• No results found

Intussen het lord Roberts in Kaapstad aangekom en die bevel by genl. Buller oorgeneem. Die derde fase van die gewapende stryd is ingelui toe hy op 11 Februarie 1900 sy omvangryke indirekte strategie van stapel gestuur het. Hierdie strategie het daartoe gelei dat genl. PA Cronjé gedwing was om op 27 Februarie 1900 by Paardeberg oor te gee.50 Na die oorgawe van Cronjé het pres. MT Steyn

besluit om die Vrystaatse burgers uit Kaapland te onttrek. Dié oorgawe was van besondere militêre betekenis, omdat dit die Boere fisies en sielkundig ontwrig het. Ten spyte van hierdie terugslag sou die Boere die stryd nog vir twee jaar voortsit.51 Op 1 Maart 1900 gee pres. Steyn aan hoofkmdt. Olivier opdrag om met sy mag na die Oranjerivier terug te val en die Vrystaatse bodem te help verdedig.52 Oor hierdie terugtog het Apie Griesel geskryf dat toe hulle die nag so teen 02:00 deur Burgersdorp ry, die burgers nog lustig gesing het:

”O, Engeland roem gerus al op jou grote mag, ons is vir jou nie bang, ook nie ’n enkel dag.

46 Griesel, p. 21.

47 Breytenbach 4, p. 455. 48 Griesel, pp. 21-22.

49 VAB, Renier-versameling (A119): PJ Grobbelaar – EM Smith, 6 Februarie 1900 (brief). 50 Wessels, p. 4.

51 Ibid.

By jou is broodsgebrek en somtyds hongersnood, by ons is geld genoeg, en al wat werk, het brood. ”53

Hierdie oorlogsliedjie was blykbaar meer algemeen bekend as net by die Bethulie-kommando, want HS Schoeman verwys in sy vertelling as krygsgevangene op Burtt’s-eiland dat hulle ’n variasie daarvan gesing het, wat soos volg gelui het:

"O, Engeland roem gerus Op al jou grote mag; Ons is vir jou nie bang, Jou niet o nietig land. Ou Roberts met jou mag,

En ou Jennison met jou grote krag, Ons is vir jou nie bang.”54

Die terugtog van die Boeremagte uit Kaapland, in opdrag van pres. Steyn, het vinnig geskied. Hulle het die Oranjerivier oorgesteek en die treinbrug by Bethulie opgeblaas. Gevolglik is die spoorwegverbinding tussen die Kaapse hawens en Bloemfontein volledig vernietig.55 Op Sondag 10 Maart 1900 is ’n groot Britse mag gewaar wat goeie stellings agter huise en kraalmure op die plaas, Holmsgrove, aan die Kolonie-kant van die rivier ingeneem het. ’n Wag van 16 man by die brug was te klein vir die groot Britse oormag. Kmdt. Pieter Grobbelaar besluit om met al die burgers die brug te storm, maar die vyandelike vuur was so hewig dat hulle moes terugtrek. Ses man, waaronder Apie Griesel, het hierna deurgejaag na die brug. Uiteindelik het kmdt. Grobbelaar op sy perd, Jokkie, aangejaag gekom, langs hulle gaan lê en gesê hy sou probeer om die kanon bo-op ’n kop, links van die pad te kry. Dit was nie suksesvol nie, want die afstand was te groot. Teen skemeraand het hulle terugbeweeg na die res van die kommando. Die Bethulie-kommando het noordwaarts oor Springbokfontein

53 Griesel, p. 23.

54 HS Schoeman, “Krygsgevangene op Burtt’s-eiland”, Knapsak 20 (1), p. 23. 55 Breytenbach 5, p. 134.

teruggetrek. In daardie stadium het baie burgers so mismoedig geword dat hulle na hulle plase teruggekeer het om oor te gee.56

Intussen het die Vrystaat se pres. MT Steyn ná die val van Bloemfontein die setel van sy regering vanaf Bloemfontein na Kroonstad verskuif, omdat Bloemfontein deur die Britse magte ingeneem sou word. Genl. Christiaan de Wet het die burgers huis toe gestuur om weer op 25 Maart by Sandrivier terug te rapporteer.57 Toe De Wet oor hierdie stap hewig gekritiseer is, was sy

verweer dat ’n mens nie met onwillige honde 'n haas vang nie, want hy kon die burgers nie keer nie. Hy moes hulle ’n tydjie verlof gee, want dan was daar ’n kans dat sy burgers op 25 Maart weer by Sandrivier by hom sou rapporteer. Op 20 Maart 1900 is ’n groot krygsraadvergadering te Kroonstad gehou, bygewoon deur die ZAR se pres. Paul Kruger, asook genls. PJ Joubert, JH de la Rey, Philip Botha, CC Froneman, CP Cronjé, JB Wessels, CR de Wet en lede van die regerings van beide republieke.58 Die krygsraad is belê om te bepaal wat die beste manier was waarop die oorlog voortgesit kon word. Die mense was bewus daarvan dat ’n uiteindelike oorwinning vir die Boere reeds buite die kwessie was. Een van die belangrikste besluite wat geneem is, was dat weggedoen sou word met die lomp wa-laers en dat slegs perdekommando's voortaan gebruik sou word.59 Hierdie besluit het die oorgang na ’n guerrilla- oorlogvoering deur die Boeremagte ingelui, waardeur die oorlog nog twee jaar langer uitgerek is.

Vanaf 25 Maart 1900 het die burgers weer in groot getalle by die afgesprok e plek aan die Sandrivier teruggerapporteer.60 Genl. De Wet het hulle daar van ’n ossewa

af toegespreek. Hy het een van die Roberts-pamflette, waarin die Boere versoek is om oor te gee, opgehou en gesê: “Burgers, is julle bang vir papierbomme? Ek nie.” Hierdie toespraak het hulle toe weer nuwe moed gegee en sommige wat reeds oorgegee het, het opnuut aangesluit.61 Na die val van Bloemfontein het die meeste burgers hul kommando’s verlaat en teruggekeer na hulle plase. Uit die Bethulie-

56 Griesel, pp. 23-25.

57 CR de Wet, De strijd tusschen Boer en Brit, pp. 79-80. 58 Ibid., p. 79.

59 Ibid., pp. 79-80.

60 JD Kestell, Christiaan de Wet, pp. 66-67. 61 Griesel, pp. 25-26.

kommando alleen het 596 uit ongeveer 700 burgers hulle wapens neergelê. Dit was die Vrystaatse kommando met die meeste wapen-neerlêers, wat die Vrystaatse burgers wat oorgegee het op 4 554 man te staan gebring het.62 Die Bethulie-kommando het destyds nog net uit kmdt. Du Plooy met ongeveer 100 man, waaronder die Grobbelaars, bestaan.63

6. DIE GROBBELAARS IN DIE SLAG BY SANNASPOS, 31 MAART

1900

Die fase van die oorlog wat op die krygsraad te Kroonstad gevolg het, word deur Fransjohan Pretorius ’n oorgangsfase na guerrilla-oorlogvoering genoem, waartydens kenmerke van sowel die konvensionele fase as die nuwe guerrilla - fase waargeneem kon word.64 Genl. De Wet was nou vasbeslote om die dissipline van sy kommando's op te skerp en het besluit om in die toekoms nie sy krygsplanne voor die tyd aan sy burgers bekend te maak nie. Op die aand van 28 Maart 1900 het hy uit Brandfort vertrek om Sannaspos aan te val en by die Waterwerke Bloemfontein se watertoevoer af te sny.65 Hy hoor toe dat brig.-genl. RG Broadwood in die rigting van Thaba ’Nchu aan die terugval was en stuur 1 100 man, waaronder die Grobbelaars, onder genls. AP Cronjé, Piet de Wet, CC Froneman en JB Wessels, met vier kanonne om oos van die Modderrivier oorkant die Waterwerke stelling in te neem en die Britse garnisoen by die stasiegebou van Sannaspos aan te val.66 Met die oorblywende 350 burgers het De

Wet na Koringspruit, ’n spruit wat in die Modderrivier uitmond, gegaan. Die ander generaals moes die garnisoen met dagbreek met kanonvuur bestook, terwyl hy die troepe wat deur Koringspruit na Bloemfontein probeer ontsnap, sou afsny.67 Terwyl die Boeremagte gedurende die nag hulle stellings ingeneem het, het Broadwood, onbewus van hulle teenwoordigheid, dieselfde nag by Sannaspos aangekom.68 Genl. CR de Wet se groep het in die drif by Koringspruit stelling ingeneem, presies waar die Britse magte moes deurkom op pad na Bloemfontein.

62 AM Grundlingh, Die ”hendsoppers” en ”joiners”, p. 21. 63 De Wet, pp. 136-138.

64 F Pretorius (red.), Verskroeide aarde, pp. 11, 18. 65 Kestell, p. 67.

66 Ibid., p. 68; P.H. Kritzinger, In the shadow of death, p. 25. 67 Kritzinger, p. 25.

Toe dit op 31 Maart lig word, besef De Wet dat hy met slegs sy klompie burgers teen die hele Britse mag te staan gekom het.69 Enkele minute later begin die kanonne van genl. Piet de Wet, genl. CR de Wet se broer, op die niksvermoedende Britte vuur en besorg aan hulle ’n onaangename verrassing.70

Die konvooi van perdekarre en trollies het in die rigting van die drif begin vlug, waar genl. De Wet se burgers hulle ingewag het. Daarna het die ossewaens gevolg. Die druk van die kanonvuur op die agterhoede het die verwarring laat vererger. By die drif was daar chaos onder die Britse soldate. Toe die Britse hoofmag sowat 100 meter van die Boerestelling af was, het hulle agtergekom dat hulle so te sê op die Boere was en halt geroep. Baie vlugtende troepe is neergeskiet voordat hulle buite bereik van die geweervuur was. Die hele Britse konvooi met alles wat dit bevat het, het in die hande van De Wet geval.71

Die slag by Sannaspos op 31 Maart 1900 neem ’n besondere plek in die geskiedenis van Suid-Afrika in, wat volgens Jos Rabie vergelyk kan word met dié van die slag van Brittanje in 1940: “Uit ’n oomblik van groot neerlaag het ’n nuwe leier verrys wat die strydmag geïnspireer en tot nuwe hoogtes gelei het. Christiaan de Wet het op die oggend van 31 Maart 1900 die eerste noemenswaardige guerrilla-operasie van die Tweede Vryheidsoorlog gevoer.”72 Die Britse ongevalle was volgens Asselbergs 15 gedood, 123 gewond en 430 krygsgevangenes. Hy noem ook ander syfers, naamlik 19 dood, 137 gewond en 425 krygsgevangenes.73 Die syfers wat die naaste aan korrek is, gee die

gegewens egter soos volg: 3 offisiere en 15 manskappe gedood, 16 offisiere en 118 manskappe gewond, en 18 offisiere en 408 manskappe vermis of krygsgevange geneem, terwyl die gebuite waens nagenoeg 180 was.74 Amery stel

die verliese as 159 dooies en gewondes en 421 krygsgevangenes met ’n buit van 83 waens en sewe kanonne.75 Genl. De Wet het egter van hierdie syfers verskil en het dit self op 350 gedood en gewond met 480 krygsgevangenes gestel

69 HC Hopkins, Maar één soos hy, pp. 65-66; Kritzinger, p. 26 70 Kritzinger, p. 26; Breytenbach 5, p. 204.

71 Breytenbach 5, pp. 204-206, 221-222.

72 JE Rabie, Generaal C.R. de Wet se krygsleiding by Sannaspos en Groenkop, p. 5. 73 CJ Asselbergs, “Die geveg by Sannaspost”, soos aangehaal in Rabie, p. 5.

74 Royal Commission on the war in South Africa. Appendices to the minutes of evidence, p. 414, soos

aangehaal in Rabie, p. 29.

75 LS Amery (red.), The Times History of the War in South Africa 4, pp. 43-44, soos aangehaal in

(kleurlinge uitgesluit), met sewe kanonne en 117 waens gebuit.76 Die oorlogsituasie waarin die Britse magte hulle met die oorgang na guerrilla - oorlogvoering deur die Boeremagte vanaf 31 Maart 1900 en die tweede helfte van 1900 toenemend bevind het, kan volgens André Wessels by nabetragting as ’n Viëtnam-situasie beskou word. Brittanje was die wêreld se enigste supermoondheid met ’n gedugte leër. Hierdie leër was nie voorberei of toegerus vir ’n oorlog teen ’n vyand wat uiters mobiel was en, onafhanklik van ’n omvattende logistieke infrastruktuur, letterlik van die veld kon leef nie.77

7. DIE BETHULIE-KOMMANDO NA DEWETSDORP EN OMGEWING

Die Bethulie-kommando is vervolgens saam met genl. Piet de Wet in die rigting van Dewetsdorp.78 Brig.-genl. HML Rundle se kolonne was na Dewetsdorp onderweg, maar hy was baie versigtig omdat hy geweet het dat De Wet se verkenners in die omgewing was en hom dopgehou het vanaf sy stelling by Leeukop. Gedurende die nag van 19 April 1900 het De Wet met sy mag van ongeveer 2 000 man voor die Britse magte ingetrek en die bergposisie op die plaas Constantia, sowat 8 km suidwes van Dewetsdorp, beset.79 Apie Griesel vertel dat hulle in die nag loopgrawe nader aan die vyand gegrawe en daar stelling ingeneem het, maar die volgende dag was die geveg baie straf.80 Genl. Piet de Wet besluit

toe om noordwaarts terug te val om te voorkom dat sy mag deur die Britse magte vasgekeer word.81

8. DIE BETHULIE-KOMMANDO BY ROODEWAL

Lord Roberts het met sy vinnige opmars Pretoria op 5 Junie 1900 beset. Met die snelheid waarmee hy opgeruk het, was baie gebiede toe nog nie in Britse hande nie, en was sy verbindingslyn deur die Vrystaat swak bewaak en daarom kwesbaar. Hierdie kwesbaarheid was baie duidelik by Roodewal-stasie, noord van Kroonstad. Die vernietiging van brûe deur die Boere het veroorsaak dat groot hoeveelhede Britse voorrade by Roodewal opgehoop het.82 Die ontwrigting

76 De Wet, p. 100. 77 Wessels, pp. 4-5. 78 Griesel, p. 26, 79 Breytenbach 5, p. 301. 80 Griesel, p. 26. 81 Breytenbach 5, pp. 305-307. 82 Pretorius, Anglo-Boereoorlog, pp. 25-26.

van Britse verbindingslyne was reeds vir lord Roberts ’n bekommernis kort nadat hy Bloemfontein verlaat het. Terwyl die Britse mag Pretoria genader het, het die Boere besluit om die taktiek waarop daar tydens die Kroonstadse krygsraad besluit is, te intensifiseer.83

Die aand van 6 Junie 1900 het genl. Christiaan de Wet 600 man in d ie rigting van Roodewal-stasie geneem en die mag in drie groepe verdeel. Die eerste groep van 300 man onder kmdt. L Steenkamp is na die Vredefortweg-stasie gestuur om dit teen sonop op 7 Junie 1900 aan te val. Genl. Froneman, in bevel van die tweede groep van 300 burgers onder kmdte. Nel en F du Plooy, het opdrag gekry om teen dagbreek op 7 Junie die Britse kamp 1,5 km noord van Renosterrivier-stasie aan te val. Die derde groep onder genl. Christiaan de Wet self, met kmdt. P Fourie en 80 burgers het na Roodewal-stasie beweeg.84 Volgens Apie Griesel het hulle die aand van 6 Junie onder vdkt. F Vilonel die Koppies Siding bestorm en die personeel gevange geneem.85 Vroeg op 7 Junie kom genl. De Wet by Roodewal aan. Teen dagbreek stuur hy ’n boodskap aan die Britse mag om oor te gee. Hulle weier en hy open kanonvuur op die stasie. Toe die vyand vir ’n uur lank onder vuur was, het hulle die witvlag gehys. Die vuur is uiteindelik gestaak en De Wet het na die stasie gegaan waar die omvang van die buit die Boere verstom het. De Wet besluit toe om wat hy nie kon saamneem nie, te verbrand, en gee die burgers toestemming om uit die possakke items soos onderklere, kouse, sigare en sigarette, te neem, alles wat hulle wou.86 Daarna, vertel Apie Griesel, het hulle die trokke aan die brand gesteek.

Dit was ’n stil aand en jy kon die lig van die vuur meer as ’n honderd meter hoog in die lug sien opslaan. Apie het op twee Britse offisiere afgekom wat weggekruip het, elkeen met ’n verkyker, waarop hy beslag gelê het. Hy kom toe by kmdt. Grobbelaar wat, toe hy die twee verkykers sien, vir Apie vra om hom een te gee.87

Hierdie suksesvolle aanval op Roodewal, Vredefortweg en Renosterrivier-brug het die brug oor die Renosterrivier vernietig en ook ongeveer 16 km spoorlyn beskadig en so die verbinding tussen Kroonstad en Pretoria afgesny. Daarbenewens is

83 SB Spies, Methods of barbarism, p. 101. 84 De Wet, pp. 142-143.

85 Griesel, p. 32.

86 De Wet, pp. 146-147. 87 Griesel, p. 33.

voorrade ter waarde van ongeveer £100 000 gebuit en vernietig.88 Volgens genl. De Wet is daar ongeveer 800 krygsgevangenes geneem en 170 troepe gedood en gewond en “een ontzettend groote voorraad goed en ammunitie van den vijand vernield. Het was voor ons een wondervolle dag en dit met haast geen verlies […] te Roodewal […] werden er slechts twee gewond en [by] genl. Froneman […] sneuvelde één, […] en werden twee licht gewond”.89

Hierdie slag het ’n besondere plek in die verloop van die res van die oorlog gehad, want dit het vir lord Roberts duidelik geword dat hy ’n teenvoeter moes vind vir die metodes van genl. De Wet. Daarop het hy begin met sy reeks proklamasies om die burgers te ontmoedig en tot oorgawe te dwing.90 Voortspruitend daaruit het hy besluit om voortaan streng teen die burgerlike bevolking van die republieke op te tree.91 Dit was die begin van die verskroeide aarde-beleid van lord Roberts.

9. DIE GROBBELAARS BETROKKE BY DIE VERNEDERENDE