• No results found

Die magte van genl.-maj. AH Paget en genl.-maj. RAP Clements het die Boeremagte teruggedryf en Bethlehem op 7 Julie 1900 verower. Gevolglik het die Vrystaatse regering en die kommando's tot agter die Witteberge in die Brandwaterkom teruggetrek. Die idee was dat lt.genl. A Hunter die kordon om die Boere moes sluit.92 Intussen is besluit dat al die Vrystaatse magte, met uitsondering van ’n klein wag, agter die berge uit moes beweeg. Daar is ook besluit om die magte in drie groepe te verdeel. Die eerste afdeling, onder genl. De Wet, met die regering onder sy beskerming, moes in die rigting van Kroonstad beweeg. Die tweede afdeling, onder asst.-hoofkmdt. Paul Roux, waaronder ook die Bethulie- kommando, is beveel om op 16 Julie eers in die rigting van Bloemfontein, en dan suidwaarts te trek om in die suidelike distrikte die agtergeblewe burgers weer onder die wapen te bring. Die derde afdeling, onder genl. J Crowther, moes op dieselfde datum in ’n rigting noord van Bethlehem beweeg, waar hy asst.- hoofkmdt. FJWJ Hattingh met sy kommando's sou ontmoet en van daar af onder

88 Spies, p. 102. 89 De Wet, p. 150.

90 Pretorius, Anglo-Boereoorlog, pp. 26-27. 91 Spies, p. 102.

hom in die noordoostelike distrikte moes opereer.93 Die oorgeblewe groep, wat die omgewing goed geken het, moes as ’n mag agterbly onder oudhoofkmdt. Marthinus Prinsloo. Hierdie wag moes in drie verdeel word, waarvan een te Slabbertsnek, een te Retiefsnek en een te Naauwpoort moes stelling inneem met die opdrag om die groot getalle vee wat na die gebied agter die passe gestuur is, te beskerm.94

Op 15 Julie het De Wet deur Slabbertsnek beweeg met die verwagting dat die ander generaals, soos ooreengekom, hom sou volg. Pas na sy vertrek het ’n paar offisiere wat ontevrede was met genl. Roux as assistent -hoofkommandant, probeer om ’n vergadering van offisiere te hou om ’n hoofkommandant te kies. Die hoofskuldige van die onmin was Marthinus Prinsloo wat voor die oorlog ’n gesiene politikus uit die Winburg-omgewing was, lid van die Volksraad, ouderling, vermoënd en iemand na wie mense opgesien het. Sy aansien het aan hom by die uitbreek van die oorlog die aanstelling as hoofkommandant van die Vrystaatse magte in Natal besorg. Op 18 April 1900 het pres. Steyn vir genl. Christiaan de Wet as enigste hoofkommandant en opperbevelvoerder van álle Vrystaatse magte aangewys. Dit het daartoe gelei dat Prinsloo se jaloesie en ambisie die oorhand begin kry het. Uit ontevredenheid met De Wet se aanstelling is hy dikmond huis toe en het hy ophou veg. In Junie 1900 het hy hom weer by die Vrystaatse magte in Lindley gevoeg, waar hy in ’n onaangename kattegeveg tussen hom, genl. Piet de Wet en genl. Christiaan de Wet betrokke was.95

Toe volg die aanstelling van ds. Paul Roux as assistent -hoofkommandant. Hy het binne die bestek van ’n maand en ’n half van gewone burger tot assistent- hoofkommandant gevorder. Die ontevredenheid wat daaruit voortgespruit het, was ’n belangrike voorspel tot die oorgawe van Prinsloo ’n paar weke later.96 ’n Reeks persoonlikheidsbotsings waar selfsug, hoogmoed, ambisie en selfs lafhartigheid hoogty gevier het, het daarop gevolg.97 Dit het daartoe gelei dat die

93 De Wet, pp. 158, 162-163.

94 PJ Delport, Die rol van genl Marthinus Prinsloo gedurende die Tweede Vryheidsoorlog, pp. 150-

151.

95 L Scholtz, “Intense jaloesie rede vir eerlose oorgawe van Prinsloo”, Die Burger, 29 Julie 2000, By-

bylaag.

96 Delport, pp. 154-155. 97 Scholtz, By-bylaag.

ander twee afdelings Boere nie op die bestemde tyd opgetrek het nie. Prinsloo en kmdt. Haasbroek het by pres. Steyn oor hierdie saak gaan kla en het nie die tent verlaat voordat pres. Steyn beide Prinsloo en Roux as assistent- hoofkommandante aangestel het nie.98

Op 27 Julie is daar weer ’n krygsraad gehou om te besluit wie nou eintlik in bevel moes wees. Eindelik het Prinsloo sy sin gekry. Asof dit nog nie genoeg was nie, het Prinsloo met die oog op oorgawe dadelik kontak met die Britte gemaak.99 Prinsloo het in sy onderhandelinge met Hunter van die Boereverraaier, Vilonel, gebruik gemaak. Vilonel is deur ’n krygshof tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy is as gevangene saam met die kommando's geneem. Na hul onderhandelinge is Vilonel weer na Hunter gestuur om die finale voorwaardes te onderteken. Hy het ook opdrag van Prinsloo gehad om, indien nodig, ’n onvoorwaardelike oorgawe te aanvaar. Prinsloo het Vilonel willens en wetens voorberei op beide ’n oorgawe op sekere voorwaardes of, ’n onvoorwaardelike oorgawe. Die onderhandelings is met die volgende brief van Hunter aan Prinsloo afgesluit: “I have received from Mr. Vilonel your letter of today accepting an unconditional surrender of your whole force.”100 Op 30 Julie het Prinsloo dus

wraak geneem vir sy gekrenktheid en het hy onvoorwaardelik aan die Britte oorgegee.101

Dit het daartoe gelei dat verwarring onder die kommando's geheers het, veral onder dié groep nader aan Golden Gate, wat nie amptelik van die oorgawe verneem het nie. Die werklike nuus van die oorgawe is as gerugte en onwaar aanvaar. Op 30 Julie is boodskappers na die Boere buite Golden Gate by Klerksvlei, waaronder die Bethulie-kommando, gestuur. Hoewel hierdie kommando's nie gevaar geloop het om vasgekeer te word nie, het ’n aantal offisiere en burgers besluit om sonder enige verdere teenstand aan die Britse magte oor te gee.102 Wat die standpunt van kmdte. Du Plooy en Grobbelaar was, kan weens ’n gebrek aan stawende getuienis nie bepaal word nie. Dit is egter waarskynlik dat Du Plooy as ’n veel ouer man nou moeg was vir die tipe oorlog 98 Delport, pp. 161-163. 99 Scholtz, By-bylaag. 100 Delport, pp. 189-190, 204. 101 Scholtz, By-bylaag. 102 Delport, pp. 198-199.

wat gevoer is, en daarom een van hierdie offisiere was. Wat kmdt. Grobbelaar, wat op hierdie stadium nie in bevel was nie, en sy broers, Peet en Kotie, betref, kan bloot bespiegel word. Hulle het hulle waarskynlik by die senior kommandant se besluit berus. ’n Aantal offisiere en burgers van die kommando's wat hulle naby Golden Gate bevind het, het geweier om oor te gee en het uit die Britse net ontsnap. Onder hulle was Attie Grobbelaar van Groot Marsfontein en sy seun Attie. Attie sr. is eers op 16 Augustus 1901 krygsgevange geneem,103 terwyl

Attie jr. as bittereinder die oorlog oorleef het.104

In sy herinneringe het De Wet die gebeure in die Brandwaterkom onder meer soos volg opgesom: “Dit was 'n gruwelike moord gepleeg op Regering, Land en Volk.”105 Prinsloo het met 4 400 man, die helfte van die Vrystaters in die veld, oorgegee en daarmee die Boeremagte ’n uiters gevoelige slag toegedien.106 Op 30

Januarie 1903 het Marthinus Prinsloo as ’n eensame verstoteling op sy plaas Waterval gesterf. In die agt maande na die afloop van die oorlog moes hy, die voorheen gesiene kommandant en volksraadslid, die ervaring smaak om ’n uitgeworpene onder sy eie mense te wees.107

10. VERDEELDHEID AS GEVOLG VAN VERRAAD

Die verskynsel van verraad is ’n baie emosionele saak. Kapt. March Phillipps sê in sy boek With Rimington: “A war of this sort, between neighbours and cousins, is the sternest test of loyalty. Many have failed to stand it.”108 Die een baie

belangrike feit wat deur verraad bewys is, is dat ’n groot groep van die Vrystaters oor geen diepgaande lojaliteitsgevoel beskik het nie. Reg van die uitbreek van die oorlog af was daar, insiggewend genoeg, reeds burgers wat om verskillende redes nie wou begin veg of wou verder veg nie, en wat ’n geleentheid gesoek het om hulle wapens neer te lê. Ander het later besluit om die stryd gewonne te gee. Die redes wat hulle aangevoer het, is eerstens dat lord Kitchener die veldtog van verwoesting wat lord Roberts begin het, uitgebrei en die Vrystaat in ’n woesteny omskep het deur onder andere 30 000 (Transvaalse

103 Oorlogsmuseum van die Boererepublieke (OMBR): Krygsgevangenelys Bethulie-kommando 104 CJH Neethling, Die Grobbelaars van Cyferfontein, distr. Bethulie, Addenda, p.1.

105 Scholtz, By-bylaag.

106 Pretorius, Anglo-Boereoorlog, p. 28. 107 Delport, p. 210

en Vrystaatse) plaashuise te verwoes, benewens die dorpe wat in puin gelê is. Sommige burgers het gevoel dat die voortsetting van die oorlog slegs tot verdere verwoesting sou lei. Tweedens het die konsentrasiekampstelsel veroorsaak dat, om by hulle gesinne uit te kom, die burgers eers die wapen moes neerlê. Derdens het die organisering van grootskaalse dryfjagte gedurende die laaste maande van die oorlog demoralisasie en fisiese uitputting in die hand gewerk. Vierdens het die mobiele oorlog van die Boere besondere hoë fisiese en geestelike eise aan die individu gestel. Laastens het klimaatsaspekte die uithouvermoë van die Boere beproef. 109

Volgens ds. JD Kestell, die bekende volksfiguur en veldprediker van die Vrystaatse magte, was neerslagtigheid as gevolg van hierdie faktore die beweegredes om die wapen neer te lê. Hierdie faktore kan in ’n groot mate as

bona fide beskou word, maar dan is daar baie gevalle waar blote

gemaksugtigheid en suiwer materiële gewin ’n rol gespeel het. So het sekere wapen-neerlêers daarin geslaag om meer vee gedurende die oorlog te versamel as wat hulle voor die oorlog besit het.110 J Albert Coetzee beskryf die passiewe hensopper as ’n man wat in sy wese geen soldaat was nie, maar tog ’n goeie Afrikaner gebly het. So het een van hulle geskryf dat baie van hulle moedeloos geword en hulle vrywillig oorgegee het toe hulle verstand hul oortuig het dat die oormag te groot was.111 Teenoor die hensopper het die “joiner” gestaan wat in die aktiewe diens van die Britte getree het. Hy is as ’n skandvlek vir die Afrikaner beskou, iemand wat ’n eerlike mens laat walg het. So iemand was dikwels ’n hensopper wat deur lojale burgers vervolg is en daarom geglo het dat geen verandering in sy status sou kom voor die oorlog verby was nie.112

Sommige wapen-neerlêers het dus uiteindelik aktief aan Britse kant die wapen teen hulle landgenote opgeneem. Daar kan aanvaar word dat die meerderheid “joiners” voor die oorlog óf bywoners óf verarmde blankes was wat veronreg gevoel het oor die feit dat hulle sonder vergoeding kommandodiens moes verrig om (soos hulle dit gesien het) die eiendom van ander persone te beskerm terwyl

109 Grundlingh, pp. 134-135. 110 Ibid., pp. 136-138.

111 JA Coetzee, Politieke groepering in die wording van die Afrikanernasie, pp. 312-313. 112 Ibid., pp. 318-320.

hulle oor geen eiendom beskik het nie.113 Die oorlogstydse oorgang van republikeinse burger tot ’n verraaier in ’n Britse uniform was ’n langsame proses wat oor etlike maande gestrek het. Deur vrywillig hul wapens neer te lê, het hulle hul openlik van die republikeinse oorlogspoging gedistansieer en mettertyd alle kontak met en simpatie vir hulle vegtende landgenote verloor. Van hier af was dit slegs ’n enkele stap om die republikeinse saak geheel en al te verloën.114 Dit is belangrik dat kennis geneem moet word van die rol wat veral die “joiners” in die oorlog gespeel het. Die polarisering en intensiteit van gevoelens en emosies wat aan beide kante hiermee gepaardgegaan het, is welbekend. Om wat later ná die oorlog plaasgevind het na waarde te skat, moet die haat en wantroue wat tussen die lojale burgers en die “joiners” ontstaan het in gedagte gehou word. Hulle het volgens die meerderheid Afrikaners ’n verfoeilike rol gespeel, veral in die konsentrasiekampe waar baie van hulle as wagte en kamppersoneel aangewend is.

11. DIE HAAGSE KONVENSIE VAN 1899

In verband met oorlogvoering het die destydse westerse wêreld ná die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865) en die Frans-Pruisiese Oorlog (1870- 1871) begin nadink oor hoe om die felheid van oorlog in sekere opsigte aan bande te lê. ’n Internasionale konferensie te Brussel in 1874 het die strydpunt bespreek oor praktyke wat tydens beskaafde oorlogvoering toelaatbaar was of wat verbied moes word. Hoewel daar meningsverskille was, was daar ook konsensus om sekere praktyke te veroordeel. Die konferensie is opgevolg d eur die Haagse Vredes- of Ontwapeningskonferensie van 1899. In die loop van hierdie konferensie is daar oor sekere beginsels konsensus bereik en is dit deur die regerings van, onder andere, die Verenigde State van Amerike (VSA), Brittanje en verskeie state in Europa goedgekeur.115

Die ZAR is nie na hierdie konferensie uitgenooi nie, hoofsaaklik as gevolg van die hardnekkige teenkanting van Engeland, hoewel die ZAR kragtens die Kon-

113 Grundlingh, pp. 232-233. 114 Ibid., pp. 233-236.

115 J Ploeger, Die lotgevalle van die burgerlike bevolking gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899- 1902 2, p. 13.1

vensie van Londen nie meer onder Britse susereiniteit gestaan het nie. Terselfdertyd is twee state, Bulgarye en Montenegro, wat nie onafhanklik was nie, wel toegelaat.116 In November 1899 het Groot-Brittanje hierdie konvensie amptelik goedgekeur.117 Die vraag wat ontstaan, is om watter rede Brittanje beswaar teen die ZAR se teenwoordigheid aangeteken het. Raath vra die vraag of die Britse regering, wat die Haagse Konvensie aanvaar en onderteken het, wel in sy oorlog teen die republieke daaraan gebonde was. Die antwoord is dat Brittanje daaraan gebonde was en homself as gebonde geag het, want uit daardie gebondenheid het Brittanje die gebruik van dum-dum-koeëls verbied.118

Brittanje het hom egter gedurende die Anglo-Boereoorlog klaarblyklik nie gebonde geag aan die nakoming van die bepalings van die Haagse Konvensie nie. Wanneer die betrokke artikels wat Brittanje in Suid-Afrika oortree het, in die kollig geplaas word, dan is dit duidelik dat die toepassing van sekere artikels vir Brittanje skynbaar baie lastig was. So bepaal artikel 44 dat geen dwang toegepas mag word om teen die eie land te veg nie. Artikel 45 weer bepaal dat geen druk om ’n eed aan die besettingsmag af te lê, uitgeoefen mag word nie. Volgens artikel 46 moet die eer van families, hulle regte, lewe, eiendom, godsdienstige oortuigings en vryheid gerespekteer word en geen konfiskasie van privaateiendom plaasvind nie. Artikel 47 bepaal ondubbelsinnig dat plundering verbode is. So ook bepaal artikel 50 dat geen algemene strawwe, geldelik of andersins, met betrekking tot die dade van individue wat nie as kollektiewe verantwoordeli kheid beskou kan word, toegepas mag word nie.119

Dan bepaal dit verder dat in gevalle waarvoor nie voorsiening gemaak word nie, die bevolkings en die oorlogvoerende partye onder die beskerming en geldingsgebied van die beginsels van die internasionale reg bl y. Die doel van hierdie bepaling was om te voorkom dat arbitrêr opgetree word.120 Daar is ook verskeie bepalings van die konvensie wat spesifiek gerig is op die onmenslike behandeling en fisiese benadeling van die bevolking en die beskerming van

116 Ibid., pp. 13.2-13.3.

117 AWG Raath, Vroueleed, p. 54; Ploeger 3, pp. 26:4.

118 AWG Raath, Die Boerevrou, 1899–1902 1: Raath, Moederleed, pp. 61-62. 119 E Hobhouse, The brunt of the war, p. xiii.

persoonlike besittings en eiendom.121 Die Manual of Military Law (1899) van die Britse leër bepaal voorts dat die algemene beginsel met betrekking tot die voer van ’n oorlog is dat “no greater harm shall be done to the enemy than necessity requires for the purpose of bringing him to terms”. Dit sluit egter barbaarshede en enige vorm van wreedheid en belediging uit wat daarop gemik is “to exasperate the sufferings or to increase the hatred of the enemy without weakening his strength or tending to procure his submission".122 Dit is duidelik dat sou die ZAR en die Vrystaat mede-

ondertekenaars gewees het, Brittanje ondubbelsinnig verplig sou kon word om die bepalings van die konvensie na te kom. As die enigste wêreldmag van daardie tyd het hy hom geregtig gevoel om alleen die nakoming van die spelreëls te bepaal en self daaroor skeidsregter te wees. Daar sal weer na hierdie oortredings verwys word in die toepaslike paragrawe wat hieronder volg.

12. DIE SWART BEVOLKING ONDER DIE WAPEN

Die eerste Haagse Konvensie (Julie 1899) het nie die gebruik van swart troepe in militêre operasies uitgesluit nie. Tog het genl. JC Smuts gesê dat in die lig van die Suid-Afrikaanse tradisie die bewapening van swartes om saam met hulle te veg vir die Boere ondenkbaar was.123 Hierdie onwilligheid word deur Peter

Warwick gesien as ’n besef dat die grootskaalse bewapening van swartes met moderne wapens hulle weerstandig teen blanke beheer sou maak, veral in omstandighede waar baie blanke mans hulle huise sou moes verlaat om oor die grense te gaan veg.124 Die gevoel aan Boere-kant kan miskien die beste opgesom word in die woorde van kmdt. SP Grobler: " God beware Zuid- Afrika voor een oorlog met gekleurde hulp van een of beide zijden.”125

In die gewoontereg word die gebruik van “wilde volkstammen” in 'n gewapende botsing tussen beskaafde state afgekeur omdat daar verwag kon word dat hulle hulself aan nodelose wreedheid skuldig sou maak.126 Dit is moeilik om die begrip “nodelose wreedheid” te definieer, maar ’n voorbeeld van wat

121 Raath, Die Boerevrou: Moederleed, pp. 62-63.

122 Manual of Military Law (1899), soos aangehaal in Hobhouse, p. xiii. 123 Warwick, p. 17.

124 Ibid., p. 18; Ploeger 2, p. 18.4.

125 HJ Botha, Die moord op Derdepoort, p. 5. 126 Ploeger 2, p. 18.5; Botha, p. 4.

bedoel is, was die standpunt van ’n sekere Mtyetyi, soos gerapporteer in De

Volksstem van 21 Desember 1899 dat die Britse magte nie weet hoe hulle die

oorlog moes voer nie. Hulle was te veel soos “gentlemen” teenoor die Boere. Die beste weg vir Brittanje sou wees om die Zulu en die Basoeto op te stook om die ZAR en die Vrystaat binne te val en alle vroue en kinders dood te maak. Wanneer die Boere sou verneem van hierdie moorde sou hulle uiteraard haastig terugkom om hulle huise te verdedig. Om dit te doen, sou hulle in klein kommando’s moes verdeel. Die Britse magte sou hulle dan met gemak kon volg en na willekeur uitwis. Diegene wat aan die Britse magte sou ontsnap, sou die swartes vir hulle rekening neem. Gevolglik sou die Afrikanerras uitgeroei kon word en sou daar geen Afrikanerkwessie meer in Suid-Afrika bestaan nie.127

Genl. Manie Maritz verwys in sy boek, My lewe en strewe, na ’n voorval waar twee burgers deur bruin soldate gevang en op wreedaardige wyse vermoor is deur hulle monde vol sand te stop en met stokke in hulle kele af te stamp.128 Die Britse magte het begin om die swartes in die nabyheid van Pietersburg en in die Waterberg, in die omgewing van Renosterpoort op te kommandeer. By Renosterpoort het genl. CF Beyers se burgers hul eerste kennismaking met ’n kommando swartes gehad. Hier is 39 burgers gevange geneem. Gedurende hierdie tyd het die swartes ’n seun van 15 jaar gruwelik vermoor. Hy was by ’n wa wat die swartes by ’n paar burgers afgeneem het. Hy het in die hande van die swartes geval wat sy kop met ’n byl in twee gekloof het. ’n Paar burgers het op die toneel afgekom en die swartes summier doodgeskiet. Genl. Beyers se kommando was daarna pas terug in die Waterberg toe nog ’n gruwelike moord plaasgevind het. ’n Sekere Van Rooy en twee jong seuns is deur swartes vermoor, hulle liggame aan stukke gesny en na gewoonte aan die stamkaptein gestuur.129 Wat Mtyetyi in sy brief geskryf het, was dus nie maar bloot verbeeldingsvlugte nie. Dit was die metode van oorlogvoering waaraan swart en bruin gewoond was. Dít was die rede waarom die Boere gevoel het dat die oorlog bloot ’n oorlog tussen twee wit groepe moes wees.

127 De Volksstem, 21 Desember 1899, soos aangehaal in Botha, p. 28.