• No results found

1. INLEIDING

Die Anglo-Boereoorlog is die omvangrykste oorlog wat nog op Suid-Afrikaanse bodem gevoer is, ’n stryd wat uiteindelik kenmerke van sowel ’n burgeroorlog as ’n totale oorlog gehad het. Die gevolge van die konflik het die 20ste eeuse geskiedenis van Suid-Afrika drasties beïnvloed.1 Die oorlog was die 226ste van 230 oorloë, veldtogte en strafekspedisies waarby die Britse Ryk met sy leër betrokke was in die 64 jaar van koningin Victoria se bewind vanaf 1837 tot 1901.2

IR Smith, Britse historikus en skrywer van ’n insiggewende boek en ’n artikel oor die oorsake van die Anglo-Boereoorlog, gaan van die standpunt uit dat die tradisionele benadering tot die oorlog geïntegreer moet word met di e ekonomiese, sosiale en internasionale transformasie wat gepaard gegaan het met die minerale revolusie in Suid-Afrika en die industriële revolusie in Europa. Smith voel dus dat binne die konteks van die laat 19de eeuse wedloop om Afrika, “power politics had an economic dimension which needs to be acknowledged […] Access to and control of resources was often part and parcel of the strategic imperative, as was denying them to a rival power.”3 Hierdie redenasie van Smith maak sin, gesien in die lig van die soeke van Europese moondhede na kolonies in Afrika en die skepping van belangegebiede waar ’n moondheid sterk genoeg was om sy belange te beskerm en dié beskerming af te dwing. Daardeur het ’n moondheid vir homself die reg van optrede in sekere gebiede voorbehou.

Sou die situasie uit die oogpunt van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en die Vrystaat benader word, reken Smith dat die ZAR oorlog verklaar het omdat hy vir sy onafhanklikheid geveg het, asook teen ’n toekoms waarin hy beheer oor sy binnelandse aangeleenthede sou verloor. Die regering het daarom ná 1881 jaloers sy Afrikaner-identiteit beskerm en probeer om sy onafhanklikheid uit te

1 A Wessels, “Die traumatiese nalatenskap van die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe”,

Joernaal vir Eietydse Geskiedenis 26(2), Desember 2001, p. 1.

2 B Farwell, Queen Victoria's little wars, pp. 364-371.

brei.4 Hierdie siening van die ZAR moet billikerwys teruggevoer word na die 19de eeuse ervaring van die Afrikaner aan die hand van die Britse imperiale regering wat dwarsdeur die eeu opgetree het en wel “in the spirit of persistent, national animosity towards the same people, and for the same predatory purposes which have inspired and directed British policy against them for a hundred years […] the violator of solemn treaties”.5

Die ZAR en die Vrystaat se verset was nie primêr teen vreemde invloed as sodanig nie. Dit was eerder ’n verset teen Brittanje wat deur die Afrikaner geïdentifiseer is as sy groot vyand na aanleiding van die ervarings op die Oosgrens, tydens die Groot Trek, die anneksasie van Natal, die Oranjerivier Soewereiniteit, die Vrystaat - Basoeto-oorloë, die anneksasie van die diamantvelde in die Vrystaat, die anneksasie van die ZAR en sy daaropvolgende vryheidsoorlog, asook met die latere woelinge om die goudmyne in die ZAR. Die ervarings van amper ’n volle eeu aan die hand van die Britse imperiale regering het daarop gedui dat die beginsels van die volkereg oor die onafhanklikheid van state geïgnoreer en Britse opperheerskappy vooropgestel is.

Brittanje kon hierdie botsende sienswyses nie duld nie. Mnr. Joseph Chamberlain (Britse Minister van Kolonies) en sir Alfred (later lord) Milner (Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika)6 se standpunt was kort en bondig dat die twee

Afrikanerrepublieke nie toegelaat moes word om té magtig en té onafhanklik te word nie. Die voordele van goud en diamante wat aan hulle mag sou gee, moes dus van hulle onthou word. Die Britse siening was dat hul imperiale betrokkenheid by Mosjesj, die diamantvelde, en die intrige om die beheer van die ZAR se goud vir Brittanje heeltemal geregverdig was. Die voorwendsel wat Milner en Chamberlain wou gebruik om in te meng en hierdie siening af te dwing en te regverdig, was die sogenaamde Uitlandergriewe. Om dìt te kon benut, moes die steun van die Uitlanders en die Britse openbare mening verkry word. Hierdie grief is deur die Britse pers uitgebuit. ’n Berig het in ’n Kaapse koerant verskyn dat, ten spyte van die gruwels verbonde aan oorlog, oorlo g die

4 Ibid., pp. 59-60.

5 M Davitt, The Boer fight for freedom, p. 40.

6 Lord Milner is op 24 Mei 1901 tot die adelstand verhef as Lord Milner of St. James’s and of Cape

enigste wyse was waarop die probleem van die Engelsman in die ZAR en ook die toekoms van Suid-Afrika opgelos kon word.7 Dit het aan Milner en Chamberlain die platform gebied om eise te stel waaraan geen selfrespekterende onafhanklike staat kon voldoen nie. Dit het neergekom op óf verandering na die smaak van Brittanje óf oorlog. Die resultaat van beide opsies sou aan Brittanje die nodige erkenning gee. Volgens Milner was die ZAR se pres. SJP Kruger te gevaarlik, want met behulp van goud was die ZAR vinnig op pad om die state in Suid- Afrika polities en ekonomies te oorheers. Dit is ook die rede waarom die oorsprong van die oorlog uiteindelik gelê het in die “reassertion of the British imperial factor in South Africa from the 1870s”.8

Die aanwending van die voordele van goud moes dus lei tot die uitbouing van Britse opperheerskappy en moes dus reg gekanaliseer word. Lord JH de Villiers, latere hoofregter van die Unie van Suid-Afrika, het tydens sy pogings om die situasie tussen Brittanje en die ZAR te ontlont, aan sy broer gesê dat die Britse regering daarop uit was om die situasie te skik op ’n wyse wat Brittanje sou bevredig.9 In hierdie lig beskou, neem die Britse anneksasie van Basoetoland en die diamantvelde ’n nuwe dimensie aan as die begin van “a new assertion of British paramountcy in South Africa and a readiness to resort to outright territorial annexation [in order] to gain an ascendancy over the Afrikaners ”.10

Warwick voel op sy beurt dat die doel van die oorlog was “[to make the] world [...] safe for the profitable long-term development of gold mining”.11

Arrie van Rensburg, skrywer van ’n omvattende werk oor die ekonomiese heropbou van die Vrystaat ná 1902, voel dat die uiteindelike vernietiging van die Boererepublieke na die mislukte Bloemfonteinse Konferensie in Mei-Junie 1899 ’n uitgemaakte saak was. Lord Milner se verklaring dat die sogenaamde middeleeuse “despotism of Kruger and the Boer Oligarchy” beëindig en die “political predominance” van die Afrikaner in die republieke vernietig moes word, het eintlik beteken dat die Afrikanerdom en alles wat dit verteenwoordig tot niet gemaak moes word. Daarom het die stryd teen die begrippe “Krugerisme” en

7 D Gould, J.H. de Villiers as a mediator and conciliator in South African politics 1872 – 1909, p. 170. 8 Smith, pp. 1-2.

9 Gould, p. 169. 10 Smith, p. 56.

“Afrikanerdom” uiteindelik die algehele verwoesting van die ganse ekonomiese struktuur van die landelike bevolking in die twee republieke meegebring.12 Lord Milner maak in ’n brief op 21 Januarie 1901 ’n insiggewende opmerking met betrekking tot die doel van die oorlog, as hy sê die totale neerlaag van die Boere is ’n vereiste, “if only because that is the sole means of absorbing and ultimately getting rid of them as a separate, exclusive caste”.13 Billikerwys kan hierdie

opmerking nie vertolk word as die propagering van volksmoord nie, maar dat die Boere ten volle in ’n Britse samelewing geïntegreer moes word.

Oorlog was die instrument waarmee Britse opperheerskappy in die ZAR weer gevestig moes word, en Milner het dus doelbewus en doelgerig daarop afgestuur. As gevolg van die ooreenkoms tussen die twee Afrikanerrepublieke na die mislukte Jameson-inval, het die Britse beplanning met betrekking tot die ZAR ook vir die Vrystaat gevolge ingehou. Michael Davitt, teen die einde van die 19de eeu ’n bekende Amerikaanse skrywer, sê die Britse verweer dat die Boere eerste oorlog verklaar het, is gebaseer op die ultimatum wat pres. Kruger gestuur het. Die vraag wie die oorlog aangestig het, kan nie beantwoord word sonder om die gebeure wat daartoe aanleiding gegee het in berekening te bring nie. “The most cursory examination of a few notorious facts will prove that the real ultimatum […] was resolved upon and issued in London, and not in Pretoria […] deliberately provok[ing] the present war.”14 Brittanje het die oorlog doelbewus

uitgelok om die geleentheid te kry om sy opperheerskappy in Suid -Afrika te vestig en terselfdertyd die Afrikaner-faktor permanent te neutraliseer.

Weens die opbou van spanning in die ZAR, gepaard met die ervaring wat die Vrystaat self met die politiek van die Britse imperiale regering gehad het, asook die wedersydse verbond tussen die ZAR en die Vrystaat, moes dit in hierdie stadium vir die Grobbelaar-familie duidelik begin word, het dat die situasie op ’n krisis afstuur. Dit was ook duidelik dat die Vrystaat op geen wyse hierdie krisis sou vryspring nie. Tog was daar die hoop dat pres. Steyn nog ter elfder uur daarin sou slaag om deur onderhandeling die katastrofe te voorkom. Dit het

12 APJ van Rensburg, “Vernietiging van welvaart” in MCE van Schoor, Die bittereinde vrede, p.11.

13 C Headlam, The Milner papers 2, p. 205. 14 Davitt, p. 40.

geblyk dat nie Milner, Chamberlain of die Britse regering in ’n vreedsame skikking belanggestel het nie. As lojale Vrystaatse burgers vir wie die onafhanklikheid van die Vrystaat belangrik genoeg was om voor te veg, het die Grobbelaar-familie hierna die oorlog tegemoetgegaan.

2. DIE GROBBELAARS GAAN OP KOMMANDO

Die Bethulie-kommando is vanaf 2-3 Oktober 1899 opgeroep. Die volgende Grobbelaars het hulle vir aktiewe diens onder kmdt. FJ du Plooy aangemeld: Pieter en sy seuns Adriaan (Aderjan), Jan, Piet en Willem; Attie met sy seun Attie jr.; Peet en Kotie; hulle swaer Abraham Griesel en sy seun Apie; en hulle susterskind, Attie du Toit. Hulle moes op 4 Oktober te Bethulie aanmeld vir diens. Op 11 Oktober 1899 het die kommando oor die Oranjerivier in die rigting van Burgersdorp beweeg. 15

Gedurende die eerste fase van die oorlog het die Boere Natal en die Kaapkolonie halfhartig en op ’n beperkte skaal binnegeval. Dit het die Britte die strategiese inisiatief laat behou. Die tweede fase is ingelui met die eerste Britse offensief onder bevel van genl. sir Redvers Buller. Hierdie offensief het misluk. Daarop het die derde fase van die stryd gevolg toe veldm. lord Roberts op 11 Februarie 1900 ’n strategie van stapel gestuur het wat gelei het tot die ontsetting van Kimberley op 15 Februarie 1900, die oorgawe van genl. PA Cronjé te Paardeberg op 27 Februarie 1900, die inname van Bloemfontein op 13 Maart 1900, Johannesburg op 31 Mei 1900 en Pretoria op 5 Junie 1900.16

Toe die oorlog op 11 Oktober 1899 uitbreek, het die grootste gedeelte van die Britse militêre eenhede nog nie in Suid-Afrika aangekom nie. Dit het aan die Boere die geleentheid gebied het om tot die offensief oor te gaan. Daarmee wou hulle die Britse troepe op die grense isoleer of uitwis en self stellings in die vyandelike gebied inneem van waar die Britse opmars van die kus af gestuit kon word. Aan die Natalse front is die Britse magte by Talana, Elandslaagte, Modderspruit en Nicholsonsnek gevoelige verliese toegedien en is Ladysmith

15 Smith, p. 3; AJ Griesel, 'n Oudstryder kyk terug, p. 17. 16 Wessels, p. 4.

beleër. Aan die westelike front het die Boere tot die offensief oorgegaan, maar deur hulle stadige optrede waardevolle tyd verloor. Mafeking is toe beleër. Hierdie beleëring van Ladysmith, Kimberley en Mafeking was nutteloos en het kommando's wat elders nuttig aangewend kon word, vasgepen.17

Op die suidelike en suidwestelike front het genl. Schoeman van Norvalspont af die Kaapkolonie binnegeval, krygswet afgekondig en die Kaapse Afrika ners opgekommandeer. Verskeie van hulle het toe by die Boere aangesluit. Nadat Aliwal-Noord (13 November 1899),18 Colesberg en Stormberg in die hande van die Boere geval het, het hulle egter versuim om die belangrike spoorverbinding, Noupoort, te beset.19 Dit was ’n groot fout, want van die drie belangrike spoorwegaansluitings, naamlik Stormberg, Noupoort en De Aar, is slegs Stormberg deur die Boere beset.20 Op 14 November 1899 het hoofkmdt. Grobler die dorp Colesberg ingeneem. Hiervandaan het die Britse mag voor die Boere padgegee en is Burgersdorp, Barkly-Oos, Stormberg en Dordrecht deur die Boere ingeneem.21

Suid van die Boeremagte het genls JDP French en WF Gatacre met hulle magte stelling ingeneem. Toe die Boere versuim om Noupoort te beset, het French met ’n paar regimente daarheen opgeruk en dit self beset, terwyl Gatacre sy hoofkwartier na Sterkstroom verskuif het.22 Intussen het hoofkmdt. JH Olivier in

die Stormberg stelling ingeneem. Van hier af het hulle gereelde verkenningstogte onderneem, waartydens meer Kaapse rebelle by hulle aangesluit het. Op 2 Desember 1899 is Dordrecht beset en tot Vrystaatse gebied verklaar.23 Hier is hulle geesdriftig deur die talle simpatieke Afrikaners verwelkom en verskeie van hierdie Kaaplanders het hulle toe by die Boeremagte aangesluit. Terwyl hulle in hierdie omgewing was, het die opdrag aan Olivier gekom om sonder versuim Stormberg te beset, wat hy ook teen die middel van November 1899 gedoen het.24

17 F Pretorius, Die Anglo-Boereoorlog 1899-1902, pp. 14-15. 18 L Penning, De oorlog in Zuid-Afrika 2, p. 412.

19 WF Andriessen, Gedenkboek van den oorlog in Zuid-Afrika, pp. 215-216. 20 Pretorius, pp. 14-15.

21 Penning, pp. 414-416. 22 Andriessen, p. 216. 23 Ibid.

24 JH Breytenbach, Die geskiedenis van die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika 2, pp. 149-150,

3. BETROKKE BY DIE SLAG VAN STORMBERG

Om die gees van rebellie onder die Kaaplanders in die kiem te smoor, het Gatacre besluit om op 9 Desember 1899 na Stormberg op te ruk. Hy het berig ontvang dat ’n deel van Olivier se magte in die rigting van Steynsburg sou beweeg. Sy inligting was blykbaar korrek, want op 6 Desember 1899 is tydens ’n krygsraad besluit dat die burgers uit Venterstad, Burgersdorp en Bethulie Steynsburg sou beset.25 Hoofkmdt. ER Grobler het op 9 Desember 1899 met ongeveer 400 man van die Bethulie-, Venterstad- en Burgersdorp-kommando's van Stormberg af in die rigting van Steynsburg vertrek. Ongeveer 14 km vanaf Stormberg het hulle op die plaas Kalkoenkrans oornag, naby die plek waar Gatacre se troepe dieselfde nag in hul opmars na Stormberg gerus het.26

Vroeg op die oggend van 10 Desember 1899 het Gatacre se soldate hul by Stormberg in die Boeremag onder hoofkmdt. Olivier vasgeloop. Die Boere het dié oggend die vyandelike mag aan die voet van die berg gewaar en op hulle begin vuur, waardeur die burgers in die laer gewaarsku is en haastig na die kruin beweeg en ook begin skiet het. Onaangenaam verras, gee Gatacre toe die voorste kompanies opdrag om te storm. Die Boere het egter so effektief gevuur dat die Britse soldate skielik begin vlug het. Toe Gatacre sy infanterie sien vlug, het hy die troepe aan die noorde- en noordwestekant van Kissieberg teruggetrek om te voorkom dat hul terugtog afgesny word. Skielik is daar uit ’n westelike rigting op die Britse mag gevuur. Die vuur was afkomstig van die mag van hoofkmdt. Grobler en sy kommando wat vroeg die oggend teruggejaag het om Olivier te help.27

Apie Griesel vertel dat hulle opdrag gekry het om hulp te verleen. “Ek onthou nog goed hoe ons gejaag het. Elke 2 000 meter laat die kommandant ons omruk met die perde se neuse teen die wind in. Na 'n minuut jaag ons dan weer voort.”28 Hierdie verrassende aanval uit die westekant het Gatacre se neerlaag beklink. Sommige van Gatacre se offisiere probeer toe om om die rantjie te trek, maar kmdt. F Du Plooy met ’n groep van sy kommando het vinnig daarlangs gery en hierdie

25 Penning, p. 418.

26 Breytenbach 2, pp. 210-217. 27 Breytenbach 2, pp. 210-217. 28 Griesel, p. 19.

beweging afgesny.29 Gatacre moes toe aan twee fronte veg om te voorkom dat sy mag oorgee.30 In hierdie geveg was Attie du Toit, susterskind van Pieter Grobbelaar, die eerste burger van die Bethulie-kommando wat in die Anglo- Boereoorlog gesneuwel het.31 In die slag het, volgens Andriessen, 26 Britse soldate gesneuwel, is 70 gewond en het 632 krygsgevangenes geword32, terwyl Penning ’n

totaal van 130 aangee vir beide die dooies en gewondes en 633 krygsgevangenes.33 Die Boere-ongevalle was volgens Andriessen vyf dooies en 16 gewondes,34 terwyl

Penning glo dat agt gedood en 26 gewond is.35

Gatacre moes toe met ’n totaal gedemoraliseerde mag terugtrek in die rigting van Molteno.36 Vandaar dat dié slag en die Britse neerlae by Magersfontein en Colenso op 11 en 15 Desember 1899, vir die Britte die “Black Week” geword het. Die onbekwame leërleidings van sowel die Boere as die Britte het daartoe gelei dat beide offensiewe misluk het. Die mislukking van die eerste Britse offensief is nie deur die Boere uitgebuit nie, hoofsaaklik as gevo lg van die halsstarrigheid van genl. Piet Cronjé.37

4. SKERMUTSELINGS TE PENHOEK EN DORDRECHT ONDER