• No results found

Die Britse militêre magte het hulle gebondenheid aan die Haagse Konvensie baie selektief benader, so selektief dat die toepassing daarvan in sy totaliteit geïgnoreer is. Wanneer die betrokke artikels wat deur Brittanje in Suid-Afrika oortree is, in perspektief geplaas word, is dit gewis so dat sekere artikels vir Brittanje baie lastig moes gewees het. Voorbeelde was artikel 44 oor die dwang om teen die eie land te veg; artikel 45 oor druk om ’n eed aan die besettingsmag af te lê;

207 Kestell en Van Velden, p. 209.

208 Further correspondence relating to affairs in South Africa (Cd. 903), p. 135. 209 Headlam 2, p. 191.

210 Ibid., p. 203. 211 Ibid., p. 256.

artikel 46 oor respek vir die eer van families, hulle regte, lewe, eiendom, godsdienstige oortuigings en vryheid en geen konfiskasie van privaateiendom nie; artikel 47 oor plundering; artikel 50 oor algemene strawwe, geldelik of andersins, met betrekking tot die dade van individue wat nie as kollektiewe verantwoordelikheid beskou kan word nie.212 Verder

is daar bepaal dat, in gevalle waarvoor daar nie in die artikels voorsiening gemaak is nie, die bevolkings en die oorlogvoerende partye onder die beskerming en geldingsgebied van die beginsels van die internasionale reg bly. Die Britte het hulle egter nie veel gesteur aan hierdie bepalings nie, en willekeurig en arbitrêr opgetree, terwyl die doel van hierdie besondere bepalings juis was om te voorkom dat arbitrêr opgetree kon word.213 Die bepalings wat spesifiek gerig is op die onmenslike en fisiese benadeling van die bevolking en die beskerming van persoonlike besittings en eiendom, is blatant geïgnoreer.214 Die Manual of Military Law (1899) van die Britse leër bepaal voorts, soos reeds vermeld, as algemene beginsel met betrekking tot die voer van ’n oorlog dat “no greater harm shall be done to the enemy than necessity requires for the purpose of bringing him to terms”. Dit sluit egter barbaarshede en enige vorm van wreedheid en belediging uit wat daarop gemik is “to exasperate the sufferings or to increase the hatred of the enemy without weakening his strength or tending to procure his submission".215

Letterlik elke faset van die verwoesting behels ’n growwe oortreding van een van hierdie artikels, oortredings waarvoor Duitse offisiere tydens die Neurenbergse verhoor die doodstraf opgelê is, onder andere deur Britse lede van die verhoorspan. Hierdie verwoesting versterk die idee dat Brittanje ongehinderd deur die Haagse Konvensie sy oorlog teen die twee republieke wou voer om ten minste die Afrikaner as groep te neutraliseer, indien dit dan nie sy idee was om hom fisies uit te roei nie. Hy het dus in sy operasionele beplanning doelbewus voorkom dat hy in die geval van ’n langdurige oorlog deur die Haagse Konvensie gekortwiek word.

212 Hobhouse, p. xiii.

213 Raath, Vroueleed, pp. 54-55. 214 Raath, Moederleed, pp. 62-63. 215 Hobhouse, p. xiii.

Ongehinderd deur enige ander oorwegings het Brittanje sy eintlike doel nagestreef, naamlik om die oorlog ten alle koste te wen, veral omdat hulle teen ’n vyand geveg het wat nie volgens die Europese norme geveg het nie. Ds. JD Kestell skryf dat pres. Steyn en regter Hertzog ’n voorlegging aan die vorste van Europa en die president van die VSA wou rig. Daarin wou hulle versoek dat die VSA sy invloed in belang van die Boere laat geld oor sake wat op die reëls van beskaafde oorlogvoering en die fundamentele beginsels van die volkereg betrekking het en wat deur Engeland verontagsaam word. Vir hierdie doel het Hertzog beëdigde verklarings verkry van veral vroue en burgers wat barbaars behandel is deur Britse soldate en die swart en bruin meelopers in hulle diens.216 Uit hierdie verklarings kan 'n beeld gevorm word van die voorbeelde waar die Britse magte die reëls van die Haagse Konvensie oortree het, asook die aard daarvan.

Ongeveer 96 verklarings is gemaak wat in die Havenga-versameling opgeneem is. Hierdie versameling was tot in 1994 nie toeganklik vir die publiek nie. Die hartseer en die wrede werklikheid daarvan het dus nooit algemeen bekend geword nie. By die beoordeling daarvan moet aanvaar word dat, as gevolg van die Calvinistiese inslag van die Boerebevolking, nie almal teenoor wie oortree is nie, na vore gekom het en verklarings afgelê het nie, veral nie met betrekking tot delikate sake soos verkragting en onsedelike aanranding nie. Die innerlike trots om die skande van wat hulle aangedoen is, openbaar te maak, het veroorsaak dat in baie gevalle die slagoffers verkies het om eerder in stilte te ly. Daardeur is hierdie lyding en die veragting wat uit die dade duidelik geword het, opgekrop. Dit het verseker dat die haat en veragting vir alles wat Engels, swart of bruin is van meet af aan, aan die nageslagte deurgegee is.

Die klagtes wat in die verklarings vermeld word, kan in die volgende breë kategorieë ingedeel word, met die getal klagtes wat ontvang is daarnaas aangedui:

Seksuele misbruik 40

Plundering 17

Roof 3

Huisverbranding/bombardering/beskadiging 23

Brutaliteit 16

Gewapende aanvalle op vroue 4

Moord/poging tot moord/fusillering 5

In 33 van die gevalle wat in die verklarings genoem is, hoofsaaklik die gevalle met betrekking tot seksuele misbruik en brutaliteit, was die oortreders swartes.217 Bogenoemde opsomming kan geensins die emosionele werklikheid weergee nie. Om daarom ’n begrip te vorm van wat werklik gebeur het, word ’n paar verklarings in ’n verkorte vorm weergegee. Die eerste is afgelê deur Johanna van Niekerk van die plaas Koornspruit, distrik Kroonstad, waar 'n veldhospitaal opgerig is. Sy verklaar dat op 8 Maart 1902 die vyand die hospitaal geplunder het, medisyne en ander benodigdhede vir siek en gewonde mense uitgegooi en verwoes het en slagvee, melkkoeie, meel en ander eetware weggevoer het. Op 12 Maart 1902 het die vyand teruggekeer en op die hospitaal geskiet waarvan vier skote van buite na bin ne die hospitaal gevuur is, en ’n vyfde skoot op kort afstand deur ’n gewapende swarte. ’n Vyandelike offisier het die kleurlinge beveel om die hospitaal te deursoek. Daarop het hulle die hospitaal verlaat nadat hulle twee burgers, die een gewond en reeds sterwend en ’n burger wat aan koors gely het, saam met die hospitaalbeampte weggeneem het.218

Mev. AG van Loggerenberg verklaar dat op 19 Februarie 1902 twee Britse soldate by haar huis gekom het. Sonder om iets te sê het een van die manne haar in die kamer op die bed vasgedruk en homself ontbloot. Toe sy skreeu, kom die ander Engelsman ook die kamer binne en druk haar mond toe en probeer haar verkrag waartydens sy beseer is.219 Mev. MM Joubert verklaar dat op 13 Januarie 1902 ’n kolonne onder kol. Rimington by haar huis aangekom en

217 VAB: Die Havenga-versameling (A69): Beëdigde verklarings voor spesiale landdroste. 218 VAB, A69: Handgeskrewe beëdigde verklaring deur mev. J.C. van Niekerk, [pp. 36-37].

Oorspronklike dokumente nie genommer nie.

219 VAB, A69: Handgeskrewe beëdigde verklaring deur mev. A.G. van Loggerenberg, [pp.18-19].

dit aan die brand gesteek het. Toe die huis reeds brand, het een van die troepe haar kindjie van twintig dae oud geneem en nieteenstaande haar gepleit, gedreig om hom in die vuur te gooi. Toe hy op die punt gestaan het om dit te doe n, het een van die offisiere die kindjie uit sy hande geneem en aan haar teruggegee.220 Mev. JC Geldenhuys verklaar dat sy op 22 Januarie 1902 saam met haar dogtertjie van tien jaar oud op die plaas was. Toe Rimington se mag oor die plaas getrek het, is sy deur drie soldate aangerand. Twee het haar gegryp en na die slaapkamer gesleep, terwyl die derde een die dogtertjie se klere in ’n ander kamer van haar lyf geskeur en haar onsedelik aangerand het. Die soldaat het hierop gesê: “As sy te onbekwaam is, dan sal ek jou aanrand.” Hy het die dogtertjie gelos en haar gegryp. Nadat hy haar met die vuis geslaan het, het hy sy doel bereik.221 Mev. AJJ van Rensburg verklaar dat daar op 10 Januarie 1902 ’n Britse mag op die plaas aangekom het. ’n Swarte verbonde aan die Britse troepe het in haar huis gekom, na haar slaapkamer gegaan, haar mantel geneem en gesê: “Ek wil eers by jou slaap, dan kan jy die mantel kry.” ’n Ander swarte kom toe in en sê vir hom hy moet haar goed teruggee. Toe sê hy: “Ek sal dit nie doen nie, want dit is almal my vrouens.”222 Mev. AC de Jager verklaar dat twee gewapende swartes by geleentheid by haar huis opgedaag het. Een het die huis binnegekom en haar gevra om by hom te slaap. Sy wou by die deur uitvlug, maar hy het haar gepak en na die kamer gesleep. Toe kom sy maat ook by en hulle skeur haar klere. Die een het haar vasgehou terwyl die ander een haar verkrag het. Toe het die tweede swarte haar ook verkrag.223

Op ’n plaas in die Houtboschberge, van ene De Nyske, het drie vroue met hulle kinders gewoon, toe sewe swartes daar aangekom het om hulle te kom haal. Die swartes het die vroue verplig om hulle te ontklee en vir hulle kos voor te berei. Hulle gesmeek het nie gehelp nie en omdat hulle met die dood gedreig is, moes hulle maar gehoorsaam. Daarna is hulle te voet voor die perde uitgejaag na die

220 VAB, A69: Handgeskrewe beëdigde verklaring deur mev. M.M. Joubert, [pp. 177-178].

Oorspronklike dokumente nie genommer nie.

221 VAB, A69: Handgeskrewe beëdigde verklaring deur mev. J.C. Geldenhuys, [p. 188]. Oorspronklike

dokumente nie genommer nie.

222 VAB, A69: Handgeskrewe beëdigde verklaring deur mev. A.J.J. van Rensburg, [p. 190].

Oorspronklike dokumente nie genommer nie.

223 VAB, A69: Handgeskrewe beëdigde verklaring deur mev. A.C. de Jager, [p. 192]. Oorspronklike

Britse kamp, sowat 50 km ver. Daar was ook die geval waar die vroue deur swartes te voet na Pietersburg aangejaag is. Van sommige vroue is al hul besittings gebuit, terwyl ander weer op die skandelikste wys e deur die swartes mishandel is.224 Nie alle gevalle van wandade is aan die spesiale landdroste oorgedra nie. Sommige mense het eers heelwat later die moed gehad om na vore te kom, ander glad nie. So is daar in die Renier-versameling verskeie stukke wat deur die jare deur lesers ingestuur is, byvoorbeeld die geval van Annie van Rensburg wat deur swartes aangeval is.225

Die haat en veragting wat uit hierdie optrede teen onskuldige vroue en kinders gestraal het en die uitwerking wat dit op die slagoffers gehad h et, sou nog in ’n groot mate die Afrikanergeskiedenis van die 20ste eeu beïnvloed. Die gevolge van die vernedering en brutalisering is aan die volgende geslagte deurgegee. Hierdie nawerking het baie beslis ook die Grobbelaar-familie se denke, veral met betrekking tot wandade deur swartes gepleeg, baie direk beïnvloed. Die kennis van wat gebeur het, het soos ’n veldbrand deur die Vrystaat getrek. Die Britse troepe was ook ten volle bewus van die haat en veragting wat die beleid van verskroeide aarde en die voortspruitende wandade by vroue en kinders gewek het. In ’n berig in die Morning Leader van 8 Februarie 1901 word maj. Wyndham-Quin van die Imperial Yeomanry, wat pas teruggekeer het van die front, aangehaal waar hy sê dat in die veldtog wat gevoer is, die verbranding van plase ’n fatale fout was. Dit het die euwel vererger sodat selfs die Boere wat nog sou inkom om oor te gee, “hate us as they never did”. Hy vertel van die vrou wat uit bewondering ’n foto van die prinses van Wallis in die voorkamer gehad het. As gevolg van die gebeure het sy die prent van die muur afgeruk, “and smashed it into thousand pieces. It is this burning of farms and houses […] It is not worthy of us.”226

Die woorde van mev. Nonnie de la Rey, eggenote van genl. Koos de la Rey, aan lord Methuen, som die gevoelens baie goed op: “Instead of doing harm to our cause, every step you take against us (women) makes it one hundredfold stronger

224 Naudé, pp. 230-232.

225 VAB, Renier-versameling (119.26), Verklaring van mev A. Van Rensburg (aanwins 8584). 226 HJ Ogden, The war against the Dutch republics, p. 186.

[...] I could not have believed that because you cannot get the better of our men you would set to work against their women.”227 Die begrip wat algemeen begin posvat het, was dat vroue en kinders juis die teikens geword het omdat die Britse leër nie die Boeremagte in die veld kon oorwin nie. Vandaar die opvatting by die Grobbelaars dat die Britte eintlik net kan oorlog voer wanneer hulle teen vroue en kinders veg en nie teen die mans in die veld nie. So ’n siening is ’n oorvereenvoudiging, maar dit is die persepsie wat by die Grobbelaars in die besonder, maar ook by die Afrikaner in die algemeen, posgevat het.

16. DIE GROBBELAAR-VROUE IN DIE KONSENTRASIEKAMP

Soos reeds aangetoon, het die guerrilla-oorlogvoering van die Boerekommando’s die Britse magte laat oorgaan tot ’n beleid van verskroeide aarde. Die stelsel van konsentrasiekampe wat deur Roberts begin en deur Kitchener uitgebrei is, het deel gevorm van die strategie om ’n einde te bring aan die weerstand van die Boere. Die vestiging van konsentrasiekampe het die Britse owerhede in staat gestel om die land te verbrand en skoon te maak van burgerlikes, wit en s wart. Die gevoel was dat dit die burgers sou laat ophou veg. Die Britse kabinet het hierdie beleid goedgekeur en lord Milner het geen beswaar daarteen aangeteken nie. Eers later, toe die konsentrasiekampe ’n ernstige verleentheid geword het, het hy, nieteenstaande die toe so berugte Kubaanse voorbeeld, beweer dat hy nie die volle implikasies daarvan besef het nie. Teen Januarie 1901 het daar min twyfel bestaan oor wat die aard en omvang van die beleid was.228 Die gladde manier waarop Milner hom van die gevolge van die beleid gedistansieer het, is verdag. Die volle implikasies van die feitlik soortgelyke beleid wat Spanje in Kuba gevolg het, is toe alreeds wêreldwyd sterk veroordeel.

Op 21 Desember 1900 is ’n omsendbrief aan alle Britse bevelvoerders gestuur waarin die verwydering van mans, vroue en kinders en swartes uit die distrikte wat deur die Boerekommando’s beset is, aangekondig is. Hierdie vroue en kinders moes in twee kategorieë ingedeel word, naamlik eerstens vlugtelinge, families van neutrales, nie-vegtendes en burgers wat oorgegee het (hensoppers); tweedens, die groep wie se naasbestaandes nog

227 E Hobhouse, War without glamour, p. 6. 228 Spies, pp. 189-190.

op kommando was. Die eerste groep moes voorkeurbehandeling kry, onder meer met betrekking tot huisvesting en voedsel wat volgens toepaslike skale toegeken sou word.229

In ’n verslag op 4 Mei 1901 meld die nuut aangestelde administrateur vir die Oranjerivier Kolonie, Hamilton John Goold-Adams, dat die bedoeling was om alle persone wat vrywillige of verpligte hulp aan die vyand in die veld kon verskaf, uit die afgeleë gebiede te verwyder. “Their concentration in these camps therefore, was clearly an essential part of his scheme of operations against those still fighting.”230 Die geskiedenis van hierdie kampe is reeds deur talle historici

en ander skrywers volledig beskryf. Die vraag t.o.v. hierdie geskiedenis is hoe dit die denke van die Afrikanerbevolking in die breë en meer spesifiek, die Grobbelaars geraak het. Aangesien die kampgeskiedenis ’n breë spektrum van intense emosies na vore bring, word hierdie onderwerp gehanteer aan die hand van die verskillende aspekte van die kamplewe.

Daar is verskeie eerstehandse beskrywings van die metodes wat aangewend is om die bevolking na die nuutgestigte kampe te vervoer. Wanneer die Britse troepe op die plase aangekom het, is die huise oor die algemeen afgebrand of opgeblaas. Die inwoners is slegs toegelaat om ’n minimum hoeveelheid kos en klere binne minute bymekaar te maak om saam te neem. Daarna is hulle op oop waens vervoer of te voet oor lang afstande aangejaag. Die famili es van hensoppers is toegelaat om ruim voorsiening te maak vir klerasie, kookgereedskap en meubels. Die afhanklikes van vegtende burgers het sleg daarby afgesteek. Hulle is geen ander klerasie as net dit wat hulle aangehad het, of enige kookgereedskap as net die mees basiese gegun nie. Ook is slegs die mees basiese beddegoed toegelaat. Hoewel lord Kitchener op 16 Januarie 1901 in ’n vertroulike omsendskrywe teen wanpraktyke in die hantering van die burgerlike bevolking gewaarsku het, is geen stappe ooit teen enige van die offisiere wat oortree het, geneem nie.231 Dit wek die indruk dat hierdie praktyke oogluikend toegelaat is.

229 Ibid., p.183.

230 VAB, A. Fischer-versameling (59/9/5), How the concentration camps arose. Simple facts, [p.3].

Oorspronklike dokument nie genommer nie.

Die waarnemende staatspresident van die ZAR, SW Burger, en die staatsekretaris, FW Reitz, het op 21 November 1901 by Kitchener protes aangeteken teen die onbeskaafde en barbaarse wyse waarop families, waaronder bejaardes, swanger vroue en kinders, na die kampe vervoer is, nadat hulle vooraf onder dwang uit hul wonings verdryf is. Voorts is hulle ook aan die belediging en mishandeling de ur Britse troepe, swart en wit, blootgestel.232 Die naasbestaandes van die Grobbelaar-broers is na twee verskillende kampe gestuur, naamlik Springfontein (wat in Maart 1901 opgerig is) en Bethulie (wat op 22 April 1901 opgerig is).233

Bettie Smith, die dogter van Peet Grobbelaar van Meyerskraal, Bethulie, beskryf die aankoms van ’n afdeling Britse troepe op die plaas: “Op die 28ste Maart 1901 […] storm die [Britse soldate die] huis […] en vloek op moeder […] toe word ons uit die huis gejaag met net ons klere, later het die offisier hom bedink en sê toe ons kan die huisraad ook uitdra, wat ons toe ook gedoen het, toe was die woonhuis in vlamme en ook die buitegeboue.”234

Hoewel hulle toegelaat is om nog op die plaas aan te bly, sou dit nie meer vir lank wees nie. Op 6 Mei 1900 het ’n sekere Smith daar aangekom om hulle na die kamp weg te voer. Hy het gesê dat mnr. Dennis McDonald van Rietpoort, Bethulie, wat met sy twee broers die stamvaders van die McDonald-familie van die distrik Bethulie was,235 hulle eintlik moes kom haal het, maar omdat hulle van

dieselfde distrik was, het hy sleg gevoel daaroor en vir Smith gevra om in sy plek te gaan. Hy het toe bygevoeg dat as hulle nie vrywillig op die wa sou klim nie, hy die troepe, swart en wit, sal opdrag gee om hulle v as te bind en op die waens te gooi. “Toe sê moeder, nee sy dink eens te veel van haar en haar dogters, dat sulke goed aan hulle moet vat. [Toe jaag] een tommie te perd […] moeder al om die tafel, natuurlik wou hy haar trap, as sy val […] toe gryp ek die besemstok [en] gee hom een hou en ook die perd, waarop hy uitgejaag het.” Vroeg op 7 Mei is hulle daar weg na Springfontein, maar moes eers aanskou hoe die huisraad stukkend gekap en verniel word. Die rit na die kamp was ’n bitter ervaring, want

232 Stockenström, pp. 161-163.

233 Spies, p.192; Bethulie Museum, HCJ Becker, Herinneringe van die Anglo-Boereoorlog:

Handgeskrewe manuskrip, [p. 17]. Oorspronklike manuskrip nie genommer nie.

234 Smith, pp.15-17. 235 Pellissier, p. 550.

die troepe het Boere gewaar en so vinnig moontlik met die waens langs mekaar oor klippe, miershope en teen walle af gejaag. 236

Teen Junie 1900 was Kroonpost ook nog nie afgebrand nie. Op ’n dag het Hester, die vrou van Pieter Grobbelaar, verneem dat die Britse magte besig is om plaashuise