privaat seunskool waar die

koshuisvoog van die seuns seksueel gemolesteer het. Die skool is aanspreeklik gehou vir die dade van die koshuisvoog. Die hof het bevind dat die skool 'n plig gehad het om die seuns te beskerm inter alia teen seksuele molestering deur die koshuisvoog. Die skool is middellik aanspreeklik gehou, aangesien hulle die sorg van die seuns aan die koshuisvoog toevertrou het en die molestering van die seuns onlosmaaklik verweef is met uitvoering van die koshuisvoog se plig. Die koshuisvoog is in diens geneem om die skool se verantwoordelikhede teenoor die seuns tot uitvoer te bring en die koshuisvoog het sy spesiale posisie waarin die skool horn geplaas het misbruik.

Kanada

'n Kanadese saak waarna verwys is, is die saak van Bazley v Curry [1999] 2 SCR

534 (SCC). 'n Privaat stigting as eienaars van 'n kinderhuis was ook verantwoordelik

vir die bestuur daarvan. Onbekend aan die eienaars, was een van die werknemers by die kinderhuis wat verantwoordelik was vir die versorging van die kinders, 'n pedofiel wat van die kinders seksueel gemolesteer het. Die stigting het die werknemer afgedank toe hulle bewus geword het van sy wanpraktyke. Een van die kinders het die stigting gedagvaar.

Die Hooggeregshof het die stigting aanspreeklik gehou vir die nadeel wat die koshuisvoog aan die kind veroorsaak het. In hul bevinding het die hof indringend gekyk na die middellike aanspreeklikheid van werknemers vir wanpraktyke van hul werknemers teenoor slagoffers oor wie die werknemer 'n beskermingsplig gehad het. Volgens regter McLachlin CJ berus die algemene benadering met middellike aanspreeklikheid in die idee dat waar die werknemer se optrede nou saamhang met 'n risiko wat uit die aard van die werkgewer se onderneming in die gemeenskap geplaas word, die werkgewer middellik aanspreeklik gehou kan word vir die wanpraktyke van die werknemer.

Die Hooggeregshof van Kanada het indringend die reg hersien wat die aanspreeklikheid van 'n werknemer tot 'n eiser oor wie hy plig van beskerming gehad het bepaal. Die Bazley-saak was een van die sake wat volgens die applikant 'n noemenswaardige impak gehad het op die Kanadese en Engelse reg.

Austral ie

Die applikant het ook verwys na die feit dat die reg in Australie dieselfde benadering het ten opsigte van middellike aanspreeklikheid waar die werkgewer 'n beskermingsplig teenoor die eiser het, maar waar die werknemer in stede daarvan om die eiser te beskerm horn leed aandoen. Die Australiese hof het hierdie benadering toegepas in 2003 in die saak van New South Wales v Lepore [2003] HCA

4. Die vraag was of die staat aanspreeklik was vir die seksuele mishandeling van

leerders deur hul opvoeders by staatskole waar die skool op sigself nie nalatig was in die voorkoming van mishandeling nie. Die hof het heelwat aandag aan die vraag bestee of die staat aanspreeklik was op grond van die nalaat om 'n nie-delegeerbare pligsvervulling te vervul in die beskerming van leerders teen seksuele mishandeling. Die hof het ten laaste bevind dat die staat aanspreeklik is op grond van die

alternatiewe basis van middellike aanspreeklikheid vir die wanpraktyke van die opvoeders. Hierdie bevinding was in 'n groot mate bemvloed deur die uitsprake van die Kanadese hooggeregshof in die saak van Bazley.

Amerika

Volgens die applikant het verskeie Amerikaanse howe die vraag ondersoek of die staat middellik aanspreeklik is vir die gedrag van polisielede wat lede van die publiek verkrag of seksueel mishandel. Alhoewel die staatswette waaronder die sake beslis is nie altyd dieselfde is nie en die feite van die sake verskil, blyk dit dat die staat konsekwent aanspreeklik gehou is vir die wanpraktyke van polisielede. Die basis waarop die Amerikaanse howe die staat as werkgewer aanspreeklik hou vir die optrede van skuldige polisielede is gegrond op die feit dat polisielede 'n hoe mate van gemeenskapsvertroue en -outoriteit geniet en gevolglik aanspreeklik gehou moet word as die outoriteit deur polisielede misbruik word. Dit was so in die uitspraak in die Louisiana-appelhofsaak van Applewhite v City of Baton Rouge 380 So. 2d 119

(1979). Die hof het bevind dat, weens die feit dat aan polisielede, as

staatsamptenare, 'n beduidende gemeenskapsvertroue en -outoriteit gegee word, die staat aanspreeklik gehou kan word vir wanpraktyke van polisielede, al mag daardie optrede effens verwyderd wees van hul gewone pligte. Dit is onbetwisbaar die geval weens die posisie van polisielede in die Amerikaanse samelewing.

Deur te verwys na die uitsprake van Suid-Afrikaanse howe en die van die verskeie internasionale regsgebiede (soos bespreek), stel die applikant dit dat die toets vir middellike aanspreeklikheid nooit staties is nie en oor tyd ontwikkel. Dit word verder gestel dat 'n belangrike waarde wat moet reflekteer in die toets vir middellike aanspreeklikheid van die staat vir polisielede wat hul grondwetlike pligte nalaat, is die grondwetlike waarde van aanspreeklikheid. Die Suid-Afrikaanse appelhof erken die noodsaaklikheid van hierdie waarde in die deliktereg, waar die staat aanspreeklik gehou word vir die nalaat om die gemeenskap te beskerm teen gewelddadige kriminaliteit. Die applikant stel dit dat in hierdie saak, die waarde soos bespreek erken moet word deurdat die regres van die aanval op die eiser nie beperk moet word tot een teen die individuele polisiemanne nie, maar dat die staat ook middellik aanspreeklik gehou moet word. Van die redes wat aangevoer is, is dat

• die staat gefaal het in sy grondwetlike plig om die eiser te beskerm teen aanvalle soos wat sy beleef het en

• die staat die polisiemanne aangestel en aan hulle die funksie toevertrou het om die gemeenskap te beskerm, wat hulle nie gedoen het nie.

Die appelhof het die beslissing van die Hooggeregshof tersyde gestel en beslis dat • die eerste verweerder middellik aanspreeklik is vir die nadeel wat die eiser

gely het;

• die eerste verweerder die koste van die eiser asook die koste van die twee regsadviseurs moet betaal.

Die feit dat in bogenoemde saak, wat oor middellike aanspreeklikheid van polisielede handel, soveel kruisverwysing gedoen word na middellike aanspreeklikheid van die staat in onctemysaangeleenthede, impliseer vir die praktiserende opvoeder dat enige relevante regspraak, met betrekking tot aspekte van sy sorgsame toesighoudingspraktyk, 'n bepalende invloed kan uitoefen op die standaard wat van sy sorgsame toesighoudingspraktyk verwag word.

3.4 SAMEVATTING

Die regte in die Handves op Regte word onvermydelik in bree' terme gestel. Die interpretasie van daardie regte is die verantwoordelikheid van elke persoon. Die howe en regspraak bepaal uiteindelik die spesifieke betekenis van die in bree gestelde regte (Govender & Kollapen, 2000:3). Die howe stel die parameters en riglyne waarbinne die kind beskerming (dus ook deur die opvoeder se sorgsaamheidsplig) van sy regte kan geniet (Ramatlhodi, 2004:3). Onderwys vind nie in 'n vakuum plaas nie, maar binne die regstelsel van Suid Afrika. Daar bestaan nie 'n aparte veld van wette wat die onderwys uitsluitlik bepaal en be'invloed nie, maar eerder 'n hibridiese veld van wetgewing wat bestaan uit norme en standaarde uit die totale veld van wetgewing, soos van toepassing in 'n eietydse Suid-Afrika. Dit is belangrik vir die opvoeder om sy posisie, en die gepaardgaande standaard van sorgsame toesighoudingspraktyk wat wetlik vereis word, in die lig van relevante wetgewing en regspraak grondig te kan evalueer, verstaan en toepas (Oosthuizen & Roos, 2005:48).

Ten einde 'n opvoeder in staat te stel om die vereiste standaard met betrekking tot sy sorgsame toesighoudingspraktyk korrek te kan evalueer, verstaan en toepas is dit noodsaaklik dat die gemeenregtelike elemente vir die bepaling van deliktuele aanspreeklikheid in ag geneem word.

HOOFSTUK 4

GEMEENREGTEL1KE ELEMENTE VIR DELIKTUELE