• No results found

AFRIKAANSE OPVOEDER

2.5 STATUTERE (WETGEWENDE) DETERMINANTE

2.5.2 OORSPRONKLIKE WETGEWING

2.5.2.1 PARLEMENTERE ONDERWYSWETGEWING

Wetgewing wat spesifiek met die oog op die onderwys self uitgevaardig is, word vervolgens bespreek.

i. Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Wet 27 van 1996

Die vernaamste doelwitte van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (27/1996c) (hierna genoem Nasionale Onderwysbeleid) van belang vir die sorgsame toesighoudingspraktyk van die opvoeder word in Artikel 2 van Nasionale Onderwysbeleid gestel:

Artikel 2

(a) Die bepaling van 'n nasionale onderwysbeleid deur die Minister aan die hand van sekere beginsels;

(c) die openbaarmaking en implementering van die nasionale onderwysbeleid en

(d) die monitering en evaluering van onderwys

Bogenoemde doelwitte bepaal dat die Nasionale Onderwysbeleid (27/1996c) 'n instrument is waardeur die Minister van Onderwys 'n beleid kan bepaal met betrekking tot aspekte soos onder andere die fasiliteite vir onderrig, ontwikkeling in onderwys, ratio tussen opvoeders en leerders, aantal werksure van opvoeders, asook die stel van kurrikulum- en onderrigstandaarde. Hierdie beleid het dus 'n direkte invloed op die onderwyspraktyk waarbinne die opvoeder sy sorgsame toesighoudingspraktyk moet handhaaf (Oosthuizen, 2004b:23). Soos reeds genoem, verskaf en beskerm Hoofstuk 2 van die Grondwet (1996a) die fundamentele regte van elke persoon (dus ook die opvoeder en leerder). Artikel 4(a) van die Nasionale Onderwysbeleid (27/1996c) bevorder en waarborg hierdie regte binne die konteks van die onderwys.

Artikel 4 Die beleid word gerig word op

(a) Die bevordering en beskerming van die fundamentele regte van elke persoon soos gewaarborg ingevolge Hoofstuk 2 van die Grondwet en ingevolge internasionale konvensies soos deur die parlement bekragtig

Vir die opvoeder impliseer Artikel 4(a) dat in die volvoering van sy sorgsame toesighoudingspraktyk die opvoeder moet toesien dat met alle onderwys- en onderrigaktiwiteite die regte van die leerder bevorder en beskerm word (Oosthuizen & Roos, 2005:28).

ii. Wet op Indiensneming van Opvoeders, Wet 76 van 1998

Uit hierdie wet se vernaamste doelstellings is dit duidelik dat hierdie wet bepalend is met betrekking tot sake rakende die opvoeder as werknemer, naamlik

• die bepaling van diensvoorwaardes van opvoeders in diens van die staat; • regulering ten opsigte van aanstellings, bevordering en sekondering; • aspekte soos diensbeeindiging;

• aspekte rakende onbekwaamheid en wangedrag;

• voorsiening te maak vir die statutere fundering van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (hierna genoem SARO) (Oosthuizen & Roos, 2005:29).

Hoofstuk 5 van die Wet op Indiensneming van Opvoeders (76/1998b) is 'n direkte determinant vir die standaard van optrede wat van die opvoeder verwag word in die uitvoering van sy plig. Artikel 16 bepaal dat, indien dit blyk dat die opvoeder nie die vermoe' het om die pligte soos aan horn opgedra effektief te kan uitvoer nie, die werkgewer (onderwysdepartement) die vermoe van die opvoeder moet assesseer. Die werkgewer kan aksies teen die opvoeder instel in ooreenstemming met die bepaalde kode en prosedures met betrekking tot swak prestasie, soos verskaf in Skedule 1 van die Wet op Indiensneming van Opvoeders. Verder word daar in Hoofstuk 5 bepaal wat as wangedrag van 'n opvoeder beskou word. Artikel 17 bepaal (1)(a-d) wat as ernstige wangedrag beskou word en waarvoor 'n opvoeder ontslaan moet word, sou hy skuldig bevind word aan onder andere

• diefstal, omkopery, bedrog of enige vorm van korrupsie met betrekking tot eksamens;

• seksuele aanranding van 'n leerder of werknemer; • ernstige aanranding van 'n leerder en

Artikel 18(1) van die Wet op Indiensneming van Opvoeders (76/1998b) verwys na wangedrag wat as die verbreking van die werkgewer- werknemerverhouding beskou word. Wangedrag, onder Artikel 18(1), is onder andere

• wanbesteding van die staat se geld;

• met opset of deur nalatigheid skade aan staatseiendom veroorsaak; • misbruik van die posisie in die skool;

• nalaat om wettige opdragte uit te voer; • afwesig van die werk sonder verskoning; • onbillike diskriminasie teen ander persone;

• tydens die uitvoering van pligte onder die invloed van enige bedwelmde stof (insluitende alkohol) te wees en

• om onbehoorlike gedrag te openbaar in die uitvoering van pligte.

Dit is dus duidelik dat die Wet op Indiensneming van Opvoeders 'n belangrike determinant is vir die opvoeder in die volvoering van sy sorgsame toesighoudingspraktyk, aangesien dit in duidelike terme bepaal wanneer 'n opvoeder se toesighoudingspraktyk nie aan die wetlike vereistes voldoen nie. Dit blyk duidelik uit onder andere Artikel 18(1)(e), wat bepaal dat 'n opvoeder horn aan wangedrag skuldig maak indien hy in die volvoering van sy plig, sy eie lewe en/of ander in gevaar stel deur die verontagsaming van veiligheidreels en regulasies.

Volgens Roos en Oosthuizen (2005:62) is dit belangrik dat die opvoeder hierdie relevante wetgewing moet evalueer en verstaan.

iii. Suid-Afrikaanse Skolewet no. 84 van 1996

Die doelstellings van die SA Skolewet (84/1996d) is onder andere

• om 'n hoe kwaliteit onderwys met eenvormige standaarde en norme vir alle leerders in Suid Afrikaanse skole te voorsien en

• om 'n nasionale onderwysstelsel daar te stel wat demokratiese transformasie bevorder en op 'n nie-diskrimenerende grondslag plaasvind ten opsigte van ras, geslag en alle ander vorme van diskriminasie (Oosthuizen & Roos, 2005:28).

Volgens Joubert en Prinsloo (2001:19) is een van die sleutelaspekte van die SA Skolewet (84/1996d) dat al die rolspelers in die onderwys (dus ook die opvoeder) hul verantwoordelikhede met betrekking tot die organisasie en beheer van skole moet aanvaar volgens die eenvormige standaarde wat deur wetgewing gestel is. Artikel 3(1) van die SA Skolewet (84/1996d) bepaal dat elke ouer verplig is om sy kind skool toe te stuur. Dit impliseer dat die sorg van die kinders tydens die skoolaktiwiteite in die sorg van die opvoeder gelaat word. Op grond van sy in loco parentis-pos\s\e (vgl. par. 5.2) is die opvoeder verantwoordelik vir die veiligheid en beskerming teen nadeel (skade) van die leerders in sy sorg (Joubert & Prinsloo, 2001:97).

Artikel 8(1) van die SA Skolewet (84/1996d) bepaal dat die beheerliggaam van 'n openbare skool 'n gedragskode moet bepaal en saamstel na oorleg met die leerders, ouers en opvoeders van die skool. Die gedragskode moet volgens Artikel 8(2) daarop gemik wees om 'n veilige, gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing te vestig wat toegewy is aan die bevordering en instandhouding van die gehalte van die leerproses. Per implikasie beteken dit dat 'n staat van geborgenheid in die skool moet heers, waarbinne opvoedende onderwys kan plaasvind (Oosthuizen, 2004a:2).

Joubert en Prinsloo (2001:19) is van mening dat elke opvoeder die klaskamer moet binnegaan met 'n deeglike kennis van die SA Skolewet. Dit is egter ook noodsaaklik dat die opvoeder moet weet dat, volgens Artikel 61 van die SA Skolewet, die Minister van Onderwys regulasies (vgl. par. 2.5.3.1) onder hierdie wet kan uitvaardig wat as noodsaaklik beskou kan word om die doelwitte van die SA Skolewet te bereik. Hierdie regulasies kan 'n direkte invloed he op die opvoeder se sorgsame toesighoudingspraktyk, soos blyk uit die Regulations for safety measures at public

schools (SA, 2006), wat onder andere spesifieke bepalings het met betrekking tot

• skoolaktiwiteite (Artikel 8A),

• organisering van skoolaktiwiteite (Artikel 8B), • toestemming van ouers (Artikel 8C),

• vervoer van leerders (Artikel 8D) en • fisiese aktiwiteite (Artikel 8E)

Uit bogenoemde is dit duidelik dat die SA Skolewet 'n verantwoordelikheid op die opvoeder plaas met betrekking tot die verwagte standaard waarop die opvoeder sy sorgsame toesighoudinspraktyk uitvoer.

iv. Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders, Wet 31 van 2000

Die doel van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders Wet 31 van 2000 (hierna genoem SARO-Wet (31/2000)) is om te voorsien in die kontinue bestaan van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO). Verdere doelwitte van die SARO-Wet word in Artikel 2 gestel:

(a) om te voorsien vir die registrasie van opvoeders;

(b) die bevordering van die professionele ontwikkeling van opvoeders en (c) die stel, onderhou en beskerming van etiese en professionele standaarde

vir opvoeders deur middel van die funksionering van die raad.

Artikel 21 van SARO-Wet (31/2000) bepaal die verpligte registrasie van opvoeders. Volgens Artikel 21(1) moet 'n persoon wat kwalifiseer vir registrasie in terme van hierdie wet by SARO geregistreer wees voor aanstelling as opvoeder. Artikel 21(2) bepaal verder dat geen werkgewer 'n persoon mag aanstel as opvoeder tensy die persoon by SARO geregistreer is nie.

Volgens Artikel 5(b)(i) van hierdie wet (31/2000) moet SARO die professionele beeld van opvoeders bevorder, ontwikkel en onderhou. Artikel (5)(c)(i) bepaal dat SARO 'n professionele gedragskode vir geregistreerde opvoeders moet saamstel en implementeer. Voortspruitend uit hierdie bepaling is die SARO-Gedragskode (SARO, 2000) ontwikkel wat van toepassing is op elke opvoeder wat geregistreer is in terme van die SARO-Wet. Die SARO-Gedragskode bepaal onder andere dat elke opvoeder volgens Artikel 3

• die leerders se reg op menswaardigheid, privaatheid en konfidensialiteit respekteer(3.1);

• die spesiale behoeftes van elke leerder erken en die leerder lei om sy voile potensiaal te ontwikkel (3.2);

• redelike stappe sal neem om die veiligheid van leerders te beskerm (3.7) en

• nie nalatig of traag is in die uitvoering van sy professionele pligte nie (3.9).

Die SARO-Gedragskode het 'n direkte invloed op die opvoeders se volvoering van hul sorgsame toesighoudingspraktyk. In die eerste plek word daar verwag dat 'n opvoeder gekwalifiseerd moet wees wat beteken dat 'n hoer mate van sorg in die handhawing van sy sorgsame toesighoudingspraktyk verwag word as wat van die redelike persoon verwag sou word (vgl. par. 4.3.3.2 (ii)(c)). Tweedens is sekere bepalings in die SARO-Gedragskode direk van toepassing op die sorgsame toesighoudingspraktyk van die opvoeder, soos byvoorbeeld Artikel 3(3.7) en 3(3.9).

Hierdie bepalings stipuleer dat 'n opvoeder die leerders se veiligheid sal beskerm en dat die opvoeder nie traag of laks mag wees in die uitvoering van sy professionele pligte nie.

Die praktyktoepassing van die SARO-Gedragskode kom duidelik na vore in die antwoord van die Minister van Onderwys tydens die Nasionale Vergadering (SA, 2007a) in Maart 2007. Die Minister is gevra om terugvoer te gee oor sake waar dissiplinere stappe teen opvoeders ingestel is weens die verbreking van die professionele gedragskode. Volgens die Minister het SARO in die tydperk 2004 - 2006 ongeveer 25 gevalle hanteer waarvan 20 direk te make het met die sorgsame toesighoudingspraktyk van die opvoeders. Die gevalle het gewissel van verkragting tot onsedelike aanranding en molestering van leerders, sowel as kollegas. Van die skuldige opvoeders se name is van die SARO se register verwyder, soos bepaal word in Artikel 23 (1) van SARO-Wet (31/2000).

Dit is duidelik dat die opvoeder bewus moet wees wat die SARO-Wet (31/2000) vereis met betrekking tot die professionele gedrag wat verwag word in die uitvoering van sy sorgsame toesighoudingspraktyk.

Buiten die genoemde spesifieke parlementere onderwyswette bestaan daar ook heelwat nie-onderwyswetgewing in Suid-Afrika wat 'n bepalende invloed het op die opvoeder se rol as sorgdraer.