• No results found

GEMEENREGTEL1KE ELEMENTE VIR DELIKTUELE AANSPREEKLIKHEID.

4.4 SKULDLOSE AANSPREEKLIKHEID

4.4.1 Middellike aanspreeklikheid

Volgens Neethling et al. (2006:359) word middellike aanspreeklikheid omskryf as die skuldlose aanspreeklikheid van een persoon vir die skade wat deur 'n ander persoon se onregmatige optrede veroorsaak is. Persoon A kan in sekere omstandighede dus indirek skuldloos aanspreeklik gehou word vir die onregmatige optrede van persoon B. Daar kan egter net sprake van middellike aanspreeklikheid wees as daar 'n besondere verhouding tussen die twee persone bestaan (Botha & Oosthuizen, 2005:99; Neethling et al., 2006:359; Vamham, 2001:115). Vir die doeleindes van hierdie studie word daar slegs gefokus op die werkgewer-werknemer-verhouding.

Ten einde die intree van middellike aanspreeklikheid vas te stel moet bewys word dat die werknemer nie net in diens van die werkgewer gestaan het nie, maar dat hy ook opgetree het binne die omvang van sy bevoegdhede en pligte (Vamham, 2001:115). Volgens Botha en Oosthuizen (2005:99) kan 'n werknemer slegs onder die volgende omstandighede middellik aanspreeklik gehou word:

• daar moet 'n werknemer-werkgewer-verhouding bestaan; • die werknemer moet 'n delik pleeg;

• die werknemer moes die delik in die uitvoering van sy pligte gepleeg het en • die werknemer moet binne die omvang van sy bevoegdhede optree.

Volgens Artikel 1 van die Wet op Aanspreeklikheid No. 20 van 1957 (20/1957) kan die staat middellik aanspreeklik gehou word vir 'n delik gepleeg deur enige van sy werknemers binne die kapasiteit van die werknemer se aanstelling en outoriteit. Volgens Artikel 60 (1) en (2) van die Skolewet (84/1996d) is die Staat aanspreeklik vir enige skade en verlies as gevolg van enige daad of versuim in verband met enige opvoedkundige aktiwiteit wat deur 'n openbare skool bedryf word. In praktyk beteken dit dat die moontlikheid bestaan dat die werkgewer (skool of onderwysdepartement) van die opvoeder (werknemer) middellik aanspreeklik gehou kan word vir die nadeel (skade) wat 'n leerder ly weens die onregmatige optrede van 'n opvoeder in die uitvoering van sy sorgsaamheidsplig. Die ouers van die leerder kan volgens Botha en Oosthuizen (2005:99) die betrokke werkgewer direk dagvaar.

Volgens Artikel 20(4) van die SA Skolewet (84/1996d) kan die beheerliggaam van 'n openbare skool poste skep en addisionele opvoeders aanstel. Met hierdie aanstellings vertolk die beheerliggaam die rol as werkgewer en is die staat, volgens Artikel 20(10) van die SA Skolewet (84/1996d), nie aanspreeklik vir enige nalatige optrede of versuim deur die opvoeders met betrekking tot die kontraktuele verantwoordelikhede teenoor die werkgewer (beheerliggaam) nie. Beheerliggame is dus verantwoordelik en kan middellik aanspreeklik gehou word vir 'n delik gepleeg deur 'n opvoeder wat deur hulle aangestel is namens die skool.

Alhoewel nie 'n onderwyssaak nie is die Suid-Afrikaanse saak van Costa Da Oura

Restaurant (Pty) Ltd t/a Umdloti Bush tavern v Reddy HHA 2003 SA 'n goeie

praktykvoorbeeld waarin middellike aanspreeklikheid en die vereistes in die wergewer-werknemer-verhouding na vore kom. In hierdie saak het 'n kroegman een van die klante (eiser) aangerand. Die kroegman het die klant buite die taverne aangerand nadat hy van diens af gekom het. Die hof het bevind dat die aanranding 'n persoonlike daad van aggressie was, geensins in belang van die werkgewer was nie en buite die kroegman se pligte en ge'i'mpliseerde bevoegdheid as kroegman geval het. Wraaksug van 'n werknemer wat tot aanvalle op klante lei, kan nie die werkgewer middellik aanspreeklik hou nie.

As hierdie saak aan die hand van die vereistes vir die werkgewer-werknemer- verhouding getoets word, is dit duidelik waarom die hof nie die werkgewer middellik aanspreeklik gehou het nie. Alhoewel hier 'n werkgewer-werknemer-verhouding was

en 'n delik gepleeg is, het die delik nie verband gehou met die uitvoering van normale werksnemerverpligtinge nie en het die werknemers buite hul werksbevoegdheid opgetree.

Waar daar wel 'n werkgewer-werknemer-verhouding bestaan en die delik binne die bestek van die werknemer se pligte plaasgevind het, kan die werkgewer wel middellike aanspreeklik gehou word soos bevind in appelsaak van Natasha Kern v

Minister van Veiligheid en Sekuhteit SA CCT52/04 (vgl. par. 3.3 vir feite van die

saak). Die kern van die saak is dat polisiemanne 'n vrou (wat die polisiemanne vir hulp genader het) verkrag het terwyl hul besig was met amptelike werkspligte.

In die Suid-Afrikaanse saak Minister of Education and Culture (house of delegates) v

Azel and another 1995 (1) SA 30 (A) is die Minister of Education and Culture (house

of delegates) middellik aanspreeklik gehou vir skadevergoeding aan 'n leerder nadat hy beserings tydens 'n skooluitstappie opgedoen het, ten spyte van 'n vrywaringsvorm wat die leerder se ouer onderteken het (vgl. par. 4.4.2) vir feite van saak).

In die Suid-Afrikaanse saak Muntingh v. Gautengse Departement van Onderwys en

die Hoerskool Vereeniging 1997 (vgl. par. 5.3.3.1 vir feite van saak) het die Pretoria

Hoerhof beslis dat die LUR van onderwys in Gauteng (as werkgewer) asook die Hoerskool Vereeniging (werknemer/dienaar) middellik aanspreeklik is vir die skade wat Muntingh opgedoen het en dat hulle skadevergoeding aan Muntingh moet betaal. Hierdie beslissing is onder andere gegrond op die feit dat in hierdie gebeurtenis daar 'n werkgewer-werknemer-verhouding (opvoeder—> skool—> onderwysdepartement) was en die opvoeder 'n delik gepleeg het binne die bevoegdhede en in die uitvoering van haar amptelike pligte.

Sou 'n leerder, deur die onregmatige optrede van 'n opvoeder, 'n besering opdoen in die sweiswerkswinkel kan die onderwysowerheid middellik aanspreeklik gehou word vir die nadeel (skade) wat die leerder gely het. Sou dieselfde opvoeder egter die leerder versoek om horn Saterdag by sy huis te kom help met sweiswerk en die leerder doen 'n besering op as gevolg van die nalatigheid van die opvoeder, kan die onderwysowerheid en/of beheerliggaam nie middellike aanspreeklik gehou word nie,

aangesien die delik buite die uitvoering van die opvoeder se amptelike pligte gebeur het.

Volgens Varnham (2003:186) en Neethling et al. (2006:362) kan 'n werkgewer middellik aanspreeklik gehou word vir die nalatige handeling van 'n opvoeder slegs as die handeling so nou verband hou met die algemene aard van die opvoeder se sorgsaamheidsplig dat dit beskou kan word dat die opvoeder sy plig op 'n onvanpaste/verkeerde wyse nagekom het. Die werkgewer is egter nie middellik aanspreeklik vir totale onafhanklike onregmatige optrede van 'n opvoeder buite die opvoeder se amptelike pligte nie.

In die geval van 'n suksesvolle skadevergoedingseis wat teen die werkgewer ingestel is op grond van 'n delik deur die opvoeder gepleeg, kan die werkgewer in sekere gevalle, ingevolge die regresregbeginsel, by die geregshof aansoek doen om die geld van die opvoeder te verhaal (Kruger, 2003:107).

4.4.2 Vrywaring

Joubert en Prinsloo (2001:100) en Botha en Oosthuizen (2005:100) stel dit dat vrywaring beskou kan word as 'n aanspreeklikheiduitsluitingsgrond. Wanneer die ouers/voog van 'n leerder 'n vrywaringsvorm teken, beteken dit dat die ouer afstand doen (of beperk) van sy reg om sodoende die opvoeder (en staat en/of skool) te vrywaar teen enige skade wat hy mag ly. Opvoeders (of skool) kan egter net in bepaalde gevalle en op 'n beperkte wyse deur middel van 'n vrywaringsvorm hulself van aanspreeklikheid vrywaar.

Volgens Joubert en Prinsloo (2001:100) is dit belangrik om te besef dat die vrywaringsvorm wat die ouer teken slegs geldig is met betrekking tot die skade wat die ouer self ly. Die nadeel (skade) wat 'n (minderjarige) leerder ly, word nie deur 'n vrywaringsvorm gedek nie, aangesien die reg bepaal dat 'n ouer nie tot nadeel (skade) van die minderjarige mag optree nie. Indien 'n skool 'n bustoer reel vir die eerste rugbyspanleerders en hul ouers kan die ouers net namens hulself vrywaring gee. Sou daar 'n busongeluk plaasvind en die ouers en hul kind word beseer, is die ouers aanspreeklik vir die mediese koste, aangesien dit 'n skade is wat die ouer self ly. Sou die leerder egter sodanig beseer word dat hy sy arm verloor, ly hy

persoonlikheidsnadeel (vgl. par. 4.3.5.2) en kan die leerder 'n eis instel teen die persoon (skool en/of staat) aan wie se nalatigheid of opset die beserings te wyte is (Joubert & Prinsloo, 2001:100). Volgens (Botha & Oosthuizen, 2005:100) kan 'n vrywaring dus 'n opvoeder (of skool) net in 'n beperkte mate en beperkte omstandighede vrywaar teen die moontlike persoonlike eis van 'n leerder vir nadeel (skade) gely of vir die benadeling van sy persoonlike regte. Sou 'n vrywaringsvorm die vrywaring (kwytskelding) van 'n leerder se persoonlike eis (na mondigwording) bevat, moet die leerder, bygestaan deur sy ouers, die kwytskelding onderteken.

Dit moet in gedagte gehou word dat 'n vrywaringsvorm nie die opvoeder, skool of staat kan vrywaar van aanspreeklikheid indien skade doelbewus of deur roekelose optrede veroorsaak is nie. Dit kom duidelik na vore in die appelsaak van Minister of

Education and Culture (house of delegates) v Azel and another. Die feite van die

oorspronklike saak waarop die appelsaak gebaseer is, was as volg: 'n Leerder (eiser) van 'n openbare skool is ernstig beseer in 'n motorongeluk tydens 'n skooltoer. Die toer is as 'n opvoedkundige aktiwiteit deur die Biologieopvoeder gereel. Mev Azel (as ouer van die eiser) het 'n vrywaringsvorm onderteken waarin sy die Minister of Education and Culture (house of delegates) (respondent) vrywaar van aanspreeklikheid sou die leerder iets oorkom. Die minibus wat die leerders moes vervoer, het nie genoeg plek vir al die leerders gehad nie. Die Biologieopvoeder het aangebied om leerders met haar privaatmotor te vervoer en die appellant was een van twee leerders wat saam met die opvoeder gery het. Onderweg na hul bestemming het die biologieopvoeder beheer oor haar motorvoertuig verloor, van die pad af gery en teen 'n boom gebots waartydens die leerder (eiser) beseer is. Dit is vasgestel dat die Biologieopvoeder nalatig bestuur het deur nie redelike voorsorgmaatreels te tref om die ongeluk te vermy nie.

Die bevinding van die hof was dat, aangesien die Biologieopvoeder in diens van die Minister of Education and Culture (house of delegates) staan, en die ongeluk (as gevolg van haar nalatigheid) binne die omvang van haar indiensneming plaasgevind het, die Minister of Education and Culture (house of delegates) skadevergoeding van R 765 252.00 aan die eiser moet betaal.

Die Minister of Education and Culture (house of delegates) (applikant) het appel aangeteken teen die bevinding. Hul appel is gegrond op die vrywaringsvorm wat mev Azel (respondent) onderteken het. Volgens die applikant het die ondertekening van

die vrywaringsvorm hulle gevrywaar van enige aanspreeklikheid. Die bewoording van die vrywaringsvorm wat volgens die applikant die vrywaring verleen, lees as volg:

I fully understands and accepts that all tours and excursions shall be undertaken at my child's own risk and I undertake, on behalf of myself, my executors and my child aforesaid to idemnify, hold harmless and absolve the Department, the principal and his staff against any from any or all claims whatsoever that may arise in connection with any loss of or damage to the property or injury to the person of my child aforesaid in the course of any tour or excursion, in the knowledge that the principal and his staff will,

nevertheless, take all reasonbale pracautions for the safety and welfare of my child.

Die interpretasie van die woorde is hewig betwis in die saak. Volgens die applikant stel die woorde duidelik dat hulle nie aanspreeklik gehou kan word nie en dat die ouer ingestem het met hierdie vrywaring deur haar ondertekening van die vrywaringsvorm. Die hof bevind egter dat die tweede gedeelte van die bewoording (kursief gedruk) die verskil maak. Sou die gedeelte nie in die bewoording verskyn het nie kon die applikant dalk 'n saak gehad het. Die regter bevind dat die woorde "in the

knowledge" impliseer dat die ouer die Departement, hoof en sy personeel vrywaar

van aanspreeklikheid met dien verstande dat alle redelike voorsorgmaatreels vir die veiligheid van die leerders getref sal word. Die feit dat die motorongeluk as gevolg van die Biologieopvoeder se nalatigheid was en versuim om redelike voorsorg te tref is nie betwis nie. Derhalwe bevind die regter dat die appel met koste van die hand gewys word.

Neethling et al. (2006:255) is van mening dat die bevinding van die hof in bogenoemde saak impliseer dat in 'n geding waar 'n skool se aanspreeklikheid teenoor ouers ten opsigte van saakbeskadiging of persoonlike beserings van leerders met betrekking tot skoolaktiwiteite nie nalatige optrede aan die kant van die opvoeders dek nie ten spyte van 'n vrywaringsvorm wat deur 'n ouer onderteken is.

4.4.2.1 Toestemming

Volgens Joubert en Prinsloo (2001:99) is dit noodsaaklik dat opvoeders toestemming vir deelname aan 'n bepaalde aktiwiteit, wat 'n risiko van gevaar inhou, by 'n leerder

se ouers moet verkry. Hierdie noodsaaklikheid word bepaal in die Wysigingswet (SA, 2006) van die Suid-Afrikaanse Skolewet (84/1996d) wat volgens Artikel 8(c)(1) bepaal dat:

Toestemming:

'n Openbare skool moet skriftelike toestemming verkry van die ouer van 'n leerder wat 'n skoolaktiwiteit sal onderneem.

Ouers gee hierdeur toestemming tot redelike risiko van besering. Ouers en leerders kan net toestemming gee tot die risiko van besering as die aktiwiteit binne die leerder se vaardighede val en hulle bewus gemaak is van die gevare voor die aktiwiteit 'n aanvang neem. Ten spyte van toestemming deur die ouers kan 'n opvoeder wat nalatig optree nog steeds aanspreeklik gehou word (Joubert & Prinsloo, 2001:99).

4.4.3 Aanspreeklikheidsversekering virskole

Volgens Botha en Oosthuizen (2005:101) kan 'n skool of opvoeder aanspreeklikheidsversekering uitneem met die doel om die delikpleger (opvoeder en/of skool), teen regsaanspreeklikheid te vrywaar. Sou die ouers of leerder 'n eis teen die skool instel vir skade wat gely is as gevolg van die onregmatige optrede van die opvoeder en/of skool sal hierdie skade deur die versekeraar betaal word.

4.5 SAMEVATTING

Aanspreeklikheid vir nalatigheid is 'n groot bran van kommer vir alle professionele persone (McCarthy & Sorenson, 1993:166) en volgens Mgolego (2004: 68) raak opvoeders toenemend besorg oor die moontlikheid van regsaksies van ouers wat meen dat hul kind se regte deur die opvoeder benadeel is. Vacca (2007:2) is van mening dat in die komende jare die besorgdheid oor die veiligheid van leerders (en opvoeders) 'n hoe prioriteit in onderwysinrigtings sal geniet.

In Hoofstuk 5 word daar gefokus op onder andere die grondslag van die opvoeder se sorgsame toesighoudingsplig en regspligte met betrekking tot die opvoeder se sorgsame toesighoudingspraktyk.

HOOFSTUK 5

SORGSAME TOESIGHOUDINGSPLIGTE V A N DIE