• No results found

Na die krygsraadsvergadering te Kroonstad op 20 Maart 1900 het die Boeremagte in alle erns begin met ’n stelsel van ongereelde of guerrilla-oorlogvoering. Dit het baie natuurlik gebeur, want dit was in elk geval die tipe oorlogvoering wat met die ontstaan van die kommandostelsel sy beslag in Suid-Afrika gekry het.180 Die suksesvolle en natuurlike wyse waarop die Boere hierdie taktiek teen die Britse magte aangewend het, het aanleiding gegee tot drakoniese maatreëls van vergelding deur die Britse magte tydens die laaste maande van Roberts se bevel. Hierdie maatreëls is onder Kitchener verskerp. Swaar strawwe is neergelê vir guerrillavegters, plase is afgebrand, oeste en vee vernietig en Boerevroue en

178 OMBR: Krygsgevangenelys Bethulie-kommando 179 Neethling, Hoofstuk III, p. 1.

kinders van die land verwyder na konsentrasiekampe.181 Die aanwending van hierdie tipe optrede deur die Britse magte om die oorlog te bekamp, is ’n paar jaar tevore ten sterkste deur Brittanje veroordeel toe dit deur genl. V Weyler in Kuba gevolg is. Die natuurlike gevolg van hierdie metodes het meer as enigiets anders ’n erfenis van haat en wantroue in Brittanje by die Boer in die veld en ook tuis geskep. In Oktober 1900 het mnr. John X Merriman in die Kaapse parlement gesê dat terwyl Brittanje twee jaar tevore verskrik was oor die wandade van Weyler in Kuba, hy n ou by monde van die invloedrykste koerante in Londen voorstel dat dieselfde tipe oorlogvoering in die Vrystaat en die ZAR gevolg moes word.182 Die agtergrond waarteen Weyler opgetree het, is dat hy in 1896 deur die konserwatiewe Spaanse regering na Kuba gestuur is om die Kubaanse rebellie te onderdruk. Sy pogings is gefrustreer omdat die Spaanse troepe konvensioneel opgetree het, terwyl die opstandelinge ’n slaan-en-vlug taktiek toegepas en van die land gelewe het. Sy plan om die probleem op te los, het ’n sogenaamde rekonsentrasie van die bevolking behels waarvolgens die opstandelinge van die res van die inwoners geskei moes word.183 Inwoners buite gefortifiseerde gebiede is agt dae tyd gegun om na dorpe wat deur Spaanse troepe beset is, te beweeg. Daarna sou e nigeen buite die konsentrasiegebiede as vyande beskou en gedood word.184

Die kampe wat uit hierdie invloei na die dorpe ontstaan het, is met doringdraad omhein en deur Spaanse soldate bewaak. Dit was grootliks gedisorganiseerd en vuil, sodat wanvoeding plaasgevind het en siekte vinnig versprei het. Daarna is die plase stelselmatig afgebrand en vernietig. Die dodesyfer voortspruitende uit Weyler se rekonsentrasie-beleid is uiteindelik op 321 934 gestel.185 In hierdie beleid van Weyler lê die oorsprong van die naam konsentrasiekampe en die taktiek wat deur Brittanje oorgeneem is om in die Anglo-Boereoorlog te volg. Weyler se beleid van verskroeide aarde was suksesvol, maar het hom die woede van die wêreld op die hals gehaal.186 In die internasionale reaksie daarop is Weyler se beleid volledig gediskrediteer.

181 Warwick, pp. 3-4; Spies, p.182.

182 E Stockenström, Die Afrikaanse vrou, p. 163.

183 HW Austin, “Valeriano Weyler y Nicolau 1838-1930”, www.spanamwar.com/Weyler.htm. 184 JA Siërra, “History of Cuba Timetable: 1896 thru 1897”, www.historyofcuba.com/history/time/time

tbl2c.htm.

185 O Coetzer, Fire in the sky, p. 114. 186 Ibid.

Soos die oorlog sy loop geneem het en die Boere geen teken van oorgawe getoon het nie, moes die openbare mening in Brittanje aan die regering se kant gehou word. Die Britse skrywer, AMS Methuen, wy ’n hele hoofstuk in sy werk Peace or

war in South Africa aan die haatveldtog wat in die Britse pers geloods is om die

Boere in die swakste lig denkbaar voor te stel. Die doel daarvan was om die Britse openbare mening so stewig as moontlik agter die Britse oorlogsbelei d te kry. Die Boere is aan die publiek voorgehou as “cowardly”, “shuffling”, “unpatriotic”, “cunning”, “boorish”, “ungrateful”, “shifty-eyed”, “clodhopping”, “cruel”, “clumsy”, “greedy”, “cheating”, “mean”, “under-hand”, “foxy”, “savage”, “dull- witted”, “misshapen”, “treacherous” en “brutal”. Die Boere was eintlik “hideous in form, unkempt, unwashed and an assassin”. As voorbeeld van ’n sogenaamde sluipmoordgeval op ’n Brit is ’n Engelsman, ene M’Lachlan van Harrismith, voorgehou – dog, hy was ses maande later nog steeds lewend en blakend gesond.187 Aangevuur deur wanvoorstelling van sensasiebeluste joernaliste het die publiek begin aandring op sterk optrede, byvoorbeeld “not only should he [die Boer] be slain, but slain with the same ruthlessness that they s lay a plague- infected rat […] blood there will be […] the more the better”.188 ’n Koerant het

bepleit dat Boerevroue “should be ‘transported or despatched’” en dat die oorlog “should be ‘smothered with women’.”189 ’n Ander bekende tydskrif het ontken

dat die Boere in die veld geregtig was op die regte van vegtende soldate “as they were brigands”, vergelykbaar met “the agrarian murderers in Ireland”.190

Hierdie beeld wat aan die publiek voorgehou is, was op die lange duur kontraproduktief, want die Britse openbare mening het onder die invloed van die pro-Boere toenemend krities geword. Volgens Methuen “the Boers have observed the honourable traditions of warfare”.191 In dié verband haal hy

brig.-genl. TC Porter van die 6th Dragoon Guards aan wat by sy terugkeer van die front gesê het: “The Boers are a brave nation who fight gallantly and well. They have treated British prisoners with every consideration, and the wounded with the same care as they would their own.”192 Methuen verwys

187 AMS Methuen, Peace or war in South Africa, p. 136-137. 188 Ibid., p. 137

189 Ibid., p. 138 190 Ibid. 191 Ibid., p. 139 192 Ibid., p. 140.

ook na Conan Doyle wat saam met lord Roberts was en later gesê het: “The Boers have been the cheap victims of a great deal of cheap slander in the press [...] To discredit their valour is to discredit our victory. ”193 Die onvermoë van die Britse leër om die Boeremagte op die slagveld te oorwin, het mettertyd die Britse leër op plaaswonings en vee laat konsentreer. Drie fases kan in hierdie beleid van verwoesting onderskei word. Die eerste fase was die toevallige, sporadiese verwoesting gedurende die beginmaande van die oorlog. Daarna volg die tweede fase waar lord Roberts se proklamasies en verwoesting aangewend is as ’n afskrikmiddel. Uiteindelik volg die derde fase onder lord Kitchener: die sistematiese, grootskaalse verwoesting wat ’n einde aan die Vrystaatse Republiek gemaak het.194 Na die Britse deurbraak by Kimberley en die Cronjé-oorgawe op Amajubadag 1900 het lord Roberts deur middel van sy berugte dreigproklamasies (“papierbomme”) die Vrystaters van verdere aktiewe verset teen Engeland probeer weerhou. Hy het ingevolge proklamasies III (1 5 Maart 1900) en XIII (31 Mei 1900) beloof dat burgers wat die wapen neerlê ongehinderd en sonder verliese na hulle plase kon terugkeer.195

Ingevolge die proklamasie van 15 Maart 1900 het hy verder belowe dat wapen- aflêers onder Britse beskerming sou staan, op voorwaarde dat hulle ’n eed van neutraliteit aflê. Nadat dit opgevolg is met ’n verdere reeks skrikmaak- en belofte-proklamasies het dit in die suidelike Vrystaat die gewenste uitwerking gehad en verskeie burgers het die wapen neergelê.196 Lord Roberts was egter te

haastig met sy proklamasies, want die Britse magte was effektief nog net in beheer van ’n paar groter sentra en nie in staat om die sogenaamde geannekseerde gebied doeltreffend te beset en die neutrale burgers te beskerm nie. In antwoord op Roberts se anneksasie-proklamasie op 24 Mei 1900 het pres. Steyn op 11 Junie 1900 met ’n teen-proklamasie geantwoord wat gelui het dat “de gemelde annexatie niet erkend wordt, en wordt zy mits deze, van nul en van geener waarde verklaard”.197 Boere-weerstand was ook nog glad nie aan die

verbrokkel nie en die grootste gedeelte van die Vrystaat nog in besit van die

193 Ibid., pp.137-140. 194 Van Rensburg, p. 11. 195 Spies, p. 18.

196 Van Rensburg, p. 15.

Boere. As blote blufspel het die proklamasies aanvanklik geslaag, maar sommige wapen-aflêers het gou weer die wapen opgeneem toe hulle besef het dat Roberts hulle nie teen dwangmaatreëls van die Boeremagte kon beskerm nie. Nog later is hierdie proklamasies as ’n skelmstreek beskou, omdat die Britse regering die beloftes wat in die proklamasies gemaak is, nie nagekom het nie. Toe Roberts besef dat hy nie sy beloftes gestand kon doen nie en dit sy proklamasies kragteloos gemaak het, het hy plaasverwoesting as vergeldingsmaatreël en afskrikmiddel hervat.198

In ’n brief op 28 Oktober1900 aan Chamberlain sê Milner dat hulle ’n groot land deur proklamasie bekom het, maar “we have yet to appropriate it in facto by gradual conquest”.199 Binne twee maande na die groot verwoesting begin is, het

die Vrystaat duidelike tekens getoon van 'n uitdelgingsoorlog. Plaashuise is afgebrand en op ‘n barbaarse wyse vernietig.200 Die Britse krygsbeleid was vinnig

besig om in barbarisme te ontaard.201 Terwyl John X Merriman in Londen was, het hy met verwysing na Roberts se beleid gesê: “[It is] slowly but surely destroying the Free State, ravaging the country, and putting the clock ba ck as far as civilization goes.”202 In ’n brief aan Merriman het lord De Villiers die stelling gemaak dat die Britse publiek mislei is en “is honestly convinced that a good work has been done to civilization by the destruction of a barbarous, inhuman and dangerous power in South Africa”.203 In antwoord op ’n brief van lord De Villiers noem Chamberlain die afbrand van plase in die twee republieke “at best an odious military necessity”, maar voeg by dat opdrag gegee is dat hierdie optrede “be reduced to the smallest possible limits”.204

Lionel Curtis, wat vanaf Oktober 1900 in die personeel van lord Milner gedien het, sê in sy boek With Milner in South Africa: “When we got home […] Charley Rankin […] adjudant to Rimington's […] told us he had been with a column [...] with orders to burn every farm indiscriminately [...] because these soldiers are tired at the length of the war and want to get home.” Van die houding van die

198 Van Rensburg, p. 15. 199 Headlam 2, p. 169.

200 E Hobhouse, The brunt of the war and where it fell, pp. 17-20. 201 Spies, pp. 175-176.

202 Gould, p.199. 203 Ibid.

Boerevroue op die plase vertel Curtis “they dragged the women out of the houses [saying] they would sooner see the houses burned than have their husbands come back […] Men […] are committing acts which would be bad enough […] the shame […] is the worst part of it”. Wat hy gesien en beleef het, het Curtis soos volg in ’n brief aan sy moeder opgesom: “People have gone mad. We are doing things that 100 years ago Wellington would have none of and which a year ago we should have said were impossible […] wrong has been done and […] will follow in our trail from generation to generation.”205 Curtis het tereg opgemerk

dat die Britse oorlogsbeleid Brittanje nog vir geslagte lank sou agtervolg. Die bewys daarvoor is die erfenis van haat en agterdog wat Brittanje agtergelaat het en wat ook in die standpunte van die Grobbelaar-familie neerslag gevind het. Geeneen van hulle plase is nie afgebrand of verwoes nie. Wat moeisaam oor jare heen opgebou is, is letterlik oornag op barbaarse wyse vernietig en nie mens of dier is ontsien nie. Die wrangheid van hulle gevoelens oor die verwoesting is vandag nog, ’n eeu later, in hulle nageslag gegrondves.

Op 28 Oktober 1900 sê lord Milner dat die vlieënde kolonnes wat deur die land beweeg, “destroying much but holding little”, onsuksesvol is. Hy vervolg: “I could never see what we gained by overrunning big tracts of country, wi thout permanently occupying them.” 206 Tog het die verwoestingsbeleid op die lange

duur vir Brittanje die gewenste uitwerking gehad. Die Boerevolk is met totale ondergang bedreig, indien hulle die stryd sou voortsit. Die verwoesting het ’n groot rol gespeel by die vredesonderhandelinge in 1902. Onder die redes wat aangevoer is vir die neerlê van hulle wapens in 1902, noem die Boere die oorlogsbeleid van die Britse militêre gesag wat die algehele verwoesting van die grondgebied van die twee republieke tot gevolg gehad het met die afbrand van plase en dorpe, die vernietiging van bestaansmiddele en die uitputting van alle noodsaaklike hulpbronne vir die onderhoud van hulle families, die bestaan van die militêre magte en die voortsetting van die oorlog. ’n Verdere rede was die feit dat hulle families na die konsentrasiekampe weggevoer is wat gelei het tot ’n ongehoorde toestand van lyding en siekte, sodat in ’n betreklike kort tydperk meer as 27 000 van hulle dierbares daar gesterf het. Daardeur het die afgryslike

205 L Curtis, With lord Milner in South Africa, pp.142-143. 206 Ibid., pp. 144, 168.

vooruitsig ontstaan dat die voortsetting van die oorlog hulle hele geslag kon laat uitsterf.207 Die Britse krygstaktiek het die twee republieke in 'n verlate wildernis omskep. Dit is bevestig deur Milner in sy verslag aan Chamberlain in Desember 1901: “Even if the war were to come to an end tomorrow, it would not be possible to let the people in the concentration camps go back at once to their former homes. They would only starve there. The country is, for the most part, a desert.”208

Op 10 Desember 1900 meld Milner in ’n brief aan lady Edward Cecil dat gedurende die voorafgaande twaalf maande die sterkte van die Britse leër in Suid-Afrika verdubbel is en dat die uitgawe verbonde aan die oorlog £2,5 miljoen per maand beloop; bykomend tot die £80 miljoen wat re eds aan die oorlog gespandeer is.209 Op 7 Februarie 1901 skryf Chamberlain in ’n geheime brief aan Milner dat die uitgawes verbonde aan die oorlog kon veroorsaak dat “public dissatisfaction may become serious and threaten the existence of the Government in spite of its enormous majority”.210 Oor die koste verbonde aan die oorlog was Milner van mening dat dit nie in sy geheel deur die Britse belastingbetaler gedra moes word nie, maar gedeeltelik deur die republieke, “which had begun the war”.211 Hoe Milner met hierdie redenasie die kloutjie by

die oor gekry het, is nie seker nie, want dit was nie die republieke wat die oorlog begin het nie, maar hyself. Dit is duidelik dat Brittanje oorlog wou hê, dit gevolglik aangestook en gekry het.

15. GRUWELDADE VAN DIE BRITSE MAGTE EN HULLE