• No results found

SORGSAME TOESIGHOUDINGSPLIGTE V A N DIE OPVOEDER I N DIE PRAKTYK.

5.2 IN LOCO PARENTIS

5.3.2 Standaard van sorgsame toesighoudingsplig

Om die standaard van sorg te bepaal is nie so maklik nie. Daar bestaan geen presiese definisie vir sorgsame toesighoudingsplig nie, wat tot gevolg het dat hierdie definisie dikwels in hofsake beredeneer moet word, 'n Aanvaarbare standaard van sorgsame toesighoudingsplig word bepaal deur die inherente risiko van 'n aktiwiteit op te weeg teen die pedagogiese waarde van daardie aktiwiteit en die waarskynlikheid van nadeel (skade) waarvoor die hof skadevergoeding sal toestaan aan die benadeelde party, veroorsaak deur die gedrag van die opvoeder

(Charnblin, 1999:99). Volgens McCarthy et al. (1998:443) word die mate van sorg wat opvoeders verskuldig is aan leerders bepaal deur die ouderdom, ondervinding, volwassenheidsvlak van die leerder, die omgewing waarbinne die sorgsame toesighoudingspraktyk plaasvind en die tipe onderrig- of ontspanningsaktiwiteit. Volgens De Wet en Oosthuizen (2001:163) behels die basiese verpljgtinge van die opvoeder onder die gemenereg, in terme van sy rol as sorgsame toesighouer, die verpligting om om te sien na die fisiese en geestelike welstand van die leerder in sy sorg.

Volgens Reinardy (2002:44) is dit belangrik dat opvoeders weet wat die sorgsaamheidsplig behels. Die opvoeder het 'n plig om professionele aanvaarbare vaardighede en sorg aan die dag te le en homself op 'n verantwoordelike wyse te gedra. Opvoeders moet optree op 'n wyse wat ooreenstem met die wyse waarop 'n redelike, eenders geleerde (gekwalifiseerde) opvoeder sou optree in soortgelyke omstandighede. Indien die standaard van sorgsaamheidsplig nie duidelik deur wetgewing uitgestip word nie, is die standaard wat deur die hof gebruik word die van

redelike sorg (Charnblin, 1999:99). McCarthy en Sorenson (1993) stel dit verder

dat, ongeag die aanklag - wanpraktyk of blote nalatigheid - en ongeag hoe kompleks, die sorgsaamheidsplig van die opvoeder nooit verder kan strek as die mate van sorg wat as redelik beskou word in die spesifieke omstandighede nie.

Hierdie stelling word bevestig in die saak van Rusere v The Jesuit Fathers 1970 (4)

SA 537 (R). Hierdie, destydse Rhodesie saak, handel oor 'n situasie waar 'n

agtjarige kind met 'n "pyl" in die oog geskiet word tydens vryespel by die koshuis. Die eiser in die saak het aangevoer dat die besering te wyte was aan nalatigheid van die opvoeder deurdat daar onvoldoende toesig was oor die kinders. Die hoof van die skool asook die koshuisvader het aangevoer dat dit nie wenslik (en prakties moontlik) is om kinders van hierdie ouderdom elke oomblik van hulle lewe onder toesig te he nie. Alle praktiese maatreels is getref sodat daar altyd verantwoordelike, volwasse persone asook prefekte naby was om hulp te verleen indien nodig. Verder het hulle ook die leerders van die skool bewus gemaak van die gevare betreffende die rondgooi van voorwerpe, en die besit van potensiele gevaarlike voorwerpe soos messe en ketties is verbied. Die opvoeders het dus alle redelike maatreels getref ter voorkoming van potensiele nadeel. Die regter het dan ook bevind dat

In the absence of any particular circumstances giving rise to a measure of risk beyond that which is normal in the daily routine of life, it is not the law that a schoolmaster must keep his pupils under supervision for every moment of their school lives.

Met betrekking tot die standaard van sorgsame toesighoudingsplig se regter Beck:

The duty of care owed to children by school authorities has been said to be to take such care of them as a careful father would take of his children. This means no more than the school master, like parents must observe towards their charges the standard of care that a reasonably prudent man would observe in the particular circumstances.

Die regter het verder bevind dat die plig om leerders van hierdie ouderdom onder konstante toesig te hou afhang van die risiko waaraan hulle blootgestel word in hulle spesifieke omgewing. Die eis is met koste van die hand gewys.

5.3.2.1 Die impulsiwiteit van kinders (leerders)

Volgens Botha en Oosthuizen (2005:95) moet opvoeders in gedagte hou dat kinders impulsief optree en dikwels 'n handeling verrig sonder om te dink. Daar word van 'n redelike persoon verwag om bedag te wees op die wisselvalligheid van menslike gedrag en om moontlike alledaagse probleme/gebeure te antisipeer. McCarthy et al. (1998:443) stel dit duidelik dat laerskoolleerders beter toesig en meer gedetailleerde en verhalende instruksie verg as wat die geval met hoerskoolleerders sal wees, en 'n hoer vlak van toesig word in 'n houtwerksentrum verwag as in 'n Engelse klas.

'n Opvoeder moet ten alle tye bewus wees en voorsiening maak vir die feit dat die gedrag van 'n kind nie dieselfde mate van redelikheid in hul optrede openbaar as 'n volwasse persoon nie (Botha & Oosthuizen, 2005:95).

Dit word bevestig in die Suid-Afrikaanse saak van Peter Wynkwart v Minister of

Education and Another 2002. case 4168/199 (C) (vgl. par. 1.2 vir feite van die saak)

waar Regter Ngweyane die woorde van regter Jansen in die Suid-Afrikaanse saak

As die kind se doen en late gemeet word aan die maatstaf van die volwassene, dan moet daar gevra word of hy ryp genoeg is om ten opsigte van die betrokke situasie aan daardie maatstaf te voldoen. ... Die verweerder behoort te besef dat hy met onbesonne optrede van 'n kind rekening moet hou en sy nalatigheid onder andere daarin bestaan dat hy dit nie gedoen het nie, volg dit dat sy graad van nalatigheid hoer moet wees as die van die kind - anders sou die paradoksikaal wees dat die kind gepenaliseer moet word vir presies die optrede waarteen die verweerder moes gewaak het.

Die Suid-Afrikaanse saak, Knouwds v Administrateur, Kaap 1981 (1) SA 544 (C) was die gevolg van 'n agtjarige dogter wat haar vinger met die waaierband van 'n grassnyer verloor het. Die skoolopsigter was besig om gras te sny en die agtjarige dogter en haar vriendin het tussen die skoolgeboue rondgehardloop. Die skoolopsigter is na die skoolkantoor toe geroep en hy het die grassnyer luierend agtergelaat. Met die gehardloop het die dogter gestruikel en het haar vinger in die waaierband (wat onbedek was) van die grassnyer beland. Regter Friedman het in sy uitspraak aangevoer dat die impulsiewe en onvoorspelbare gedrag van kinders bekend moet wees aan die hoof van 'n primere skool. Die moontlikheid van die botsing tussen die hardlopende kinders en die grassnyer moes deur die hoof voorsien gewees het. Die hof het beide die skoolhoof en opsigter aan nalatigheid skuldig bevind. In die Suid-Afrikaanse hofsaak van Peter Wynkwart v Minister of

Education and Another 2002. case 4168/199 (C) (vgl. par. 1.2 vir feite van die saak)

stel regter Ngweyane dit dat daar ongetwyfeld 'n plig op mev. Nelson (opvoeder) gems het om die leerders na die skolierpatrollie te begelei, aangesien die leerders van so 'n jong ouderdom baie impulsief, onvoorspelbaar en onverantwoordelik is. Beide van hierdie hofsake beklemtoon die verhoogde standaard van sorg wat van opvoeders verwag word as hulle met kinders werk.

In sommige gevalle word dit verwag dat die redelike persoon bedag moet wees op buitengewone gebeure wat redelikheidshalwe voorsien kan word (Chamblin, 1999:103). Dit word bevestig deur regter J.P. Broome in die Suid-Afrikaanse hofsaak van Eggeling v Law Union and Rock Insurance Co 1958 (3) SA 592 (D). 'n Sesjarige seun het beserings opgedoen toe hy uit die bewegende bus geval het wat die leerders van die skool na hul huis vervoer het. Die bus was nie voorsien van

selfsluitende deure of enige ander veiiigheidsmaatreels om te voorkom dat die kinders uit die bewegende bus val of spring nie. Daar was ook geen ander persoon buiten die busbestuurder om toesig oor die kinders te hou nie. Volgens regter Broome het die verweerder 'n plig gehad om alle redelike maatreels te tref vir die veiligheid van die passasiers. In besonder moes die verweerder nie net die kinders beskerm teen bekende en ooglopende gevare nie, maar ook teen buitengewone voorsienbare gevare. In die geval van 'n sesjarige kind is daar altyd die risiko dat die kind een of ander streek gaan uithaal tensy onder goeie toesig en kon dit redelik voorsienbaar gewees het dat 'n kind van hierdie ouderdom uit 'n bewegende bus sal klim voordat die bus volkome tot stilstand gekom het. Alhoewel die verweerder in hierdie saak nie 'n opvoeder was nie, kan die afleiding gemaak word dat die uitspraak van die hof ook van toepassing kan wees op opvoeders (Bray et a/., 1989:42).

Kruger (2003:90) en Botha en Oosthuizen (2005:95) is van mening dat, alhoewel die opvoeder dieselfde verpligting het met betrekking tot die sorgsaamheidsplig van die leerders in hul sorg het as die ouers, daar in die praktyk 'n hoer eis aan opvoeders gestel word. Die rede hiervoor is dat opvoeders oor gespesialiseerde kennis beskik en professioneel opgelei is in die opvoeding van leerders. Dit het tot gevolg dat die reg meer verwag van die opvoeder met betrekking tot die wyse waarmee hy sy sorgsaamheidsplig uitvoer as wat van die "gewone" redelike persoon verwag word (Herselman, 2006:33; Kruger, 2003:90; Botha & Oosthuizen, 2005:95). 'n Opvoeder (as dader) se gedrag word derhalwe beoordeel volgens die standaard van die "redelike opvoeder" (vgl. par. 4.3.3.2. (ii)(c)).